Desember 2021
17
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms Ons het heerlik pret gehad met die tema van die jaar en ons tak se uitbeelding daarvan deur “op te dress”. Tydens ‘n vorige vergadering het die dames aangetrek soos ons voorgangers. In die verlede was die VLU vergaderings baie formeel en het die dames dit gehoed en gesykous bygewoon. Vandag trek almal gemaklik aan en geniet ‘n gesellige vergadering, waaraan almal kan deelneem. Tydens hierdie vergadering het Riana Badenhorst (uistaller) haar formele bruin pakkie aangehad, wat uit die VERLEDE dateer. Sy het ons egter gou op datum gebring met die nuutste Aloe Feroxprodukte, waarvan sy ‘n verskaffer is. Lize Venter het die nabye verlede (grendeltydperk) uitgebeeld deur haar skokkende pienk pajamas aan te trek. Dis mos hoe ons almal party dae deur geworstel het in afsondering… Petrina van Niekerk het ‘n moderne uitrusting ontwerp, deur van haar hekelwerk op ‘n ou T-hemp en skoene vas te werk. Sy verteenwoordig die HEDE, waarin ons almal herwin en vernuwe. Trysie Coetzee trek haar pers uitrusting aan om te pas by die Elma Human het simbolies aangetrek om die tema van die TOEKOMS uit te beeld. Die vlerkies simboliseer die mens se hoop om ‘n beter toekoms in te gaan. Behou jou humor, dan sal jy die toekoms kan omhels.
Riana Badenhorst met haar uitstalling van Aloe Ferox-produkte
Elma Human in haar Ladybird-pakkie Petrina van Niekerk met haar nuutskepping met hekelwerk
Lize Venter met haar pajamas uit die grendeltyd
Trysie Coetzee met haar Jakaranda-kleure