2 minute read

Huldeblyke

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

Desember 2021 De Wildt Nuus

HULDEBLYKE

Advertisement

GERT (PIERRE) PETRUS JACOBS * 24 APRIL 1967 † 26 SEPTEMBER 2021

Pierre was ’n meelewende lid van ons gemeenskap en het onder andere ook as direkteur van DWHM gedien en het ook enkele jare gelede as voorsitter van die direksie die leiding aldaar geneem. As onderwyser het hy ook baie jare die gemeenskap se kinders onderrig en so die gemeenska gedien. Ons het met skok verneem van sy skielike heengaan terwyl hy menslik gesproke nog ’n hele aantal jare ’n werker kon wees. Die bepaling van ons sterfdatum berus egter gelukkig nie by ons nie en daarom aanvaar ons die wil van ons hemelse Vader. Hy is na ’n diens na aanleiding van Ps 121 waargeneem deur ds Kobus Niewenhuizen van die NHK-gemeente Hartbeeshoek, in die Zandfontein-begraafplaas te ruste gelê. Saam met sy naasbestaandes sal die gemeenskap Pierre ook mis, maar ons gun hom die ewige rus. alle naasbestaandes word verseker van ons bede van vertroosting tov hul groot verlies.

JOHANNES ALBERTUS (JANNIE) LOUBSER * 10 FEBRUARIE 1930 † 18 JULIE 2021

In die dood van oom Jan Loubser het veral die gebied waar hy in Waverley gewoon het, Klub Lekkerrus/Libertas asook die De Wildt Nuus ’n staatmaker en ondersteuner van statuur verloor. Hy het deurgaans jarelank op die Radd van Trustees van gemede Klub gedien en het nooit enige vergadering misgeloop nie. As heil van die Klub bydra. Hy het feitlik tot sy heengaan hom nog vir hierdie Klub beywer. Ek is daarvan bewus dat hy ook die gemeenskap waar hy gewoon het, op verskeie wyses gedien. Ek het hom en sy eggenote die afgelope meer as twintig jaar geken en in hom ’n ware vriend gevind wat jou enge tyd met hulp en bystand sou ondersteun. Hy was ’n entoesiastiese leser van ons blad, die De Wildt Nuus, en het dikwels ook ons befondsing met ’n donasie bygestaan. Ek sal oom Jan as vriend en kollega onthou soos in die blaadjie van sy dankdiens gelei deur ds Fried Ferreira van die Môrester Refor Ons gun oom Jan sy ewige rus waar hy nou van pyne verlos is. Aan Trienie en al sy ander naasbestaandes bid ons steeds die vertroosting van ons hemelse Vader toe. Ons sal oom Jan saam met julle mis, maar die herineringe wat hy vir ons almal nagelaat het, is ’n veeltal wat ons nie sal vergeet nie.

This article is from: