1 minute read

’n Paradys van weleer

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

DWHM Die welbekende skrywer, Eugene Marais, praat van ‘n Paradys van Weleer as hy verwys na “die landstreek ten noorde van Magaliesberg vanaf Hornsnek tot ver by Wolhuterskop verby..” Die gebied was bekend as “Agter-die-Berg”. Marais is gebore in Daspoort en het die Agter-die-Berg-mense as hul bure beskou. Hy vertel dat die paaie oor Hornsnek en Silkaatsnek, oor hul erf gegaan het. Waar die sementfabriek vandag staan, was daar ‘n watermeul waarvan die meeste inwoners van Hornsnek gebruik gemaak het. Die paaie oor Hornsnek en Silkaatsnek was steil, vol draaie en baie gevaarlik. ‘n Nuwe wêreld het egter vir hom as kind oopgegaan as hy vir die mense Agter-die-Berg gaan kuier het. Die Marais’s was intiem bevriend met onder andere die Fouries van Wildebeesthoek. Oom Josef Fourie was toe nog die eienaar van die hele plaas. Handel is gedryf deur baie besoekers vanuit die Vrystaat en alle dele van Transvaal in graan, meel, vrugte (droog en vars), brandewyn, tabak en ander landbouware. Dit is meestal geruil vir vee. Marais het die wêreld beskryf as “geil en vrugbaar”. Brandewyndruiwe, perskes en stamvrugte was van die beste wat jy kon kry. Lemoene en naartjies is per wa na Kimberley vervoer. Die mense was vrolik en opgeruimd. Geld was baie skaars, maar die beste voedsel was oorvloedig. Baie van die mans het ge- looide velklere gedra. Vee was ook volop. Geen deel op aarde kon die lewe makliker en aangenamer maak as Agter-die-Berg nie. (Die Paradys van Transvaal). (Uit die Versamelde Werke van Eugene Marais, 1984, red. Leon Rousseau, J.L. van Schaik)

Advertisement

This article is from: