
5 minute read
Landbousake
from DW Nuus Des 2021
Desember 2021 LANDBOUSAKE Leon Weber - landboukonsultant KOOLVERBOUING
Kool behoort tot die genus Brassica wat insluit kool, blomkool, broccoli, spruitkool en Brusselse spruite. Die Brassicas is inheems in Europa se Middellandse seegebied. Kool is in Europa, volgens oorlewering, vanaf die jaar 1 N.C. verbou. In die 12de eeu is blomkool ontwikkel en dit was hoofsaaklik verbou in Italië tot die 16de eeu toe dit versprei is na Frankryk en die res van Europa en ook Noord-Amerika. Broccoli is in die 17de eeu ontwikkel in Italië en is toe versprei na Engeland en Noord-Amerika.
Advertisement
PLANTONTWIKKELING
Hoe groter die eerste buiteblare kan ontwikkel, hoe groter is die raam en hoe groter kop kan ontwikkel. Die binneblare is kor- ter en krul na binne. Die buiteblare maak toe en vorm ‘n harde stewige kop.
KLIMAATSVEREISTES
Kool wat volwasse word in die Britsomgewing vanaf April tot September is gewoonlik van goeie kwaliteit met die beste opbrengs. Die optimum temperature vir groei en ontwikkeling is gemiddeld van dag en nag 18° C met gemiddelde maksimum van 24 ° C en minimum van 4° C. Kool is redelik rypbestand en kan tot - 3° C oorleef maar skielike koue toestande of koue winde is nadelig. Koolkultivars is ontwikkel wat in ‘n wye verskeidenheid temperature in warm en ook koue toestande kan produseer. Kool kan in Brits deur die jaar geproduseer word met die regte kultivarkeuse. In die koeler maande word die hoër opbrengste en beter kwaliteit geproduseer. In die koue produksiegebiede (Hoëveld) word kool nie in die winter geproduseer nie en in die warm dele, nie in die somer nie. Wat bemarking aanbetref, is daar ‘n piek wat pryse aanbetref in Maart en April en ook Julie.
GROND
Kool verkies ‘n goed gedreineerde diep (1 m +) grond met ‘n gemiddelde klei-inhoud van 20 – 35 %. Dit is egter aangepas op in ‘n wye verskeidenheid van gronde (sand 15 % tot klei 45 %). Goeie dreinasie is egter baie belangrik. Op turf of hoë klei-inhoudgronde is die plant van die kool op ‘n opgehewe bedding ‘n goeie praktyk om dreinasie te verbeter. Maak beddings gelyk om hoë, droë knoppe (verdroog) en ook lae duike (versuip) te verhoed. Dreinering is belangrik om wortelsiektes te voorkom. Plant so dat die watervore tussen die beddings die water uit die land uit kan dreineer veral met someraanplantings.
PLANTESTAND
Hoër plantestand lei tot kleiner koppe. Kultivatrs verskil wat kopgrootte aanbetref. Grootkopkultivars moet yler geplant word as kleinkopkultivars. ‘n Verskeidenheid kultivars is ontwikkel wat kopgrootte vorm, aanpassing (winter- en somerkool), ens, betref. Somerkool bv skiet saad of groei swak in die winter en dieselfde geld vir winterkool in die somer.
GEWASROTASIE EN BEWERKING
Om die lande waarop kool geplant gaan word te roteer, is noodsaaklik. Dit voorkom die opbou van grondpatogene wat koolsiektes veroorsaak. Gewasse wat tot die Brassicafamilie behoort (kool, blomkool, broccoli, Brusselse spruite, rape, radyse en verskeie mostertsoorte moet nie binne drie jaar op die land geplant word voor kool nie. Daar is ook onkruide wat tot die familie brucefera (waaronder togene wat kool benadeel. Groenmielies en peulplante, waarvan Sunhennep een van die beste keuses is, kan as groen bemesting voor kool geplant word. Die groenbemesting moet twee tot drie maande voor die kool goed ingeploeg word sodat dit kan verrot. In alle gevalle is ploeg voor kool geplant word, wenslik om alle plantreste te begrawe vir die voorkoming van swamme.
BIOGASSE EN STERILISASIE
Onlangse navorsing het getoon dat die biogasse wat van Brassicaplante afkom wanneer dit groen ongeploeg word, grond baie effektief biologies steriliseer van patogene, plae en peste wat opvolggewasse aantas (koring, mielies, sojabone – net nie die Brassicagroep nie). Wilde mostert en Fall Raab word tans gebruik vir grond biosterilisasie maar alle Brassicas het dieselfde effek. Verder is navorsers van mening dat as die Brassica droogtestremming ondervind voordat dit ingeploeg word, dit ‘n groter steriliasie-effek het. Die volgende voordele en nadele geld naamlik:
Voordele
grondstruktuur.
Nadele
bv organismes wat nadelig is vir die Brassicagroep, kan behoue bly.
KULTIVARS
Verskeie kultivars van verskeie maatskappye is beskikbaar in die mark met verskeie eienskappe (winter, somerkool, aanpassing, siekteweerstand, grootte van kop, groeiseisoenlengte, vorm van kop, kleur, ens.) Nader die kundiges van die betrokke maatskap kultivars.
STIKSTOF (N)
Kool het ‘n relatiewe hoë stikstofbehoefte. Die stikstoftoediening moet egter nie te hoog wees nie en die stikstofstatus van die grond moet in ag geneem word. Ingeploegde groenbemesting of ‘n goeie peulplant vooraf (Akkerbone en Sunhennep bv) sal ‘n laer stikstoftoediening benodig as die riglyn terwyl sonneblomme of vars ingeploegde droë plantreste ‘n hoër toediening sal benodig. Neem in berekening dat die hoeveelheid N wat beskikbaar kom, uit toegediende mis (hoender, bees, skaap, ens) geleidelik vry gestel word. Normaalweg word slegs 30 – 50 % van die N die eerste seisoen vrygestel oor die hele seisoen. Verder is dit belangrik dat stikstoftoediening by kool vroeg toegedien moet word (+- 40 % N) ingewerk in die grond voor plant. Topbemesting N moet toegedien word in twee toedienings. (30 % voor drie weke en 30 % voor ses weke.) Voldoende N moet vroeg toegedien word om die eerste blare groot te laat ontwikkel wat dan lei tot groter koppe.
FOSFAAT OF FOSFOR (P)
Fosfaat lewer ‘n groot bydrae tot goeie wortelontwikkeling. Die fosfaatstatus van die grond moet in berekening gebring word met die bepaling van die P-toediening. Te veel P in die grond (80 mg/ kg en meer) of te hoë P-bemestings kan die elementbalans in die grond versteur wat kan lei tot die onderdrukking van sink, kalsium, kalium en yster. Te min fosfaat gee gewoonlik ‘n pers verkleuring van die blare en swak wortelontwikkeling en groei.
KALIUM (K)
Kool het ‘n hoë kaliumbehoefte – selfs hoër as die N-behoefte. Kalium beïnvloed nie soseer die opbrengs nie maar lewer ‘n groot bydrae tot kwaliteit en langer raklewe. Te hoë kaliumtoedienings of te hoë grondstatus kan bydra tot die bars van koolkoppe en het weer ‘n onderdrukkende effek op magnesium en booropname.
KALSIUM (Ca) EN MAGNESIUM (Mg)
Albei speel ‘n belangrike rol in opbrengs en kwaliteit. CA en Mg word gewoonlik nie bemes as die grond se Ca- en Mg-status reg is (Kalsium: 60 – 70 %) en Mg (20 – 30 %) uitruilbare katione.