Desember/December 2021 Jaargang 30 No 6
Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Freeway is now an Overland franchise Supermarket
Lots of specials every month!
Contact Alberto 0763157688
2
De Wildt Nuus De Wildt Nuus
2
Desember 2021 Junie 2021
A Brand New Logo! The same quality honey We sell Pure Raw South African Honey Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h30 Sat 08h00-13h00
Shop, Venue, Restaurant Restaurant hours:
Tuesday – Friday 08h00-14h30 Saturday – 08h00-13h00 CLOSED ON SUNDAY & MONDAY Bookings: Berta 0716046726
Desember 2021
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Lief en leed
3
Huldeblyke
15
Redaksiebrief
4
VLU nuus
16
DWHM-nuus
5
VLU nuus
17
’n Paradys van weleer
7
Landbousake
18
Eerste plaasskole agter die Magaliesberg
8
Digters van De Wildt
19
DWBV nuus
9
Rate en wenke
20
DWBV nuus
10
De Wildt Helmekaar Maatskappy
21
Betaal jou geloftes (6)
11
TLU SA-nuus
22
Akasia/De Wildt Geloftefees
12
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Oorlede
Hospitaal en siek
De Wildt Nuus het nog nie inligting vir huldeblyke vir almal wat onlangs oorlede is ontvang nie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00
Agste blad binne in swart en wit R 200.00
082 879 6969
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
4
Desember 2021
De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Dit is die laaste kontreibladuitgawe wat ek hanteer en daarom juis die gemengde gevoelens wat ’n mens ervaar wanneer jy by die einde kom van ’n spesaaklik bedoel om jou medemens dien. Die Woord sê in Prediker 3 “Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd ......”. Hoe ouer ’n mens word, hoe meer besef jy dat jou einddae sekerlik nader is as jou datum toe jy gebore is en dan poog jy om nog die take wat jy vir jouself onder leiding van die Gees bepaal het, wel te kan voltooi. Ek was so begenadig dat ek reeds amper al die ouderdom van negentig bereik het en dat ek tot datum baie doeleindes kon bereik, waarvan een hierdie gemeenskapskoerantjie was. Ek beplan om, as ek verder gespaar bly, nog my en Sannie se hele lewe saam op skrif te voltooi. Ek glo dat ek ongeveer halfpad gevorder het om hierdie boek voor die einde van 2022 te laat druk. Nog ’n redelike groot taak wat wag is om die oorblywende gedigte van Sannie persklaar te maak en dit ook te laat druk. As ek langer in die moeilike grendeltyd en die Covid 19 se regulasies feitlik sonder ’n redaksie se hulp en met die hulp van enkelinge, soos Hanna Scribante, Jannie Lemmer en Magriet van Heerden die kontreiblad moet behartig, sal die ander werk skade ly en my nog langer neem om te voltooi. Ek vertrou dat ons blad deur al die jare, nou reeds 31, vir ons lesers die moeite werd was om te lees. Die blad is soos dit bedoel was, nie slegs alledaaagse nuus nie, maar ’n wye spektrum van geskiedenis van ons eie kontrei en feitlik elke interessante aspek wat die moeite werd was om te onthou en op skrif te hê. Ek het dit ook die afgelope jaar beleef om die moderne ontwikkeling van digitale uitgawes toe te pas en ons blad nog verder oor die hele wêreld te versprei.
Manie Lemmer
Weens hoë drukkoste moes ons ook die harde kopieë verminder, maar baie meer lesers word op hierdie manier bereik. Ek moet dus die jarelange redaksies, ons medewerkers met hulle artikels, ons adverteerders, talle vriende en donateurs van oral en ons drukkers tesadie uiteensetting van die blad behartig het, bedank vir almal se aandeel aan ’n blad waarop seker die oorgrote meerderheid lesers tereg baie trots is. As ek oor hierdie lang tydperk moet terugdink, sou ek sekerlik weer ’n paar uitgawes kon volskryf, maar ek volstaan met die klein woordjie “Dankie“ vir die voorreg om redakteur te kon wees en vir al my goeie vriende se bystand en steun. Dan moet ek ook terugkeer na hierdie uitgawe waarin u ons gewone nuus sal lees, maar ook die kern van al ons uitgawes: Die waarheid en boodskap van die Woord van die Here. In hierdie uitgawe kan u weer by herhaling lees van die grootste geskenk wat ons as mense van ons hemelse Vader kon ontvang, nl die koms van Sy Seun na die aarde om hier vir ons sondes te kom sterf en as Oorwinnaar oor die sonde en die dood opgestaan het en na die hemel opgevaar het om vir ons as gelowiges plek te berei. Mag hierdie Kersfees vir ons lesers werklik ’n Christusfees wees wanneer ons die Here loof en dank vir Sy offer ter wille van die mense wat glo. Ek doen graag ’n beroep op ons lesers wat daarvoor kans sien, om na vore te kom en u dienste as redakteur by DWHM se kantoor aan te bied, Ek sal wel beskikbaar wees vir advies indien dit benodig mag word; is slegs ’n oproep ver. Mag ons lesers ’n aangename Kersvakansie beleef en mag hierdie Covid 19 iets van die verlede word, terwyl u die blad vol nuus lees. Groete aan al ons vriende.
Desember 2021
De Wildt Nuus
5
DWHM Algemene Jaarvergadering DWHM Kantoor Die De Wildt Helpmekaar Maatskappy se Algemene Jaarvergadering vir 2021 het op Saterdag 27 November plaasgevind. Weens die nuwe werklikheid van afstande en gesondheidsgevare net. Alle stemme is ook gedoen deur van Whatsapp gebruik te maak en het elke lid dus die geleentheid gehad om, ongeag waar hulle hulle bevind, deel te neem aan besluitneming. ‘n Opsomming van die Voorsitter se verslag tydens die AJV: Insight in time of uncertainty Moses a man called by God, was told to go to Egypt and lead a nation from the bondage of slavery, where they were forced to labour under very cruel task masters. God het Homself aan Moses openbaar as die God van Abraham, Isak en Jakob, wat ‘n verbond met Abraham gesluit het. In die verbond het God aan Abraham gesê dat sy nageslag so talryk soos die sterre aan die hemel sal wees, dat hulle vreemdelinge in ‘n land sal wees wat nie aan hulle behoort nie, dat hulle in die land diensbaar sal wees, dat God die nasie sal oordeel en hulle sal uittrek met baie goed. Op Moses se versoek oor wie hy moet sê hom gestuur het, openbaar God Homself as “EK Is, Wie Ek Is”. I wonder, in the situation that the nation of Israel found themselves, what it meant to them that God manifested Himself as “I what does it mean to us, and in what new way did God reveal Himself to you since the start of the epidemic. Die nasie van Israel het in aanbidding neergebuig by die aanhoor dat God hulle ellende aangesien het. Farao was egter nie so ingenome met die idee dat hy sy hele arbeidsmag moet afstaan nie, en het daarom bevel gegee dat hulle die kwota bakstene elke dag steeds moet voltooi, maar dat hulle nou die hooi self moet soek. During these uncertain times we all have had to add to our daily tasks, the gathering of “hay”, without neglecting the required quota. Our response to this was not unlike the response of the Israelites, who required God to judge Moses and Aaron for bringing them into disfavor with Pharaoh. Die Woord leer ons dat Faroa, Moses en Aaron in die nag laat roep het, en gesê “Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het.” Hierop sê die woord van God dat die kinders van Israel, seshonderduisend (die manne buiten die kinders) en die van gemengde bloed, altesaam ongeveer 3 miljoen mense, in een aand Egipte verlaat het. We are told that in that one night they went to the Egyptians and took silver, gold and clothes; and they found favor in the eyes of the Egyptians, who gave to them what they required. Thinking back to the “gathering of hay”, we see how God was preparing them to be on the lookout daily for “hay”, so that on the night of silver, gold and clothes. En dit bring ons by hierdie tydstip in die geskiedenis. In ons eie situasie, is ons al te geneig om te vra “hoekom”, en soos Job, moet ons beskaamd staan voor die Almagtige God, wat nie Homself aan ons hoef te verduidelik nie. Moet ons nie eerder
vra “wat”. Wat is dit wat die HERE vir ons wil leer, wat beteken dit vir my eie lewe, en wat moet ek doen om my naaste hiermee te kan dien? Let us apply the principle that we learn from this event in history to bring glory to the name of God and be good stewards in His Kindgom. Die direksie wat tydens die vergadering verkies/herbevestig is, is as volg:
Die lede het saamgestem dat die voortbestaan van die DW Nuus on-onderhandelbaar is en dat DWHM betrokke sal wees om dit te verseker. Die administratiewe bestuur van die blad sal deur DWHM hanteer word en alle inwoners in die gebied wat graag betrokke wil raak by die blad, op watter wyse ookal, word uitgenooi om die kantoor te kontak.
6
De Wildt Nuus
R1 000 R2 000
R3 000
Desember 2021
Desember 2021
De Wildt Nuus
’n Paradys van Weleer DWHM
Die welbekende skrywer, Eugene Marais, praat van ‘n Paradys van Weleer as hy verwys na “die landstreek ten noorde van Magaliesberg vanaf Hornsnek tot ver by Wolhuterskop verby..” Die gebied was bekend as “Agter-die-Berg”. Marais is gebore in Daspoort en het die Agter-die-Berg-mense as hul bure beskou. Hy vertel dat die paaie oor Hornsnek en Silkaatsnek, oor hul erf gegaan het. Waar die sementfabriek vandag staan, was daar ‘n watermeul waarvan die meeste inwoners van Hornsnek gebruik gemaak het. Die paaie oor Hornsnek en Silkaatsnek was steil, vol draaie en baie gevaarlik. ‘n Nuwe wêreld het egter vir hom as kind oopgegaan as hy vir die mense Agter-die-Berg gaan kuier het. Die Marais’s was intiem bevriend met onder andere die Fouries van Wildebeesthoek. Oom Josef Fourie was toe nog die eienaar van die hele plaas. Handel is gedryf deur baie besoekers vanuit die Vrystaat en alle dele van Transvaal in graan, meel, vrugte (droog en vars), brandewyn, tabak en ander landbouware. Dit is meestal geruil vir vee. Marais het die wêreld beskryf as “geil en vrugbaar”. Brandewyndruiwe, perskes en stamvrugte was van die beste wat jy kon kry. Lemoene en naartjies is per wa na Kimberley vervoer. Die mense was vrolik en opgeruimd. Geld was baie skaars, maar die beste voedsel was oorvloedig. Baie van die mans het gelooide velklere gedra. Vee was ook volop. Geen deel op aarde kon die lewe makliker en aangenamer maak as Agter-die-Berg nie. (Die Paradys van Transvaal). (Uit die Versamelde Werke van Eugene Marais, 1984, red. Leon Rousseau, J.L. van Schaik)
7
8
De Wildt Nuus
Desember 2021
DIE EERSTE PLAASSKOLE AGTER DIE MAGALIESBERG Ons vervolg met die storie van die Schietfonteinskool. Mnr A.W. Bester se bynaam was “Khenawotho”. Dit beteken “om alles reg te maak wat verkeerd is”. Gedurende die Boere-oorlog het hy die rang van kaptein gehad.
sentrale skool te bou. Dit is dan ook hier waar die huidige Vissershoekskool vandag nog staan. Twee klaskamers en ’n hoofdewoning is in 1910 opgerig. Die skool is op 7 Oktober 1910 amptelik ingewy. Dit is een van die oudste plattelandse skole wat vandag nog bestaan. van die skool deur Reneé Schulenburg. Ons hoop nou iemand sal die geskiedenis verder vir ons navors van 1990 tot op hede. So sal ons dan die mooi en lang geskiedenis van Vissershoek kan vaspen in die De Wildt Nuus.
Al die hoofde van die 4 Vissershoek-skole tot en met 1990 soos in die Eeufeesboek: Soos reeds genoem, is hy gevange geneem en saam met die Boerekrygsgevangenes weggevoer na Bermuda, waar hy vir die kinders skoolgehou het. Daar word vertel dat die hele Vissershoek-plaas na die oorlog aan die boere gegee is, sodat hulle weer ’n nuwe begin kon maak. Die derde skool van Vissershoek is begin na die oorlog in ou oom Lood Schoeman se huis. Daar was drie CNO–skole (Christelik Nasionale Onderwys-skole) in die omgewing nl. Greylingspost, Vissershoek en Sandspruit. ’n Eenlokaalgebou is opgerig toe die Schoemanwoning te klein begin raak. Dit is later afgebreek. Naby die skool was ’n uitgegroeide wildevyeboom waaronder daar Geloftefeeste, kerkdienste, vergaderings, begrafnisse en ook skool gehou is. ’n Plaaseienaar, oom Koos Smit, het die onderwysdepartement later ’n stuk grond van 2 morg aangebied om ’n
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
Desember 2021
De Wildt Nuus
9
Wannie wil dien Het Wannie Scribante en CJ Langenhoven iets in gemeen? Wie is Wannie as hy by die huis is? En weet Wannie iets van konyne grootmaak? Eunice Visagie het meer gaan uitvind oor TLU SA se onbetwiste Adjunk-President en beantwoord al dié tergende vrae! Wannie Scribante is sedert 1992 lid van TLU SA by De Wildt Boerevereniging. In 1995 is hy tot adjunk-voorsitter en in 1996 tot voorsitter van De Wildt Boerevereniging verkies. In 2009 is hy verkies tot streekvoorsitter van die Sentraalstreek van TLU SA en het in die posisie gedien tot 2020 toe hy as TLU SA se adjunk-president verkies is. Om te dien Volgens Scribante gaan dit vir hom oor om te dien. “Ek is grootgemaak met die idee om te dien en ander eerste te stel. Groei is ook belangrik. Mens moet groei in ’n organisasie om ’n idee van die hartklop en visie te hê.” Sedert kindsbeen ken Scribante CJ Langenhoven se leuse wat lui: “As iets die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen.” Volgens Scribante slaag hy nou wel nie altyd in dié doelwit nie, maar bly dit waarna hy strewe. Landbou, boerdery, die mense van Suid-Afrika Dit alles lê Scribante naby die hart. “Landou is ’n baie unieke sektor van die land se ekonomie. Eerstens is primêre landbou slegs prysnemers wat min invloed op die prys van produkte kan uitoefen. Aan die ander kant het ons weer amper geen invloed op ons insetpryse nie. Tweedens is die landbou geweldig divers en is die kennis nodig vir suksesvolle produksie baie wyd. Nog ’n faktor in die uniekheid van landbou is dat eiendom ’n noodsaaklike produksiemiddel is, maar ons word daarop belas. “Ons as Suid Afrikaners, maar by uitstek landbouers, is vasbyters wat tot nog toe deur die genade altyd bo uitgekom het. Deur innovasie en kreatiewe denke, maar ook ons geloof, word ons as die beste boere ter wêreld geag. Ook op vele ander terreine word ons as Suid Afrikaners gereken as van die beste in die wêreld. Vir hulle wil ek sê: Doen so voort!” Dit bring my by nog ’n Scribante-passie. Die ekonomie “Ons grootste uitdaging is nie armoede nie, maar eerder hoe om dit aan te spreek. Dit kan slegs gebeur deur ekonomiese groei. Dit help nie om die koek in kleiner stukkies te sny nie, die koek moet groter. Dan sal elkeen genoeg kan kry. ’n Ekonomie word gemeet aan sy BBP (Bruto Binnelandse Produk). Die ekonomie kan dus net groei deur die BBP te vergroot.” Scribante beywer hom vir geleenthede vir Suid-Afrikaners om uit te styg bo die ekonomiese gesukkel. “Staan op vir dit wat reg is en bou.” Dit is ’n geval van spreek tot die mens en nie die uitdaging nie. Scribante glo vas dat verandering sal kom van ’n beter selfbeeld en ’n gevoel van ek het wel iets verander of verbeter. “Gee mense iets om voor te leef.” Volgens Scribante weeg TLU SA elke beleid of aksie daaraan of dit ekonomies sin maak. “Ons word oorweldig met berade, werkswinkels en dies
meer waaraan ons moet deelneem en insette gee. Ons meet alle besluite en voorstelle aan die ekonomiese implikasies, en word daarom dikwels gesien as diegene wat gekant is teen verandering. Dit is egter nie wat ons wil doen nie! Dit is belangrik om met ’n positiewe alternatief vorendag te kom. Ons sal nooit net negatief wees en afkraak nie. Die kuns is om die nadelige en onbedoelde gevolge van beleide of voorstelle te mense ons standpunte insien en hulself daarmee vereenselwig. Ek glo dit is hoe ons in moeilike en vyandige omstandighede wel ’n groot verskil maak.” Wie is Wannie as hy by die huis saam met sy familie is? “Ek is ’n doodgewone ou wat lief is vir die natuur en buitelewe. Ek hou nie van voorgee nie en is altyd reg vir ’n grappie of twee. Ek is redelik familievas en probeer ons erfgoed en geskiedenis bewaar. Ek is skeppend en jy sal my gereeld in my werkswinkel kry waar ek iets bou, verbeter of restoureer. Ek en my vrou is 4×4-entoesiaste. Ons het voorheen gereeld aan kompetisies deelgeneem, maar deesdae gebruik ek my 4×4 voertuie om te werk en veral te toer na ongerepte dele van ons land.” As hy oor sy liefde vir landbou praat, dink Scribante aan die woorde van een van sy ingenieurswese dosente toe hy dié dosent eendag in ’n koöperasie raakloop. “Toe ek vra wat hy daar doen, was sy antwoord dat daar net twee soorte Afrikaners is: Die wat boer en die wat wíl boer! “Ek het op ’n plaas groot geword. Van ek kan onthou het ek diere aangehou en was dit my verantwoordelikheid om hulle te versorg. Dit het begin by ’n hondjie, konyne en duiwe en toe later met ’n eie perd en beeste. Ek het ook ’n groentetuintjie langs my pa-hulle s’n gehad waar ek gewerskaf het. Ofskoon ek my as metallurgiese ingenieur bekwaam het, was ek nog altyd maar ’n boer en onlosmaaklik verknog aan die grond en die leefwyse.”
10
Desember 2021
De Wildt Nuus
Huldeblyk aan Gert Prins De Wildt Boerevereniging het hierdie jaar ‘n groot staatmaker verloor by name Gert Prins. Gert was sedert 1992 op die bestuur van De Wildt Boerevereniging. Hy was ook jare De Wildt Boerevereniging se Rooivleis Produsente Organisasie se verteenwoordiger. Gert het elke jaar baie moeite gedoen met die duifjagte wat De Wildt Boerevereniging by sy sonneblomlande gehou het. Hy het self met die trekker bane om die lande skoongesny om dit vir die jagters gemakliker te maak. Hy het ook vir jare elke jaar moeite gedoen en af gevat om TLU SA se konres by te woon. Gert was nie net by De Wildt Boerevereniging aktief betrokke waar hy altyd sy kant gebring het nie, maar by baie ander organisasies en op verskillende terreine van die samelewing. Gert sal altyd onthou word vir sy vriendelikheid, sy innemende geaardheid en hulpvaardigheid. “Sy stem is stil sy plek is leeg, maar ons swyg o Heer, dit was U wil.”
Dankie aan De Wildt 4x4 Die bestuur en lede van De Wildt Boerevereniging wil graag vir Louis en Alex van der Merwe bedank dat ons hierdie jaar weer ons vergaderings by julle pragtige lapa kon hou. Dis vir ons as organisasie ‘n groot voorreg en julle word waardeer. Dankie aan Saartjie Schoeman wat elke keer gesorg het vir drinkgoed.
’n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2022 vir al ons gemeenskapslede.
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
Desember 2021
De Wildt Nuus
11
BYBELSTUDIE 2021
BETAAL JOU GELOFTES (6) Manie Lemmer Lees Mattheus 1: 18 - 25 en Mattheus 2: 1 - 12 Wat was die doel van hierdie tweemaandelikse rubriek: Om Bybelstudie aan te moedig en om die raadsplan van God vir die mensdom bekend te stel en daarmee saam dus die Boodskap van verlossing vir elke sondaarmens wat glo in hierdie verlossing. Waar hierdie blad nou weer die Kerstyd en die geboorteherdenking van Jesus Christus is dit sekerlik gepas om weer te kyk waar in die Ou Testament Sy geboorte voorspel word en dan ook na al die gebeure tydens Sy geboorte en Sy koms na die aarde en hoogste offer in ’n menslike liggaam. Slaan gerus weer die verskillende plekke na, beginnende by Genesis 3: 15 en daarna al die verwysings in die Ou Testament, veral die tekste waarna Christus self in die Nuwe Testament verwys het. Ek wil ons lesers juis aanmoedig om self hierdie tekste na te slaan en te merk. Om sodanige studie makliker te maak kan ’n goeie Konkordansie aangeskaf en geraadpleeg word. Ek glo dat sodanige Konkordansie met trefwoorde en die verwysings in die Woord alfabeties aangegee, by CUMboeke (Christelike Uitgewers) verkry kan word.. Ek beklemtoon herhaaldelik die belangrikheid van die Woord omdat God in Sy Woord aan ons geopenbaar word. As jy nie Sy Woord gereeld lees en verstaan nie, sal jy Hom nie kan ken en eer nie. Calvyn en Luther het ook beklemtoon dat slegs die Woord (SOLA SCRIPTURA – slegs die Woord) die basis van die kerk
moet vorm en Paulus wys Timotheus in 2 Timotheus daarop dat hierdie Woord en die boodskap daarvan tydig en ontydig, altyd en oral verkondig moet word. Ook ons as Christene het hierdie opdrag uit Jesus Christus se mond verneem dat die dissipels moes heengaan en die Boodskap na alle nasies moes neem. Sy opstanding en oorwinning oor die dood en die sonde was die resultaat van God se raadsplan en sodoende die verlossing van elke mens wat die Boodskap glo en nog sal glo tot Hy weer kom om alle gelowiges met Hom te verenig. Ons moet ook onthou dat daar mense is wat die soms ingewikkelde gedeeltes van die Woord aan ons verduidelik en ons wys op die boodskappe in elke gedeelte van die Woord. Daarom kom ons gereeld by ons kerke bymekaar om die Here te loof en te prys sommer die plekke in die Skrif na waar beklemtoon word dat ons nie as enkelinge ons eie kerk behoort te vorm nie. In Hosea wat ons tevore as leesstof aanbeveel het, word gesê dat die volk ten gronde gaan weens gebrek aan kennis. As ons onsself sover kry om daagliks hierdie Woord te bestudeer en ons weekliks deur ons leraars in die Woord te laat “onderrig”, sal ons aan die einde van elke jaar kan getuig dat ons in kennis gegroei het en nog beter toegerus is om met medemense wat nog nie die Boodskap ken of aanvaar nie, te praat.
12
De Wildt Nuus
Desember 2021
DIE AKASIA/ DE WILDT GELOFTEFEES JOPIE FOURIE FEESTERREIN Beste Geloftefeesvriend UITNODIGING NA DIE GELOFTEFEES TE DE WILDT OP DV 16 DESEMBER 2021 Vanjaar vind die Akasia/De Wildt Geloftefees vir die 58ste jaar plaas op die Jopie Fourie-Feesterrein op De Wildt. U UITNODIGING NA DIE GELOFTEFEES TE DE WILDT OP DV 16 DESEMBER 2020
Jopie Fourie-Feesterrein Vanjaar vind die Akasia/De Wildt Geloftefees vir die 57ste jaar plaas op die Jopie Fouriegeleë. Feesterrein op De Wildt. U word hartlik uitgenooi om vanjaar se fees op 16 Desember 2020
PROGRAM
by te woon. Hier volg meer besonderhede m.b.t. die fees. 1. - 08:40 WAAR? Vlagparade JOPIE FOURIE-TERREIN 08:00 Sing: Lied van Jong Suid-Afrika Op die R513-pad vanafGawie Pretoria-Noord Kanonsaluut: Rossouw na Brits, 3 km wes vanaf die Hornsnekpad/M17 Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron 2. PROGRAM
08:40 - 08:00 08:50 - 08:40 Verwelkoming Vlagparade: Peet Dorfling (Hartland-perdekommando) Sing van die Lied van Jong Suid-Afrika 08:50 – 09:00 Verkiesing van Bestuur vir 2022 Kanonsaluut: Gawie Rossouw Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron 09:00 - 08:40 09:20 - 08:50 Samesang Verwelkoming: Voorsitter Insameling van kontantbydraes 08:50 - 09:00 Verkiesing van Bestuur vir 2021 Samesang en insameling van kontantbydraes t.o.v. onkoste 09:20 – 09:00 09:30 - 09:20 Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Willie Coetzer Voorhou van Bloedrivier-gelofte: Werner Theron 09:20 - 09:30 Voorhou vanRiebeeck-gelofte/gebed: Van Riebeeck-gelofte/gebed: Gawie Rossouw 09:30 – 09:30 09:40 - 09:40 Voorhou van Van Andries Botes Geleentheidspreker: Gert van Zyl 09:40 - 10:10 Tema: Hier staan Ligdraers in die duisternis. 09:40 - 10:10 Geleentheidspreker: Frikons Wentzel Geloftefeesdiens: Ds David Barnard 10:10 - 10:40 Tema: Die slag van Bloedrivier, die verband met kmdt. Jopie Fourie. Tema: God is waar jý is. 10:10 – 10:40 Geloftefeesdiens: van Rooyen Skriflesing:Wiku Jeremia 29:1-7 Tema: Wat ons gehoor het, sal Liedere: Lied 476:ons 1-2vertel. Lied 519: 1-4 10:40 -10:50 Sing van DIE STEM (al vier verse) 10:40 -10:50 Sing van DIE STEM (al vier verse) Feesgangers word hartlik uitgenooi
om vanaf 11:00 heerlik saam te kuier en die dag saam met familie en vriende te geniet.
3.
WAT BRING ONS SAAM? Eie piekniekmandjie, eetgerei (vure sal op versoek voorsien word), opvou/ kampstoele/-tafels (die terrein beskik nie oor stoele nie). Tee, koffie en koeldrank sal teen ’n klein donasie in bekers teen ’n billike prys beskikbaar wees.
4.
KLEREDRAG Tradisionele drag sal meer luister aan die fees verleen! Dra dit asseblief, as u het!
’N GELOFTEFEES OM WEEREENS NIE MIS TE LOOP NIE!
Desember 2021
13
De Wildt Nuus
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons
Sandstone Sorgsentrum
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
14
De Wildt Nuus
Desember 2021
Desember 2021
15
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE
Manie Lemmer
GERT (PIERRE) PETRUS JACOBS * 24 APRIL 1967 † 26 SEPTEMBER 2021 Pierre was ’n meelewende lid van ons gemeenskap en het onder andere ook as direkteur van DWHM gedien en het ook enkele jare gelede as voorsitter van die direksie die leiding aldaar geneem. As onderwyser het hy ook baie jare die gemeenskap se kinders onderrig en so die gemeenska gedien. Ons het met skok verneem van sy skielike heengaan terwyl hy menslik gesproke nog ’n hele aantal jare ’n werker kon wees. Die bepaling van ons sterfdatum berus egter gelukkig nie by ons nie en daarom aanvaar ons die wil van ons hemelse Vader. Hy is na ’n diens na aanleiding van Ps 121 waargeneem deur ds Kobus Niewenhuizen van die NHK-gemeente Hartbeeshoek, in die Zandfontein-begraafplaas te ruste gelê. Saam met sy naasbestaandes sal die gemeenskap Pierre ook mis, maar ons gun hom die ewige rus. alle naasbestaandes word verseker van ons bede van vertroosting tov hul groot verlies.
JOHANNES ALBERTUS (JANNIE) LOUBSER * 10 FEBRUARIE 1930 † 18 JULIE 2021 In die dood van oom Jan Loubser het veral die gebied waar hy in Waverley gewoon het, Klub Lekkerrus/Libertas asook die De Wildt Nuus ’n staatmaker en ondersteuner van statuur verloor. Hy het deurgaans jarelank op die Radd van Trustees van gemede Klub gedien en het nooit enige vergadering misgeloop nie. As heil van die Klub bydra. Hy het feitlik tot sy heengaan hom nog vir hierdie Klub beywer. Ek is daarvan bewus dat hy ook die gemeenskap waar hy gewoon het, op verskeie wyses gedien. Ek het hom en sy eggenote die afgelope meer as twintig jaar geken en in hom ’n ware vriend gevind wat jou enge tyd met hulp en bystand sou ondersteun. Hy was ’n entoesiastiese leser van ons blad, die De Wildt Nuus, en het dikwels ook ons befondsing met ’n donasie bygestaan. Ek sal oom Jan as vriend en kollega onthou soos in die blaadjie van sy dankdiens gelei deur ds Fried Ferreira van die Môrester Refor-
Ons gun oom Jan sy ewige rus waar hy nou van pyne verlos is. Aan Trienie en al sy ander naasbestaandes bid ons steeds die vertroosting van ons hemelse Vader toe. Ons sal oom Jan saam met julle mis, maar die herineringe wat hy vir ons almal nagelaat het, is ’n veeltal wat ons nie sal vergeet nie.
16
De Wildt Nuus
Desember 2021
Elma Human - Skakelbeampte
Kersboodskap deur Mary Ann du Preez, takvoorsitster
Aan al die dames in die tak wens ek en die bestuur, ‘n baie geseënde familietyd en Christusfees toe. Ons vertrou dat elkeen ‘n verskil sal maak, daar waar hulle beweeg, waar hulle kuier en waar hulle miskien vakansie hou. Aan almal wat die De Wildt Nuus lees, wens ons as tak ‘n besondere 2021 Kersfees toe. Mag die beskerming en die vrede van die Allerhoogste met elkeen wees.
’n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar vir al ons getroue lesers en adverteerders deur die jare van De Wildt Nuus se bestaan.
Raadslid Dana Wannenburg spreek die dames by De Wildt-tak toe
Onlangs ontvang raadslid Dana Wannenburg die spesiale titel as Alderman Wannenburg. Die uitsonderlike toekenning was aan hom gemaak vir sy 20 jaar aktiewe betrokkenheid by die politiek en die stadsraad. Dana verduidelik aan die dames die gespanne situasie in die stadsraad en hoe die planne vir vooruitgang telkens gedwarsboom word deur die opposisie. Hy is op die oomblik gemoeid met Landbou- en omgewingsake. Hulle grootste uitdaging is om huishoudelike en tuinafval, stortingsterreine en onwettige storting te bestuur. Nuwe kontrakteurs is nog nie opgewasse nie en die ou kontrakteurs saboteer die proses. Dana trap self diep spore in ons area. Hy het ‘n passie vir die bemagtiging van mense, wat die leisels van die stadsraad kan vasvat! Dana Wannenburg.
Desember 2021
17
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms Ons het heerlik pret gehad met die tema van die jaar en ons tak se uitbeelding daarvan deur “op te dress”. Tydens ‘n vorige vergadering het die dames aangetrek soos ons voorgangers. In die verlede was die VLU vergaderings baie formeel en het die dames dit gehoed en gesykous bygewoon. Vandag trek almal gemaklik aan en geniet ‘n gesellige vergadering, waaraan almal kan deelneem. Tydens hierdie vergadering het Riana Badenhorst (uistaller) haar formele bruin pakkie aangehad, wat uit die VERLEDE dateer. Sy het ons egter gou op datum gebring met die nuutste Aloe Feroxprodukte, waarvan sy ‘n verskaffer is. Lize Venter het die nabye verlede (grendeltydperk) uitgebeeld deur haar skokkende pienk pajamas aan te trek. Dis mos hoe ons almal party dae deur geworstel het in afsondering… Petrina van Niekerk het ‘n moderne uitrusting ontwerp, deur van haar hekelwerk op ‘n ou T-hemp en skoene vas te werk. Sy verteenwoordig die HEDE, waarin ons almal herwin en vernuwe. Trysie Coetzee trek haar pers uitrusting aan om te pas by die Elma Human het simbolies aangetrek om die tema van die TOEKOMS uit te beeld. Die vlerkies simboliseer die mens se hoop om ‘n beter toekoms in te gaan. Behou jou humor, dan sal jy die toekoms kan omhels.
Riana Badenhorst met haar uitstalling van Aloe Ferox-produkte
Elma Human in haar Ladybird-pakkie Petrina van Niekerk met haar nuutskepping met hekelwerk
Lize Venter met haar pajamas uit die grendeltyd
Trysie Coetzee met haar Jakaranda-kleure
18
Desember 2021
De Wildt Nuus
LANDBOUSAKE Kool behoort tot die genus Brassica wat insluit kool, blomkool, broccoli, spruitkool en Brusselse spruite. Die Brassicas is inheems in Europa se Middellandse seegebied. Kool is in Europa, volgens oorlewering, vanaf die jaar 1 N.C. verbou. In die 12de eeu is blomkool ontwikkel en dit was hoofsaaklik verbou in Italië tot die 16de eeu toe dit versprei is na Frankryk en die res van Europa en ook Noord-Amerika. Broccoli is in die 17de eeu ontwikkel in Italië en is toe versprei na Engeland en Noord-Amerika. PLANTONTWIKKELING Hoe groter die eerste buiteblare kan ontwikkel, hoe groter is die raam en hoe groter kop kan ontwikkel. Die binneblare is korter en krul na binne. Die buiteblare maak toe en vorm ‘n harde stewige kop. KLIMAATSVEREISTES Kool wat volwasse word in die Britsomgewing vanaf April tot September is gewoonlik van goeie kwaliteit met die beste opbrengs. Die optimum temperature vir groei en ontwikkeling is gemiddeld van dag en nag 18° C met gemiddelde maksimum van 24 ° C en minimum van 4° C. Kool is redelik rypbestand en kan tot - 3° C oorleef maar skielike koue toestande of koue winde is nadelig. Koolkultivars is ontwikkel wat in ‘n wye verskeidenheid temperature in warm en ook koue toestande kan produseer. Kool kan in Brits deur die jaar geproduseer word met die regte kultivarkeuse. In die koeler maande word die hoër opbrengste en beter kwaliteit geproduseer. In die koue produksiegebiede (Hoëveld) word kool nie in die winter geproduseer nie en in die warm dele, nie in die somer nie. Wat bemarking aanbetref, is daar ‘n piek wat pryse aanbetref in Maart en April en ook Julie. GROND Kool verkies ‘n goed gedreineerde diep (1 m +) grond met ‘n gemiddelde klei-inhoud van 20 – 35 %. Dit is egter aangepas op in ‘n wye verskeidenheid van gronde (sand 15 % tot klei 45 %). Goeie dreinasie is egter baie belangrik. Op turf of hoë klei-inhoudgronde is die plant van die kool op ‘n opgehewe bedding ‘n goeie praktyk om dreinasie te verbeter. Maak beddings gelyk om hoë, droë knoppe (verdroog) en ook lae duike (versuip) te verhoed. Dreinering is belangrik om wortelsiektes te voorkom. Plant so dat die watervore tussen die beddings die water uit die land uit kan dreineer veral met someraanplantings. PLANTESTAND Hoër plantestand lei tot kleiner koppe. Kultivatrs verskil wat kopgrootte aanbetref. Grootkopkultivars moet yler geplant word as kleinkopkultivars. ‘n Verskeidenheid kultivars is ontwikkel wat kopgrootte vorm, aanpassing (winter- en somerkool), ens, betref. Somerkool bv skiet saad of groei swak in die winter en dieselfde geld vir winterkool in die somer. GEWASROTASIE EN BEWERKING Om die lande waarop kool geplant gaan word te roteer, is noodsaaklik. Dit voorkom die opbou van grondpatogene wat koolsiektes veroorsaak. Gewasse wat tot die Brassicafamilie behoort (kool, blomkool, broccoli, Brusselse spruite, rape, radyse en verskeie mostertsoorte moet nie binne drie jaar op die land geplant word voor kool nie. Daar is ook onkruide wat tot die familie brucefera (waaronder togene wat kool benadeel. Groenmielies en peulplante, waarvan Sunhennep een van die beste keuses is, kan as groen bemesting voor kool geplant word. Die groenbemesting moet twee tot drie maande voor die kool goed ingeploeg word sodat dit kan verrot. In alle gevalle is ploeg voor kool geplant word, wenslik om alle plantreste te begrawe vir die voorkoming van swamme.
KOOLVERBOUING Leon Weber - landboukonsultant
BIOGASSE EN STERILISASIE Onlangse navorsing het getoon dat die biogasse wat van Brassicaplante afkom wanneer dit groen ongeploeg word, grond baie effektief biologies steriliseer van patogene, plae en peste wat opvolggewasse aantas (koring, mielies, sojabone – net nie die Brassicagroep nie). Wilde mostert en Fall Raab word tans gebruik vir grond biosterilisasie maar alle Brassicas het dieselfde effek. Verder is navorsers van mening dat as die Brassica droogtestremming ondervind voordat dit ingeploeg word, dit ‘n groter steriliasie-effek het. Die volgende voordele en nadele geld naamlik: Voordele
grondstruktuur. Nadele
bv organismes wat nadelig is vir die Brassicagroep, kan behoue bly. KULTIVARS Verskeie kultivars van verskeie maatskappye is beskikbaar in die mark met verskeie eienskappe (winter, somerkool, aanpassing, siekteweerstand, grootte van kop, groeiseisoenlengte, vorm van kop, kleur, ens.) Nader die kundiges van die betrokke maatskapkultivars. STIKSTOF (N) Kool het ‘n relatiewe hoë stikstofbehoefte. Die stikstoftoediening moet egter nie te hoog wees nie en die stikstofstatus van die grond moet in ag geneem word. Ingeploegde groenbemesting of ‘n goeie peulplant vooraf (Akkerbone en Sunhennep bv) sal ‘n laer stikstoftoediening benodig as die riglyn terwyl sonneblomme of vars ingeploegde droë plantreste ‘n hoër toediening sal benodig. Neem in berekening dat die hoeveelheid N wat beskikbaar kom, uit toegediende mis (hoender, bees, skaap, ens) geleidelik vry gestel word. Normaalweg word slegs 30 – 50 % van die N die eerste seisoen vrygestel oor die hele seisoen. Verder is dit belangrik dat stikstoftoediening by kool vroeg toegedien moet word (+- 40 % N) ingewerk in die grond voor plant. Topbemesting N moet toegedien word in twee toedienings. (30 % voor drie weke en 30 % voor ses weke.) Voldoende N moet vroeg toegedien word om die eerste blare groot te laat ontwikkel wat dan lei tot groter koppe. FOSFAAT OF FOSFOR (P) Fosfaat lewer ‘n groot bydrae tot goeie wortelontwikkeling. Die fosfaatstatus van die grond moet in berekening gebring word met die bepaling van die P-toediening. Te veel P in die grond (80 mg/ kg en meer) of te hoë P-bemestings kan die elementbalans in die grond versteur wat kan lei tot die onderdrukking van sink, kalsium, kalium en yster. Te min fosfaat gee gewoonlik ‘n pers verkleuring van die blare en swak wortelontwikkeling en groei. KALIUM (K) Kool het ‘n hoë kaliumbehoefte – selfs hoër as die N-behoefte. Kalium beïnvloed nie soseer die opbrengs nie maar lewer ‘n groot bydrae tot kwaliteit en langer raklewe. Te hoë kaliumtoedienings of te hoë grondstatus kan bydra tot die bars van koolkoppe en het weer ‘n onderdrukkende effek op magnesium en booropname. KALSIUM (Ca) EN MAGNESIUM (Mg) Albei speel ‘n belangrike rol in opbrengs en kwaliteit. CA en Mg word gewoonlik nie bemes as die grond se Ca- en Mg-status reg is (Kalsium: 60 – 70 %) en Mg (20 – 30 %) uitruilbare katione.
Desember 2021
De Wildt Nuus
Kalsiumnitraat en magnesiumsulfaat word as ‘n blaarbespuiting aanbeveel as gebreksimptome voorkom. MIKRO-ELEMENTE (Mo) Die Molibdeen (Mo)-behoefte van kool is redelik hoog maar behoort nie voor te kom in gronde met ‘n pH (H20) van 7.0 en hoër nie. Molibdeentekorte kan voorkom in suurgronde pH(H20) van 6.5 en laer of gronde met ‘n lae Molibdeenstatus. BOOR (B) Boortekorte kan in hoë pH-gronde voorkom pH (H20) 7.5 en hoër. MANGAAN (Mn) Mangaan is meer beskikbaar vir die plant in suur gronde. In Brits se hoë pH-gronde kan mangaantekorte voorkom. YSTER (Fe) Dieselfde geld vir yster in hoë pH-gronde. PLAE EN SIEKTES Kool het verskeie plae wat dit teister wat ‘n studie op sy eie is. Faktore wat in gedagte gehou moet word by koolplae: 1. Daar is grondgedraagde patogene wat verminder kan word deur: ring, hawer, ens. swak gedreineerde gronde dra by tot meer op grondpatogeeninfestasies. 2. Meer insekte, swamme en bakteriese besmettings kom in die somer as in die winter voor. 3. Swak verbouingspraktyke soos te veel, te min of ongebalanseerde bemesting of grondtoestande kan die plant se groei verswak wat dit meer kwesbaar maak vir siektes. maatreëls toe. 5. Die larwes (wurms) van verskeie motte beskadig die kool deur-
dat gate in die blare of in die koppe ingevreet word wat die kool se bemarkbaarheid benadeel. Hierdie skades is groter wanneer die kop gevorm word. Beheer die larwes dus voor die koolblare begin toevou. 6. Van die patogene is ook saadgedraag - maak seker van behandelde en goeie kwaliteit saad. 7. Rooispinnekop kom gewoonlik laat in die groeiseisoen voor en moet betyds beheer word. 8. Verskeie koolkultivars het weerstand teen verskeie siektes veral virusse. Vra vir die verskaffers. Plantluise versprei virusse beheer luise betyds. KRAAK OF BARS VAN KOOLKOPPE Sommige koolkoppe bars oop net voor dit bemarkbaar is. REDES VIR OOPBARS Kultivars: Party bars meer as ander, sommige gladnie. Kool bars oop as stikstof te laat toegedien word. PLANTDATUM As ‘n kultivar buite sy aanbevole planttyd geplant word, kan dit bars (saadskiet en bars). Somerkool in die winter plant en andersom. Warm temperature, baie water, hoë lugvog en warm gronde bevoordeel die bars van koolkoppe. Swak vogvoorsiening (te min en dan weer te veel) kan ook bydra tot bars. Kool is ‘n relatiewe lae koste gewas wat goed aangepas is in Brits vir winter- en somerproduksie. Kool het ‘n redelike vinnige omhangend van die kultivar. ‘n Bruto inkomste van selfs meer as R150 000/ha is moontlik. Produksie en markte kan hierdie syfer aansienlik laat varieer. Vir duidelikheid vir die tuinier, neem kennis dat ‘n 100 kg kunsmis per hektaar gelykstaande is aan 10 gram per vierkante meter. Skakel gerus om iets te bespreek of raad te vra. LEON WEBER 083-3267181 B Sc (Agric) B Inst (Agrar) (Hons)
Digters van De Wildt DWHM
As ons kyk na die digtalent wat daar in De Wildt na vore kom, is dit eintlik nie snaaks nie. Reeds van vroeë tye was daar groot digters wat in ons omgewing hul digkuns laat blyk het. Theo Wassenaar is een van die bekendste voorbeelde daarvan. Die laaste versreël van sy gedig “See-sonnet” verskyn dan ook op sy grafsteen in die Fouriebegraafplaas langs die R513 naby die Jopie Fourie-terrein. Hy beskryf dit baie treffend waar hy sy lewe beskryf as “Een polsslag in die ritme van die Heelal!” Theo Wassenaar het gelewe tussen 1892 en 1982. Hy was ‘n oogarts, hoogleraar in Fisiologie, asook lid van die Provinsiale Raad van Transvaal. Hy was ook lid van die Hospitaalraad in Pretoria en ‘n groot dryfkrag agter die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. In 1927 trou hy met Anna Sophia Dames, ‘n niggie van Jopie Fourie.
19
‘n Hartaanval in 1968 lei tot sy aftrede, waar hy dan sy jare slyt in ons omgewing. wing.
20
De Wildt Nuus
Desember 2021
Bly gesond met gemmer Uit: Welstand Solidariteit Gemmer is beslis nie almal se gunsteling nie maar om gemmer te eet het baie gesondheidsvoordele, veral nou dat almal so gesond moontlik wil wees. Gemmer is van die gesondste speserye op die planeet. Jy hoef nie elke dag aan ’n stukkie te knibbel nie. Sny ’n groot stuk van ongeveer 1,5 cm in klein stukkies en meng dit met jou vrugteskommel (smoothie), tee of enige ander dis. Dis voordelig vir jou liggaam:
vir seesiekte, chemoterapieverwante naarheid, naarheid na sjirurgie en oggendsiekte. As gemmer daagliks geëet word, sal die naarheid gou weggaan.
goeie uitwerking daarop hê. Die daaglikse inname van gemmer sal die pyn geleidelik verlig.
van die knie het dié wat gemmer gebruik het, minder pyn gehad en minder pynmedikasie nodig gehad. Die daaglikse inname van gemmer is baie goed vir opelyf. Dit lyk asof gemmer lediging van die maag versnel, wat voordelig kan wees vir mense met slegte spysvertering en verwante maagongemak.
daagliks gemmer eet, kan dit jou help. Die spesery is soortgelyk aan pynmedikasie, wat kan help om akute abdominale pyn te verlig.
Gemmer bevat baie gingerol, ’n substans met sterk antiin die liggaam word vinnig beter as gevolg van die anti-
Daaglikse gemmerinname vir ’n maand kan help om “slegte” cholesterol in die liggaam te verlaag. Die hoeveelheid trigliseriede in die bloed word deur die stowwe in gemmer verminder.
sterk die immuunstelsel. Word jy reeds deur ’n verhelp om verskillende tipes naarheid te voorkom. Dit geld
Februarie/February 2021
gesond te word. Bly gesond en voed jou immuunstelsel.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00
Desember 2021
21
De Wildt Nuus
De Wildt Helpmekaar Maatskappy Phil Louw Is dit nie ironies dat inplaas daarvan dat DWHM sy 21ste bestaansjaar vier, hy steeds sukkel om ‘n gemeenskap, wie se belange hy van meet af gedien het, en steeds dien, te ootuig dat eendrag maak mag, en dat hy die begunstigdes se ondersteuning en lojaliteit verdien. Of het ons vergeet wat daartoe aanleiding gegee het dat hierdie organisasie in die lewe geroep is? Dalk moet die nuwe intrekkers die ou inwoners raadpleeg, navrae doen, oor hoekom DWHM in die lewe geroep is. Die kernrede was eenvoudig ‘n saak van saamstaan teen die nuwe orde wat die vrede, veiligheid en eiendomsreg bedreig het. As enkelinge en afsonderlike organisasies wat aanspraak op die inwoners se ondersteuning gemaak het, was enige teenfoeter vir enkelinge nie bekostigbaar of volhoubaar nie. Maar deur hande te vat en saam te werk was DWHM ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ‘n nie-winsgewende organisasie uiteindelik geregistreer is. Die lede van die verskillende organisasies in ons gemeenskap het daartoe ingestem om, sonder om die identiteit van hulle gerespekteerde entiteite prys te gee, kollektief as DWHM te funksieoneer. Die verskillende voorsitters sou uiteidelik deel uitmaak van die DWHM direksie. M.a.w. die Brandbeskermings- en Boereverenig, onder andere, sou direkte inspraak hê in die besluite wat geneem word en so sou die individuele en kollektiewe belange gedien word. Natuurlik het ander goeie dinge uit hierdie samewerking voortgespruit. So het ander portufeuljes tot stand gekom en het die maatskappy ander verteenwoordigers bygekry om die belange van die gemeenskap te dien. ‘n 24/7 365 dae ‘n jaar radio network is beman, en is daar beding vir ‘n WOF brand span, ‘n voltydse kantoor is gevestig, en het ‘n netwerk van toegewyde diens en veiligheidsmense vrywilliglik meegewerk om De Wildt ‘n beter plek te maak.
Maar ongelukkig het die gemeenskaplike belange vervaag en het enkele mense van die portefeuljes gekaap vir eie belang, oënskynlik omdat hulle nie meer so funksioneel was nie. Verdeeldheid is bevorder met beloftes van kostevrye dienkan volhoubaar funsioneer sonder fondse nie. Lidmaatskap of inskrywingsfooie is geëis en is die realiteit dat afsonderlike ontwikkeling en bestaansreg nie vir alle inwoners bekostigbaar is nie. Ook nie vir DWHM nie. Met DWHM se jaarvergadering het die lede met dank kennis geneem van die manhaftige pogings wat deur die direksie aangewend word om die 24/7 dienste wat gelewer word instand te hou. En die gemeenskap moet kennis neem wat die gevolge sal wees as hierdie dienste beëindig moet word. Dan sal almal aan hulself uitgelewer wees want afsonderlik het individue nie die kollektiewe bedingingsmag of invloed nie. Hulle het ook nie die gevestigde verhoudings met die kern diensverskaffers, beide op plaaslike en provinsiale vlak en oor provinsiale grense heen, wat die maatskappy se personeel en verteenwoordigers het nie. Dit sal veral vir van ons ouer inwoners traumaties wees. Gaan dit weereens nodig word dat ons ‘n genadelose insident moet oorleef om ons in De Wildt te verenig? Het ons fokus so verander dat ons die voordele van saamstaan en saamdoen nie meer as ‘n prioriteit kan raak sien nie. Ons hoef nie wyer te kyk as die radio network, die brandsbeskerming, die krag voorsiening, en noodgevalle om te weet hoe kosbaar hierdie voordele is wat uit een kantoor bestuur word nie. Ons hoef nie alles eers te verloor voordat ons besef hoe waardevol dit was wat ons van DWHM se onstaan gehad het nie. Dis tyd om introspeksie te doen en ‘n ingeligte besluit te neem. Kies vir volhoubaarheid en teen eiebelang.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
082 879 6969
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
22
De Wildt Nuus
Desember 2021
Meer is nodig om veediefstal aan te spreek TLU SA-nuus Vir ’n daadwerklike impak op veediefstal móét daar nou na ’n volgende rat oorgeskakel word. Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat met die feesseisoen om die draai veediefstalgetalle gaan toeneem. Misdaadstatistiek vir vanaf 1 April tot 30 Junie 2021 wys ’n afname van 8% in veediefstal. Moet egter nie dat dié statistiek Ofskoon daar in ses provinsies afnames in veediefstal was, het die gevalle in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, toegeneem. In geheel beskou moet dit egter inaggeneem word, dat boere die laaste tyd al hoe meer vertroue in die polisie verloor het, en nie meer sake aanmeld nie uit pure moedeloosheid. Die afname is dus dalk net oë verblindery.
“Boere het vertroue in die polisie verloor en nie sommer net sonder rede nie. Baie van die polisielede is deel van die sindikate. Veediefstal is ’n groot georganiseerde bedryf met groot geld op die spel,” vertel Mnr. Mort Mortassagne, TLU SA Voorsitter: Veiligheidskomitee. “Tans word net sowat 20% van die sake aangemeld en ’n skamele 4% van die sake word suksesvol afgehandel. Kanse om die boewe vas te trek, is reeds so skraal en dan is die forensiese werk op veediefstal nie op standaard nie. Daar is ook DNS monster databasis wat met sowat 400 000 monsters uitstaande is…en intussen steel die boewe voort.” Mnr Mortassagne voeg by dat in Suid-Afrika 2-5% van die
Tans is een van die vernaamste bekommernisse en uitdagings die aantal sake wat aangemeld word teenoor die aantal veediewe wat deur die howe skuldig bewind word. Mnr Ronnie Schilling, TLU SA Streeksbestuurder: Oos en Natal was onlangs deel van TLU SA, Mpumalanga Landbou en AFASA se samesprekings met die Provinsiale Kommissaris van Mpumalanga waar veediefstal en ander prioriteitsmisdade bespreek is. “Dit is algemeen bekend dat die brandmerk van vee ingevolge Wet 6 van 2002 verpligtend is in Suid-Afrika. TLU SA neem kennis van die stappe wat die polisie doen en is uit die aard van die saak dankbaar. Ons ondersteun die polisie waar ons kan,” het mnr. Schilling gesê. “Is dit te veel gevra dat die regering en die polisie ’n groter impak moet maak in die bekamping van veediefstal? Is die straf vir veediefstal enigsins ’n afskrikmiddel? Dit demoraliseer boere as hulle nie op hul eie of met die polisie se hulp impak kan maak op die probleem nie.” Mnr Schilling verwys ook na die hoeveelheid vee wat op een slag gesteel word en ekstra kommerwekkend is. “Boere gaan moet bereid wees om gedurende die feesseisoen ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.”
Wetgehoorsame burgers in die spervuur Die Suid-Afrikaanse regstelsel – waarskynlik een van die laaste staatsinstellings wat nog ’n mate van vertroue inboesem – is nou besig om wetsgehoorsame burgers in die steek te laat. Die arrestasie van verskeie boere landwyd, nadat hulle probeer het om hulself teen wetsoortreders te beskerm, is onder TLU SA se aandag gebring. “Die regsproses is besig om die pad byster te raak, as wetsgehoorsame landsburgers nou in die spervuur is,” sê mnr Henry Geldenhuys, TLU SA President. “Dit wil voorkom asof misdadigers nou gerat is, om onmiddellik ’n klag vir die rig van ’n wapen, rassisme, poging tot moord, aanranding, intimidasie of selfs moord teen die boer by die polisie sonder enige bewyse aanhangig te maak. In meeste gevalle word die boer gearresteer, en bevind die wetsgehoorsame burger hom in die beskuldigdebank. Des nie te meer, gebeur daar niks met die persoon wat eerste die wet oortree het.” Volgens Mnr Geldenhuys wil dit voorkom asof die regstelsel nou omgeswaai word, om die krimineel te beskerm en nie na die belange van die wetsgehoorsame burgers te kyk nie. Maar nou moet jy skynbaar kies tussen om self geskiet te word of om tronk toe te gaan…”
Meer as een so geval is die laaste tyd onder TLU SA se aandag gebring. Volgens mnr Geldenhuys doen die staat alles in sy vermoë om borg ook nog teen te staan. Waar ’n boer op sy eie grond opgetree het om sy belange te beskerm teen indringers, word hy nou die krimineel. “Dit blyk of daar dubbele standaarde gehandhaaf word in die toepassing van die reg. Die omstandighede het sodanig versleg dat ’n wetsgehoorsame boer wat optree teen kriminele, homself baie vinnig in die beskuldigdebank bevind. Dit was immers nie die boer wat moeidie boer se grond kom. Die polisie en regstelsel glo dan eensydig dié oortreder se klagtes. “ ’n Boer blyk skuldig te wees ongeag die omstandighede alvorens hy verhoor word. Geld die emosie van die gemeenskap nou baie meer in regspleging as wat billikheid en regverdigheid en die beginsel dat almal gelyk voor die reg is?” Die vraag wat vandag bestaan is, wat dan van die boere se regte om hul wettige eiendom te beskerm.” TLU SA gaan binnekort ’n skrywe rig aan die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, mnr Ronald Lamola, om die erns van die situasie onder sy dringende aandag te bring.
Desember 2021
23
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
24
Desember 2021
De Wildt Nuus
Welcome to Truly Natural and Private Memorial Parks and Cemetery.
www.thepreserve.co.za Don’
-guard with unsafe and poorly kept cemeteries with no space available
Secure your Burial Plot today , for peace of mind whilst you contribute towards conservation Securing a plot at The Preserve will give you and your loved once access to: Private Interment Security, & Fully Protected Private Grounds which are Maintained Daily Marker Headstone Your personal Book of Life with your interment details. For R11,500 per Super Single Plot
0861 889 889 info@thepreserve.co.za The Rainier Culverwell Park
The Preserve in itself is a memorial to clients and the nature of South Africa. The Preserve is a combination of providing a dignified and safe resting place for our dearly departed family and friends, while we also at the same time ensure that the natural environment of South Africa is conserved for future generations to Blessings:
Allan & Bernice Culverwell
Membership
sms “Please Call Me”, or forward us a WhatsApp request to: 076 812 7744.