1 minute read

VLU nuus

Next Article
Landbousake

Landbousake

Elma Human - Skakelbeampte

Eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms

Advertisement

Ons het heerlik pret gehad met die tema van die jaar en ons tak se uitbeelding daarvan deur “op te dress”. Tydens ‘n vorige vergadering het die dames aangetrek soos ons voorgangers. In die verlede was die VLU vergaderings baie formeel en het die dames dit gehoed en gesykous bygewoon. Vandag trek almal gemaklik aan en geniet ‘n gesellige vergadering, waaraan almal kan deelneem. Tydens hierdie vergadering het Riana Badenhorst (uistaller) haar formele bruin pakkie aangehad, wat uit die VERLEDE dateer. Sy het ons egter gou op datum gebring met die nuutste Aloe Ferox- produkte, waarvan sy ‘n verskaffer is. Lize Venter het die nabye verlede (grendeltydperk) uitgebeeld deur haar skokkende pienk pajamas aan te trek. Dis mos hoe ons almal party dae deur geworstel het in afsondering… Petrina van Niekerk het ‘n moderne uitrusting ontwerp, deur van haar hekelwerk op ‘n ou T-hemp en skoene vas te werk. Sy verteenwoordig die HEDE, waarin ons almal herwin en vernuwe. Trysie Coetzee trek haar pers uitrusting aan om te pas by die Elma Human het simbolies aangetrek om die tema van die TOEKOMS uit te beeld. Die vlerkies simboliseer die mens se hoop om ‘n beter toekoms in te gaan. Behou jou humor, dan sal jy die toekoms kan omhels.

Elma Human in haar Ladybird-pakkie Petrina van Niekerk met haar nuutskepping met hekelwerk Riana Badenhorst met haar uitstalling van Aloe Ferox-produkte

Lize Venter met haar pajamas uit die grendeltyd Trysie Coetzee met haar Jakaranda-kleure

This article is from: