
1 minute read
DWBV nuus
from DW Nuus Des 2021
Huldeblyk aan Gert Prins
De Wildt Boerevereniging het hierdie jaar ‘n groot staatmaker verloor by name Gert Prins. Gert was sedert 1992 op die bestuur van De Wildt Boere- vereniging. Hy was ook jare De Wildt Boerevereniging se Rooivleis Produsente Organisasie se verteenwoordiger. Gert het elke jaar baie moeite gedoen met die duifjagte wat De Wildt Boerevereniging by sy sonneblomlande gehou het. Hy het self met die trekker bane om die lande skoongesny om dit vir die jagters gemakliker te maak. Hy het ook vir jare elke jaar moeite gedoen en af gevat om TLU SA se konres by te woon. Gert was nie net by De Wildt Boerevereniging aktief betrokke waar hy altyd sy kant gebring het nie, maar by baie ander organisasies en op verskillende terreine van die samelewing. Gert sal altyd onthou word vir sy vriendelikheid, sy innemende geaardheid en hulpvaardigheid. “Sy stem is stil sy plek is leeg, maar ons swyg o Heer, dit was U wil.”
Advertisement
Dankie aan De Wildt 4x4
Die bestuur en lede van De Wildt Boerevereniging wil graag vir Louis en Alex van der Merwe bedank dat ons hierdie jaar weer ons vergaderings by julle pragtige lapa kon hou. Dis vir ons as organisasie ‘n groot voorreg en julle word waardeer. Dankie aan Saartjie Schoeman wat elke keer gesorg het vir drinkgoed. ’n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2022 vir al ons gemeenskapslede.

Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners.

Voorblad in kleur
R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00

Februarie/February 2021
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte JOHAN - 082 433 2260