
2 minute read
Betaal jou geloftes (6
from DW Nuus Des 2021
Desember 2021 De Wildt Nuus BYBELSTUDIE 2021 BETAAL JOU GELOFTES (6)
Manie Lemmer
Advertisement
Lees Mattheus 1: 18 - 25 en Mattheus 2: 1 - 12
Wat was die doel van hierdie tweemaandelikse rubriek: Om Bybelstudie aan te moedig en om die raadsplan van God vir die mensdom bekend te stel en daarmee saam dus die Boodskap van verlossing vir elke sondaarmens wat glo in hierdie verlossing. Waar hierdie blad nou weer die Kerstyd en die geboorteherden- king van Jesus Christus is dit sekerlik gepas om weer te kyk waar in die Ou Testament Sy geboorte voorspel word en dan ook na al die gebeure tydens Sy geboorte en Sy koms na die aarde en hoogste offer in ’n menslike liggaam. Slaan gerus weer die verskillende plekke na, beginnende by Genesis 3: 15 en daarna al die verwysings in die Ou Testament, veral die tekste waarna Christus self in die Nuwe Testament verwys het. Ek wil ons lesers juis aanmoedig om self hierdie tekste na te slaan en te merk. Om sodanige studie makliker te maak kan ’n goeie Konkordansie aangeskaf en geraadpleeg word. Ek glo dat sodanige Konkordansie met trefwoorde en die verwysings in die Woord alfabeties aangegee, by CUMboeke (Christelike Uitgewers) verkry kan word.. Ek beklemtoon herhaaldelik die belangrikheid van die Woord omdat God in Sy Woord aan ons geopenbaar word. As jy nie Sy Woord gereeld lees en verstaan nie, sal jy Hom nie kan ken en eer nie. Calvyn en Luther het ook beklemtoon dat slegs die Woord (SOLA SCRIPTURA – slegs die Woord) die basis van die kerk moet vorm en Paulus wys Timotheus in 2 Timotheus daarop dat hierdie Woord en die boodskap daarvan tydig en ontydig, altyd en oral verkondig moet word. Ook ons as Christene het hierdie opdrag uit Jesus Christus se mond verneem dat die dissipels moes heengaan en die Boodskap na alle nasies moes neem. Sy opstanding en oorwinning oor die dood en die sonde was die resultaat van God se raadsplan en sodoende die verlossing van elke mens wat die Boodskap glo en nog sal glo tot Hy weer kom om alle gelowiges met Hom te verenig. Ons moet ook onthou dat daar mense is wat die soms ingewikkelde gedeeltes van die Woord aan ons verduidelik en ons wys op die boodskappe in elke gedeelte van die Woord. Daarom kom ons gereeld by ons kerke bymekaar om die Here te loof en te prys sommer die plekke in die Skrif na waar beklemtoon word dat ons nie as enkelinge ons eie kerk behoort te vorm nie. In Hosea wat ons tevore as leesstof aanbeveel het, word gesê dat die volk ten gronde gaan weens gebrek aan kennis. As ons onsself sover kry om daagliks hierdie Woord te bestudeer en ons weekliks deur ons leraars in die Woord te laat “onderrig”, sal ons aan die einde van elke jaar kan getuig dat ons in kennis gegroei het en nog beter toegerus is om met medemense wat nog nie die Boodskap ken of aanvaar nie, te praat.