DW Nuus - Oktober 2022

Page 1

Oktober/October 2022 Jaargang 31 No 4 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Lots of specials every month! 0763157688

Lief

leed

Redaksiebrief

The decay of De Wildt

Agter die skerms

TLU SA Kongres

TLU SA Kongres

DWBV-nuus

Plants of the Bible

Wat om te sien in De Wildt

LIEF EN LEED

Oorlede

• Annetjie

• Linda Bester se moeder

• Tannie Hannie Lombard

• Willem Engelbrecht

• Nico Ras

• Len Haasbroek (snr)

In die hospitaal

• Zelda Taljaardt

• Robert de Jesus

Ons

‘n Betekenisvolle boom

Magaliesbergreeks

Maximum harvest is not maximum

VLU Nuus

VLU Nuus

Laerskool Vissershoek-nuus

Laerskool Vissershoek-nuus

Esri de Beer, David Kloppers se tweelingsuster, en dogter van Burt en Mariëtte Kloppers is op 13 September oorlede.
De Wildt Nuus2 Oktober 2022
en
2
3
4
5
6
7
9
10
11
12 Grondgesondheid 13
14
profit 15
16
17
18
19 INHOUDSOPGAWE
meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan dié wat siek is. Dan is ons ook bly saam met gemeenskapslede wat lief ervaar het.
van der Merwe
(oud-inwoner)

Hanna Scribante - Voorsitter

083 417 4699

Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426

De Wildt Helpmekaar Maatskappy

Adéle du Toit - 071 843 8185

Douw van Wyk - 079 424 7411

Elmien Botha - 082 899 7417

Suzette Pëterson - 081 780 0426

De Wildt Boerevereniging

Hanna Scribante - 083 417 4699

Phil Louw - 082 335 5910

De Wildt VLU

Elma Human - 082 500 4066

Addisionele lede

Jan Lemmer - 083 256 8266

Rina Bester - 071 110 6907

Laerskool Vissershoek

Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323

Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148

Epos orders@britsprint.co.za

Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972

Verwysing: DWN + advertensienaam

Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za

Advertensiegeld moet asb vooruit betaal word, maw sodra die ad vertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.

Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426

Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande ad vertensies: R50

ADVERTENSIES IS VOORUIT BETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksienie, maar van individue.

Daarom vereenselwig die redaksie homook nie noodwendig met alleuitsprake/menings in die artikels nie.

Liewe lesers

Hierdie uitgawe bring ons alweer nader aan die einde van nog ‘n jaar. ‘n Jaar wat so vining hardloop soos ‘n veldbrand.

Die somer is op hande en hopelik word ons geseën met vroeë en baie reën.

Intussen is dit nog brandseisoen met ‘n brand verbod. Daarom doen ons asseblief ‘n beroep op alle inwoners om nie asgate te brand nie.

Brandpermitte word tans glad nie deur die BBV toegestaan nie.

In die verlede was daar selfs gedurende Ok tober en November maande verwoestende brande – selfs huise het in die slag gebly.

Dankie sover aan die BBV en die WOF span asook bereidwillige inwoners vir die harde werk met die blus van hierdie seisoen se brande. Julle word waardeer.

Ons wil ons lesers daarop wys dat die De

Wildtnuus-redaksie nie joernaliste is nie. Ons ontvang bydraes, verwerk dit soms en proeflees dit, maar plaas dit sover moontlik soos ontvang. Dit is dus ook nie in ons ver moë om ondersoekende bydraes te lewer of om werklik in diepte op te volg wanneer daar in sulke bydraes of briewe vrae gevra word nie. Ons nooi egter mede-inwoners uit om, waar u weet wat die antwoorde is, dit in ‘n eie bydrae aan ons te stuur vir plasing

‘n Woord van dank aan almal wat bydraes ge lewer het vir plasing in hierdie uitgawe asook aan al die adverteerders.

Die volgende De Wildtnuus verskyn die begin van Desember en die keerdatum vir artikels en advertensies is Vrydag 18 November.

Groete tot volgende keer. Hanna Scribante, namens die redaksie

Organisasies span kragte saam vir alternatiewe elektrisiteitverskaffing

Groep organisasies in die landbou-, werk gewers-, kleinsake- en burgerlike spasies, het saamgespan om die spesiale ruimte wat President Cyril Ramaphosa aangekon dig het om alternatiewe elektrisiteitverskaffing te stimuleer en die belastingintensiewe wat vir die doel geskep is, gekoördineerd te benut.

TLU SA, SAAI, Neasa en Agri X gaan die massa-projek fasiliteer. Dit bevorder nie ‘n spesifieke diens, finansiering of hardeware verskaffer nie, maar stel ‘n spyskaart van opsies voor wat elk sy unieke geleentheid bied. Die opsies is aanlyn beskikbaar en word verbreed namate meer geakkre-

diteerde leweransiers beskikbaar word. Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening van Eskom is een van die grootste struikelblokke in die mededingendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid van boere, ondernemings en bedrywe in Suid-Afrika. Suid-Afrika se ekonomie kreun onder die ondoeltreffendheid van Eskom.

De Wildt Nuus 3Oktober 2022 Dit is egter moontlik om teen minimum, of self geen eie kapitaal nie, binne die raamwerk van die staat se insentiewe sonkrag op groot skaal uit te rol en aan huishoudings, besighede, nywerhede en plase te verskaf. - www.sonsa.co.za

REDAKSIEBRIEF
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam

The Decay of De Wildt

Concerned resident of De Wildt

When driving on the R513 through Pretoria North, Akasia and De Wildt one can hardly miss the decay and poor state of the environment. It is like preaching to the choir when mentioning the poor maintenance of road signs as well as the road in some places.

It is clear that very little or no attention is given to most of the important things to show a community’s way of living and sup port. Long grass and rubbish litter the shoulder all the way to Zilkaatsnek…. and back.

Broken and vandalized road signs dot the road on a regular pace. At some junctions there is not even a direction sign.

There is even a T-junction to nowhere! Left or right will bring you to another place with no name.

The road surface deteriorates and at places the road shoulder leaves one with a fear of heights.

Sometimes De Wildt is like the wild wild west. Due to the lack of wild animals, shootist now use road signs to practice their shooting skills.

Who’s to blame? No one knows. No one cares.

De Wildt Nuus4 Oktober 2022

Agter die skerms

Wanneer jy die TV aanskakel en na ‘n program kyk, in ‘n rolprent teater sit en wag vir die nuutste fliek of ‘n optrede by ‘n gekose plek, wag jy vir iets om jou weg te neem van die huidige realiteit. Weet jy hoeveel werk moes ingaan om die eindproduk te lewer? Hoeveel ure aan repetisie spandeer is en hoeveel keer elke toneel oor en oor geoefen moes word...

Min mense weet wat “agter die skerms” gebeur by DWHM. Meeste verkies om nie te weet nie, sommige wil nie vra nie en ander het geen idee. Tog loop die dag-tot-dag-operasies soos ‘n goed geoliede masjien wat nooit stilstaan.

Radiobeheer (L2 en L3) verseker dat die radio deur die aand beman (in dié geval beVROU) word indien enige bystand benodig word.

Ons het twee dames wat mekaar soomloos aflos sodat beide tyd het om ook hulle eie ding te kan doen. Want altwee het kinders en iemand spesiaal in hul lewe.

Tog, wanneer hulle aan diens is, sal hulle altyd die radio antwoord as iemand roep of die WhatsApp en foon wanneer iemand hulp nodig het. Naweke, vakansie dae, dag of nag.

En alhoewel baie mense mag dink “dis hulle werk” word daar baie meer gedoen. Boodskappe van onge lukke word deurgegee, beurtkragskedules, raad word gesoek vir iemand anders wat raadop is met krag en soveel meer alles ten spyte van ‘n kleuter wat huil of ‘n siek kind.

Dus is dit nie “net hulle werk” nie, dit is mense... soos ek en jy.

Alfa 10 (A10) is die basis bestuurder wat saam met Working on Fire die eerste linie van brandbevegting is. Mark beweeg saam met die span op die brandlyn en maak seker dat alles glad verloop. Hy gaan ook na ure uit as daar brande is en verseker dat alles glad verloop, en dit boonop met sy eie vervoer.

Mike Kilo 1 (MK1) help met Radiobeheer deur die dag en beman die kantoor. Van kraglesings instuur na Tshwane, kommunikasie met stadsrade oor dienslewering (of die gebrek daaraan), briewe tik om mynaansoeke teen te staan, hulp om krag te koop, selfoonopdate- rings doen vir die wat nie gemaklik voel met die fynere tegniese dinge nie, en is sommer die algemene “Google” vir De Wildt.

Gedurende die brandseisoen is MK1 ook die kontak punt en waar die koördinering tussen Working on Fire, die basis bestuurder en die lede waar die brand is, plaasvind. Baie keer is dit take wat nie “kantoorure” het nie.

So volgende keer wat jy ongeduldig raak met die krag wat af is, ongelukke op ‘n pad, of beurtkrag... onthou net dat daar mense agter die skerms werk wat verse ker dat al hierdie inligting jou bereik.

En onthou, voor daar klippe gegooi word, dat die inlig ting deurgegee word soos dit ontvang is. Die gesegde wat sê: “don’t shoot the messenger” is dalk iets wat in elkeen se agterkop moet wees.

De Wildt Nuus 5Oktober 2022

TLU KONGRES 2022

Hierdie is die 125ste bestaansjaar van die TLU en die tema “Reik na die Sterre” is nommerpas vir die seisoen en tydvak waarin ons ons bevind. Hierdie prestasie en mylpaal is behaal saam met, en in afhanklikheid van die Here wat gewillige hande sterk gemaak het. Daarom die oproep dat “Die Boer” in afhanlikheid van sy Skepper, die Gewer van alle goeie gawes, met groot verantwoordelikheid sal handel met dit wat aan hom toevertrou is.

Die Klipsop-storie uit die Anglo-Boereoorlog van 1902 herinner ons dat alle rolspelers se bydraes nodig is om ‘n suksesverhaal te skryf oor die volhoubaarheid van ons landbou, ook in ons dag. Dis waarvoor die TLU en hulle lede hul beywer om vir ieder en elk kos op die tafel te sit. Dit verg volharding en deursettingsver moë. In die maak van die “Klipsop” het ‘n gedeelde visie na vore gekom, ‘n toekomsverwagting, en daaruit is gemeenskaplike doelwitte gebore. Een daarvan is ‘n blywende nalatenskap aan ons kinders, en hulle kinders. Daarom is dit krities belangrik dat alle hulpbronne met groot verantwoordelikheid gebruik word. Boere is inderwaarheid uitgelewer aan verskaffers en gebruik ers omdat hulle, nes die verbruikers, inherent prysnemers is. Daarom is kostebestuur van kardinale belang. Entreperneurskap, nuwe tegnologie en gewasse is nodig in ‘n vining-veranderende wêreld om volhoubaarheid te verseker. Stabiliteit tov arbeid en werksgeleenthede is noodsaaklik en onwettige arbeid en die veeleisende unies bedreig werksgeleenthede. Dit is dus duidelik dat ‘n boer baie meer is as iemand wat ‘n kortbroek en “twotone” hemde dra.

Veiligheid en sekuriteit is natuurlik van gemeenskaplike be lang. Daarom is die grootskaalse diefstal van vee en produkte, asook bates, en die onwettige betreding van boere se grond en eiendom kommerwekkend. Korrupsie binne die geregskorps vererger natuurlik sake en skep ‘n onsekere omgewing waar binne geleef en gewerk moet word.

Waterbesoedeling van waterbronne raak die beskikbaarheid en benutting van besproeiingswater en boere word genoodsaak om na alternatiewe te kyk. Hier is oa na Israel verwys, ook agv die groeiende waterskaarste omdat die staat nie nuwe damme, opgaardamme, ens bou nie. Projekte bly onvoltooid agv plundering en lei ook tot minder water. Boorgate word dieper en water skaarser agv van die grootskaalse onderaardse onttrekking.

Hoe maak die TLU ‘n verskil?

Die TLU funksioneer volgens kundige komitees wat insette lewer tov in-huis beleidsvorming. Die TLU fasiliteer gesprekke met ander landbouorganisasies en die staat, asook ander rol spelers wat ‘n invloed, of ‘n potensiële invloed op die boer se lewensvatbaarheid het. Daarom kan met reg gesê word: “Die TLU is die boer se vriend”. Hierdie vennootskap is onlangs beklemtoon dmv van die gesprekfasilitering tussen die Landbank en boere mbt skuld en/of finansiering.

Die President, mnr Henry Geldenhuys, het beklemtoon dat Jongboere ons toekoms is. Maar hy’t ook ‘n beroep op ons almal gedoen om ‘n boom te plant, om soos ‘n boom te groei, en ‘n boom te word. Hoekom? Sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal om te sien en daarvan te kan eet, hout het wat gebruik kan word, en ‘n karakter het wat eie is.

Behalwe sy lede en vriende van die TLU, is daar ook borge en mense wat met die TLU identifiseer en in venootskap saamwerk tot voordeel van almal. Solidariteit Helpende Hand fokus op die behoeftes van bejaardes, kinders en gestremdes en het opnuut hul dank aan die boere uitgespreek vir die blywende verskil wat hulle maak.

Santam het die noodsaaklikheid van versekering beklemtoon deur te sê: “Versekering Verseker Jou Volhoubaarheid” en kongresgangers daaraan herinner dat huidiglik 77 stuks vee, 97 motors en 4 vragmotors daagliks gesteel word. Verder is dit

noodsaaklik dat boere hulle aanspreeklikheid teen eise agv veld brande teen ‘n minimale bedrag moet verskans. C-Track verskaf 24/7 monitering en veiligheidsdienste vir voertuie en bates, en weens ‘n spesiale ooreenkoms met TLU verdien lede ‘n 35% korting. Die Finansiële Welstands Lessenaar verskaf finansiële raad ook tov boedelbeplanning ensomeer, insluitend die opstel van ‘n testament en die keuse van ‘n eksekuteur. Gawie Lötter het gesê dat die Veiligheidsplan sedert 2011 nog nie geïmplimenteer is nie. Die finale plan van 2018 is ten pyte van die minister se opdrag, ook nog nie geïmplimenteer nie want die wil en vermoë om dit te doen ontbreek. Netso is die herimple menteringsopdrag van 2022 ‘n opdrag sonder daadwerklike aksie en misdaad is besig om toe te neem.

Daarom is Landelike Veiligheid hoofsaaklik in die hande van ons boere en is die oproep: “Maak seker jou Landelike Veilig heidsplan is in plek”, want misdaad wat deur die Polisie opgelos word neem af; handelsmisdaad neem af; ander misdade bly konstant. LW: Die eie “EK” instede van samewerking tussen groeperings in gemeenskappe ondermyn landelike en gemeen skapsveiligheid.

Die hoofspreker, die alombekende en gewilde ekonoom, Dawie Roodt, het weereens te veel wysheid en te min tyd gehad om alles te sê wat gesê moes word. Sy kerngedagtes: Fokus op vaardighede en nie op kwalifikasies nie want laasgenoemde is nie noodwendig kredietwaardig nie. Moenie trek of jou kinders wegstuur nie, doen dit net vir blootstelling en ondervinding. Diversifiseer jou besigheid: behou beheer en nie noodwendig die besit van jou eiendom nie. Kry vir jou ‘n buitelandse venootskap en benut die voordele. Dis wettig!

Werkloosheid is ‘n realiteit, dog verskaf landbou werksgeleenthede aan 38% van die land se jeug op plase. Die spiraal wat lei tot werkloosheid is:

• Breë beleid van regering veroorsaak werkloosheid

• Werkloosheid veroorsaak armoede

• Armoede veroorsaak onstabiliteit

• Onstabiliteit veroorsaak onrus

• Onrus veroorsaak werkloosheid

Die spiraal kan alleen op die hoogste vlak, naamlik die regering, gebreek word. Dit kan net gebeur deur hersiening en die verandering van beleid, en daarvoor moet kundigheid en die wil teenwoordig wees.

Die gevolge van die nié funksionering van plaaslike regeringsinstansies en munisipaliteite agv die gebrek aan kundigheid en bestuursvernuf of toewyding aan boere, is uitgelig. Die tekort aan finansies lei tot min of geen dienste, gebrekkige instandhouding van bestaande infrastruktuur en toenemende werkloosheid omdat daar geen aptyt vir ekonomiese ontwikkeling op die plat teland is nie, en soms selfs die onttrekking van besighede. Dit, op sy beurt, maak dat die groeiende behoeftige elemente hulle tot betogings en optogte wend en nog verdere infrastruktuur beskadig of vernietig. Die kumulatiewe risiko is die verhoging van eiendomsbelasting om die basiese dienste vir die massas te lewer.

Terwyl die aanspraak en klem op basiese regte onophoudelik gemaak word, word die belangrikheid van “eiendomsreg” soms onderbeklemtoon. Privaat besitreg is ekonomies noodsaaklik vir die volhoubaarheid van groei en ontwikkeling, en moet die onderskeid tussen “besitsreg” en “privaat besitreg” goed ver staan word. LW: Alle bates word per definisie onder eiendoms reg ingeluit.

TLU is in murg en been ‘n organisasie vir die boer wat in belang van die boer in Suid-Afrika sy stem hoorbaar maak, wat na almal uitreik en ‘n verskil maak.

As jy vandag geëet het, sê dankie aan die boer en sy meelopers, en raak as ‘n verbruiker betrokke en/of as ‘n vriend van die TLU en jou naaste boerevereniging.

De Wildt Nuus6 Oktober 2022

TLU KONGRES 2022

Die Scribantes!

’n Posduif sou De Wildt dalk oorgesteek het sonder om die nuus af te lewer, maar te voet sou jy nie anders kan as om De Wildt en sy mense raak te kyk nie. ‘n Ongewone plek met gewone mense, maar ook met sy buitengewone mense. So is die Scriban tes! Beide Wannie en Hanna, inboorlinge maar ook staatmakers van formaat wie se getuienis nuuswaardig is. Hulle is daarvoor bekend: hulle slaan self die hand aan die ploeg en doen. Wannie is nie net vir ‘n derde termyn as Visie-President van die TLU SA verkies nie, maar is ook bekroon met die toekenning

TLU SA-wenners 2022

Die jaarlikse wenners van die verskeie uitdagings en kompetisies is aangekondig tydens die kongres:

Goliat van Gat Pampoenkompetisie Trofee: Wikus Lambrecht van Meyerton, 846kg ;

Kiepersol Trofee vir die Boere-unie van die jaar: Roedtan-Suid-boerevereniging;

Willie Marais Trofee vir die beste kommunikasie oor TLU SA se boodskap en landbou: De Wildt Boerevereniging;

TLU SA Landelike Veiligheid Trofee: Individuele wenner: Jaco Taute van Losberg-boereunie;

Commondale Trofee vir Beste Boerevereniging: Roedtan-Suid-boerevereniging ;

Presidentsbeker vir Jongboer-betrokkenheid: Neels Uys van Suikerbos-boereunie;

Isaac Greenberg Beker vir die Beste Streek: Sen traal-streek met Derick Kuün as Streekvoorsitter en Lynette du Plessis as streekbestuurder;

Die Nico Kilian Trofee vir die Landboupersoonlikheid van die Jaar 2022: Wannie Scribante, TLU SA Adjunk-president.

Jongboer van die Jaar: Daniël Opperman van Naboom spruit.

as TLU se Landboupersoonlikheid van die Jaar. Hanna daaren teen is die toonbeeld van ‘n vrou agter elke man, wat ook haar man kan staan en dinge laat gebeur om sodoende ‘n blywende verskil te maak. Deur haar toedoen is De Wildt Boerevereniging bekroon met die toekenning vir die uitdra van TLU SA se beeld in die media, plaaslik en verder. Salomo het gesê: “Wie sy grond bewerk, sal met brood versadig word”. Ons beker loop oor van trots en dankbaarheid vir sulke toewyding onder ons mense. Veels geluk!!

De Wildt Nuus 7Oktober 2022

SAKELIGA KRAGDAG 2022

Van 11 tot 13 Augustus 2022 is die 13e Sakeliga Kragdag op die Diamantvallei Landgoed-terrein sowat 20 km oos van Pretoria aangebied.

Die Kragdag-ekspo se getal uitstallers het sedert verlede jaar se Ekspo met 23 % gegroei, van 470 ondernemings tot 580 vanjaar. Soortgelyk het die bywoningsyfer met 47% gegroei van 21 000 tot 30 900 vanjaar.

Die meting van sukses in die wêreld waarin ons leef, word te dikwels gereduseer tot getalle.

Veel belangriker vir Kragdag is die impak wat die ekspo maak om binne die konteks van ons Skepper se kultuuropdrag mense te inspireer om met kreatiwiteit self verantwoordelikheid te neem vir hulle gesinne se lewens, hulle toe te rus met oplossings om ‘n lewe van selfbevrediging en staatsbestandheid te leef en om deur entrepreneuriese transaksies beide verkopers van tegnolo gie en die kopers beter toe te rus. Vanjaar se ekspoleuse was “Soms vlug, soms ingrawe... maar altyd bou!”

Soos die Kragdag se leuse sê: “Doen jou eie ding! – dit is ‘n leefstyl.

Die landbou subekspo is vanjaar die derde keer aangebied en het tot meer as 100 uitstallers gegroei. Daar was ‘n arena en skouprogram, asook ‘n hoenderuitstalling.

As gevolg van die uitbraak van bek-en-klouseer kon geen beeste tentoongestel word nie.

In samewerking met Soldariteit Helpende Hand is die eerste Kou- en Kunsmark aangebied waar ‘n groot verskeidenheid handgemaakte produkte verkoop is.

Volgende jaar se Kragdag word DV na 4 dae verleng en sal plaasvind van 9 tot 12 Augustus 2023. Hou solank hierdie datums oop.

De Wildt Nuus8 Oktober 2022

Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president

Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afri kaanse boer se DNS wees nie.

Dít is die boodskap van Mnr. Henry Geldenhuys wat by die jaar likse TLU SA Kongres as President van TLU SA herverkies is.

Volgens mnr Geldenhuys is dit moeilike tye vir Suid-Afrikaners, maar almal moet aanhou werk om ’n toekoms vir die nageslag te laat.

“Ons sal moet vasbyt, sterk staan en ons rûe styf maak. Kom ons ontgin en benut geleenthede wat oor ons pad kom en reik saam na die toekoms.”

Oor misdaad sê hy: “Misdaad in ons land is buite beheer. Plaas aanvalle en -moorde vind steeds byna daagliks plaas. Vanjaar alreeds 106 aanvalle en 28 moorde. Sedert 1990 tot vandag is 6115 aanvalle en 2198 moorde aangemeld. Elke individu moet verantwoordelikheid neem vir sy eie veiligheid en gesamentlik met sy gemeenskap toesien dat daar gemeenskapsveiligheid planne geïmplementeer word. Opleiding in al sy fasette moet deurlopend plaasvind en bygewoon word as ons wil aanhou boer. Die mees onlangse nasionale moordsyfer wys dat daar 71 mense per dag in ons land vermoor word. Dit is een lewe elke drie uur.

“Diefstal van algemene landbouprodukte bly steeds ’n groot probleem, ook diefstal van infrastruktuur soos koperkabels en heinings word meer en meer ondervind aangesien dit gou in geld omgesit kan word. Wat veediefstal aanbetref sien ons ’n reuse-af name omdat net sowat 20% van die voorvalle aangemeld word. Dit beteken een ding, gemeenskappe het vertroue in die polisie en die regstelsel verloor. Binne ons veiligheidskomitee is daar dan ook nou ’n sub-komitee gestig met sy eie voorsitter en verteen woordiging uit elke streek wat net op veediefstal gaan fokus.” Soos mnr. Geldenhuys is mnr. Wannie Scribante eenparig as adjunk-president herverkies.

De Wildt Boerevereniging vereer

De Wildt Boerevereniging het tydens die afdgelope TLU SA se jaarkongres op 7 September 2022 die Willie Marais trofee vir die beste kommunikasie oor TLU SA se boodskap en landbou ontvang. Phil Louw, voorsitter, en Hanna Scribante, sekreta resse, het die trofee ontvang.

081

De Wildt Nuus 9Oktober 2022 DE WILDT Boerevereniging volgende vergadering: 15 November te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00. Voorblad in kleur - R1265.00 Agterblad in kleur - R1125.00 Volblad binne kleur - R950.00 Volblad swart en wit - R 665.00 Halfblad swart en wit - R385.00 Kwartblad swart en wit - R290.00 Agste blad swart en wit - R200.00 Kontak
780 0426
Advertensies

Plants of the Bible in our everyday life

Granadilla flower also known as the passionflower (Passiflora edulis)

To most people the granadilla vine grows anywhere in semi protected areas from between temperature regions 5-30 degrees, with its messy big leaves, rope like tendrils and egg shaped fruit. It is within the thick skinned fruit, that the juicy, yellow pulp filled with black seeds brings one multiple choices of use.

The granadilla is a fascinating and delicious fruit used commonly in most homes today but this ancient plants’ leaves and flowers were more popular through the centu ries to calm anxiety, soothe the nerves and used as a natural tran quilizer. A tea was made using the leaves and petals of the flower to quieten anxiety and fear, and for those suffering from insomnia and panic attacks this plant has proved to be particularly useful. There are about 400 different granadilla species in the world and a number of them have a sim ilar set of action but the two most important granadilla varieties (which are not listed as alien invasive plants in SA) are the purple Passiflora incarnata and Passiflora quadrangle, as they contain serotonin which is one of the main chemical messengers need ed within the brain. These granadilla’s are used extensively in homeopathic medication. Lastly the seeds act as a mild digestive and the tartness of the juice is a natural coagulant when added to dairy products which make it a perfect ingredient especially in ‘lemon meringue tart” as a mild thickener and flavour enhancer. You will now be wondering why it is a Bible plant?

If you look into a granadilla flower you would see the intricate petals and core of this fascinating plant. The granadilla is unlike any other flower because of its many medicinal and culinary uses and its history is unlike any other flower for the weight it carries in symbology.

In the early 16th century Spanish monks noted the impor tance of the flower of the granadilla, but it was a man called Monardes, who was a botanist and physician in the 16th century that recorded in writing the symbolic interpretation of the flower and so it became known as the ‘’Passionflow er” as it was traditionally associated with Christ’s passion. Monardes described the flower in a biblical fashion and the description is as follows:

The pillar or column at the center of the flower was said to rep resent the cross with the three stamens inside the column sug gesting the Holy Trinity - the Father, the Son and the Holy Spirit. The five anthers under the stamens were thought to indicate Christ’s 5 wounds when nailed to the cross. Beneath the three stigmas is a small, swollen seed vessel, said to denote the sponge soaked in vinegar that was held up to Christ’s mouth. The three stigmas were thought to represent the three nails that pierced the hands and feet, and the calyx was said to represent the halo The corona of fine tendrils is usually purple; this was believed to depict the crown of thorns stained with Christ’s blood and

the 10 petals surrounding the flower were said to indicate 10 of the 12 disciples (excluding Peter who denied him and Judas who betrayed him). The digitate leaves were thought to suggest the hands of the persecutors, and the long green tendrils along the stem the whips that lashed him. The colour Purple was thought to symbolize the robe thrown over Christ in mockery, and the white colour represents the purity of Christ’s love.

Hot insomnia remedy

1 granadilla flower (calyx removed) ½ cup granadilla pulp unsweetened

1/2 cup boiling water

1 teaspoon honey

2 cloves crushed

Simmer all ingredients together for a few mintes before pouring through a strainer into a cup. Allow to cool and sip before bedtime.

De Wildt Nuus10 Oktober 2022

Wat om te sien in De Wildt

Mystical Woods

Een van die venues in ons omgewing waar jy letterlik enige dag jou funksie kan hou, is Mystical Woods by afrit 100 op die R513. Op hulle Facebook blad staan die volgende: “On the Northern slope of the majestic Magalies mountain is a mystical place hid den away, where dreams and fairytales come together.”

Tienie Louw en haar bekwame span maak seker dat elke bruid se drome bewaarheid word op haar groot dag. Daar is n keuse tussen twee kapelle en ook akkommodasie beskikbaar op die terrein. Gaste word bederf met n 3-gang maaltyd en geen moe ite word ontsien met die dekor en tafel versierings nie. Hulle kan van 30 tot 300 gaste hanteer met n funksie. Hulle maak ook van die dienste van plaaslike entrepreneurs gebruik soos bv fotograwe en koekbaksters.

Behalwe vir troues bied Mystical Woods ook gereeld musiek vertonings aan wat goed ondersteun word deur plaaslike in woners. Die terrein is rolstoel vriendelik.

Kontak Mystical Woods gerus op info@mysticalwoods.co.za of 065 1689926 vir kwotasies of meer inligting. Besprekings vir 2023 is reeds oop

Binary Brew Worx

Binary Brew Worx hier op die R513 afrit 23H is bekend vir hulle ongewone craft bier en lekker kos oor naweke. Jakes en Elbie Louw se belangstelling om bier te brou het al ‘n hele klompie jare gelede begin en het tot gevolg gehad dat hulle ‘n pragtige venue met n verhoog ontwikkel het wat baie gewild is onder 4x4 entoesiaste en motorfietsry

ers. Hulle stal hul produk ook gereeld uit op landswye craft bierfeeste. Hulle het gereeld bekende sangers wat optree en is baie betrokke met projekte wat hulle ten bate van lief dadigheid aanbied.

In Maart op International Women’s Brew Day het n klompie plaaslike vrouebrouers n bier gebrou by Black Horse wat hulle laat verouder het en op 9 Au gustus op Nasionale Vrouedag op tap gesit vir Vrouemaand. BBW het maar R25 per pint gevra en met donasies en die verkope R3000 uit een keg gemaak wat hulle skenk aan POWA (People Op posing Women’s Abuse).

Op Saterdag 3 September was BBW deel van die SPAR’s Petals Project, in samewerking met verskeie liefdadig heidsinstansies.

Met hierdie “beer walk” het Melisha van Staden en Suzette Pëterson elkeen met ‘n prys weggestap. Daar was n spesiale halfwegstasie om deelnemers te verkwik en seker te maak almal voltooi die afstand. Die geleentheid sal beslis weer in 2023 plaasvind.

Besoek hulle gerus op naweke of gaan loer op Facebook of besoek https:// binarybrewworx.co.za vir n plaaslike brouery met ‘n verskil

De Wildt Nuus 11Oktober 2022

‘n Betekenisvolle Boom

‘n Oplettende mens kan nie anders as om in verwondering te staan as hy na die ryke verskeidenheid bome in ons land kyk nie. Elke gebied, elke terrein het sy eiesoortige bome. Kleurvol en kleurryke karakters op ons landskap. Ja, op berge en in dale, ja oral is God se skepping te sien. Maar wat is ‘n boom nou eintlik? ‘n Boom? Wat ‘n vraag! Iemand het so daarop gereageer: “A tree is a seed that took a stand.”

Sade? Sade wat ‘n lêplek kry, plek inneem en iets word, word die verhaal van sade.

In werklikheid gaan daar ‘n klomp sade tot niet. Party lê net en het op klip geval. Hulle ontkiem, maar verdroog. Ander versuip. Ander ontkiem maar lê bo-op die grond en verdroog. Ander groei, maar brand dood. Klomp redes waarom dit nie tot volwas senheid ontwikkel nie, maar teen die tyd wat dit boom geword het is dit een met getuienisse, en het dit waarskynlik ‘n klomp aanslae oorleef.

My vriend/vriendin, as jy “groot” geword het, dalk 60 verby is, dan het ek baie respek vir jou. Dan beteken dit jý is “A tree that took a stand”. Dan het jy ‘n storie om te vertel, ‘n getuienis. Maar, dan vertel dit ook dat jy gespaar was, sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal om te sien en daarvan te kan eet, hout het wat gebruik kan word, en ‘n karakter het wat eie is. Pragtig gevorm, eiesoor tig en uniek.

Jy is gesoek, ‘n uitgekose saad wat ‘n BOOM geword het. Jy is spesiaal gespaar tot nou toe, met ‘n doel om bruikbaar en diens baar te kan wees. Dat jy vrug sal dra, koelte sal gee, en ander met jou gawes sal dien. Ek bid dat jy nie net sal staan en wag dat

jou tyd verby gaan nie maar dat jy jou waarde sal herken, en wys, en sal uitleef.

So ‘n boom staan nie alleen nie en kan gelukkig wees volgens Jeremia 17:7-8.

“Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ‘n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen. . . Hulle hou nie op om vrugte te dra nie.”

Die profeet Jeremia gebruik hier pragtige beeldspraak: Hy stel God voor as ‘n waterstroom en skryf oor twee verskillende groepe mense. Aan die een kant is die mense wat nie op God vertrou nie soos woestynbossies sonder ‘n vooruitsig vir die toe koms. Sulke mense woon in ‘n dorre plek, op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie.

Maar mense wat wel op God vertrou, is soos bome wat langs ‘n rivier staan, wie se wortels tot diep by die water reik. Hitte het geen uitwerking op hulle nie, omdat hul blare groen bly en hulle aanhou om vrugte te dra. Jeremia waarsku dat God mense se harte deursoek en aan almal sal gee wat hulle toekom. Watter deel van die gelykenis is op jou van toepassing? Vertrou jy al op die Here en is jy soos ‘n boom wat langs waterstrome ge plant is, wat die hele jaar genoeg water het en blywende vrugte dra omdat jy in God geanker is? Of is jy steeds ‘n droë bossie wat in ‘n woestynagtige, onherbergsame omgewing moet oorleef omdat jy dit nie kan regkry om op God te vertrou nie? Moenie langer wag om jou vertroue aan God te anker nie. Hy sal sy strome van seën oor jou uitgiet sodat jy vir die res van jou lewe die vrug van sy Gees in jou lewe sal kan vertoon.

Phil Louw
De Wildt Nuus12 Oktober 2022

GRONDGESONDHEID

Die kwaliteit van alle lewe op aarde, ingesluit onsself, hang af van die kwaliteit van die bogrond.

Alle lewe begin by die son.

Chemiese kunsmis bevat meestal geen koolstof en geen energie nie.

Die energie wat reeds in die grond is moet dus gebruik word om voedsel beskikbaar te stel aan plante.

Plante wat onnatuurlik gevoed word het tot die gevolg dat dit dramaties swak weerstandig is teen insekte en siektes.

Hoe swakker die plante is hoe meer chemiese middels moet gebruik word, hoe meer word die organismes in die grond ver nietig.

Gevolglik sterf die grond (Slaan toe)

Die aarde bestaan uit 30% droë grond waarvan 11% geskik is vir landbou.

Vrugbare bo-grond is die resultaat van ontbinde organiese mate riaal wat koolstof tot die grond byvoeg

Die kwaliteit van die grond bepaal die kwaliteit van die lug wat ons inasem, die water wat ons drink en die kos wat ons eet.

‘n Studie het bewys dat gemeenskappe uitgesterf het as gevolg van grond wat uitgeput raak.

Landbou is vandag in die moeilikheid omrede meeste grond se organiese inhoud ver onder volhoubare vlakke is.

Organiese vlakke behoort 3 tot 5 persent en tot so hoog as 8 persent van die gewig van die grond te wees.

Grond verswak as gevolg van:

• Sonlig op ontblote grond.

• oor gebruik van hoë hoeveelhede N-P-K kunsmis.

• die omploeg van grond het veroorsaak dat die mikrobes en organiese materiaal verlore geraak het.

• Kunsmis bevat kalk en soute wat die organismes in die grond vernietig.

Wanneer die plante deur insekte aangeval word, gebruik ons in sekdoders, dit beland in die grond en vernietig alle lewe waarmee dit in aanraking kom.

Plante versamel koolstof dioksied uit die lug en stel suurstof vry. Dit laai of verbind dan die koolstof met ander elemente en ener gie van die son om sodoende koolhidrate te produseer.

Die koolhidraat energie wat deur plante vervaardig word is die enigste manier wat die son energie deur mens en dier benut kan word.

Data wat oor ‘n langtermyn deur die Rodale Instituut in die VSA versamel is het bewys dat organiese boerdery baie meer suk sesvol is om koolsuurgas uit die lug te versamel en neer te lê in die grond. Organiese boerdery het dus die gevolg dat koolstof spoedig in die grond op gebou word.

Landbougrond met ‘n hoë organiese inhoud kan 100 – 150 mm reën per uur absorbeer terwyl chemiese landerye slegs 18 – 25 mm kan absorbeer.

Hoekom skakel meer boere nie oor na organiese boerdery nie?

Die antwoord is “verandering” ons is bang vir verandering. Sê nou net dit gaan nie werk nie. Dit is ‘n nuwe veld vir my wat ek nou eers sal moet bestudeer. Wie gaan my raad gee?

Waarom is dit noodsaaklik om oor te skakel na organies toe.

1. Dit verbeter grond gesondheid en die algemene produksie van die plante wat verbou word. Die feit dat dit nie giftig is nie of dat die minimum gifstowwe gebruik word bevoordeel die goeie insek- te, voëls, akkedisse, paddas, erdwurms en mikro organ ismes in die grond. Onthou, slegs een tot twee persent van insek spesies is skadelik.

2. Dit is koste effektief.

Ons doen graag verslag oor ‘n gesprek wat ons met ‘n boer van Thabazimbi gehad het gedurende 2018. Hy is ‘n besproeiings boer wat 2,700 hektaar lande bewerk waarop hy koring, sojab one en mielies verbou. Hulle was toe in hulle vierde seisoen van organiese bemesting. Niks behalwe die oes self naamlik die kor ingkorrels, boontjie en mieliepitte word van die lande verwyder nie. Alle plantreste word terug geploeg verder voeg hy twee m³ kompos per hektaar by. Hy het reeds agter gekom dat dit nie die ideale resep is nie, aangesien die ontbindingsproses stikstof bind en eers na die plantdele klaar afgebreek is word dit weer vryges tel. Hy beplan nou om eers kompos van die plant reste te maak voor dit op die lande ingeploeg word.

Ongeag die foute wat gemaak is kon hy na slegs drie seisoene die volgende aanteken;

• Die kompos deurlug die grond, plante het ook in die grond suurstof nodig.

• Die bewerking van die grond is baie makliker.

• Die water houvermoë van die grond het soveel verbeter dat die besproeiing met soveel as 15 tot 20% verminder is, gevolglike groot besparing.

• Die toediening van Natrium is verminder van 140 na 100 kilo gram per hektaar. ‘n Besparing van 40 Kg @ R 12.00 per kilogram = R 480.00 X 2700 hektaar = R 1,296,000.00.

• Diesel verbruik het verminder van 65 liter na 12 liter per hektaar per seisoen. Dit is die gevolg van ander implemente wat gebruik kon word (sagter grond), minder kunsmis toedienings (daar word nog steeds wel kunsmis toegedien). Die trekker werk nie so hard nie aangesien die grond sagter is. Minder onk ruid en siekte bestryding word gedoen aangesien die plante meer bestand is. Hierdie besparing beloop 53 liter per hektaar @ huidig ± R 13.37 per liter = R 708.61 X 2700 = R 1,913,247.00 per seisoen.

Elke jaar wat organies geboer word behoort die besparing te verbeter.

3. Dit bespaar tyd. Aangesien minder gif bespuitings nodig is word tyd bespaar.

4. Minder siek en insek besmette plante kom voor. Nitraat en sout bevattende chemiese kunsmis en insekdoders is skadelik vir die omgewing veral vir die organismes in die grond.

5. Plante is meer stres bestand. Plante wat in humus ryke grond groei is meer stres bestand soos bv. Hitte, koue, te veel of te min water of ander ongewone weersomstandighede. Mikro elemente kom in groot getalle voor in humus ryke grond en dit help met stres beheer. Organies gekweekte plant het groter en dieper wortel stelsels.

6. Dit verbeter die smaak van voedsel soorte. Dit is dood een voudig, eet van die organies verboude voedsel en proe self.

7. Die ekosisteem baat daarby. Alle plant materiaal word gehersirkuleer en die natuur en die boer baat daarby. Natuurlike organiese kompos stimuleer mikro organismes, wat op hul beurt weer gifstowwe soos insekdoders, oortollige soute en swaar metale in die grond verwerk en neutraliseer.

Organiese boerdery is ‘n nuwe avontuur.

Die rede hoekom mense weerstand bied teen verandering is omdat hulle fokus op dit wat hulle moet prysgee, in plaas van op wat hulle gaan wen.- Rick Godwin

Hierdie notas is ‘n uittreksel uit die boek:

“Organic Management for the Professional” by Howard Garrett, John Ferguson, and Mike Amaranthus

De Wildt Nuus 13Oktober 2022

Die ontstaan en vorming van die Magaliesbergreeks (2)

Kom ons draai die tyd ver terug en kyk hoe die Magaliesbergreeks inderwaarheid ontstaan het. Volgens berekeninge het die wêreld so ongeveer 2,300 miljoen jaar gelede heel anders gelyk as wat dit nou in ons tyd lyk. Ook hier by ons het die aarde heel an ders gelyk. Afrika het nie sy vorm gehad soos ons dit nou ken nie en was rofweg die middelste gedeelte van die landmassa Gondwanaland waar Suid-Amerika, Afrika en ook Australië een groot superkonti nent was.

Waar Gauteng, Noordwes en Limpopo vandag is, was daar ‘n groot vlak reuse-meer. Die oewers van die reuse-meer het bestaan uit graniet van meer as 3,000 miljoen jaar oud. Die graniet is weggevreet deur atmosferiese chemiese stowwe, terwyl storms en korrosie stukkies granietstof in die water laat beland het. Oor miljoene jare het die partikels op die bodem, genoem die Basis- kompleks van die meer,’n neerslag gevorm en het ‘n laag sedimentêre rots gevorm wat bestaan uit wit kwartsietklippies, sand en silt of modder. Dit staan bekend as die “Swart Rif”. Dit is dus die eerste laag wat gevorm is.

Soos die tyd aangestap het, het ‘n tweede laag sediment of afsaksel bo-op die Swart Rif gaan lê in die waters van die vlak meer. Primitiewe blou-groen alge het gevorm in die soutwaterafsaksel. Dit het verbind met die sili ka-deeltjies, wat weer afkomstig was van die opgeloste granietdeeltjies waarvan ons vroeër melding gemaak het. Dit het op sy beurt weer ‘n koolstof-neerslag neergelê. Enorme hoeveelhede materiaal is so laag op laag neergelê en saamgepers verskeie kilometers diep bo-op die Basis-kompleks.

Die soutwater het ‘n diep afsaksel, wat hoofsaaklik organiese stowwe is, gevorm. Dit het op sy beurt weer dolomiet en semi-oplosbare kalksteen gevorm. Waar varswater in die meer gevloei het agv reën, het groot hoeveelhede silika-materiaal veroorsaak dat ‘n minder oplosbare rots, nl. Chert gevorm het. So het lae dolo miet en chert soos toebroodjies gevorm en gesamentlik Malmani-dolomiet gevorm. Alge is gefossileer deur die jare in die laag.

Dit moet gesien word as die tweede laag van vorming. Ons moet ook onthou dat hierdie vorming oor miljoene jare heen plaasgevind het.

Miljoene jare nadat die dolomiet en chert gevorm en verhard het, het water deur die lae gesyfer en die dolomiet opgelos en ondergrondse grotte gevorm. Dit

het groot ondergrondse water- reservoirs of akwafere gevorm.

Nog steeds het laag op laag sediment op die groot vlak meer se bodem gevorm. Waar daar langdurige droogtes was, het daar geen lae gevorm nie en het dit meegebring dat daar nou ‘n nuwe laag gevorm het, nl. die Preto ria-groep. Die groep bestaan uit alternatiewe lae van kwartsiet en skalie of leiklip-olie.

Die kwartsiet is afkomstig van die meerstrand van die genoemde meer, wat in die meer ingewaai of gespoel is en is van baie hoë kwaliteit. Gedurende die natter peri odes het modderagtige silt bo-op die silika gedeponeer en druk en temperatuur het die kwartsiet laat kristalliseer. Kwartsiet en skalie vorm hier dus die derde en vierde laag.

Vir 300 miljoen jaar het die proses voortgegaan en kan die 4 duidelike stadiums vandag onderskei word. Dit het tot 7 km diep gestrek en die diepste en oudste deel staan bekend as die Time Ball Hill-formasie wat begin by Salvokop agter die Pretoria-stasie. Bo-op die Time Ball Hill-formasie lê die Daspoort-, Magaliesberg- en Smelt erskop-formasies.

Dit is die vier stadiums waarvan ons vroeër melding gemaak het. Die Magaliesberg-neerslag was baie diep, terwyl die Smelterskop-neerslag ‘n vlak reeks van al ternatiewe lae van dun kwartsiet en skalie was. Hierdie reeks is na miljoene jare na hul vorming blootgelê en is so dan blootgestel aan die atmosfeer.

As gevolg van die hardheid, het dit stadiger gekorrodeer en vorm dit vandag die kranse en riwwe van die Magal iesbergreeks. Die kubusagtige vorm van die kwartsiet is ‘n karakteristieke kenmerk van die blokke wat soms skei en wegbreek van die basisrots.

De Wildt Nuus14 Oktober 2022

Maximum harvest is not maximum profit

Dr Gawie du Toit’s fertilisation experiment with maize in collaboration with Ermelo High School and TLU SA, has proven once again that the pursuit of maximum harvest must be tempered with realistic fertilisation for maxi mum profit.

The large-scale fertilisation trial with maize was planted in October 2021 by local farmer Gerrie Janse van Rens burg.

“We had more than one goal with the trial. It serves as a practical demonstration and visit site for the learners of Ermelo High School’s Agricultural Academy. It is a way for them to be able to experience how a plant reacts to fertilisation in relation to crop performance.

Different amounts of nitrogen (N), phosphorus (P) and potassium (K) were applied. The growth and develop ment of the plants were carefully monitored during the season and photographs were taken,” says Dr Gawie du Toit, soil expert who announced the results during a farmer’s day in Ermelo.

“Then we will also determine with the final harvest per formance results whether a large NPK input - to achieve a maximum harvest - can be financially justified. This is an aspect that is generally presented as the designated method for maize production. The aspect of profitable maize production will therefore also be scrutinized.”

For Dr Du Toit this trial joins with more than 40 years of NPK trials. “It has been proven once again that unneces sary excess fertilisation is one of the main causes for the enormous maize debt, which according to Statistics SA and other observers amounts to around R120 billion. The solution clearly lies in the fact that excessive NPK input in pursuit of maximum harvests must be tempered with realistic fertilisation for maximum profit.”

Others who attended the day and listened to the results were Derek Matthews from Grain SA, Fasie de Kock from Timac AGRO, farmers from the area and learners who took part in the trials.

“Highest yield is not the most profit. This is the reality. It is so important that farmers use data - of which there is no shortage - at their disposal,” said Derek Matthews from Grain SA.

Dr Du Fasie de Kock from Timac AGRO’s partner Dr Hendrik Smith encouraged farmers to gather information themselves and not just rely on the obvious.

“Know your soil. Know what’s going on with your land. Don’t believe everything on pamphlets. Ask for more information. Ask for the scientific tests that have proven the information you have been given.”

TLU SA General Manager Mr. Bennie van Zyl said the time is now for farmers to use these facts and test re sults at their disposal.

Algemene wenke

Algemene skoonmaakmiddel

1k Ammoniak verdun met 3k water.

Giet in spuitbottel en gebruik om werkoppervlaktes en vensters mee skoon te maak.

Koper en Brass- Meng 1/2k Asyn met 1 e Sout

Tee- en koffievlekkeKoeksoda en ook om koffiefles skoon te maak

Hardnekkige vuil kastrolleMeng 1e koeksoda, 500ml water, 100ml Sunlight Liquid en 50ml wit tandepasta. Meng goed en wend aan, laat staan so 20min en skuur af

Krane - Koeksoda op klam lap kan gebruik word om krane mooi skoon te maak

Etikette op bottelsVerwyder met Q20 en growwe staalpotskuurder

Ammoniak kan onverdun gebruik word om oond mee skoon te maak. (Dra rubber handskoene wanneer met ammoniak gewerk word)

Aartappelskyfies - Voeg knippie koeksoda by olie, dan word dit vinniger gaar en bros Botter wat pap geword het en daar is geen yskas Meng 2k koue water met 1t koeksoda, giet oor botter en laat staan. Botter sal gou weer styf wees.

Bruismeel

4x 250ml Koekmeel

30ml Kremetart

15ml Koeksoda

Sif 4x saam

Bakpoeier

30ml Kremetart

15ml Koeksoda

15ml Maizena - Sif 4 maal saam

Annelie Booysen
De Wildt Nuus 15Oktober 2022

Kongres 2022

Kongres is ‘n hoogtepunt op die VLU kalender. Afgevaar digdes van al die takke uit die 5 streke in die Overvaal gebied, het ‘n baie aangename kongres te Meulstroom Lodge bygewoon. Behalwe vir die verslae wat voorgehou was, was die finale kompetisie wenners ook aangekondig. Ons het ook baie bekende gaste gehad, wat ekstra glans aan die kongres verleen het. Amore Bekker het ons op baie humoristiese wyse toegespreek oor “Herskryf jou verhaal”. Die dames het aan die sangers, Danie Niehaus en Germandt Geldenhuys se lippe gehang tydens hulle op trede. Met die aand se dinee, het elke streek tradisioneel aangetrek en ‘n spesifieke land se dans uitgevoer. Dit was soveel pret!

Om ‘n kongres by te woon en om die hart van VLU te beleef, is ‘n fantastiese ervaring en vul elke lid met trots! Barbara Nel is verkies tot die nuwe Overvaal Presidente en sy is ‘n jong, dinamiese voorloper, wat vernuwing in die VLU voorstaan.

Overvaal kreatiewe oggend

Elma Human - Skakelbeampte Elma Human (sekretaresse) en Mary Ann du Preez (voorsitster) ‘n Heerlike oggend saam met vriendinne! Ons het geleer om Acrylic pouring te doen, hoe om Doodles te teken en Jellie prints te maak. Mary Ann du Preez en Elma Human besig met Acrylic-pouring Elma Human en Ezthea Verwey geniet die jellie-afdrukke
De Wildt Nuus16 Oktober 2022

Green Olive Kwekery – Bome van die jaar

Gerrit Lategan, bestuurder van Green Olive Kwekery, het vir ons die bome van die jaar nl. die Kannabas of ook bekend as die Pompom tree en die Afrikaanse wattle gewys en ook vertel hoe om groot bome vir spesifieke tuine te kies en hoe om hulle te plant. Hy het ook genoem watter bemesting- en gifstowwe gebruik kan word. ‘n Goeie boereraat was om 1 eetlepel Pinegel op 5liter water te meng en dit op plantluise, krieke en wurms te spuit. Dit kan ook op die Clivias gebruik word. Teesakkies en melk is goed vir varings en pers spirits kan op cochineal gespuit word. Beenmeel, sowel as bloedmeel kan by die kwekery aangekoop word.

Foto: Mary Ann du Preez, Gerrit Lategan en Petrina van Niekerk, wat ‘n Kannabas vir haar tuin aangekoop het.

Pratley-uitstappie

‘n Groep dames van die omliggende VLU takke het in Julie 2022 ‘n heerlike en leersame uitstappie na die Pratley fabriek in Krugers dorp onderneem. Dames het kennis gemaak met die Kraft-produkte en geleer om daarmee te werk. ‘n Voltooide skinkbordjie en plekmatjies was gemaak.

Wat ‘n wonderlike dag, wat absoluut gratis aangebied was!

Elma Human - Skakelbeampte Rita Fourie, Martie Marx en Mariëtte de Wet voor die Pratley fabriek in Krugersdorp
De Wildt Nuus 17Oktober 2022
Groepsfoto van dames uit verskeie takke
HIGH QUALITY COMPOST AVAILABLE PER m³ OR IN 30dm³ BAGS WE DELIVER IDEAL FOR GARDEN, LAWN AND AGRICULTURE VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za OR PHONE US AT 079 896 0032

Kunswedstryd

De Wildt Nuus18 Oktober 2022
2022 Baie geluk aan die volgende Vissies wat tydens die kunswedstryd met hul beeldende kuns en voordrag so mooi presteer het. Ons is trots op julle! Beeldende kuns: Cloudia Gr R B+ Elrees Gr 1 A+ Alizia Gr 2 A++ Arnoux Gr 2 B+ Skylar Gr 3 A Luciana Gr 3 A Max Gr 3 A++ Dalton Gr 3 B Violet Gr 4 A+ Genevieve Gr 4 A+ Miandri Gr 4 A+ Annemie Gr 6 A+ Yvonne Gr 6 B Tryntjie Gr 7 B+ Voordrag: Caylee Gr 3 A Chivon Gr 4 A Jessica Gr 6 B Annemie Gr 6 (Afr) A (Eng) A+ Geluk!
De Wildt Nuus 19Oktober 2022 Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
De Wildt Nuus20 Oktober 2022

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.