Desember/December 2022 Jaargang 31 No 5 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za wishes the De Wildt community a blessed and safe Festive season and Properous 2023
Lief en leed 2
Redaksiebrief 3
Veiligheidswenke vir die vakansie 4
Kobie bederf senior burgers 5
Ouma Chrissie eregas by Faf se troue 6
TLU letter to the President 7
DWBV-nuus 8 Plants of the Bible 10 Wat om te sien in De Wildt 11
Agteros kom ook in die kraal 12
Om Geloftedag te vier 13
Potjie-kuier 14
Africanisms 15
VLU-nuus 16
Laerskool Vissershoek-nuus 17
Groente saaigids vir die jaar 18 Pretoria Boeremark vier 30 jaar 19
Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan dié wat siek is. Dan is ons ook bly saam met gemeenskapslede wat lief ervaar het.
De Wildt Nuus 2 Desember 2022
EN LEED
•
•
•
•
•
•
•
We wish all our loyal customers a Blessed Christmas and a Prosperous 2023. Thank you for your loyal support. Lief • Christa Smit word oumagrootjie en Zelda Taljaard word
kleinseun
INHOUDSOPGAWE LIEF
Oorlede
Billy van Niekerk
Amanda Jacobs (oud-inwoner)
Suzette Pëtersen se Vader • Toy Coetzer se Suster (Eva Koekemoer)
Freek Hennop se Moeder In die hospitaal
Ina Cloete
Anelda Greyling
Marilette Bester
ouma van ‘n
REDAKSIELEDE
Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699
Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426
De Wildt Helpmekaar Maatskappy
Adéle du Toit - 071 843 8185
Douw van Wyk - 079 424 7411 Elmien Botha - 082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426
De Wildt Boerevereniging
Hanna Scribante - 083 417 4699
Phil Louw - 082 335 5910
De Wildt VLU
Elma Human - 082 500 4066
Addisionele lede
Jan Lemmer - 083 256 8266 Rina Bester - 071 110 6907
Laerskool Vissershoek
Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323
Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148
Epos orders@britsprint.co.za
De Wildt Nuus
Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972
Verwysing: DWN + advertensienaam Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za
Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.
Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426
Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50
ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
Liewe lesers
Dit is al weer daardie tyd van die jaar, met dinge wat kwaai spoed optel hier skuins voor die rustigheid van ‘n lang somer vakansie. Elke jaar het maar sy prestasies en mislukkings en sy hartseer en sy vreugde. Ons kyk met verwagting vorentoe na die Kerstyd vir stil word en daarna ‘n nuwe 2023.
Ons kan ook maar net terugkyk en ons hemelse Vader dank vir al die voorregte en seëninge, alles onverdiende genade uit Sy hand die afgelope jaar. Ons gedagtes gaan uit na diegene wat die afgelope jaar hartseer ervaar het. Ons moes weer verneem van inwoners en oudinwoners wie se lewe tot ‘n einde gekom het en ons innige meegevoel met hul naasbestaandes word hiermee uitgespreek.
Ons bedank weer ons adverteerders en doen ‘n beroep op ons lesers om hulle asseblief te ondersteun.
Kom ons kyk wat ons lesers onder andere in hierdie uitgawe, wat ‘n spesiale Kers uitgawe is, kan lees:
Phil Louw se interessante skrywes: Africanism, Agteros kom ook in die kraal en Leef soos mense van die lig, alles die moeite werd.
Kobie Opperman bederf weer die seniors van De Wildt.
Laerskool Vissershoek, “al die oud Vissies maak ons skool baie trots.” Dankie aan Lee-
Ann Rossouw wat hierdie jaar nuut op die redaksie is en wat getrou in elke uitgawe oor ons plaaslike laerskool berig het.
TLU SA Nuus: Pretoria Boeremark vier 30 jaar, De Wildt Boerevereniging se laaste vergadering , afsluiting en re-organisasie.
De Wildt VLU-nuus, geluk aan hulle wat hierdie jaar hul 55 ste bestaansjaar vier.
Sandy Robberts se Plants of the Bible, the Bay tree.
Om Geloftedag te vier asook twee Geloftefeeste se programme.
Ouma Chrissie Vermaak is ‘n eregas by haar Springbokrugbyspeler-kleinseun, Faf de Kerk, se troue.
De Wildt Adventure Trails & De Wildt Cheetah lodge, waar mens een met die natuur kan word in ons pragtige Magaliesberg.
Dankie aan die redaksie vir hulle gratis en vrywillige opoffering om behulpsaam te wees om van ons blad ‘n sukses te maak. Dankie ook aan ons grafiese kunstenares.
Ons kyk terug en sien dat ons blad met hierdie uitgawe reeds die een-en-dertigste jaar afsluit.
Namens die redaksie, besondere goeie wense vir Kersfees en die nuwe 2023 aan al ons lesers en ondersteuners. Groete tot Februarie 2023.
- Hanna Scribante, namens die redaksie
De Wildt Nuus 3 Desember 2022
REDAKSIEBRIEF CARE CENTRE SORGSENTRUM SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511 * Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500 Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook
Veiligheidswenke vir die vakansie
As u weggaan
• Inspekteer elektriese heinings, alarms, kamera stelsels ens. voor u vertrek.
• Sluit elektroniese toerusting soos skootrekenaars toe op ‘n veilige plek.
• Maak seker alle voertuie wat agterbly is toegesluit en dat die alarm- en opspoor stelsels van hierdie voertuie geaktiveer is.
• Hou so min as moontlik brandstof in voertuie wat nie op vakansie gebruik gaan word nie en sluit sleutels op ‘n veilige plek toe of los by vriende of familie.
• Gebruik tydskakelaars om ligte in en om geboue op verskillende tye aan en af te skakel.
• Sluit afstandbeheerde hekke met ekstra slotte om te keer dat die hekke oopgestoot kan word.
• Pak u vakansievoertuig waar niemand u kan sien nie.
• Reël met iemand wat u kan vertrou om ‘n ogie oor u eiendom te hou en maak seker dat hierdie persoon u kontakbesonderhede het.
• Maak seker u troeteldiere word versorg en dat vee daagliks getel word.
• Ontkoppel enige elektriese toestelle wat nie aangeskakel hoef te wees gedurende die vakansie nie.
• Brandbare rommel en lang gras naby geboue is ‘n ernstige brand gevaar. Hou ‘n baan van ten minste 3m skoon rondom geboue.
Op pad na vakansiebestemming
• Wees te alle tye bewus van moontlike misdaad gevare.
• Wees bedag op “remote jamming”: maak seker u voertuig is gesluit voordat u dit verlaat in enige parkeer area.
• Sluit altyd alle deure terwyl daar in ‘n voertuig gery word.
• Bêre handsakke, beursies, skootrekenaars, selfone e.s.m. uit sig van moontlike grypdiewe.
• Wees paraat by kruisings, stoptekens en verkeersligte en let op wat om u voertuig aangaan.
• Vermy sovêr moontlik om saans te ry, veral waar daar voorheen insidente van “tyre spikings” was.
• Maak seker u voertuig het voldoende brandstof en beplan vooraf waar u brandstof gaan aanvul. Indien moontlik, neem nood brandstof saam in ‘n goedgekeurde houer.
• Gaan u voertuig na en maak seker dit is padwaardig. Maak ook seker alle nood gereedskap is in ’n goeie werkende toestand en dat dit te alle tye in die voertuig is.
• Gaan die spaarwiel na en maak seker die banddruk is reg en dat die band in ‘n goeie toestand is.
•Hou ’n flitslig byderhand veral as u in die nag moet ry. •Hou permanent ‘n selfoon laaier in u voertuig.
De Wildt Nuus 4 Desember 2022
(Nota: Dankie aan Janus van Rensburg vir sy insette hiermee)
KOBIE BEDERF WEER DIE SENIOR BURGERS VAN DE WILDT
Kobie Opperman, van Kobie se Plekkie, het op 15 September 2022, weereens soos telkemale in die verlede, die senior burgers van De Wildt bederf.
Hierdie keer moes sy al vier uur die oggend begin kos maak, want beurtkrag het in haar potte kom loer, om vir elkeen ‘n heerlike bord boerekos en nagereg voor te sit.
Almal het heerlik gekuier, party senior burgers het mekaar na ‘n lang tyd weer gesien en die vriendskapsbande opgetel, terwyl daar nuwe vriendskapsbande ook gesmee is. Die kos was, soos net Kobie kan, uit die boonste rakke en die geselligheid soos net De Wildt se mense kan kuier.
Frenette Grabie en Colene Wright, albei met ‘n passie vir mense en veral senior burgers, het voor die tyd kom hand bysit om alles in orde te kry en te versier. Hulle twee en Patricia van Niekerk, wat altyd ‘n staatmaker is, het vir Kobie gehelp om vir elkeen ‘n bord kos in te skep en uit te deel, terwyl ‘n paar van die meer vaartbelynde seniors self ook hand bygesit het, om elkeen by sy sitplek met ‘n bord kos te bedien.
Kobie bedank al die borge, soos Frenette en Francois Grabie vir die wildsvleis, Kroon’s vir die hoender, en Malanseuns vir die plante.
Ja, elkeen is nie net met die spyse gevoed en bederf nie, maar is boonop met ‘n Agapanthus plant, die nuwe variëteit met die smal blaartjie, vol in blom, huis toe gestuur. ‘n Plant om almal aan die heerlike oggend en bederf te herinner.
Kobie jy is voorwaar ‘n ster.
Baie dankie vir al jou liefde, jou omgee en gasvryheid. Jy word waardeer.
De Wildt Nuus 5 Desember 2022
Ouma Chrissie eregas by Faf se troue
Ouma Chrissie Vermaak van Wildebeesthoek, ouma van die bekende Springbok-rugbyspeler, Faf de Klerk, het in Oktober die voorreg gehad om ‘n eregas by haar kleinseun se troue te wees.
Faf se ma, Corrie, is ouma Chrissie se oudste dogter en suster van Sarel Vermaak.
Faf en Miné (van Niekerk) is op 1 Oktober 2022, by La Paris Estate in Franschhoek getroud. Slegs naby-familie en vriende was na die geleentheid genooi.
Op die foto is Tobie en Corrie de Klerk (ouers), Faf en Miné, en ouma Chrissie (regs).
Huldeblyk aan wyle Len Haasbroek
25.09.1939 - 23.09.2022
Bekende inwoner, Len Haasbroek, is op 23 September 2022 oorlede. Hy het na ‘n 7-maande siekbed die stryd gewonne gegee.
Len Snr het hom in 1987 in De Wildt kom vestig. Hy en sy drie seuns, Len Jnr, Frans en Armand, het saam ‘n besigheid opgebou.
Ons eer sy nagedagtenis, rus sag. Ons bedank ook ons dierbare moeder, Joey Haasbroek, wat hom met liefte versorg en bygestaan het tot en met sy afsterwe.
De Wildt Nuus 6 Desember 2022
Drie gelukkige boere het in samewerking met TLU SA elkeen ‘n AGRICOLLEGES-kursus gewen.
Michael Otto se kursus is Inleiding tot Diererproduksie, terwyl Hendrik Prinsloo die Inleiding tot Plantproduksie gewen het. Chantelle Visser se kursus van haar keuse was Inleiding tot Landboubesigheid.
Die kursusse begin op 7 Februarie 2023 en duur sewe weke. Die waarde van die kursusse – wat in Afrikaans aangebied sal word – is R4 400 elk.
“TLU SA streef daarna om boere veilig en volhoubaar op hul plase te hou. Met dié kompetisie in samewerking met AGRICOLLEGES help ons drie boere om nog meer bekwaam te wees in hul roeping,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.
Hierdie kursusse is ideaal vir nuwe boere, onlangse skoolverlaters of selfs gevestigde boere wat hul kennis van landbou praktyke wil verfris en verbeter.
AGRICOLLEGES International beoog om in die nabye toekoms al sy kursusse in Afrikaans te vertaal om so ook die studente wat graag in hul moedertaal wil studeer die geleentheid te bied om hul kennis en opleiding te verbeter.
AGRICOLLEGES het die leerkonsep ontwikkel deur ‘n e-leer platform te skep wat studente akkommodeer met hul landboustudies via rekenaars en mobiele toestelle. Hierdie leergeleenthede is wêreldwyd beskikbaar, afhangend van die student se toeganklikheid tot die internet.
AGRICOLLEGES International is AgriSETA geakkrediteer en bied daarvolgens een jaar geakkrediteerde Nasionale sertifikate aan in Algemene Landbou, Plantproduksie, Diereproduksie, Plantproduksie (Kannabis & Hennep) asook verskeie relevante kort kursusse en vaardigheidsontwikkelings kursusse in landbou.
AGRICOLLEGES is baie trots op hul meer as 1700 alumni vanuit 40 verskillende lande.
Uitgereik deur: TLU SA
Navrae: Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, (082 466 4470)
Laurika du Bois, AGRICOLLEGES (082 886 5583)
TLU SA ‘s strongly-worded letter to the president
TLU SA believes that every resident of South Africa has the right to live in freedom from violence and therefore Mr Henry Geldenhuys, TLU SA President wrote a letter to the country’s president to remind him of his responsibility towards South Africans.
In a strongly worded letter to President Cyril Ramaphosa, Mr Geldenhuys focuses on the two main responsibilities of the state: to ensure residents’ safety and to create a policy environment where the private sector wants to get involved.
Although Mr Geldenhuys addresses with various examples the policy environment that the ANC created, his focus is - with the increase in farm attacks and murders and the brutality of the attacks - on security.
“With 70 murders a day, residents’ safety is certainly not looked after. The government is too soft on crime and criminals and therefore it is out of control,” says Mr Geldenhuys.
“I don’t have enough hands to count how many times the implementation of the Rural Security Strategy has been talked about since 2018. South Africans have the right to freedom from violence, but we are moving further and further away from this, and the reality is that a large part of the population lives in fear. The SAPS is also failing in its calling to protect our citizens. The reality is that farmers must accept responsibility for their own safety, that of their families and workers.”
TLU SA wants to see that leaders are held accountable.
“We can’t just sit and watch any longer. And our country’s president can no longer do that either. He can no longer just watch. South Africa and its inhabitants are bleeding. With the letter, I demand that Ramaphosa put the country and its residents first. We demand it in terms of that which the country’s Constitution promises its residents, and we demand that for once he stops double-talking to his audiences and actually does his duty as the Constitution also requires of the head of state.”
(Issued by TLU SA)
De Wildt Nuus 7 Desember 2022
vir drie gelukkige boere B ESIGHEIDS U RE Weeksdae: 07:30 – 18:00 Saterdae: 08:00 – 13:00 & 17:00 – 18:30 Sondae & 10:00 – 11:30 Vakansiedae: ZODIAC DIEREKLINIEK 012 252 1266 Naure 012 252 7323 Carel de Wet Weg, Brits, 0250 epos zdk@vodamail.co.za webtuiste www.zodiacdierekliniek.co.za
Drie kursusse
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit R 115.00 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 082 879 6969
DWBV se laaste vergadering van 2022 en afsluiting
Die jaar het ook vir DWBV tot ‘n einde geloop tydens Dinsdagaand, 15 November 2022, se laaste vergadering van hiérdie jaar.
Soos ouder gewoonte al het al die manne en dames bymekaar gekom by die De Wildt 4x4 baan se lapa en was daar so kuier-kuier sitplekke ingeneem, natuurlik nadat elkeen eers iets gekry het om die keel ook nat te hou tydens die verrigtinge.
Phil Louw, ons voorsitter, het die volgende in sy verslag gesê (natuurlik net soos Phil kan): “Geagte Dames en Here, lede en vriende van die De Wildt Boerevereniging.
Baie dankie vir die geleentheid om nog ‘n keer voor julle te kan staan; en alhoewel ons ‘n klein Boerevereniging is, julle daaraan te herinner dat ons tog ‘n verskil maak. Sonder God se genade, julle, ons lede en ons vriende van TLU SA, asook die mense van De Wildt, sou ons nie ‘n storie gehad het om te vertel nie.
Dankie
Gun my dit om elkeen wat direk en indirek betrokke was en bygedra het tot die voortbestaan van hierdie Boerevereniging DANKIE te sê vir hulle volgehoue ondersteuning. Julle ondersteuning en betrokkenheid word opreg waardeer. ‘n Spesiale woord van dank aan Wannie en Hanna, Gertjie, Lood, Janus, Ben, Jacques, Mark en Gerhard wat elkeen bygedra het tot die sinvolle bestaan van ons Boerevereniging. Julle insette en bydraes het nie ongesiens verby gegaan nie.
Wannie en Hanna verdien spesiale melding. Wannie wat as adjunk president vir ‘n derde keer verkies is by TLU SA, en as die persoonlikheid van die jaar bekroon is, getuig van sy toewyding en ‘commitment’. Hanna het gesorg dat De Wildt Boerevereniging vir die tweede agtereenvolgende jaar die toekenning kry vir die Boerevereniging wat beste en mees sinvolste kommunikasie op ‘n volhoubare wyse gehandhaaf het. Hulle hou ons Boerevereniging in die kollig.
Vriende, De Wildt se inwoners het ‘n storie, en het nog altyd ‘n storie gehad om te vertel. Julle teenwoordigheid getuig daarvan. Dankie dat julle ligdraers daarvan is.
Dankie dat te midde van al die eise op julle lewe, dat julle in murg en been steeds boere is.”
En met hierdie gevleuelde woorde van Phil is 2022 se storie van DWBV eintlik afgesluit, maar in dieselfde asem ook weer is 2023 se storie begin.
Gelukkig was Gertjie Davel, ook teenwoordig en het hy elke lid se waardering teenoor Phil as voorsitter van DWBV uitgespreek en hom bedank vir die deeglikheid waarmee hy alles in die lewe, en so ook die voorsitterskap van DWBV, aanpak en doen.
En so, ter inleiding vir 2023 se storie moes die bestuur van DWBV vir 2023 ook verkies word. Met elke man en dame wat sy en haar taak so uitsonderlik verrig het die afgelope jaar is die bestuur egter net so herkies.
De Wildt Boerevereniging se bestuur vir 2023:
Voorsitter: Phil Louw
Onder- voorsitter: Gertjie Davel
Sekretaresse/tesourier: Hanna Scribante
Dit het ook nou al gebruiklik geword om gereeld ‘n ou eet dingetjie vir die knaende honger voor te sit en om sommer net ook die geskikte luim en atmosfeer vir ‘n DWBV-vergadering te skep. En soos gebruiklik het Jacques Fourie weer vir ons wors gebraai vir heerlike boereworsrolle. Hierdie keer was nog ook getrakteer met Lee-Ann se sous, wat ‘n wenner! Eskom het ook sy deel gedoen, maar ten spyte van Suid-Afrika se uitdagings, hulle sê mos ‘n boer maak ‘n plan, het Gertjie en Wannie gesorg dat daar lig was en het almal ‘n hond uit ‘n bos uit gekuier – niemand was haastig op pad terug huis toe nie. Net soos dit by ‘n goeie Boere-kuier mos hoort.
Dankie aan De Wildt 4x4 Natuur park: De Wildt Boerevereniging se bestuur en lede wil graag vir Louis en Alex van der Merwe, eienaars, bedank dat ons weereens hierdie jaar ons 4 byeenkomste by julle pragtige lapa kon hou. Dankie dat julle hand oop is vir die De Wildt gemeenskap. Julle word waardeer.
De Wildters, en ander De Wildtn Nuus-lesers, maak gerus gedurende die Kersseisoen ‘n draai en geniet die fasiliteite wat aangebied word, daar is lieflike plekke vir piekniek hou en baie om te doen, so die kinders sal nie kerm in Pa se ore nie.
Dankie aan Saartjie Schoeman Sonder jou Saartjie sal die DWBV se lede regtig gesukkel het om te oorleef. By elke vergadering sorg jy dat die bywoners drinkgoed het en die kele nie droog word van al die praat nie.
Die Bestuur en lede van De Wildt Boerevereniging wens al die inwoners van De Wildt en die De Wildt Nuus-lesers ‘n baie geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2023 toe. met Psalm 37: 4 & 5 as gids vir die jaar wat voorlê: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Laat jou lewe aan die Here oor en vertroue op Hom; Hy sal sorg.”
De Wildt Nuus 8 Desember 2022
Addisionele-lede: Lood Schoeman, Jacques Fourie, Janus Janse van Rensburg en Wannie Scribante.
De Wildt Nuus 9 Desember 2022 Voorblad in kleur - R1265.00 Agterblad in kleur - R1125.00 Volblad binne kleur - R950.00 Volblad swart en wit - R 665.00 Halfblad swart en wit - R385.00 Kwartblad swart en wit - R290.00 Agste blad swart en wit - R200.00 Kontak 081 780 0426 DWBV se laaste vergadering van 2022 en afsluiting De Wildt Nuus Advertensies
Plants of the Bible in our everyday life
Sandy Roberts - From the Margaret Roberts book on 100 EDIBLE AND HEALING FLOWERS
The Bay Tree (Species Laurus nobilis)
If you grew up in South Africa and bobotie and rice was a favourite meal in your home, you would recognize the leaf of the Bay tree as it is an important ingredient in the recipe. Usually, a few perfect leaves were added to the baking bobotie for its rich flavour.
Going back in history, the beautiful, ever-green Bay tree was known to symbolize the resurrection of Christ but was also spoken about in the bible because it represented blessing, nourishment, beauty, strength and triumph. What was more important was, in biblical times it was commonly used for many preparations including flavouring food, medicine, cosmetics and for most ceremonies.
It was a tree that grew well in hardy conditions and most families had a bay tree in their garden for the value and simple magnitude of what it represented and what it could do. Interestingly the Bay leaves were also used as an insect repellent from biblical times and thereafter throughout history. Short branches were pressed into terracotta holding vessels of milled wheat, barley and rye flour to repel weevils. The leaves were packed around meat and stored in fat as a preservative and branches of the Bay leaves were used in the windows to keep the air fresh, plague and insect free.
Baskets of the top young leaves were picked and tossed onto the floors of many homes as a strewing herb, to be walked on when there was a birth, marriage or plaque and the fragrance symbolized purity, protection and cleansing.
Leaves bound Into small bunches were often burned to clear the air as it is an antibacterial and so was used in many ceremonies to clear both body and mind. The ash from the bound bunches was added to an oil as an anointing preparation and many families used the leaves and the oil of the Bay to prepare the bodies of their loved ones for the afterlife. And so during the centuries, the Bay was mentioned frequently, in ancient Greek mythology as it symbolized courage and strength. It was treasured both by the Christians and by the Romans who wore crowns of twisted bay branches. Think of Julius Caesar who was crowned with Bay leaves for it represented many things including posterity, courage and valour.
Medicinally it is used as an astringent and antiseptic plant. It stimulates digestion, enhances energy levels, relieves rheumatic aches and pains and it is a special remedy for baldness. Tie a few sprigs together and attach under a bath tap. The running hot water will release the plant oils into the water to ease muscle aches, pains and especially rheumatism.
Originated and grown in the Mediterranean region and southern Europe, evergreen tree reach up to 10-12 meters in height. It grows well in South Africa, should not be planted next to buildings as it lifts foundations with its tenacious roots that constantly seek out water. The Bay prefers full sun and a good twice weekly watering. A few spades of kraal manure dug around its roots do well every few months. It grows well as a protective border as it can be hedged. It will bring you much satisfaction as a beautifully shaped neat tree. Hardy with little attention needed tree, easily grown from cuttings and extremely useful in the household especially in making food, as a cosmetic and as an insect repellent it also has neat evergreen leaves on a strong stem which makes
it malleable to use in wreaths to be worn or to be used as an adornment on a table or doorway. Today the Bay is revered for its culinary and medicinal uses but we should also remember the rich history (and if you wish the folklore) where it was known as a magical tree bringing blessings, protection, nourishment, beauty, strength and triumph to our homes and loved ones. It will make a perfect wreath for Christmas!
De Wildt Nuus 10 Desember 2022
Wat om te sien in De Wildt
Rina Bester
De Wildt Adventure Trails and Cheetah Lodge
De Wildt Adventure Trails and De Wildt Cheetah Lodge on the R513 opens from 05h30 or 05h00 by appointment on Saturdays and Sundays.
De Wildt Adventure and De Wildt Cheetah Lodge showcase 8 of the best marked trails (for hiking or trail running) to choose from and different accommodation options, from rustic campsite shelters to luxury safari tents.
De Wildt Adventure Trails is an extremely popular and adventurous pet-friendly venue. Bring along your four-legged friends for a hike or a trail run.
Contact 082 777 9326/ 083 336 3913 email: info@dewildttrails.co.za reservations@dewildttrails.co.za Website: https://www.dewildttrails.co.za/
Alles die moeite werd
‘n Mens, ons, gryp maklik elke dag aan asof dit die natuurlikste ding is sonder om eers daaroor na te dink. Is dit roetine of is dit eerder omdat ons gewoontediere is? Die werkersklas en mense met kinders sou dalk argumenteer dat dit die norm van ons samelewing is wat die dag se program “kick start”. Dis hoe maklik ons een voet voor die ander sit, dag vir dag dieselfde dinge doen, week in en week uit die inskrywings op die kerk almanak of ons dagboek asem in blaas en lewe gee. “Ons vat hom soos hy kom” is so slaafs. Wat ‘n tragedie! Dit terwyl elke dag soveel veranderlikes bied. Algaande kom die son elke dag ‘n tikkie vroeër op, verdryf die lig die donker, en so word die gordyn weggetrek om die wonder van die skepping te onthul. En ons het die onbeskryflike toeskouersvoorreg, sit ons in die voorste ry van hierdie wêreldklas teater. Luister mens fyn na die mense se gesprekke dan besef jy dat daar soveel weerligafleiers is. Donderstorms, ‘n geraas, steurings, en ‘n mengelmoes stemme wat maak dat ons die mooi toneel wat daagliks voor ons oë ontvou maklik miskyk. Bly mense se oë swaarmoedig op hulle tone gerig uit vrees hulle stamp dalk hulle tone terwyl die wonder van ‘n ontluikende dag om hulle aan die gebeur is. So maklik mis mense die hartklop, die asemhaal van ‘n samelewing. ‘n Wêreld wat aan die gang kom en ‘n kaleidoskoop kleur aan die dag gee.
Lente is op ons voorstoep, is daar reeds bewyse van nuwe lewe, plantegroei en spatsels kleur te sien. Dit skep ‘n verwagting, gee ons hoop, en glo ons dat binnekort gaan ons leefwêreld ‘n fees vir die oog wees. Alles rede genoeg, en die moeite werd, om met oorgawe voluit te lewe. Ingesluit op hierdie verhoog is mense, mense soos jy wat ‘n verskil maak. Sou die toneel, my storie, sonder jou nie volledig of voltooi wees nie. Gelukkig is die Draaiboekskrywer sonder gelyke nog besig om my en jou storie te skryf. Nee, dis allermins ‘n sepie, eerder ‘n lewensverhaal waarin jy ‘n hoofkarakter is. Dit maak my onuitspreeklik dankbaar, loop my beker oor, drink ek uit my piering. Ons sê maklik hoe dankbaar ons is, maar dankbaarheid onder alle omstandighede verg ‘n stukkie opoffering want ons is immers nie altyd dankbaar vir die omstandighede waarin ons ons bevind nie, allermins ek. Daarom is ek bly oor die krukke, die kieries, en al die ondersteuning wat ek van my tydgenote kry. Soms is dit net hul voorbeeld wat dit vir my moontlik maak om ander hoër as myself te ag. Dit is ook jou spoor van nalatenskap wat jy vir my en seer sekerlik ook vir ander kom gee ek. Dankie daarvoor!!! Mag die lewe vir jou ook die moeite werd wees.
De Wildt Nuus 11 Desember 2022
’n Mens hoor so dikwels mense praat van die spreekwoordelike agteros wat ook in die kraal kom — of dit nou ’n fisieke resies is waar die deelnemers een-vir-een oor die wenstreep hardloop (of dan nou “in die kraal inkom”) en of dit ’n minder tasbare doelwit is wat iemand bereik, soos om gewig te verloor, beteken inderdaad ook dat aanhouers wen!
Maar dit blyk egter dat die spreekwoordelike “agterosse” dikwels alleen gelaat, selfs agter gelaat word, omdat dié wat die voortou neem, nie altyd verstaan waarom almal nie teen hul tempo beweeg nie. En dit maak dikwels dat hierdie laat aankommers se vermoëns bevraagteken word. Dit laat individue soms ook aan hulself twyfel: “Is ek dom, is ek lui, is ek agter of is ek bloot maar net anders?” Stel jou voor jy het ’n dogter of ’n seun wat tans matriek skryf. Hoeveel van ons het werklik geweet wat ons wil word toe ons op 18 of 19 ons matriek-eindeksamen geskryf het? Hoeveel van ons het werklik tóé al ’n plan vir ons toekoms gehad?
Die wêreld het ons geleer dat die “agterosse” altyd agtergeblewe sal bly: as jy eers gaan studeer vóór jy begin werk, verloor jy drie jaar van jou pensioengeld.
As jy dadelik ná skool begin werk, is dit dalk te laat om te studeer, want die lewe wag vir niemand nie.
Sommige van ons trou en begin met ’n gesin, ander kies ’n loopbaan, sommige mense studeer vir dekades aaneen met die doel om ’n meester in sy of haar studieveld te word en niemand verstaan werklik die ander se motiewe nie.
Dalk is dit tyd dat ons minder fokus op die wêreld se idee van vooruitgang en besef dat elke individu uniek is.
Ons almal se doelwitte verskil. Ons persoonlikhede verskil en ons omstandighede is uniek. Hoekom moet ons dan op dieselfde tyd ons doelwit bereik?
Vind jouself, werk hard, druk deur en doen altyd jou bes en ondersteun mekaar ten volle, dan kan agteros dalk ook in die kraal
kom al is dit ‘n dag of twee, of selfs langer, na die ander. So, wat is die regte tyd om “in die kraal” te kom, wat is die aanvaarbare hoeveelheid tyd om aan ’n doelwit af te staan?
CJ Langenhoven het eens gesê: “As die kortpad die beste was, sou die hoofpad daar geloop het.” Of hy nou bedoel het dat ’n mens eerder deeglik moet werk as vinnig, dié weet ek nie, maar wat ek persoonlik neem uit die woorde van Langenhoven is dat daar baie verskillende paaie is om te vat én ons almal weet alle paaie lei tog na Rome.
Die antieke Japanese het geglo as jy val moet jy weer opstaan: “Val sewe keer en staan dan agt keer op.” Ek dink dít is waar die sleutel tot sukses lê; nie in hoe vinnig jy ’n doelwit bereik nie, maar hoe hard jy bereid is om te werk om die doelwit te bereik. En wanneer jy jou doelwit of doelwitte bereik het, wat ‘n trotse oomblik sal dit nie wees nie. Vasbyt!! Aanhouers wen.
De Wildt Nuus 12 Desember 2022
kom ook in die kraal Mirror Foto’s Ons druk enige foto op ‘n spieël! Verewig u geliefdes op ‘n spesiale manier met ‘n spieël-foto. Kontak ons: MIRROR FOTOS (EBUS) SEL/ WHATSAPP: 079 153 0416 mirrorebusfotos@gmail.com Brits
Agteros
Om Geloftedag te vier…
Moet ons dit vier? Mag ons dit vier? Onder groot wildevybome met ‘n donkergroen blaredak sit en speel ek en my jonger boetie op die dik piekniek kombers, die een wat Oumagrootjie gemaak het, terwyl Ma en Pa op hulle kampstoele sit en luister na wat die dominee sê. Ons mag speel, maar ons moet stil wees en wanneer daar gesing word, moet ons staan en wanneer daar gebid word, moet ons ook saam ogies toe maak.
Na die dominee gepraat het is daar kans om koeldrank te drink, koekies, pasteitjies, broodjies en ander piekniek-kos te eet. Dan sing al die ooms en tannies ‘n klomp Afrikaanse liedjies en moet ons weer op die kombers stil speel terwyl daar ‘n ander oom praat. Hoekom Geloftefees hou? Hoekom moet ons vandag Geloftefees bywoon?
Algemene vrae waarmee ek deesdae gekonfronteer word van vriende, kollegas, gemeentelede en leerders in my klas. Die vraag is definitief nie nuut nie en dit is nie die eerste keer in die Afrikaner se geskiedenis wat hierdie vraag gevra word nie. Ons weet selfs dat daar direk na die slag van Bloedrivier ‘n goeie klomp jare was waar daar nie spesifieke geleenthede gehou was op die 16de Desember nie en dat daar eers in die vroeë 1900’s amptelike bewegings en vergaderings gehou was oor die land heen om feeste te organiseer. Waarom is dit dan belangrik om vandag, na 1994 en in die huidige omstandighede, steeds Geloftedag te vier?
Want Geloftedag gaan nie om ons self nie, dit gaan nie oor die verlede nie en selfs nie oor ons kinders se toekoms nie. Dit gaan nie oor die volk, die Boere, die Afrikaner of enige mens nie. Dit gaan oor God.
Bloedrivier Gelofte (Afrikaans)
Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Die Gelofte gaan oor ‘n verbintenis, ‘n belofte wat mense gemaak het teenoor God. En nie net is dit ‘n belofte wat mense gemaak het in 1838 nie, maar is dit ‘n belofte wat ek ook gemaak het. Ja, toe ek oud genoeg was om te verstaan wat ek sê en wat die woorde beteken, toe ek so 14 jaar oud was, het ek self ook hierdie belofte gemaak en wonder ek hoeveel van u as leser het ook nie dieselfde gedoen nie?
Ek nooi jou uit om die belofte mooi te gaan lees hier bo, daar staan niks van watter vyand en wanneer nie, daar is geen datum of tyd betrokke nie, geen plek of ligging nie. Dit is ‘n belofte teenoor God, dat indien God my sal help om my eie vyande te oorkom, my eie uitdagings en berge te oorkom in my lewe, dat ek God daarvoor sal eer. Dat ek aan God die eer en die dank vir daardie hulp sal gee en dat ek my lewe so sal inrig op die 16de Desember van elke jaar, dat ek aan hierdie oorwinnings in my lewe sal dink en die verhale rondom God se invloed en ingrypende hulp in my lewe sal gedenk en aan ander sal vertel. Hoewel daar op Geloftedag jaarliks ‘n herinnering is aan die gebeure in 1838 gaan dit nie net om die slag van Bloedrivier nie. Dit gaan nie net om die Voortrekkers, die Afrikaners of ‘n spesifieke volksgroep of kultuurgroep nie. Dit gaan om God en ek. So, ek is definitief van mening dat ons nog kan, mag en moet Geloftedag vier. Vier dit omdat jy dankbaar is vir die lyn wat in jou eie verhaal, jou ouers, groot-ouers en land deurloop, van God se genade. Vier die oorwinnings wat God aan elkeen van ons gee oor ons vyande, oor die berge wat in jou lewe versit en oorkom word. Vier Geloftedag hierdie jaar omdat dit gaan oor God!
Vier Geloftedag hierdie jaar omdat dit gaan oor jou dankbaarheid teenoor God!
Vier Geloftedag hierdie jaar omdat jy nie skaam is vir die verhaal van God in jou verlede, hede en toekoms nie.
Groete - David Scribante
BOKFONTEIN GELOFTEFEES
16 Desember 2022 om 09:00 tot 12:00
PROGRAM
Vlagpresentering – Voortrekkers - Koersvas kommando Opening en Verwelkoming - Voorsitter -David Scribante
Presensielys, teken van fees-register, verskonings & lief en leed Gewyde sang - David Scribante en Anna Volschenk Voorhou van die Gelofte
Gelofte-diens - Ds. Nicky Hattingh N G gemeente Krokodilrivier Finansiële verslag - Penningmeester - Danie Fourie (jnr.) Stil kollekte Teepouse,
Almal bring ‘n bordjie soet en sout eetgoed en kuier saam(tee, koffie en koeldrank beskikbaar) Speletjies vir die kinders Gesamentlike sang - Volksliedere Feesrede – Adv. J. Van Zyl
Bedankings - Smartryk Smith
Afsluiting - Die stem: 1 e en 2 e strofes Piekniek onder die bome –almal welkom BRING EIE STOELLE
De Wildt Nuus 13 Desember 2022
Kerswense uit De Wildt -gemeenskap
Ons gee ‘n spesiale Kersgeskenk vir U almal: Mooi verpak in verdraagsaamheid, Blymoedig in goedhartigheid, toegedraai met papier van vergifnis en vasgebind met ‘n lint van liefde.
Hierdie geskenk kom nie uit ‘n winkel nie, maar uit ons harte.
Mag 2023 vir julle almal baie voorspoedig wees.
- Wannie en Hanna Scribante
AKASIA / DE WILDT GELOFTEFEES
16 DESEMBER 2022 (59ste Jaar)
By die Jopie Fourie Terrein
08:00 Vlagparade
Sing: Lied van Jong Suid-Afrika
Kanonsaluut: Gawie Rossouw
Voorlaaierdemonstrasie: Werner Theron
08:40 Verwelkoming
08:50 Verkiesing van Bestuur vir 2023 09:00 Samesang
Kom laat ons juig oor die grootste geskenk van alle tye, Jesus Christus ons Verlosser. Mag Hy opnuut in elkeen se hart kom woon hierdie Christusfees Liefde, Vrede, Vreugde en Seën vir almal. -
Potjie-kuier
Die De Wildt-gemeenskap het Saterdag, 3 Desember heerlik by die Jopie Fourie-terrein saamgekuier by Jou Ma se Mark en potjiekosdag ten bate van De Wildt se Koskas.
09:20 Voorhou van Bloedrivier-gelofte
09:30 Voorhou van die Van Riebeeckgelofte
09:40 Spreker: Dave Christie
Tema: Oorwinning versus versoening.
10:10 Geloftefeesdiens: Lourens Greyling
Tema: Die gelowige en geloftes.
Skriflesing: Num. 21:1-10
Liedere: Gesang 141:1,2,4 (Liedboek 334)
Gesang 95 (Liedboek 266)
10:40 Sing van DIE STEM (al vier verse)
11:00 Piekniek en saamkuier
Jan Lemmer (083 256 8266)
Rachelle Rossouw (072 768 0854)
Gawie Rossouw (079 196 5445)
De Wildt Nuus 14 Desember 2022
AFRICANISMS
Africanism, is a feature of language or culture regarded as characteristically African, something that the majority believe should predominate the African continent. Whilst some proclaim a policy of non-racialism, others herald a more racial-exclusive approach citing the injustices of colonialism as their justification for radical change, affirmative action, preferred supply agreements, and a host of other activities to redress the purported historical imbalances and unfair labour practices that were perpetuated. But the Africanism advance from the north towards the south, which has reached our shores, has evolved in similar fashion, with similar outcomes and consequences. Thriving economies, adequately useable infrastructure - fit for purpose, appropriate training and development programmes, security of tenure, to name a few, slowly gave way and collapsed to the pressures of greed, mismanagement, inappropriate transition of power and the lack of the skills transfer required, to the new office bearers. Ultimately all the affected countries tethered on the brink of “collapsed states”, were it not for interventions from key world economies.
Culturally the King rules! His Indunas and sidekicks flourish and prosper, and in practice the King and all the Chiefs are entitled to the spoils of a good life even at the expense of their subjects. It remains an accepted practice even in this modern day and age. Something that the modern world apparently still hasn’t fathomed out. Similarly, neither have the colonial rulers of the past for decades been allowed to forget their indebtedness to these governments, the rulers of the people. Unashamedly these Indunas, who have donned modern-day western style titles, practice Africanism masterfully well.
But for all the sins of the past, forgetting all the good and progress made, this monster that infiltrated Africa, top-down, has evolved and developed over time under the guise of Africanism and forcibly brought about change at any cost. A destructive
force of power that has destroyed the good life, albeit for some more than others, and plunged a country, our country, into darkness, poverty and deprivation. Except for the Indunas and the Chiefs of course.
The modern-day masters of Africanism have perfected the looting of coffers and the granaries that sustain the nation, that feed the poor and take care of the mandalas. The labour movements have learnt from the best on how to hold a country, a nation, to ransom. Do you think they care for anyone but themselves? No chance! Their demands are selfish by nature and a far cry from the: “Injury to one is an injury to all.”
For decades to come the refrain will be the same as before, apportioning blame on historical times rather than accepting their own failures as responsible people or leaders. Where are the great warriors, the Zulu kings like Shaka, Dingane, Mpande, Cetswayo and other monarchs of the past in this modern day and age? What we need are leaders with a spear in the one hand and a shield in the other.
Maybe the lack of leadership stems from the Africanism that has been allowed to evolve due to modernisation. The youth are no longer subservient to their elders. Power is no longer vested in knowledge, experience and discipline but rather in wealth, no matter how it was begotten. Money, the root of all evil, that has corrupted the core of our leadership and allowed the Mafia type practices to flourish at the expense of the ill-informed and the poorest of the poor. Sadly, if leaders are found wanting because of having fallen victim to corrupt practices, then the country and nation is doomed until the point of no return is reached. Only then will real change occur as noted in other African countries that have preceded us on this destructive journey. Rock bottom is the equaliser that gets everyone working together, going in the right direction (at least for a period of time) no matter your colour or creed.
Laat ons leef soos mense van die lig
Advent is die tyd in die kerklike jaar wanneer ons gereed maak vir die viering van die koms van die Here en die aanbreek van sy koninkryk. Dit is ’n tyd van afwagting waarin ons bewus raak van God se dade, in die verlede, die hede en die toekoms. Ons ken die profesieë oor die komende Messias wat waar geword het, daarom kan ons nou met ‘n verlange, en ‘n verwagting, uitsien na Sy tweede koms, die volledig vervulling van Sy beloftes, die tyd wanneer die leeu en die lam in vrede sal saamleef, die dood vernietig sal wees, en daar geen trane meer sal wees nie.
Advent is ‘n tyd van voorbereiding, ‘n tyd om gereed te maak om die Here te ontmoet met sy tweede koms. God se koninkryk is hier én God se koninkryk is aan die kom; die sonde en dood is oorwin en tog is dit nog deel van ons daaglikse bestaan. Daarom roep Advent ons op om te volhard in die lewe saam met die Here wat oorwin het, en eendag as die ware Oorwinnaar weer sal kom.
Ons moet ten spyte van ons omstandighede. versoekings
en krisisse, en alles wat ons daagliks deurmaak volhard, sodat ons met die Here se tweede koms, wanneer Hy as Oorwinnaar-Koning sy plek op die troon inneem, gereed sal wees om Hom te ontmoet. As ons, ons nie voorberei op die Here se koms nie, sal ons geestelik geleidelik armer raak, en sal ons nie gereed wees vir die koms van ons Koning nie. Dan sal Kersfees verlore raak tussen al die einde-van-die-jaar-partytjies en die dolle gejaag van voorbereidings vir die somervakansie. Wees waaksaam. Die mense weet nie wanneer die dag van die Here aanbreek nie. Sorg dat julle gereed is. Want mense wat leef in die lig wat van die Here kom, het hoop dat daar vrede op aarde sal kom. Daarom is my gebed dat Kersfees 2022, die geboorte van Jesus as mens, waarlik weer in julle harte gebore sal word sodat julle gereed sal wees vir Sy tweede koms, wanneer dit ook al mag wees. Mag God ons in hierdie “genadetyd” waarin ons nog leef ryklik seën sodat ons ook tot seën van ander kan wees.
De Wildt Nuus 15 Desember 2022
Phil Louw
VLU De Wildt-tak vier hul 55e verjaardag!
Ons hou ‘n feestelike opedag om ons verjaardag te vier. Die presidente van die Overvaal streek, Barbara Nel, sowel as die voorsitster van die Jakaranda streek, Helene Richter, spreek hul gelukwensings uit en beklemtoon die feit dat die VLU ‘n nuwe rigting in die toekoms gaan inslaan om relevant te bly. Ons TEMA vir 2023 is HERSKRYF JOU VERHAAL en dis wat ons reeds met hierdie stylvolle opedag begin doen het!
Lilian Bierman open vir ons met die VLU gebed en vertel ons van die herkoms daarvan.
Mary Ann du Preez het almal verwelkom en die geskiedenis van die tak met ons gedeel. Georgie Louw was ‘n spesiale eregas. Ons het haar vereer as ‘n stigterslid van die De Wildt-tak. Sy het ook heerlik saamgesing tydens die Musiek-Liriek speletjie. Elma Human het die speletjie aangebied tot almal se vermaak en lekker deelname. Elsabe Toosen was ons befaamde pianiste, wat die gehoor met bekende fliekliedjies bekoor het.
Ons het ook op gepaste wyse van Joan Jonker afskeid geneem. Sy was meer as 50 jaar lid van die VLU en ‘n aktiewe lid en visevoorsitster van die tak. Sy emigreer binnekort na Kanada. Daar was ook spesiale gelukwensings aan Trysie Coetzee gerig, wat onlangs 90 jaar oud geword het. Ten spyte van haar hoë ouderdom is sy die afgelope paar jaar steeds die pryswenner van die dame met die meeste deelname punte op haar kerfstok.
Die funksie was by Mon Sha-Mia Venue aangebied. Gaste was ontvang met ‘n somerkelkie en die gasvroue het elk getrakteer met hul beste Royal Albert teestelle en die aller heerlikste tuisgebak. Die boeke, wat deel van die tafelversierings was, is deur die SAVF aan ons geleen. Dit het aangesluit by die tema om ons verhale te herskryf. Talle uitstallers en borge was teenwoordig en het aan die dag nog ‘n bietjie ekstra glans verleen.
Ons sluit die dag af op ‘n hoë noot en met ‘n lied in ons harte af en ons sê: Kom dames, vier die lewe!!
De Wildt Nuus 16 Desember 2022
Elma Human - Skakelbeampte
Oud-Vissies mak ons trots!
Al ons oud-Vissies maak Laerskool Vissershoek baie trots. Baie geluk julle.
Mia Hennop hoofmeisie by Hoërskool Tuine.
Sunéle Naude onderhoofmeisie by Hoërskool Pretoria-Noord.
Mignon de Klerk leier by Hoërskool Pretoria-Noord.
Kara Vermaak leier by Hoërskool Wonderboom.
Carla Ferreira leier by Hoërskool Brits. En laaste maar nie die minste nie....
Dalicia Velloen en Fransie Burger leiers by Hoërskool Wagpos.
De Wildt Nuus 17 Desember 2022
Groentesaaigids vir die jaar
Hierdie is ‘n algemene plantgids vir groente vir die jaar. Planttye wissel egter na gelang van jou spesi�eke streek en die spesi�eke tipe saad wat jy kies. Raadpleeg altyd die aanwysings agterop die saadpakkies voor jy saai. Die beste gids vir jou aanplanting volgende jaar is om vanjaar goed rekord te hou van die aktiwiteit in jou groentetuin.
J
F M A M J J A S O N D
Aartappels ü ü ü ü ü ü Artisjokke ü ü ü ü ü ü Brandrissies ü ü ü Beet ü ü ü ü ü ü ü ü ü ü ü ü Blaarslaai ü ü ü ü ü ü ü ü ü ü Blomkool ü ü ü ü Boerbone ü ü ü ü ü ü ü ü Broccoli ü ü ü ü Eiervrugte ü ü ü ü Ertjies ü ü ü ü ü ü ü ü Komkommers ü ü ü ü ü Kool ü ü ü ü ü ü ü ü ü Mielies (suikermielies) ü ü ü ü Pampoen ü ü ü ü ü ü Patats ü ü ü Preie ü ü ü ü ü Radyse ü ü ü ü ü ü ü ü ü ü Rankbone ü ü ü ü ü ü Rape ü ü ü ü ü ü ü Rubarber ü ü ü Seldery ü ü ü ü ü Skorsies ü ü ü ü ü ü Soetrissies ü ü ü Spanspek en waatlemoen ü ü ü Spinasie (spinasiebeet) ü ü ü ü ü ü ü ü ü Stambone ü ü ü ü ü ü ü Tamaties ü ü ü ü Uie ü ü ü ü Wortels ü ü ü ü ü ü ü ü ü
De Wildt Nuus 18 Desember 2022
8 www.dietuinier.co.za
PRETORIA BOEREMARK VIER 30 JAAR
Die Pretoria Boeremark, in Silverton Pretoria, is al as een van die top 5 besienswaardighede in Pretoria gelys.
Wanneer meeste mense nog slaap op ‘n Saterdagoggend, is die Boeremark terrein reeds ‘n miernes van bedrywighede, met uitstallers wat stalletjies opstel en opvul om 05:30 te begin verkoop en eers weer oppak om 09:30. Elke Saterdag woon omtrent 7000 mense die mark by om 300 verkopers te ondersteun, en hierdie besoekers kom van heinde en ver.
Die mark funksioneer op ‘n vryemarkstelsel en indien die produk nie ‘n landbou produk is nie, is die vereistes dat dit handgemaak moet wees. Vars vleis, groente, vrugte, brood, pasteie, tuisgebakte koekies en beskuit, heel hoenders en verwerkte hoenderprodukte, ander vleisprodukte, verskeie kaassoorte, vars melk, joghurt, en ingemaakte produkte, vars blomme, plante en saailinge word verkoop. Daar is ook nog speserye, kruie, droëvrugte, neute , handgemaakte klere, juwele, staalkuns, houtwerk items en ‘n wye verskeidenheid van ander kunsvorms beskikbaar. Dít alles maak deel uit van die wye verskeidenheid produkte te koop op die mark en nog soveel meer. Na die inkopies is dit natuurlik die gebruik om eers te kuier en ontbyt te soek by die verskeie koffiestalletjies om van te kies en te keur. Vriende en familie kry mekaar vir tradisionele kos soos pannekoek, melkkos, pap en kaiings, vetkoek, roosterkoek of selfs nuwerwetse deli versnaperinge en ontspan ‘n wyle rondom die tafels en tussen die besoekers. Hier vang menigte mense op met die week, maand of selfs die jaar se gebeure in mekaar se lewens, in die gesellige en veilige atmosfeer wat die mark uniek maak. Dit is ook nie ongehoord om besoekers met hulle “beste vriend”, aan ‘n leiband, tussen die stalletjies te sien deurstap nie en solank as wat jou vierpotige goeie maniere het, kan sosialiseer en jy onthou om daardie sagte landmyne op te tel, is Wagter en Kiets ook baie welkom.
Die Boeremark is ‘n gesinsmark en ‘n kuiermark en die gewildheid is voorwaar ‘n pluimpie vir die produsente en TLU SA, maar natuurlik ook so vir elke besoeker wat sorg dat hierdie mark bo die res uittroon. Pretoria Boeremark het oor die jare al vele pryse gewen, met die mees onlangse, die BOP prys vir 2022, “BEST OF PRETORIA” se “readers choice awards” as die “best food market”, nou dit wil mos gedoen wees.
Op 8 Oktober 2022 was Pretoria Boeremark se 30 jarige bestaan gevier.
Die bestuur het ongeveer 30 gaste uitgenooi, waaronder die huidige direksie, vorige direksielede, TLU SA amptenare, asook persone wat oor die jare ‘n bydrae tot die Boeremark gelewer het in die vestiging en sukses van die mark. So was ons ook bevoorreg om genooi te word as gaste tydens hierdie geleentheid, aangesien Wannie op die direksie dien.
Daar was ‘n lang tafel gedek, soos dit hoort, met partytjie-versierings opgemaak en reg rondom en oral deur die mark is daar fees gevier, met verskeie speletjies wat spesiaal aangebied was vir die kinders en besoekers aan die mark.
Om die tafel het Mnr. C.D. van Reenen, die huidige mark bestuurder, almal verwelkom. Mnr. Johan van Wyk, het staaltjies en herinneringe gedeel oor die laaste 28 jaar wat hy bestuurder was en Mnr. Bennie van Zyl , hoofbestuurder van TLU SA het ook oor sy herinneringe gesels en gesê dit is ‘n wonderlike belewenis om deel te kan wees van ‘n mark op ‘n perseel wat aan hulle behoort.
Doen jouself gerus die guns om net een Saterdag vroeg uit die vere te klim en te kom kuier by die Boeremark, jy gaan dit weer met ‘n opgewondenheid wil doen!
Dit is die beste plek om die son te sien opkom.
De Wildt Nuus 19 Desember 2022 Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
Hanna Scribante
De Wildt Nuus 20 Desember 2022