Skip to main content

DW Nuus - Aug 2022

Page 1

Augustus/August 2022 Jaargang 31 No 3

Webtuiste: www.dewildtnuus. co.za

0763157688

Lots of specials every month!


2

De Wildt Nuus

Augustus 2022


Augustus 2022

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3

Rural safety 13

Redaksiebrief 4

Die Magaliesberggebied 15

BBV, DWHM-gemeenskap 5

VLU nuus

16

Wat om te sien in De Wildt

6

Laerskool Vissershoek-nuus

18

Die regte skoene 7

Margaret Roberts Herbal Centre

19

Ons almal kruip agter skerms weg

Die Voortrekkermonument

20

NAMPO Oesdag 8

Dinge wat jou vreugde kan steel

22

DWBV nuus 9

Making a difference

23

Die wil van God

11

Brits Bulldogs beats Silver Valke

24

Ons vriend Hendrik Swarts

12

LIEF EN LEED

7

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind het.

Oorlede

Judy Schoeman se suster is oorlede Zigi Rust se vrou, Marie, is oorlede Yvonne Immelman Maxine Coutinho SP Grove - Moeder oorlede

In die hospitaal

Tannie Georgie Louw Madeleine Smal Deon en Odette Roodt Oom Manie Lemmer se vrou, Marie.

Uit die Briewebus... Andries en Ans Botha van Nylstroom skryf: Geagte De Wildtnuus redaksie Ek is bly om te verneem dat die De Wildtnuus nog steeds staande bly in die tye waarin ons lewe. Dit is voorvaar ‘n prestasie en iets om oor trots te wees. Vir baie jare was ons inwoners in die omgewing en het later verhuis na Brits. Ons is tans in ‘n aftreeoord in die ou Noord-Transvaal (Limpopo) en vind die weer heel aangenaam. Met die rondtrekkery het ons voeling verloor met die mense van die De Wildt omgewing en is daar nog net ‘n paar herinneringe en gedagtes oor aangaande die mense en die omgewing. So kom ek en my vrou die anderdag by iemand in die omgewing waar ons bly, wat hom besighou met allerhande ou implemente en waens wat hy restoureer. Ek herinner my toe aan die platboom- ossewa wat aan die ge-

meenskap geskenk was deur ‘n persoon van die Vrystaat as ek reg onthou. Dit moes hier rondom die einde van 2011 rond gewees het. Ek weet daar was ‘n artikel in die De Wildt Nuus oor die moontlike restourasie en bewaring van die wa. Ek sou graag wil verneem wat van die wa en die projek geword het. Sover my kennis strek was daar ook ‘n Ossewa-fonds gestig om die projek te befonds. Ek hoop regtig dat daar iets van gekom het en dat die ou wa bewaar gebly het vir ons nageslagte. Hier by ons is die museums en bewaringsaksies heel agterweë gelaat deur die owerhede. Waarlik ‘n skande. Miskien sou dit goed wees as daar ‘n artikel oor die projek in die De Wildt Nuus geplaas word. Ons kry so van tyd tot tyd nog ‘n eksemplaar via vriende in die De Wildt-omgewing. Baie sterkte met julle grootse poging. Vriendelike groete


4

Augustus 2022

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426 De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk - 079 424 7411 Elmien Botha - 082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910 De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066 Addisionele lede Jan Lemmer - 083 256 8266 Rina Bester - 071 110 6907 Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323 Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148 Epos orders@britsprint.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam . Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426 Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF Liewe Lesers Die winter is amper verby en eersdaags vier ons lente. Ons is dankbaar oor die goeie reënbui wat in Junie geval het. Dit het gemaak dat ná die goeie reënseisoen, met vog in die grond, die gras vining begin bot en groei, díe wat nie doodgeryp het nie. Al is die lente en somer op hande is die brandseisoen nog nie verby nie. Normaalweg kry ons eers na die middel van Oktober reën en selfs Oktober kan nog ‘n nagmerrie raak wat brande aan betref. Daarom doen ons weer ‘n beroep op die De Wildt gemeenskap – tref nog steeds voorsorg, sny die gras om julle huise en sny brandbane. Onthou daar is egter nou ‘n verbod op die maak van voorbrande en enige ander oop vure, selfs die brand van asgate. Dankie aan die BBV en die WOF span, asook van die inwoners en van hulle werkers vir die maak van voorbrande langs die R513, dit word waardeer en raakgesien. Rina Bester skryf elke maand iets oor die besighede in ons omgewing. Indien u graag iets oor u besigheid wil plaas,

kontak haar gerus. Linda Bester het in haar artikel oor begraafplase in die De Wildt-omgewing gevra dat grondeienaars, waar ou grafte is, haar kontak sodat die grafte besoek en gedokumenteer kan word. Die Slag van Silkaatsnek het op 11 Julie 1900 plaasgevind, dus verlede maand 122 jaar gelede en grafte van burgers wat tydens die slag gesneuwel het is by die Roos-begraafplaas en nog ander op die plaas van Wannie Scribante. Ons vra asseblief steeds vir interessante nuus, briewe, artikels, advertensies ens. sodat ons gemeenskap betrokke kan raak en om mekaar beter te leer ken. Die volgende De Wildtnuus verskyn in Oktober 2022 en die keerdatum vir artikels en advertensies is 16 September. So begin asseblief solank skryf. Hiermee ook dan baie dankie aan al die gereelde skrywers, nuwe skrywers, redaksielede en adverteerders vir nog ‘n uitgawe. Ek hoop u as leser geniet ook hierdie uitgawe. Gedrukte kopieë van De Wildt Nuus is by die DWHM-kantoor beskikbaar. Groete tot volgende keer. Hanna Scribante namens die Redaksie


Augustus 2022

De Wildt Nuus

BBV, DWHM en gemeenskap Direkteur Risikobestuur Die gesegde wat lui “die storie versprei soos ‘n veldbrand” is bekend aan almal. Die wat nou al ou hande is met brande, voorbrande en blokbrande sal weet - mens speel nie met vuur nie. Dit is een van die aardselemente wat onvoorspelbaar kan wees. Die wind kan draai, die vuur kan te warm word...daar is soveel faktore wat in ag geneem moet word. Die BBV het inisiatief geneem en besluit om die padreserwes langs die R513 te brand om sodoende die gevaar van brande wat van daar af versprei te verminder. DWHM is gevra om deel te neem aan hierdie inisiatief en op Saterdag 9 Junie het die BBV gesamentlik met DWHM met hierdie groot projek langs die R513 begin om dit veiliger te maak vir alle inwoners tydens hierdie brandseisoen wat reeds in volle swang is. Gemeenskapslede wat bestaan het uit BBV-lede, DWHM-lede, werkers en inwoners wat heeltemal onafhanklik is, het ge-

wapen met plakke, rugsakspuite en bakkie-sakkies opgedaag vir bystand. Daar is gelyktydig deur twee spanne vanaf die M17 en die R511 op die R513 gewerk en ‘n groot deel is voltooi. Daar was ook eienaars wat self van die geleentheid gebruik gemaak om hulle eie padreserwes te brand wat die taak verder aansienlik aangehelp het. Dit was verblydend om te sien hoe ‘n gemeenskap kan saamstaan ten spyte van menings verskille. Donderdag 13 Junie het die WOF-span voort gegaan met beheerde brande op die padreserwes om sodoende nog ‘n groot deel af te handel. Ons dank aan die BBV vir hierdie inisiatief. Laat goeie intensies en dade soos ‘n onbeheerde veldbrand versprei - sonder verwoesting...

5


6

De Wildt Nuus

Augustus 2022

Wat om te sien in De Wildt Pandora Kunsateljee is geleë by afrit 122 op die R513 De Wildt en dit is die kreatiewe tuiste van Annelie Coetzer en haar studente. Klasse in olie- en akrielverf, dot art-kuns, lapverf en gemengde media word weekliks Dinsdae tot Vrydae aangebied. Kom geniet die stilte en rustigheid in die berg tussen hoë bome, feetjies en gekleurde paddastoele en laat Annelie se skeppende kreatiwiteit jou inspireer om jou eie meesterstuk te skep. Vir meer inligting WhatsApp 072 621 8181.


Augustus 2022

7

De Wildt Nuus

Ons almal kruip agter skerms weg Marilette Bester Ons almal kruip agter skerms weg... Skerms het ons manier van kommunikasie geword. Groot of klein... skerms beheer ons soos marionette. Ons het slawe geword vir ‘n stuk tegnologie wat in jou hand pas. Jy het die wêreld in jou hand en kan alles doen... aanlyn koop wat jou hart begeer, lugtyd laai, spioeneer op bekendes en onbekendes en saamgesels op geselsgroepe. Ons almal kruip agter skerms weg... Wanneer ons die skerm gebruik om boodskappe te stuur... kommunikeer... en selfs jou eie stem kan gebruik. Waar jy dit as ‘n medium gebruik om skerp woorde te spreek en vure van haat te stook. Wanneer jy nie in persoon na iemand kan gaan en praat soos “grootmense”. Wanneer dit ‘n skinderblad word. Ons almal kruip agter skerms weg... Dit is veilig om jou skerm te gebruik in die gerief van jou gekose omgewing. Waar bravade hoogty vier en wanneer daar gelag word en die mes diep en deeglik in ‘n ander skerm se rug gesteek word. Ons almal kruip agter skerms weg... Dit is tyd om op te hou...

Die regte skoene Elanie van der Merwe Voor ek by die punt van my verhaal kom, wil ek julle vertel van Piet. Piet (Francois) Conradie, 15 jaar jonk... ek het hom nie gemeet nie, maar ek is seker hy is lewenslank, 5 weke en 6 dae, lank... steek kop en skouers, met gemak, by my 1.72m verby. My oudste broer se een seun... Klein stadsjapie, wat so lekker op sy oom se trekker kon ry... die een wat ‘n gat vir heining pale kan boor, met ‘n geleende-tuisgemaakte gatboorder, dat die houtboorders skaam gekry het. Daardie einste outjie wat wydsbeen op ‘n perd se rug sit en sy knieë moet optrek, sodat sy tone nie nerfaf kap, teen Schietfontein se harde rooi grond nie. Piet is vanoggend gediagnoseer met kanker, sommer net so... sonder waarskuwing, sonder ‘n fluister, sonder enige rooi vlaggies. Verdere toetse sal vir ons meer kan vertel... Wat is die naam van die kanker? Hoe lank het hy al die kanker? Hoe ver is die kanker gevorder? Het die kanker versprei? Soveel vrae, met tyd wat stilstaan. Piet is opgeneem in Steve Biko hospitaal en is vanaand alleen, sonder sy ouers, sussies, vriende en familie... om alleen hierdie nuus te verwerk. Sy ouers mag nie by hom bly nie. Mens is moedeloos, hartseer en huil sommer vir alles, die trane loop van jou wange af, die oë wil nie fokus nie, so dik is hulle gehuil. Hoe nou? Waarheen nou? En skielik besef ek, maak nie saak hoe moeilik ‘n pad is nie, maar as jy op ‘n pad geplaas word, dan ontvang ‘n mens die regte skoene, om die pad te stap. Mag elkeen van julle, wat hier lees.....so gelukkig wees, om ook die regte skoene te kan kry, om JOU pad te stap. Mooi loop

RENE COMBRINCK CAD

CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDDIENS 4 Jaar betrokke waarvan 23 jaar as President

Dienste word gratis verskaf dmv Selfoon en Epos combrinckrene@gmail.com

Sel 082 571 5472


in s

f.

k! n n

f

m

8

Augustus 2022

De Wildt Nuus

NAMPO Met die tyd wat so vinnig vlieg is NAMPO al weer twee maande iets van die verlede. Gelukkig was ons bevoorreg om dit hierdie jaar weer te kon beleef. Twaalf van ons Brits/De Wildt boorlinge het die moed gehad om die 19de Mei die skou met Grundling vervoer bussie te besoek. Ten spyte van die Covid regulasies en die feit dat n hele paar van ons nie geënt was nie het ons die pad aangedurf. Ons het die oggend vroeg by Tutuwedzo bymekaar gekom waar ons ons voertuie veilig gelaat het. Baie dankie aan Stef en Carien wat die vergunning gemaak het. Vyf uur was almal aan boord en die wiele het begin rol. Sommer van die begin af is daar vriende gemaak en lekker gekuier. Hoe heerlik om net terug te sit en te kuier en nie heeltyd op die uitkyk te wees vir slaggate en verkeer nie. Op Ventersdorp is daar eers gestop vir ‘n koffie en om bene te rek. Die son was al mooi op toe ons by die Nampo hekke stop. Almal was gereed vir die dag se verkenningstog...maar o wee... die jongman by die hek met sy kort khaki-broek in die koel Vrystaat oggendbriesie wil elkeen se inentings sertifikaat sien. Gelukkig is TLU- SA se adjunk President in ons midde en Wannie het gesorg vir die nodige toestemmingsdokumente. Die strate en stalletjies is sommer van vroeg af besig en bedrywig. Met die voorwaarde dat net 20 000 mense per dag die skou mag besoek, was dit so bietjie makliker om te beweeg. en te kuier by die uitstallers. Die skou is so groot en dek so wye veld van toerusting, werktuie en kommoditeite dat elkeen baat vind aan so n gesellige kuier dag. Ongelukkig is dit net te groot om in een dag deur alles te gaan en daarom moet jy maar baie selektief op jou verkenningstog wees. Natuurlik moet jy nog ‘n ‘pitstop’ maak as jou maag en keel begin kerm vir ‘n versnapering, en dan nog die keuse van wat, want die verskeidenheid is so groot. Jou bene is duidelik bewus as jy hulle net vir daai paar minute laat rus. terwyl jy “vreetsaam” verkeer. Met die dag wat al sy halfpad merk bereik het, besef jy dat daar nog baie is om te sien en te ondersoek en jy stoot maar so bietjie ekstra aan. Daar is so baie skou aanbiedinge en winskopies dat jou beursie

Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00

Gertjie en Lee-Ann Davel

jou dunner en jou arms voller word. Pakdonkie uitgeknip (dan-kie Lee-Ann vir jou twee sterk arms!), maar dis ‘n eenmaal ‘n jaar ondervinding en daarom hou jy uit en beur vorentoe. Die feestelike gemoed en al die uitstallers se vriendelikheid en hulpvaardigheid maak alles die moeite werd. As jy iets wil weet of oor iets wonder dan is dit die plek om te wees. Al die ervare en kundiges is hier bymekaar. Vir die kinders is daar genoeg vermaak en die vrouens word ook nie afgeskeep nie. Jy kom weer vinnig aarde toe as jy besef hoe klein en nietig jy is as jy langs een van die groot trekkers met sy massiewe implemente staan. As die son laag begin sak in die weste laat jou lyf jou duidelik verstaan dat jy ‘n buitengewone lang dag gehad het. Om dan in die bussie se sitplek neer te sak en te weet jy hoef nie oor die pad terug te stres nie, is ‘n salige gevoel. Die bonus was natuurlik toe die koelbokse oopgemaak word en die ys is nog nie gesmelt nie. Met die koel lafenis kom nuwe krag en toe word daar gekuier, die hele langpad terug. Elkeen het iets anders beleef en ervaar. Teen R650 per persoon, wat jou hekgelde ingesluit het, was dit die moeite werd en volgende jaar maak ons weer so as dit ons gegun word. Baie dankie aan almal se bydrae om die dag die moeite werd te maak.

Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam


Augustus 2022

9

De Wildt Nuus

De Wildt Boerevereniging duifjag 11 Junie 2022 Die sonneblomme by Kobus Prins se lande is weens die goeie reën en nat lande eers laat geplant vanjaar en die jagters moes op kort kennisgewing laat weet word dat daar duiwe is. Die belangstelling en navrae wat van heinde en ver was, was egter oorweldigend; want die manne was lus vir ‘n lekker dag in die buitelug en enige verskoning om ‘n klompie lood die lug in te jaag. Toe Phil Louw en Jacques Fourie net na sonop by die lande opdaag, met Wannie Scribante kort op hul hakke, het daar alreeds ‘n paar voertuie gewag om in te gaan by die hek. Later die dag, het Janus kom hand by sit by die hek om die nodige administrasie en finansies te behartig. Deur die loop van die dag het Hester Louw, Gertjie en Lee-Ann ook onder die koeltebome ‘n draai kom maak, net om seker te maak alles is pluis en die oorverdowende geraas is nie afkomstig van onwelkome besoekers nie. 76 Jagters het deur die dag opgedaag om te skiet en almal het dit baie geniet. Daar was pa’s en seuns, (party seuns so klein dat hulle nie eers ‘n geweer behoorlik kon vashou nie), families, vriende en sommige jagters wat alleen opgedaag het, het nuwe vriende gemaak. Tussen die skiet deur is daar natuurlik ook lekker gekuier en ‘n vleisie oor die kole gebraai. So het die De Wildt Boerevereniginglede ook naby die hek weer stelling ingeneem om soos die gebruik al is, ‘n vuurtjie aan te pak en self ook iets vir die binnekant gaar te maak. ‘n Man kan mos nou nie op ‘n lee maag die taak van duifjag aanpak nie. Hou gerus die ore en oë oop vir die volgende geleentheid wanneer ons weer so maak. Dankie aan al die jagters wat elke jaar so getrou kom, sonder julle is hierdie lekker dag nie moontlik nie; Dankie aan De Wildt Boerevereniging se bestuur wat altyd kom help; en baie dankie Kobus Prins dat ons van jou lande (en duiwe) kon gebruik maak.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS


10

De Wildt Nuus

Augustus 2022

TLU SA Jongboerkonferensie 10 Junie 2022 TLU SA se jongboer konferensie het hierdie jaar by die Voortrekkermonument se Voortrekkersaal plaasgevind, met die tema #DiversifiseerJouBoerderyPraktyk. De Wildt Boerevereniging se Jongboer-verteenwoordiger Jacques Fourie, asook Wannie en Hanna Scribante van De Wildt Boerevereniging, het die geleentheid bygewoon.

“Elke boer in Suid-Afrika – en veral die Jongboere – het georganiseerde landbou nodig. Dit was die woorde van die uitgetrede voorsitter van die TLU SA Jongboerkomitee Henna du Plessis by die 2022 TLU SA Jongboer-konferensie. “Boere se uitdagings is baie en groot, maar georganiseerde landbou is noodsaaklik om die uitdagings aan te spreek en suksesvol die hoof te bied. Boere kan nie sonder organisasie soos TLU SA nie. Jy is nie ’n eiland op jou eie nie. Ons is hier om hande te vat en betrokkenheid aan te moedig,” het Du Plessis gesê.” Jake Stols van Pretoria FM wat as motiveringspreker opgetree het, het boere en veral die Jongboere aangemoedig om nie toe te laat dat die nuusberigte hul ontmoedig nie. “Ek weet dit is nie maklik om te hoor van al die plaasaanvalle en

-moorde nie en ook nie as nog ’n politikus vertel hoe hy/sy jou grond wil afvat nie. Maar ek dring aan by julle om eerder dit as motivering te gebruik om aan te hou boer en nie negatief te raak en moed te verloor nie. Dit is ’n seën om te kan boer,” het Stols aan die Jongboere gesê. Ander sprekers tydens die geleentheid was ook: Jacob van der Westhuizen (Diversifikasie); Dawie Brits (2021 Jongboer van die Jaar); en Henna du Plessis (Voorsitter: TLU SA Jongboere) Dit is verblydend om die algemene passie, goeie gees en hoop op ‘n blink toekoms in landbou in Suid-Afrika onder die jongboere te kon waarneem. Daar is ook ‘n nuwe TLU SA Nasionale Jongboerkomitee verkies met voorsitter, Neels Uys, ondervoorsitter, Floris Booysen, ons eie Jacques Fourie en nog twee ander lede nl Heinrich Roos en Miekie Genis. Geluk aan julle almal en sterkte met die harde werk wat voorlê. “TLU SA wil nie brul by die bloedkolle van die verlede nie… ons wil eerder die uitdaging identifiseer en oplossings daarvoor vind. Landbou moet leef sodat Suid-Afrika kan leef,” het TLU SA Hoofbestuurder mnr Bennie van Zyl gesê. (https://www.tlu.co.za/jongboere-het-georganiseerde-landbou-nodig/ ;besigtig 2022/07/13)

De Wildt Boerevereniging vergadering 10 Mei 2022 De Wildt Boereverenging se vergadering van 10 Mei te De Wildt 4x4 is deur ondervoorsitter Gertjie Davel gelei, aangesien voorsitter Phil Louw en sy eggenote, Hester, op daardie stadium heerlik in Nederland en op ‘n bootreis kerjakker het. Erman en Marouchel Grobler het ons hierdie slag kom besoek om ons bekend te stel aan nuwe tegnologie in die pluimvee-landskap. Marouchel het ‘n volledige geoutomatiseerde lêhen hoenderboerdery wat in ‘n skeepsvraghouer gehuisves word aan ons bekend gestel. (Vir enige navrae daaroor kontak gerus vir Hanna.) Na Marouchel se praatjie het ons vir 20 minute ‘n breek gevat voordat daar aangegaan is met die vergadering. Dit was tydens die breek wat ons deur Jacques Fourie en van

die jonger manne bederf is met ‘n goeie ou boereworsrol. Díe was gaargemaak oor ‘n vuur wat sommer al voor die vergadering begin het aangesteek was. Sommige van die manne het natuurlik nie net een geneem nie, want jy word mos honger tydens so lang stil sit; en die afsluk was bygestaan deur ‘n lafenis vir die keel waarvoor Saartjie Schoeman van agter die toonbank gesorg het. Dankie aan Saartjie Schoeman wat gesorg het vir die drinkgoed; Dankie aan Louis en Alex van der Merwe vir die gebruik van julle mooi lapa; Dankie aan Erman en Marouchel Grobler wat as sprekers opgetree het; en Baie dankie aan elkeen wat die vergadering bygewoon het.


Augustus 2022

De Wildt Nuus

Die wil van God Phil Louw Die Paasgebeure is vir eers weer agter ons en het ons die Paastyd betree, en bly dit nie vir almal so maklik om die kloutjie by die oor te bring ten opsigte van hierdie storie met betrekking tot die opstanding en die lewe in hierdie wonderlike Boek van boeke nie. Want daarin is een woord wat ons min verstaan: Die wil van God! Ons weet dat die heerlikheid van die hemel daarin bestaan dat God daar sy wil doen in almal, en dat almal Sy wil doen. En ons lees dat dit die volmaaktheid van Jesus was wat hom, tot die dood toe, God se wil laat doen het, en tog verstaan ons so min van God se wil. Ons leef in ‘n stukkend, gebroke en verdeelde wêreld. Gelowiges kry swaar en word vervolg. Oorlog, hongersnood, werkloosheid, angs en dood is op ons voorstoep. Dit het so alledaags geword soos die repiterende nuusberigte waaraan min hulle steur. Daar is baie magte werksaam en daar is baie twyfel by mense wat swaar kry. Wêreldmagte voer ‘n titaniese stryd en laat net ‘n pad van verwoesting, swaarkry, pyn en dood agter. Dis hierdie soort belewenisse wat maak dat dit nie maklik is om te glo nie. Mense is moedeloos, sonder hoop en wonder wanneer kom die einde van die wêreld? Hoe moet ‘n mens God se wil verstaan onder sulke omstandighede? God kom raak ons egter aan. Soos die opgestane Jesus in die

gewone lewe op die strand aan sy visserman-dissipels verskyn het, verskyn Hy in ons alledaagse lewe aan ons. Soos Hy vir hulle daar op die strand gevoed het met brood en vis, voed Hy ons ook vandag met die brood en die wyn as tekens van sy opstanding. Hy het ons eerste liefgehad. Sy boodskap laat ons onthou dat ons nie alleen is nie. Dit moet ons verstaan as die wil van God, en nie die vrye wil van mense en hul eie besluite nie. Daarom vra Hy van ons om Sy wil te leer ken, en lief te hê, en met blydskap te doen. Hierin is ons nie alleen nie. God is altyd by ons deur sy Gees. Sy Seun, die getroue en betroubare Getuie, was ‘n mens soos ons. Maar Hy is ook God. Hy het opgestaan; Hy leef; Hy heers. Hy verander ons deur ons verlossing uit die mag van sonde. Hy maak ons sy dissipels (heersers en priesters) en gee ons toegang tot God. Hy stuur ‘n boodskap. Hy wil sy kinders troos en bemoedig. Hy gee hoop. Hy maak die toekoms oop. Hy is in beheer. Die toekoms is in sy hande. Ons moet dit hoor; so ook enige mag of gesag in vandag se wêreld. Ons moet dit ontvang wat in ons deurmekaar tyd aan ons toegesê word: genade en vrede!

11


12

Augustus 2022

De Wildt Nuus

Ons vriend Hendrik Swarts Wietz Beukes

Op Saterdag, 26 Maart 2022 het ‘n groepie taklede (Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika Noord-Transvaal tak) saam met Louis en Linda Bester by De Wildt gaan grafte soek. Oosie het vroeër in die maand met Louis kontak gemaak en Louis was deeglik vir ons besoek voorbereid. Louis-hulle bly al vir baie jare in die omgewing en ken dit goed. Ons kon net by drie van die plekke op sy lys aandoen omdat die natuur bietjie by die eerste groep grafte wat besoek is, oorgeneem het. Ons was dus ‘n hele ruk besig om tussen ruigtes grafstene oop te maak om af te neem. Van die grafstene het selfs met die grootste aanwending van verbeelding geen leesbare inskripsies gehad nie. Ander was weer in ‘n relatief-goeie toestand met duidelike inskrip-

sies. Daar was een van 1925, en ander van die dertiger- en veertigerjare. Die grafsteen wat ons die langste besig gehou het, val so tussen bogenoemde uiterstes. HIER RUS was duidelik sigbaar op die sementsteen maar daarna het dinge vervaag. Die laaste reël was toegegroei en daar was geen datum nie. Na ‘n gewerskaf kon ons toe wel later die inskripsie lees – HIER RUS ONS VRIEND HENDRIK SWARTS, RUST MYN SIEL, U GOD IS KONING. Die klompie grafte is op die plaas Vissershoek nie ver van Laerskool Vissershoek nie, geleë. Toe die eerste skool in ‘n kamer van die plaaswoning van oom Japie Schoeman op 12 Oktober 1891 geopen is, het dit as die Fistershoekskool bekend gestaan. Dit was die eerste skool agter die Magaliesberg, is later verskuif, in 1901 afgebrand en later weer opgebou. Twee ander plekke waar ons by grafte gestop het, was bietjie meer in die oopte en afneem was maklik. So in die ry het Louis ons van die wêreld daar se geskiedenis vertel. Hy draai nie doekies om nie en gaan haal dit in die tyd wat die Magliesberge gevorm het. Ek weet nou hoekom klei en die gepaardgaande steenmakerye suid daarvan voorkom en al die platinum-groep metale net noord daarvan gemyn word. Ons het by ‘n bouval van ‘n kerkgebou wat met Paul Kruger se ondersteuning opgerig is gestop. Nie ver daarvandaan nie het J.B.M. Hertzog in 1912 ‘n toespraak gelewer wat tot die totstandkoming van die Nasionale Party gelei het. Baie jare later het die tuislandbeleid ook wesenlike impak op hierdie omgewing gehad. ‘n Stuk van Bophuthatswana was net ten noorde en dan oos tot duskant die N1 en wes tot duskant Brits. Nadat ons eers heerlik by Louis en Linda koffie gedrink het was die N4 weer die pad huis toe. Met al die moeite by Hendrik Swarts se graf kon ek die aand nie anders as om ten minste ‘n poging aan te wend om te sien wie hy was nie. Na ‘n aanvanklike vrugtelose soektog kom ek toe so wrintie op FamilySearch op die Aangifte van ‘n Sterfgeval vir Hendrik Albertus Swarts af. Oorlede 22 Maart 1942, Vissershoek, distrik Pretoria. Die vorm is op 24 Maart ingevul en die Magistraat-kantoorstempel se datum is 26 Maart 1942, presies tagtig jaar voor ons die Saterdag by die graf was. Hendrik se ouderdom word as 79 en 11 maande aangegee − op ‘n maand na, tagtig jaar vroeër. Tot iemand my anders kan oortuig, reken ek die eenvoudige sementgrafsteen en genoemde dokument hoort bymekaar.


Augustus 2022

De Wildt Nuus

13

Rural safety is paramount for TLU SA One farm attack is one too many. One farm murder is one too many. That is why TLU SA will continue to work hard to keep farmers safe on their farms. This is the message of TLU SA to farmers after its recent symbolic virtual walk against farm attacks and murders. The virtual, symbolic walk was done in 24 hours over 6065km for every farm attack since 1990 that has torn apart families and workers’ lives. Since 1990, 2182 farm murders have been reported and more than 6000 farm attacks. (TLU SA works strictly according to case numbers to determine statistics. The numbers have increased since the planning of the symbolic walk to 2183 murders and 6070 attacks.) “We are grateful to every person who took part in the symbolic gesture to show their solidarity with farmers. The message is clear that farmers are not alone in their struggle to stay safe on their farms,” said Mr Bennie van Zyl, TLU SA General Manager. “Our farmers appreciate the support especially in the extra challenging time where a large part of our country’s farmers is trying to harvest in extra difficult conditions. Our message to our members, farmers of South Africa and residents of the country is that we as TLU SA will not stop working on the task of keeping our country’s farmers safe and sustainable on their land.”

South Africans do not always realise the massive impact that these attacks have on agriculture as a whole and ultimately food production. One of the main goals of the march was to focus enough attention on the crimes so that the government is forced to speak more than just empty words about the seriousness of the situation. As a priority crime, farm attacks must receive the same attention and action as other serious crimes. “We realise that no campaign or protest march on its own can stop crime, but it is important to create awareness about the problem, here and internationally. TLU SA knows that it is in the hands of the community to fight crime as the government lacks the political will to control the situation,” said TLU SA President, Mr Henry Geldenhuys. TLU SA will also take the opportunity to send correspondence to various embassies in the country in order to once again bring the seriousness of the matter to the attention of both domestic and international parties. Issued by: TLU SA Enquiries: Mr Henry Geldenhuys, TLU SA President (083 560 1273) Mr Bennie van Zyl, TLU SA General Manager (082 466 4470)


14

De Wildt Nuus

Augustus 2022


Augustus 2022

De Wildt Nuus

15

Die ontstaan en vorming van die Magaliesbergreeks. (1) Kenmerke en karakter: Vir ons wat teen die Magaliesbergreeks bly, is dit ‘n alledaagse om die bergreeks oor te steek by verskillende deurgange en nekke. Ons is so gewoond aan die berg en sy vorme en wonder ‘n mens soms hoe hierdie lang bergreeks, wat so uniek deur ons blyplek loop, gevorm is. Kom ons gaan kyk vir eers net na die huidige ligging en vorm van die Magaliesbergreeks. In die omgewing van Cullinan, waar die grootste diamant van sy tyd ontgin is, is daar duidelike tekens van vulkaniese uitbarstings. By Rayton en Bronkhorstspruit begin die bergreeks as lae rantjies in die oostekant. Die profiel word mettertyd duideliker. By Derdepoort vorm daar ‘n natuurlike poort deur die Magaliesreeks met die Wonderboompoort waar die Apiesrivier deurvloei. Ons volg die bergreeks nou tot by Hornsnek, waar dit deur die De Wildt-omgewing loop tot by Zilkaatsnek. Die Hartbeespoortdam volg en draai die bergreeks effe noordwes in die rigting van die Buffelspoortdam, om dan te eindig naby Rustenburg met Pilanesberg in die weste, wat eeue terug n vulkaniese uitbarsting was. Op die kruin gemeet is dit ‘n totale afstand van ongeveer 150 km. Net vir interessantheid kyk ons gou na die drie “poorte” deur die Magaliesreeks, nl. Hartbeespoort (wat vandag die Hartbeespoortdam is), Wonderboompoort en dan Derdepoort met sy gepaste naam. Oor die ontstaan van die poorte later meer. Aan die suidekant van die Magaliesreeks vind ons die Daspoortreeks en die Timeball Hill-reeks, wat parallel met mekaar lê soos borde in ‘n droograk. Noord van die Magaliesreeks vind ons ‘n oppervlak van sowat

65,000 vk km wat ryk is aan minerale van verskeie soorte. Vier riviere vloei deur die Magaliesreeks, nl die Krokodilrivier wat die voedingsrivier is van Hartbeespoortdam, die Apiesrivier wat deur die Wonderboompoort vloei oppad Bon Accord-dam toe en die Rooikloofrivier wat die Olifantsnekdam voed. Die Moretelespruit wat later die Hartbeesrivier word, vloei deur Derdepoort op sy pad na die Roodeplaatdam. Opmerklik is die interessante vorm van die Magaliesreeks. ‘n Meer glooiende en steil vorm vind ons aan noordekant van die berg met sy steiltes. Aan die suidekant egter vind ons duidelike regaf kranse en spitse. Die rede daarvoor sal ons ook later in meer besonderhede bespreek. Sou jy op die Magalies se kruin by Fort Wonderboom na die noorde kyk, sal jy enkele koppies, nl. die Pyramid-koppies sien, wat uitsteek in die groot Bosveldkompleks se oop vlakte, wat strek tot naby die Soutpansberge.

Die Magaliesberggebied (2) Zilkaatsnek is deur Mzilikazi in 1836 as buitepos in gebruik geneem. Hier het die mense in groot rykdom geleef wat kos betref. Sorghum, pampoene, suikerriet, boontjies en ongeveer 3,000 beeste is hier aangehou. In 1939 het ‘n strafekspedisie onder Potgieter in die gebied niks aangetref nie, want toe het Mzilikazi reeds weer die gebied verlaat op sy verdere plundertogte. Slegs ‘n paar verstrooide stammetjies het oorgebly en slegs verlate Bakwena-dorpe en duisende geraamtes is in die gebied opgelewer. Op verskeie nekke van die Magaliesberg word stapels klippe aangetref. Sommige was oorblyfsels van die oorlogskanse uit die Tweede Vryheidsoorlog. Die meeste klipstapels is deur van die swart volkere opgestapel. Die oorsprong daarvan is nie baie duidelik nie, maar volgens oorlewering was dit ‘n ou gebruik deur die swartmense om ‘n klip op ‘n hoop te plaas wanneer hulle van die suide na die noorde oor die berg gegaan het. Dit het gedien as ‘n soort versoeningseremonie vir die geeste aan die noordekant van die berg. So ook dan wanneer daar van die noorde na die suidekant van die berg gegaan is. So ‘n voorbeeld van ‘n klipstapel kom voor op die plaas Hartebeesfontein wat behoort het aan ‘n ene Fritz Klopper. In ‘n sekere nek het daar twee boekenhoutbome gestaan, wat volgens bygeloof onder die swartes, verhoed het dat die voorvadergeeste oor en weer oor die berg kan gaan. As daar dan oor die berg gegaan moet word, is ‘n klip op die stapel geplaas en “dumela” gesê. Dit was ‘n groet aan die geeste aan die anderkant van die berg.

Die nek het bekend gestaan as Tweeboompiesnek. Dit is ook bekend dat daar ‘n onderonsie tussen die Bafokeng en die Bahurutshes was waar die een kaptein se seun gedood is. Op die plek (Phata ya Mathebe) is daar vandag nog ‘n hoop klippe waar verbygangers ‘n klip gooi om sodoende die voorvadergeeste tevrede te stel. Bibliografie: 1. Becker, P. 1962, Path of Blood. Longmans Green & Co, Londen. 2. De Beer, B.K.1975, Agter die Magaliesberge. Postma Publikasies, Johannesburg. 3. Department of Native Affairs, 1953, The Tribes of Rustenburg and Pilanesberg district by P.L. Breutz. Ethnological Publications. No. 28, Government Printers, Pretoria.


16

Augustus 2022

De Wildt Nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Hanna Scribante spreek ons toe

Hanna is ‘n bekende raakvat vrou in De Wildt! Sy was destyds die stigter van die De Wildt Nuus en is tans die redakteur daarvan. Sy vertel ons ook van die werksaamhede van die TLU en hulle betrokkenheid daarby. Hanna was boonop tot baie onlangs nog ‘n voltydse boer. Hanna is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n moderne en dinamiese vrou! Op die foto is Elma Human, Petricia van Niekerk saam met Hanna Scribante.

Meksikaanse fees Almal is feestelik aangetrek volgens die tema. Ons skop die verrigtinge af met ‘n glasie tequila en bessiesap. Tequila word gemaak van die agave plant. Die plant is ook in ons land beskikbaar en as ons dit geweet het, het ons nie net pynappelbier in die grendeltyd gemaak nie! Ons eet heerlike maalvleis met rooibone, nacho’s, tortilla chips met avokado, brandrissie room en kaassous. Vir nagereg kry ons klein oliebolletjies en ‘n warm sjokolade- en rissiedrankie. Die ‘Hat Dance’, is die nasionale dans. Ons klap op maat op ons tafels en maak ‘n jolige lawaai… Wat ‘n heerlike internasionale oggend was dit nie!

Kleine Engele

Santie van Rensburg vertel aan ons dames hoe hulle kinders in nood bystaan. Basiese benodighede vir swanger mammas en dinge soos baba- en kinderklere en skoene word ingesamel. Met die unieke uitruilsisteem, wat hulle volg, bring ouers herbruikbare items terug en ruil dit vir ander benodigdhede. Op die foto hou Carlien Retief ‘n kleine engeltjie vas.


Augustus 2022

17

De Wildt Nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Moringa… die super groene Ons proe, ruik en smeer Moringa-produkte aan… Hester Kinnear, van Moringa SA besoek ons tak en deel met ons die wonderlike genesende eienskappe van Moringa-produkte. Dit help vir Cholesterol, diabetes, inflammasie, infeksies en nog baie meer! Dis ook ‘n uitstekende voedselaanvulling en help vir allerhande velkondisies. Op die foto bedank Petrina van Niekerk vir Hester Kinnear van Moringa SA.

CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook

Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500

HIGH QUALITY COMPOST AVAILABLE PER m³ OR IN 30dm³ BAGS WE DELIVER IDEAL FOR GARDEN, LAWN AND AGRICULTURE VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za OR PHONE US AT

079 896 0032


18

De Wildt Nuus

Augustus 2022

Welsprekendheid 18 Mei 2022 - Welsprekendheid! Elke leerder het so goed gedoen en was so braaf, van ons kleinste graad R-maats regdeur tot graad 7’s! Baie geluk aan ons kinders se 1ste, 2de, en 3de plekke! Dankie vir elk se deelname. “Every experience makes you grow” - Elisabeth Shue

“Every experience makes you grow” - Elisabeth Shue


Augustus 2022

De Wildt Nuus

19

Plants of the Bible in our everyday life Sandy Roberts

The Carob tree, Ceratonia siliqua-also known as Saint John’s bread or The tree of locusts The Carob is revered as the tree of which John the Baptist survived in the wilderness and from that time onward it has been regarded as a holy tree. It was said that when shaking the Carob pods it sounded like a locust and the confusion in the translation of the Bible was that locusts could be eaten, except it is known that John the Baptist ate the sweet pods from the tree as they were nutritious and energy giving, from this it has endeared itself to many over the years for its sweet, chocolate-flavoured pods and as a healthy sugar-free alternative to chocolate. As there are many growing in the North West province and Gauteng, you will recognise the tree from a distance for its evergreen, even-rounded shape. The Carob tree grows well in hot climates and is a hardy, dark green tree extending its branches up to 15 meters in height. It grows easily in South Africa on roadsides and in gardens but is said to be native to the Mediterranean area. The long fronds of creamy blossoms are delectable to bees. The male and female trees are separate and their green pods ripen to chocolate brown in late summer and drop from the tree. This is when the pods are sweetest and fully ripe to eat. Separate the inedible seeds to one side so that the fleshy sweet firm pulp within the pod can be ground into powder. This will make a delicious chocolate-flavoured flour used in baking and energy-boosting, sugar-free milkshakes. Containing its own natural sugars and healthy nutrients, specifically Vit A, B complex, Phosphorus, Iron, Copper and Magnesium is close to a super food as it is high in Protein. One can easily buy Carob powder to make Carob and seed health bars, fudge and cakes as it is a natural cocoa substitute. It has less fat, no caffeine and no oxalic acid compared with cocoa beans making it the ideal chocolate substitute. Carob powder is sweet and can also replace sugar in recipes. Choose a favourite cake or biscuit recipe and substitute Carob powder for the cocoa and taste the difference. An excellent recipe for making a nutritious milkshake: Add 1 heaped teaspoon of carob powder to a cup 2 tablespoons of boiling water, stir well until dissolved Top up with milk and crushed ice, stir well and taste the deliciousness! (add a little honey if necessary) Replace the milk with almond or organic soya milk if you are lactose intolerant. Medicinally, the Carob has high pectin, easing digestive ailments, bloating, cramps and flatulence and can be taken for those with high blood pressure, and ADHD. WARNING: Always check in with your doctor before treating yourself naturally WITH ANY PLANT. If you are unsure of a plant do not take it internally. From the time of the bible, the diverseness of the Carob is fascinating. The seed pods can also be used as nutritious cattle fodder and recently the seeds have been used cosmetically, aesthetically and in clothing manufacture. In South Africa, the 1820 diamond settlers separated the little seeds from the pods to use as measurement for the weight of diamonds as each seed miraculously weighs exactly 1 carat (200mg). These little seeds were used in the diamond scales and each settler had a pouch of seeds they carried with them. And this is why the Cullinan diamond mine is surrounded by these most useful Carob trees still growing there today. The carob, a tree most valuable in all it offers from the Bible up until today!


20

De Wildt Nuus

Augustus 2022

Die Voortrekkermonument My, jou, ons kultuurtuiste David Scribante Wanneer laas was jy by Die Voortrekkermonument? Laas op ‘n skooluitstappie? Toe jou pa jou soontoe geneem het vir ‘n Geloftefees of dalk… nog nooit van tevore nie? Ek is sekerlik een van die bevoorregtes wat in die verlede al vele male die terrein en die monument self besoek het, tydens skooluitstappies, Voortrekkerkampe en sommer maar net saam met my Pa. Tydens ‘n onlangse besoek weer aan die terrein, hierdie keer spesifiek aan die Erfenissentrum om na die Ossewa Brandwag uitstalling te gaan kyk was ek egter aangenaam verras. In 2021 is die bestuur van die terrein se samestelling verander en is daar ‘n samewerkingsooreenkoms met die Erfenisstigting, die FAK en Die Voortrekkermonument gesluit. Die gevolg is dat dr Danie Langer verkies is as uitvoerende beampte. Onder leiding van dr Langer is daar vele herstrukturering wat alreeds plaasgevind het, wat nuwe ywer en geesdrif in die personeel en bestuur geblaas het. Die rede vir hierdie hele herstrukturering val ongelukkig saam met die nagevolge van die afgelope twee jaar se COVID-inperkings, wat katastrofiese verliese aan inkomste vir Die Voortrekkemonument beteken het. Die Voortrekkermonument was die afgelope jaar om verskeie redes al in die nuus, ondermeer die verwydering van bome tydens die restourasie van die Trekroetetuin en nou onlangs ‘n ongeluk waar ‘n jong dogter deur ‘n valskermspringer raak gespring is. Hierdie nuus is baie male sensasioneel van aard en wil dit voorkom asof die media daarop uit is om eerder die negatiewe te belig. Die teenoorgestelde is egter waar. Daar is soveel meer positiewe wat op die terrein aangaan, maar wat nie in die algemene dagblaaie van die media gedek word nie, soos die restourasie van die Trekroetetuin, die opening van die

nuwe Pioniersentrum, die restourasie en ingebruikneming van die geskiedkundige Skool Op Wiele, wat nou as kafeteria diens doen, die opening van die nuwe Vrijheidsreis museum en nog vele ander geleenthede en feeste wat op die terrein plaasgevind het en nog beplan word. Dit kom daarop neer dat jy en ek moet kies waarna ons luister en eerder besluit om self ingelig te bly oor die aangeleenthede na aan ons hart. Fopnuus en sensasionele propaganda vier hoogty en is aan die orde van die dag en dit is ons taak om te onderskei tussen die waarheid en die leun. Doen jouself, jou kinders en jou nageslag die guns en gaan besoek weer ‘n slag die terrein. Ek bedoel daadwerklik die hele terrein want daar is soveel meer as net die Voortrekkermonument op die terrein. Dit is ‘n daguitstappie vir die hele gesin gevul met kultuur, avontuur en selfs ook iets vir die smulpape. Graag nooi ek jou uit om die volgende skakels self te besoek en ingelig te bly van die doen en late van dr Langer en sy span en so deel te hê aan jou kultuur, tradisies, geskiedenis en lewende erfenis: https://vtm.org.za/ ; https://www.facebook.com/Voortrekkermonument/ ; https://www.instagram.com/voortrekkermonument/ . Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.


Augustus 2022

De Wildt Nuus

21

Die Voortrekkermonument My, jou, ons kultuurtuiste Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet. Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste. Wat kan jy alles daar doen en of besigtig? • Die Voortrekkermonument • Neem ‘n begeleide toer • Besoek die Sarkofaag • Besigtig Pretoria van die dak af • Die Vrijheidsmusuem • Verken die Groot Trek • Besigtig en beleef jou erfenis • Die Trekroetetuin • Stap deur die tuin op die onderskeie trekleiers se roetes • Die Pioniersentrum • Beleef die trekkerlewe • Bak saam brood in die oond, maak kerse, ens. • Besoek die nuwe diereplaas • Die Skool op Wiele • Geniet ‘n heerlike jaffel, hamburger of sommer net koffie. • Die Erfenissentrum • Besoek die uitstalling van die Tweede Wêreld oorlog en Suid-Afrika – die Ossewa Brandwag • Loop deur die geskiedenis van Suid-Afrika van die Groot Trek tot vandag • Besoek die argifarus en kry hulp ivm jou eie familiegeskiedenis se navorsing • Fort Schanskop • Besoek die fort • Speel tag-team Boer teen Brit • Die gedenkmuur • Die SAW se gedenkmuur

Verskillende pakette is beskikbaar by die Ontvangskantoor van die terrein. Doen jouself egter ‘n guns en bespreek sommer vooraf aanlyn julle uitstappie. Groete vanuit hierdie Boerehart David Scribante (https://vtm.org.za/ ; besigtig 2022/07/13).


22

De Wildt Nuus

Augustus 2022

Dinge wat jou vreugde kan steel Hanna Scribante Jesus sê: “Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed.” Joh. 10:10 Ons eeu-oue vyand aan die anderkant - wil definitief nie hê ons moet gelukkig wees nie. Hy sal dus enige iets doen om ons vreugde te steel. Jesus sê: “‘n Dief kom net om te steel, te slag en uit te roei…” Joh.10:10 Hierdie dief is egter nie daarop uit om materiële dinge by ons te steel nie – nee, hy wil ons vreugde steel. Want hy weet as hy ons vreugde gesteel kry, steel hy daarmee saam ons lewenskrag en ons hoop. Ons kan egter nie die vyand alleen die skuld gee nie. Dit is en bly uiteindelik ek en jy wat die keuse maak en toelaat dat sekere dinge ons van ons vreugde beroof. Die vreugde stelers: Vreugde-steler nommer 1: ‘n klaende en kritiese gees: Iemand met ‘n kritiese en klaende gesindheid kan nie saadjies van vreugde saai en vreugde oes nie. Iemand wat die heeltyd ontevrede en onvergenoegd is, kan nie gelukkig wees nie. ‘n Kritiese persoon soek die heeltyd fout met alles en almal. Dis te lank of te kort; te soet of te suur; te lawaaierig of te dooierig ens. ‘n Klaende persoon sal altyd iets kry om oor te kla. Of dit nou oor hulle gesondheid is, hulle huwelik, hulle werk, hulle kinders, die land, die politiek, die kerk ens. So ‘n gesindheid dreineer jou lewenssappe en lewensvreugde. Wat is die teenmiddel? Ek moet besluit ek gaan die positiewe in elke ding soek. Ek besluit om dankbaar te wees vir dit wat ek het. Ek gaan ‘n wag voor my mond sit. Vreugde-steler nommer 2: Verkeerde en negatiewe denke: As jy regtig die vreugde wil ken wat die Here in jou lewe wil hê, sal jy jou denke moet regkry in jou lewe. Ons dra dikwels te veel dodelike emosies binne-in ons rond. Negatiewe gedagtes wat dikwels oor en oor in ons koppe gaan: Gedagtes van “ek is nie goed genoeg nie”; “ek gaan misluk;” “niemand hou van my nie;” “my lewe is nie die moeite werd nie.” Wat is die teenmiddel? Dis nodig dat die Here die manier waarop ons dink vernuwe. “…laat God julle verander, deur julle denke te vernuwe.” Rom 12:22 God kan jou op ‘n ander manier laat dink en doen, deur die Heilige Gees wat jou innerlike denke vernuwe en hervorm. Vreugde-steler nommer 3: Besig- wees: Ons is almal besig! Dis die realiteit. Die ergste is ons het onsself so besig gemaak. Selfs wanneer ons nie besig is nie, oorstimuleer ons onsself met sosiale media of een of ander skerm voor ons oë. Daar is absoluut niks ontspannend of verfrissend om doelloos rond te blaai en na die hoogtepunte van ander mense se lewe te kyk nie. Wat is die teenmiddel? Jesus bied ons iets eg. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Matteus 11:28 Vreugde-steler nommer 4: Bekommernis: Bekommernis is nog iets wat ons van ons vreugde kan ber-

oof. Opkomende gebeurtenisse, frustrerende werk, finansiële spanning, ‘n stram verhouding en vele meer. Bekommernis is nutteloos. Bekommernis sal altyd ‘n fatale siekte van die hart wees, want die begin van bekommernis is ‘n teken van die einde van geloof. Bekommernis bevraagteken God se vermoë om te voorsien en te wil voorsien. Wat is die teenmiddel? Paulus het die Filippense aangemoedig om al hulle kommer op die Here te laai en dit werk steeds. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”. Fil. 4:6 Vreugde –steler nommer 5: Jou verlede Jou verlede kan beslis ook iets wees wat jou van jou vreugde beroof. Wanneer jy toelaat dat die aanklaer (Open. 12:10) vir jou sê: Hoe kan die Here iemand met jou verlede gebruik of lief hê? Moenie vashou aan die foute van die verlede nie, Laat gaan en aanvaar God se vergifnis. Wat is die teenmiddel? Niks kan jou vreugde steel tensy jy dit toelaat nie. Ons kan toelaat dat ons verlede ons aanhou vergiftig en ons gevange hou. As dit nodig is gaan praat met iemand - ‘n vriend(in), ‘n dominee, ‘n sielkundige. Vreugde-steler nommer 6: Om altyd te nagekom te voel As jy maklik te na gekom voel deur dit wat iemand gedoen of gesê het, wat jou geaffronteer of seergemaak het – sal dit jou van jou vreugde beroof. Ons voel dikwels dat die Here ons te na gekom het as dinge nie uitwerk soos wat ons wou hê nie. Die gevolg is ‘n gevoel van onvergewensgesindheid en bitterheid teenoor God en alles en almal. Maar weet jy wat doen dit aan jou liggaam? Dit veroorsaak dat spanning in jou liggaam bly. Vergifnis is baie belangrik! “Moenie toelaat dat julle bitter word nie.. Behandel mekaar mooi en goed… Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is.” Ef. 4:31-32. Wat is die teenmiddel? Ons moet ons harte bewaar en nie toelaat dat bitterheid in ons lewens inkom nie. Ek sal nooit die saadjies van vreugde kan saai en oes van vreugde hê, as ek toelaat dat ek die hele tyd te na gekom of verontreg voel nie - kom ons beskerm ons harte. Hoe kan ek die vlam van vreugde weer in my lewe aansteek? Erken jy het jou vreugde verloor Bepaal wie of wat veroorsaak dat jy jou vreugde verloor het. Besef dat God die bron van jou vreugde is. Onthou jou vreugde hang nie af van jou omstandighede nie – maar wie jy in die Here is. Wees jammer, hê berou en vra die Here om jou vreugde weer te herstel. Staan tyd af in die teenwoordigheid van die Here. Dit is die plek waar jou krag vernuwe word; waar jy kans kry om jou hart met hom te deel; waar Hy jou trane afvee en die versugtinge hoor wat nog skaars gedagtes in jou kop is. Jy kan weet Hy ken jou hart. Mag dit genoeg wees vir jou.


Augustus 2022

23

De Wildt Nuus

MAKING A DIFFERENCE Petro van Eeden - Ann van Dyk Cheetah Centre It’s absolutely amazing to see how quickly a plan comes together. On Wednesday afternoon a concerned citizen called Vasti Botha, from NW Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and reported he had spotted a leopard stuck in a snare outside of Brits, North West. Dr Gerhardus Scheepers from Zodiac animal clinic went out and successfully darted her and took her in for a check-up. Luckily, she was mainly unharmed, except for a damaged tooth. She has undergone surgery and had her bottom left canine removed. She is now safely here at The Ann van Dyk Cheetah Centre for safe-keeping until she can be re-released, which should be by Wednesday 20 July. This once again shows that GREAT things are done by a series of small things brought together. We encourage the community to be vigilant in every effort to conserve our animals and birdlife in the area. Should you notice any animal in distress please feel free to contact the centre for assistance.

A Big thank you to everyone involved for a quick response and willingness to help.

Huldeblyk –Ina Redelinghuys 09/08/1940 – 20/12/2022 My ma was ‘n boerenooi van Ventersdorp en het grootgeword op die plaas Tweelingfontein. Haar ouers het geboer met mielies en beeste en sy was een van vier kinders met twee susters en ‘n ouer broer, Nick. Sy was die een wat nog geleef het. Ma Ina het na skool op Normaal Kollege haar onderwys graad verwerf in kuns, kultuur en tale. Sy sou die 21ste Desember 60 jaar getroud gewees het en ons glo dat sy my pa weer kon sien. Sy het vier kinders gehad, twee dogters en twee seuns. Sy moes haar oudste seun, Pieter aan die dood afstaan op 24 jarige ouderdom. Deur die jare het sy leer stoffeerwerk doen saam haar skoonsusters en het hulle ‘n besigheid in Pretoria Noord gehad. Daarna het sy begin bak vir ‘n tuisnywerheid en later vir drie markte. Daar was ook die houtsnywerk waar sy begin klas neem het en later self kon klas aanbied. Sodoende kon sy op soveel vlakke mense leer ken het en goeie vriende gemaak het. Hulle het vir 40 jaar op De Wildt gewoon en sy was ook geliefd in die gemeenskap. Sy was lief vir haar medemens en het getuig van die Here se werke tot op die laaste toe. Sy was patrioties en het nie ‘n geleentheid gemis om by ‘n Geloftefees te wees en almal te herinner aan ons gelofte aan God. Mag ons haar lewende getuienis altyd onthou. Aan die einde van haar Bybel het sy geskryf “Dankie Here”. In twee woorde ‘n getuienis van haar lewe. - Deur Elmien Botha

Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00

Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R 290.00 R 200.00

Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam


24

Augustus 2022

De Wildt Nuus

Brits Bulldogs Rugby Club beats Silver Valke Allan Calder, Chairman of the Brits Rugby Club and De Wildt resident The Brits Bulldogs Rugby Club is over a hundred years old. Our home field is the Brits Sportsgrounds. We welcome new players and invite the local community to come and watch our team play. This Saturday coming, 23 July 2022 at 3pm Brits is playing Cullinan at the Brits Sportsgrounds. We are a family-orientated club and value our supporters and sponsors. On Saturday 16 July 2022 the Brits Bulldogs played the Silver Valke at the Brits Sportsgrounds. The score was Brits Bulldogs 55 and the Silver Valke 38. This was a special day for the Brits Bulldogs as they not only won their game they were proud to be wearing their new rugby jerseys sponsored by our main sponsors Aequitas Security Solutions. The players received their new rugby jerseys from Johan Potgieter, Arthur van Rooyen and Etienne Louw from a local business, Aequitas Security Solutions. Without sponsorship club rugby would struggle to survive. A big thanks to all our sponsors and supporters we value and appreciate your support and involvement.

Brits Bulldogs Rugby Club 16 July 2022 From left to right standing: Johan Potgieter (Aequitas), Dehan Prinsloo, Stephan Anderson, Nico Anderson, Pierre Rademan, Monty Lombard, Naude Nieman, Jaco Linde, Daniel Jacobs, Martin Lubbe, Jamie Meyer, Adriaan Bushby, Johan Jansen van Rensburg, Eldon Vermeulen, Brandon Gibson, Lance Meintjies, Etienne Louw (Aequitas). From left to right sitting: Duncan Calder, JP van Gent, Francois Boshoff, Francois Ueckerman, Darius Craffert, Jacques Flemming, Quinton Smith, Jason Dicks, Junior Meyer, Boeta Burger.

Photo right: Brandon Gibson ( Brits Bulldogs coach) and Martin Lubbe (player from Aequitas) receiving new Rugby jerseys from Johan Potgieter and Etienne Louw from Aequitas Security Solutions.

Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00

Mei/May 2022 Jaargang 31 No 2

Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Freeway is now an Overland franchise Supermarket

Lots of specials every month!

Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam

Contact Alberto 0763157688


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DW Nuus - Aug 2022 by De Wildt Nuus - Issuu