1 minute read

Eerste plaasskole agter die Magaliesberg

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

DIE EERSTE PLAASSKOLE AGTER DIE MAGALIESBERG

Ons vervolg met die storie van die Schietfonteinskool. Mnr A.W. Bester se bynaam was “Khenawotho”. Dit beteken “om alles reg te maak wat verkeerd is”. Gedurende die Boere-oorlog het hy die rang van kaptein gehad.

Advertisement

Soos reeds genoem, is hy gevange geneem en saam met die Boerekrygsgevangenes weggevoer na Bermuda, waar hy vir die kinders skoolgehou het. Daar word vertel dat die hele Vissershoek-plaas na die oorlog aan die boere gegee is, sodat hulle weer ’n nuwe begin kon maak. Die derde skool van Vissershoek is begin na die oorlog in ou oom Lood Schoeman se huis. Daar was drie CNO–skole (Christelik Nasionale Onderwys-skole) in die omgewing nl. Greylingspost, Vissershoek en Sandspruit. ’n Eenlokaalgebou is opgerig toe die Schoemanwoning te klein begin raak. Dit is later afgebreek. Naby die skool was ’n uitgegroeide wildevyeboom waaronder daar Geloftefeeste, kerkdienste, vergaderings, begrafnisse en ook skool gehou is. ’n Plaaseienaar, oom Koos Smit, het die onderwysdepartement later ’n stuk grond van 2 morg aangebied om ’n sentrale skool te bou. Dit is dan ook hier waar die huidige Vissershoekskool vandag nog staan. Twee klaskamers en ’n hoofdewoning is in 1910 opgerig. Die skool is op 7 Oktober 1910 amptelik ingewy. Dit is een van die oudste plattelandse skole wat vandag nog bestaan. van die skool deur Reneé Schulenburg. Ons hoop nou iemand sal die geskiedenis verder vir ons navors van 1990 tot op hede. So sal ons dan die mooi en lang geskiedenis van Vissershoek kan vaspen in die De Wildt Nuus.

Al die hoofde van die 4 Vissershoek-skole tot en met 1990 soos in die Eeufeesboek:

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445

Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00

This article is from: