3 minute read

Digters van De Wildt

Next Article
VLU nuus

VLU nuus

Kalsiumnitraat en magnesiumsulfaat word as ‘n blaarbespuiting aanbeveel as gebreksimptome voorkom.

MIKRO-ELEMENTE (Mo)

Advertisement

Die Molibdeen (Mo)-behoefte van kool is redelik hoog maar behoort nie voor te kom in gronde met ‘n pH (H20) van 7.0 en hoër nie. Molibdeentekorte kan voorkom in suurgronde pH(H20) van 6.5 en laer of gronde met ‘n lae Molibdeenstatus.

BOOR (B)

Boortekorte kan in hoë pH-gronde voorkom pH (H20) 7.5 en hoër.

MANGAAN (Mn)

Mangaan is meer beskikbaar vir die plant in suur gronde. In Brits se hoë pH-gronde kan mangaantekorte voorkom.

YSTER (Fe)

Dieselfde geld vir yster in hoë pH-gronde.

PLAE EN SIEKTES

Kool het verskeie plae wat dit teister wat ‘n studie op sy eie is. Faktore wat in gedagte gehou moet word by koolplae: 1. Daar is grondgedraagde patogene wat verminder kan word deur: ring, hawer, ens. swak gedreineerde gronde dra by tot meer op grondpatogeeninfestasies. 2. Meer insekte, swamme en bakteriese besmettings kom in die somer as in die winter voor. 3. Swak verbouingspraktyke soos te veel, te min of ongebalanseerde bemesting of grondtoestande kan die plant se groei verswak wat dit meer kwesbaar maak vir siektes. maatreëls toe. 5. Die larwes (wurms) van verskeie motte beskadig die kool deurdat gate in die blare of in die koppe ingevreet word wat die kool se bemarkbaarheid benadeel. Hierdie skades is groter wanneer die kop gevorm word. Beheer die larwes dus voor die koolblare begin toevou. 6. Van die patogene is ook saadgedraag - maak seker van behandelde en goeie kwaliteit saad. 7. Rooispinnekop kom gewoonlik laat in die groeiseisoen voor en moet betyds beheer word. 8. Verskeie koolkultivars het weerstand teen verskeie siektes veral virusse. Vra vir die verskaffers. Plantluise versprei virusse - beheer luise betyds.

KRAAK OF BARS VAN KOOLKOPPE

Sommige koolkoppe bars oop net voor dit bemarkbaar is. REDES VIR OOPBARS Kultivars: Party bars meer as ander, sommige gladnie. Kool bars oop as stikstof te laat toegedien word.

PLANTDATUM

As ‘n kultivar buite sy aanbevole planttyd geplant word, kan dit bars (saadskiet en bars). Somerkool in die winter plant en anders- om. Warm temperature, baie water, hoë lugvog en warm gronde be- voordeel die bars van koolkoppe. Swak vogvoorsiening (te min en dan weer te veel) kan ook bydra tot bars. Kool is ‘n relatiewe lae koste gewas wat goed aangepas is in Brits vir winter- en somerproduksie. Kool het ‘n redelike vinnige om hangend van die kultivar. ‘n Bruto inkomste van selfs meer as R150 000/ha is moontlik. Produksie en markte kan hierdie syfer aansienlik laat varieer. Vir duidelikheid vir die tuinier, neem kennis dat ‘n 100 kg kunsmis per hektaar gelykstaande is aan 10 gram per vierkante meter. Skakel gerus om iets te bespreek of raad te vra. LEON WEBER 083-3267181 B Sc (Agric) B Inst (Agrar) (Hons)

DWHM As ons kyk na die digtalent wat daar in De Wildt na vore kom, is dit eintlik nie snaaks nie. Reeds van vroeë tye was daar groot digters wat in ons omgewing hul digkuns laat blyk het. Theo Wassenaar is een van die bekendste voorbeelde daarvan. Die laaste versreël van sy gedig “See-sonnet” verskyn dan ook op sy grafsteen in die Fourie- begraafplaas langs die R513 naby die Jopie Fourie-terrein. Hy beskryf dit baie treffend waar hy sy lewe beskryf as “Een polsslag in die ritme van die Heelal!” Theo Wassenaar het gelewe tussen 1892 en 1982. Hy was ‘n oogarts, hoogleraar in Fisiologie, asook lid van die Provinsiale Raad van Transvaal. Hy was ook lid van die Hospitaalraad in Pretoria en ‘n groot dryfkrag agter die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. In 1927 trou hy met Anna Sophia Dames, ‘n niggie van Jopie Fourie. ‘n Hartaanval in 1968 lei tot sy aftrede, waar hy dan sy jare slyt in ons omgewing. wing.

This article is from: