DW Nuus Februarie 2023

Page 1

Februarie/February 2023 Jaargang 32 No 1 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Lots of specials every month! 0763157688
Foto: John Wesson

LIEF EN LEED

De Wildt Nuus 2 Februarie 2023 Lief en leed 2 Redaksiebrief 3 ‘n Boer maak ‘n plan 4 TLU se kommer oor voedselsekerheid 5 Waar kan ek hoop vind in 2023? 5 Sykbok se halfkroon 6 Magaliesbergreeks (3) 7 Vreemdelinge op die pad 8 DWBV-nuus 8 TLU and Saai work together for safety 9 Wat kan ek plant? 10 What to see in De Wildt 11 Rest for Sure Care Home 12 Leerderveiligheid by LSV 12 Tuingids vir Maart 13 Laerskool Vissershoek-nuus 14 INHOUDSOPGAWE
Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan dié wat siek is. Dan is ons ook bly saam met gemeenskapslede wat lief ervaar het. Oorlede • Faan en Marina Naude se dogter, Marté van Heerden • Annesta Wannenburg-Grove se suster • Eva Snyman • Ockie Botha se broer • Sandy Roberts se vader
‘n Voorspoedige 2023 vir al ons lesers en adverteerders. Dankie vir jul ondersteuning.

REDAKSIELEDE

Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699

Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426

De Wildt Helpmekaar Maatskappy

Adéle du Toit - 071 843 8185

Douw van Wyk - 079 424 7411

Elmien Botha - 082 899 7417

Suzette Pëterson - 081 780 0426

De Wildt Boerevereniging

Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910

Addisionele lede

Jan Lemmer - 083 256 8266

Rina Bester - 071 110 6907

Laerskool Vissershoek

Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323

Drukker: APK Wonderboom

De Wildt Nuus

Bankbesonderhede:

ABSA spaarrekening

9235498972

Verwysing:

DWN + advertensienaam

Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za

Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.

Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp:

Suzette Pëterson - 081 780 0426

Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande advertensies: R50

ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

Liewe lesers

Mag 2023 vir u elkeen seëninge van liefde, vreugde, vrede, gesondheid en voorspoed in oorvloed bring. Mag Jesus jou leidsman wees en mag Hy voorsien in elke behoefte na die rykdom van Sy genade vir môre, oormôre en elke dag in 2023. Lees gerus Phil Louw se skrywe “Waar kan ek hoop vind in 2023.”

Redaksielid Elma Human wat die Vroue Landbou-Unie Nuus se skrywes hanteer het, het verhuis en het ook as lid van VLU De Wildt-tak bedank.

Sy het ons in kennis gestel dat die VLU De Wildt-tak nie meer in die vervolg artikels in De Wildt Nuus sal plaas nie. Ons wil haar en haar voorgangers bedank vir die goeie gehalte artikels wat hulle deur die jare in DWN geplaas het.

Dit gaan voorwaar ‘n groot leemte in ons nuusbrief laat.

Hierdie uitgawe van De Wildt Nuus se bladsye is heelwat minder as gewoonlik, dit wil voorkom asof 2023 te vinnig op almal se hakke was en dat die nuus maar min is.

Die volgende De Wildt Nuus sal DV begin April 2023 verskyn en die keerdatum vir advertensies en artikels is Woensdag 15 Maart.

Stuur asseblief vir ons nuusgebeure, interessante artikels en advertensies voor of op 15 Maart.

Begin sommer vandag al skryf.

Mooi loop tot April 2023. Hanna Scribante - namens die Redaksie

Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

* Algemene bejaardesorg

* Alzheimers

* Verpleegkundige gedurende kantoorure

* 24h Versorging en toesig

* Skoon, netjiese en veilige omgewing

* Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar

Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook

Kantoor - 082 395 1475

Matrone - 072 767 9500

De Wildt Nuus 3 Februarie 2023
REDAKSIEBRIEF CARE CENTRE SORGSENTRUM SANDSTONE
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

‘n Boer maak ‘n plan

Daar word van iemand wat vindingryk is gesê: “Dis nou iemand wat ’n plan kan maak,” en daar word meesal sonder huiwering na ‘n vrou verwys as dié een wat die vermoë het om vinnige en slim maniere te vind om probleme te oorkom.

Maar moet nooit die vindingrykheid van die boer onderskat nie. Dis hoekom hy vir hom ‘n pasmaat, ‘n unieke wese met gawes en talente, as lewensmaat ingespan het. Saam is hulle beter! Veral as hulle aan dieselfde juk trek.

Om vindingryk te wees beteken om nuttige en unieke oplossings in uitdagende situasies te kan skep. Dink aan vindingryke mense as “vol hulpbronne”, of gereedskap om met oplossings vorendag te kom. Hulle pas goed aan by nuwe of moeilike situasies en is in staat om kreatief te dink. En wat noem jy ‘n “resourceful” persoon? So ‘n persoon is aktief, avontuurlustig, aggressief, helder, bekwaam, kreatief, ondernemend, vernuftig, intelligent, vindingryk, talentvol, bekwaam, slim, oorspronklik, vinnig, skerp, waaghalsig. Hiervan het ons genoeg in De Wildt. Dit klink vir my soos die mense van ons kontrei.

Die vraag is, is ons landbouers, plot bewoners of boere, en het ons ‘n stem? Tans word landbou hoofsaaklik in

twee verskillende tipes verdeel, nl geïndustrialiseerde landbou en bestaanslandbou. En in De Wildt het ons meesal Marginale boere, dis nou boere wat minder as 1 tot 2 hektaar grond bewerk. Kleinboere is die wat 2 of 4 hektaar grond bewerk. Semi-medium boere is die wat 4 tot 8 of ‘n bietjie meer hektaar grond bewerk.

Die ryke verskeidenheid boere en hul kundigheid vertel sy eie verhaal. Hier is groot en klein veeboere. Hier is saai, gras en blom boere. Hier is hoender- en byeboere. Hier is neut-, granaat- en vrugteboere. Hier is wildsboere, kwekerye, ‘n vleisverwerkingsfasiliteit en selfs ‘n brouery. Daarbenewens het ons kontrei al die ander vermaak en onthaalgeriewe wat ‘n mens kan begeer.

Die ou spreekwoord is: “Eendrag maak mag!” Behalwe De Wildt Helpmekaar Maatskappy is daar ook die De Wildt Boerevereniging wat die belange van die “boere” op die hart dra en ‘n stem het wat dmv die TLU tot op die hoogste vlakke gehoor word. Die vraag is: sit jy op jou eie mishoop en kraai sonder of met gemengde welslae? Maak ‘n plan! Kom deel jou vindingrykheid met jou mede boere van die omgewing en maak ‘n verskil deur jou ondersteuning en betrokkenheid. Ons sien uit na jou meelewing.

De Wildt Nuus 4 Februarie 2023

TLU SA lê bekommernis oor voedselsekerheid aan Didiza voor na Eskom-bom bars

“Die regering moet besef dat die huidige energiekrisis voedselsekerheid in gedrang plaas. Dit is iets wat geen land kan bekostig nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA.

TLU SA neem vandag op uitnodiging van Thoko Didiza, minister van landbou, aan ‘n vergadering deel waar die land se energiekrisis deur verskeie partye bespreek word.

“TLU SA staan op vir landbou en die mense wie dit moontlik maak. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se pasaangekondigde 18,65% kragverhoging vanaf 1 April plaas landbou onder nóg groter druk te midde van beurtkrag en laskrag waar selfs die heel grootste boere nou onomkeerbare verliese in die oë staar. Dit versterk beslis die argumente en versoeke wat ons vandag aan die minister voorlê. Eskom is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n instansie wat weens transformasie die land se ekonomie en buitelandse beeld knou.”

Van Zyl bespreek kortliks die punte wat TLU SA op die tafel gaan sit:

• Ter wille van voedselsekerheid behoort die regering landbou as ‘n noodsaaklike diens te beskou wat geen beurtkrag mag kry nie. TLU SA versoek die regering om kouekettingboere en boere wat van besproeiing afhanklik is van beurtkrag vry te skeld of om beurtkrag buite spitstye toe te pas.

• Produsente van kouekettingprodukte (temperatuur gereguleer) kan reeds nie raklewe waarborg nie. Besproeiingsboere kan nie volhoubaar met diesel produseer nie en sommige aartappelboere moes reeds produksie staak weens die onvermoë om genoegsaam te besproei.

• Weens die president se onderneming dat die kragsituasie sal verbeter, is groot insetkostes reeds aangegaan met vestiging van gewasse wat nou verdroog. Saaiboere ly hieronder, maar ook wintergewasse en lusern wat gaan meebring dat diere nie die winter gaan oorleef nie.

• Voedseltekorte verhoog misdaad (plunderveldtogte en opstande) en lei tot verdere prysstygings.

• Boere wat minder produseer laat werkloosheid toeneem.

• Boere moes volgens geskatte syfers vir besproeiingswater registreer. Weens beurtkrag kan hierdie geskatte besproeiing nie plaasvind nie, maar die hoeveelheid water waarvoor geregistreer is kan nie verminder word nie omdat ‘n boer, wanneer hy weer die volle volume wil besproei, van voor af aansoek moet doen met ‘n omgewingsimpakstudie van meer as R100 000 en administratiewe rompslomp.

“Ons het ‘n punt in Suid-Afrika bereik waar verantwoordelike, aktiewe inwoners besef dat ons op ons eie aangewese is om na alternatiewe oplossings te kyk en te implementeer. Eskom het ons land gefaal onder druk van die ANC se beleid. Son SA, ‘n organisasie wat onlangs deur verskeie organisasies gestig is, se beplande energiekonferensie is ‘n stap om alternatiewe krag die primêre kragverskaffer in Suid-Afrika te maak. Eskom moet onder die regering se hande uitkom sodat besigheidsbesluite in plaas van die ANC se ideologiese besluite geneem kan word.”

Ondersteun TLU SA se veldtog om op die privatisering van Eskom aan te dring hier.

(Uitgereik deur: TLU SA)

Waar kan ek hoop vind in 2023?

Rondom Jerusalem is daar berge, en in my geestesoog sien ek iemand in die stofpad op sy knieë wat moedeloos en radeloos is omdat die realiteite van sy tyd, nes ons s’n, onuithoubaar geword het. Iemand wat sy kop optel en wie se oë die grootsheid van die wêreld om hom raak kyk, op soek na iets of iemand wat hom uit hierdie moeilike omstandighede, wat soos hierdie berge om hom troon, kan verlos.

Hande omhoog sê/vra hy: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ek soek oral rondom my na iemand om my te help, en ek wonder dan: “Wie sal my nou regtig help?” Die Here sal my help. Hy het alles in die wêreld gemaak. Die hemel en die aarde, die see en alles daarin en daarop. Hy sluimer of slaap nie, Hy sal jou oppas, jy sal niks oorkom nie.

Hy sal altyd by jou wees en hy vergeet nooit om Sy kinders te help nie. Niks of niemand kan jou kwaad aandoen nie, al is hy hoe sterk, want dis God wat jou elke dag teen allerhande moeilikhede en probleme beskerm. Hy sal jou lewe mooi oppas.

Die Here sal jou oppas waar jy ook al is: by die huis, by die werk of miskien êrens op pad. Hy sal jou altyd help, of jy kom en of jy gaan, nou en in die toekoms.

“Ek weet wat ek vir julle beplan en in gedagte het,” sê die Here: “Ek wil julle vrede, voorspoed en nie teenspoed of rampspoed gee nie. Ek wil vir julle ‘n toekoms en hoop, ‘n verwagting gee.” Al is hierdie woorde in die verlede geskryf, beskryf hierdie woorde nog steeds hoe God vandag voel. Hy is “die God wat hoop gee”. Eintlik het hy sulke beloftes in die Bybel laat opteken sodat ons “hoop kan hê” vir ’n beter toekoms ook in 2023.

De Wildt Nuus 5 Februarie 2023

Sybok se halfkroon

Dit was gedurende 1945, ek was die middag met die voetpad langs op pad huistoe van die plaasskooltjie af. Toe ek by die vrugteboord verby stap kom ek op Sybok af waar hy met groot ywer besig is om droë blare onder ‘n granaatbos uit te hark. Hy beduie taamlik omgekrap dat hy sy halfkroon verloor het terwyl hy diep in die granaatboskasie van die vrugte gepluk het. Sybok was ‘n Xhosa en een van die twee werkers op die plaas. Tye wanneer daar nie werk vir albei op die plaas was nie het ons hulle aangemoedig om een op ‘n keer los werkies elders te doen om die kontant bietjie aan te vul.

Sybok het die hele voormiddag van die betrokke dag in die plaaswinkel, so ses kilometer van die plaas af gewerk: sy vergoeding was ‘n sakkie Horseshoe tabak en ‘n halfkroon kontant.

Ek het hom help soek maar ons kon die halfkroon nie kry nie.

Hy verduidelik toe hy by sy huis kom, na die granaatplukkery, kom hy agter dat die geld weg is. Hy noem ook dat die halfkroon nog in sy hempsak was toe hy ‘n zol gemaak het terwyl hy op die “rusklip” gesit het.

Die rusklip is ‘n groot plat klip langs die voetpad waarlangs jy skool toe of winkel toe kon stap en was ‘n lekker stopplekkie na die lang stap. Sy kommentaar: “Ek werk ‘n hele halwe dag vir ‘n sakkie Horseshoe”.

Ek is die volgende jaar hoërskool toe en Sybok het in

die dorp gaan werk. So het ons paaie geskei. Dit was ‘n redelik afgeleë plaas en alhoewel hy ‘n hele paar jaar ouer as ek was, was ons groot maats. Ek het hom gemis.

Op ‘n dag in 1976 was op ek op besoek by my broer, wat nog op die plaas gebly het. Die middag het ek toevallig met die voetpad langs verby die “rusklip” gestap wat net die uitnodiging was om in die koelte op die klip te sit en ‘n sigaret aan te steek. Klaar die dampie gemaak leun ek oor om ‘n kaal kolletjie tussen die grans langs die klip te kry om die sigaretstompie dood te druk. Dis toe ek die sirkelvormige patroontjie op die harde stukkie grond raaksien. Ek haak dit sommer met my vingernael op en daar, blink van onder… ‘n halfkroon. Nee, Sybok se halfkroon; na meer as dertig jaar. Dit was ‘n gevoel wat ek moeilik kan beskryf. Dit het gevoel of die stukkie silwer brand in my hand. Die geldstukkie het seker uitgeval toe hy papier uithaal om die zol te maak.

Ek het die vuurhoutjies uitgeskud en die kosbare fonds, grondkant bo, in die boksie geplaas. Na baie weke se soek spoor ek Sybok in ‘n hospitaal op. Die herontmoeting, verduideliking en oorhandiging was ‘n stukkie hartseer; selfs die mediese personeel in sy saal het nuuskierig nader gestaan om te hoor hoe word sy “fixed deposit” (soos hy dit noem) na dertig jaar uitbetaal.

De Wildt Nuus 6 Februarie 2023

Die ontstaan en vorming van die Magaliesbergreeks (3)

Ons het in Augustus 2022 en Oktober 2022 uitgawes van die blad die eerste artikels in hierdie reeks geplaas. Nou kom die interessante deel van die hele vormingsverhaal van die Magaliesbergreeks.

Na die vorming van die Pretoria-groep, het toestande diep onder die oppervlakte van die aardkors ontwikkel in so ‘n mate dat ‘n baie belangrike gebeurtenis plaasgevind het. Druk van vreeslike groot omvang binne die aardkors het plaasgevind en reuse hoeveelhede gesmelte magma tussen die sedimentêre vlakke van die Transvaal- sekwensie inforseer.

Ongeveer 65,000 vk km vloeibare rots is neergelê onder die antieke meer en oor die volgende 30 miljoen jaar het dit gestol in twee reuse stukke soliede rots, van die grootste van sy soort in die wêreld. Slote en krake is gevul met hierdie vulkaniese massa op sy pad oor en tussen die vlakke van skalie en kwartsiet. Die verskeidenheid vulkaniese rots wat deur hierdie gebeurtenis gevorm is word die Bosveld-kompleks genoem. Dit bevat dan ook ‘n groot hoeveelheid minerale rykdom soos chroom, vanadium, tin en yster.

Die invloed van hierdie gesmelte magma het egter die ouer Transvaal-sekwensie verswak en verdeel wat daartoe bygedra het dat die middel van die sedimentêre lae ingesak het. Stukke rots van duisende meters dik het gekraak en weggeraak in die gesmelte massa-moeras. Op die rande van die antieke meer het die kante van die rots na bo uitgesteek en het ‘n bergreeks gevorm.

Op die suidelike rand het die vier stadia van die Pretoria-groep afsonderlik uitgebreek in parallelle riwwe waarvan die hoogste

die Magaliesbergreeks is. Die boonste oppervlaktes het die noordelike hange gevorm. Hierdie oppervlak was die naaste aan die hitte van die magma en het die kwarsiet gesmelt en weer gekristalliseer in groot korrelagtige kristalle. Hierdie strukture is bekend in die noordelike hange. So het endemiese plante hulle dan ook aangepas om in die gekristalliseerde gruis voort te bestaan.

Die Daspoort-kwartsiet is fyner kristalle, omdat dit verder van die hitte af weg was met die opbreek van die Pretoria-sekwens. Nog verder suid word die Time Ball Hill-kwartsiet gevind wat vandag ‘n gebroke reeks rantjies en koppies is.

Al die ongebroke riwwe toon dus ‘n eenvormige insakking van 20 grade tot 30 grade wat, soos voorheen genoem, opstaan soos borde op ‘n droograk met hul rande van kwartsiet na bo. Doleriet en kwartsiet vorm die vyfde laag.

De Wildt Nuus 7 Februarie 2023

DWBV Jaarprogram 2023

Vreemdelinge op die pad

Almal van ons loop die lewenspad. Sommiges loop op die breë weg, ander op die smal weg, maar almal loop. Sommiges kruip, ander strompel, ander hardloop, spring of gly ente – maar almal vorder.

Op die pad loop ons almal bekendes raak.

Bekendes?

Die giggelende dogter in die klas, wat jou so irriteer, is ‘n goeie voorbeeld. Haar gegiggel is dalk ‘n masker vir ‘n dronklap-pa. Die giggel is eintlik droë, rou snikke in ‘n verwronge vorm. Sy was tot nou toe ‘n vreemdeling.

Daardie ‘’breker’’ met sy vuilbekkigheid – tot sy maats bloos soms. Elke kras woorde moet vir hom die balans vorm met sy swakkeling-vader wat nou al drie jaar lank nie werk het nie. Sy omstandigheid het hom ‘n vreemdeling gemaak.

Die stil, teruggetrokke meisie, wat nie met ander mense meng nie, wat haarself nie ‘’oopmaak’’ vir geselskap nie, wat ‘’toe’’ is –is ‘’geslote’’, omdat haar ma se goedkoop ‘’oopheid’’ haar walg. Alhoewel haar naam en adres bekend is, is sy ‘n vreemdeling op die pad.

Of die onderwyseres wie se gesig so gegrimeer is dat jy wonder watter modetyskrif sy beetgekry het. Smeer sy nie maar net

die swart kringe om haar oë toe nie? Haar blink oë, is dit van lewendigheid, of is dit blink van trane? Vreemdelinge doen soms vreemde dinge!

Verstaan regters dit as misdadigers getuig dat hule siek en sat was vir skynheilige omstandighede? Die voorgee van goeie en gelukkige huislike omstandighede, ‘heerlik en hemels’, wat eintlik ‘n helse straf is wat pyn veroorsaak? Teleurstelling, konflik, trane, verwyt en smart vier hoogty.

Vreemdeling word dikwels as gevolg van hulle omstandighede uitgebuit deur oënskynlike liefdadigheidorganisasies en nuuskierige liefdadigers.

Dikwels verstaan ons nie wanneer vreemdelinge – soos bekende vreemdelinge – wraak neem nie. Die wraak was wroeging… die wroeging, wrywing.

Sien ons die vreemde sy van die vreemdelinge op die straat raak? Ken ons die agterkant van die bekende gesig, die binnekant van die gedagtewoonplek?

‘’Behandel geen vreem’ling onverskillig of suur nie, want jy weet nie of God dalk ‘n vriend vir jou stuur nie’’.

De Wildt Nuus 8 Februarie 2023 1 Maart DWBV vergadering De Wildt 4x4 19:00 Duifjag 11 Maart Goliat van Gat Pretoria Boeremarkgronde Silverton 17 Maart Jongboerkonferensie Voortrekkermonument DWBV Boeredag Datum sal deur gegee word 9 Mei DWBV vergadering De Wildt 4x4 19:00 18 Mei NAMPO bussie Bothaville 6 September TLU SA kongres 9 – 12 Augustus Kragdag 15 Augustus DWBV vergadering De Wildt 4x4 19:00 21 November DWBV vergadering: De Wildt 4x4 19:00 Re-organisasie/Afsluiting De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: Dinsdag 1 Maart 2023 te De Wildt 4x4 Natuurpark se grasdak lapa om 18:30 vir 19:00

TLU SA and Saai work together for your safety

TLU SA and Saai - considering their newly signed cooperation agreement - have compiled a security working document to help communities with security, because the SAPS is currently unable to effectively protect South Africans from crime.

The document, which is focused on procedures and proposals for community safety, is presented for safety structures in the absence of the SAPS Rural Safety Strategy.

“We are dependent on ourselves for our safety. In collaboration with Saai, we want to empower communities to be effective and proactive when it comes to safety,” says Mr Henry Geldenhuys, TLU SA President.

“The aim is to bring various players together and give everyone access to services. We want to help communities not only curb crime, but also prevent it where possible. We want to help law abiding citizens work together to stop lawlessness. It is better to work together than each on his own.”

The document is only a proposal because every community is unique and has its own challenges.

“Two farmers or two farms are not alike and consequently safety will not be treated the same either. Farm safety is a mindset and intertwined with every imaginable facet of farming. Each farmer must decide how he handles and manages his own and his family’s safety. Our hope is that this document is a starting block for organised community safety,” says Dr Theo de Jager, Chairperson of Saai.

TIPS FOR SAFETY DURING THE FESTIVE SEASON

• Safety cannot be delegated, therefore community involvement over the Christmas season is more important than ever, considering the high crime rate it is indispensable.

• The high incidence of contact crime and associated opportunistic criminals make it essential that farmers do not stick to their usual routine at this time. Tighten access control to your property.

• Cash transactions are taboo.

• To identify crime early, the checking of products and the irregular counting of livestock are essential. Despite poor

De Wildt Nuus Advertensies

Voorblad in kleur - R1265.00

Agterblad in kleur - R1125.00

Volblad binne kleur - R950.00

Volblad swart en wit - R 665.00

Halfblad swart en wit - R385.00

Kwartblad swart en wit - R290.00

Agste blad swart en wit - R200.00

Kontak 081 780 0426

service, farmers must report all crime.

• Patrols by farmers and farm guards must now take place at varying times to cover areas and identify suspicious behaviour in time. Criminal elements have a lot of time for reconnaissance and doing homework.

• Safety and security systems, radios and panic buttons must be continuously tested.

• In view of the high levels of load shedding, farmers must ensure that these tools are provided with standby power.

• Make sure you have access to a lawyer who is available at the time, as the courts will soon be in recess for the Christmas period, many lawyers will not be readily available as a result.

• Should you go on holiday over the Christmas period, store firearms legally elsewhere.

• Remember locks can be removed, please do not store ammunition in the same safe as the firearms.

• Continuous preparedness remains the most important aspect of your security plan.

• Every farm needs a contingency plan that must be practiced so that each member of the family knows exactly how they should act in the event of an attack. On a practical level, there must also be a room to which one can flee when an attack threatens. It must be equipped with water, first-aid equipment and means of communication.

• When looking at your security situation, you must think like a criminal. Identify places that are a possible threat and where they can enter. You need to make it as difficult as possible for intruders to get near or into your home.

• Be vigilant and make sure you get to every corner of your farm and always know what is going on. Ensure that there is good cooperation between you and other farmers and maintain good relations with the police and other security structures.

(Issued by: TLU SA)

Enquiries: Mr Henry Geldenhuys, TLU SA President, 083 560 1273

De Wildt Nuus 9 Februarie 2023

WAT KAN EK PLANT?

“Wat kan ek plant? is altyd ‘n groot vraag wat enige plantgewas produsent gereeld aan homself en sy bankbestuurder moet kan beantwoord - maar die antwoord is nie altyd so maklik nie”. So sê mnr. Chris Smith, privaat konsultant vir die vrugtebedryf in Suid Afrika. Chris was jare lank betrokke by die departement hortologie van L.N.R -Infruitec in Stellenbosch waar hy aan die stuur was van sagtevrugte-kultivarontwikkeling en -verbetering. In hierdie artikel gaan hy spesifiek gesels oor langtermyn aanplantings, m.a.w. meerjarige plante en spesifiek vrugtebome en bessies.

Die meeste gewasse is tot ‘n mate aangepas om bykans enige plek te kan groei, maar gaan nie noodwendig aan die ekonomiese verwagtinge voldoen nie. Die goue reël vir die ontwikkeling van nuwe hoë potensiaal kultivars is dat dit vir ‘n spesifieke klimaatstreek aangepas moet wees alvorens jy dividende uit jou belegging kan verdien. Met aanpassing verwys ek na die beginsel van hoë en volhoubare produksies van kwaliteit produkte wat met minimale insette en manipulasies geproduseer kan word – dit hou onkostes laag.

Klimaat speel ‘n deurslaggewende rol wanneer jy moet besluit oor watter gewas aangeplant kan word wat vir jou ekonomies volhoubaar gaan wees. Dit is die een faktor wat baie moeilik, of teen hoë koste, manipuleer kan word. Vir die kleiner boer is dit dus nie ekonomies om die klimaat te probeer aanpas by die gewas nie, maar eerder om die gewas te kies wat aangepas is by die klimaat.

Daar is verskeie wetenskaplike modelle om die impak van klimaat te kwantifiseer en te interpreteer. Die mees bekende modelle is koue- en hitte-eenhede. Hierdie twee modelle kwantifiseer die impak van winter- en somer temperature op die produksie van gewasse. “In die wetenskap wêreld word daar gereeld verwys na die ‘genotipe-omgewing-interaksie’ wat in balans moet wees en waar die genotipe die genetiese samestelling van die spesifieke kultivar weerspieël”. Chris sê dit beteken dat die impak van klimaat saam met die fenologie van byvoorbeeld ‘n pekanneutboom, saamwerk om vir jou as boer ‘n volhoubare inkomste te verseker.

”Daar is ‘n fundamentele rede hoekom appels en pere tradisioneel in die koeler areas van enige land verbou word. Maar hierdie reël is ook nie klip geskryf nie en kan omseil word deur middel van teling en verbetering van kultivars met ‘n laer kouebehoefte wat suksesvol in die warmer streke verbou kan word. Grond- en klimaatsvereistes vir enige gewas is dus van kardinale belang en moet nié deur die ‘romanse’ van om ‘n tradisionele produk in ‘n nie-tradisionele area aan te plant, oorheers word nie”. Waar woorde.

“Die geskiedenis het reeds bewys dat daar gereeld gewasse aangeplant word waarop daar nie behoorlike ‘huiswerk’ gedoen is nie. Hierdie is ‘n Internasionale verskynsel en is dus nie uniek aan Suid Afrika nie. Dis gewoonlik dan hier waar die ‘eksamen’ vóór die ‘les’ geskryf en daar ‘n baie ‘duur’ eksamen ‘gedruip’ word. Wat probeer ek hiermee sê: “Sorg dat jou huiswerk behoorlik gedoen is alvorens jy die tjekboek uithaal en op ‘n nuwe projek begin bestee”. Om enige landbougewas in vandag se tyd te plant en dan onder die boom te gaan sit om te kyk hoe jy ryk word, maak jy ‘n astronomiese fout.

Jy en vroulief het een oggend wakker geword en besluit om iets nuut aan te pak – in terme van boerdery. Daarvoor het julle ‘n draai by die plaaslike supermark of munisipale mark gaan maak om te kyk teen watter prys hierdie spesifieke ‘iets nuut’ waarin julle belangstel, verkoop word. Vinnig word die pakkie dertig sigarette uitgehaal en agterkop die boksie die nodige somme gemaak – fout, met verwysing na paragraaf hierbo. Waar is hierdie produk geproduseer, wat het dit gekos, ens. en hoe het dit daar gekom? Dis op hierdie punt waar jy ‘n kenner nader óf eers bietjie jou eie ‘huiswerk’ in samewerking met jou twee vriendinne, Google en YouTube doen alvorens jy groot besluite neem.

Hier volg ‘n paar aspekte wat ek voel aangespreek en deel moet vorm van die totale strategie pakket:

a) Bemarking – Maak seker dat jy ‘n behoorlike bemarkings strategie het. Bespreek jou kort- en langtermyn beplanning met ‘n goed geplaasde bemarker en maak seker dat daar wel ‘n behoefte vir die spesifieke produk bestaan.

b) Infrastruktuur – Beskik jy oor die nodige infrastruktuur om die produk te verwerk of te kan verpak. Dis altyd beter as jy jou eie waarde toevoeging kan doen.

c) Water – Maak seker dat jy weet wat die water behoeftes van die gewas is én of die beskikbaarheid daarvan genoegsaam sal wees om die produk suksesvol te kan verbou.

d) Grond – Doen die nodige grond ontledings – op die regte manier - en maak chemiese regstellings soos deur die betrokke gewas behoeftes vereis word.

e) Klimaat – Vereenselwig jouself van die wind, reën en ryp patrone van die gebied, asook die fenologiese stadiums van die spesifieke gewas. Klimaat kan die volhoubaarheid en produksie van die gewas dramaties negatief beïnvloed indien dit nie geskik daarvoor is nie.

f) Pes- en plaag beheer – Indien die vooraf genoemde vyf aspekte ideaal sou wees, maar die gewas sou sensitief wees teenoor die heersende peste en plae van die gebied, kan die ekonomiese volhoubaarheid van die gewas negatief beïnvloed word. Vir die meeste peste en plae is daar wel spuitprogramme beskikbaar en wat gevolg kan word, maar sal gevolglik ‘n noemenswaardige hap uit die beoogde winsgrens van die gewas neem.

Die fundamentele en belangrikste boodskap is dus: Moenie gewasse aanplant wat nie vir ‘n spesifieke grond en klimaat geskik is nie!

Lekker boer.

(Sel: 083 631 2306; Epos: chris2smith@telkomsa.net

De Wildt Nuus 10 Februarie 2023 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 082 879 6969

What to see in De Wildt

Tutuwedzo is a 34ha game farm located in the De Wildt Area, 12 km from Hartbeespoort and Brits respectively, 56 km from Pretoria East and approximately the same distance from Rustenburg. Our accommodation comprises 10 beautifully equipped chalets, (each sleeps 2 guests) all with airconditionintg, bar fridge, bathtub, top quality towels and linen, toiletries, hairdryer, TV and a coffee station. Each chalet also has an outside shower which is usually a ‘favourite’ with our guests. Our chalets with the amenities offered compare favourably to any 4-star establishment. Beside the sparkling pool is a thatched lapa with built-in braai, bar area, TV, sound system, 4-plate gas stove, fridge/freezer, basin, tables/chairs and ablution. This area is ideal to accommodate a group of up to 30 guests and, should guests so require, we provide all cutlery, crockery and cooking utensils required for self-catering at a fee.

Game such as Kudu, Njala, Springbok, Blesbuck, Impala, Water-

buck and Blue wildebeest roam freely and is a sight to behold. Many species of birds have also made Tutuwedzo their home. Guests are welcome to cycle or drive on the farm to view the game or we can arrange a game drive on the ‘Tutuwedzo Express’, which is our faithful Tractor and ‘sleepwa’! When guests

so require we often end the game drive with a ‘stop-over’ for a ‘gin-inda-bush’, and for the more adventurous and fun-loving folks, we arrange a ‘bokdrolspoeg’ competition!

When so required we provide the most delectable cuisine and pride ourselves on the fact that the quality of food we serve is of an extremely high standard. Although the chalets do not have self-catering facilities, the afore-mentioned lapa can very adequately cater to such a need for a group. Do take a peek at our FB page where comments made by our guests are testimony to the beauty and comfort of the lodge as well as the service we offer.

De Wildt Nuus 11 Februarie 2023
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00
Tutuwedzo
Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners

REST FOR SURE CARE HOME

Rest For Sure care home geleë te Afrit 14 De Wildt, (voorheen Ever Green) is tien maande gelede deur Carien Gobey oorgekoop.

Intussen het hulle hard gewerk aan opknappingswerk aan al die geboue en verbeterings is aangebring en die plek vang deesdae dadelik jou oog as jy daar inry. Rest For Sure maak voorsiening vir ouer persone asook vir enige ander ouderdomsgroep. Kamers en woonstelle is beskikbaar vir persone wat self versorgend is, enkellopendes of vir pare.

Daar kan ook drie etes per dag voorsien word. Verder is daar 24 uur versorgingsfasiliteite.

Die personeel is vriendelik en goeie diens word gelewer.

Sondae om tien uur word daar ‘n kerkdiens deur ‘n pastoor gehou.

Dr Keith Michael van The Junction Medical Practice maak elke week ‘n draai daar om na die pasiënte om te sien.

Op 24 Desember 2022 is al die inwoners en van hulle familie op ‘n Kersete trakteer. Daar is vir 100 persone, personeel ingesluit reggemaak.

Twee skape en 20 hoenders is op die spit gebraai en heerlike bykosse is in die kombuis gemaak.

Die inwoners en personeel is almal gratis trakteer, slegs die gaste moes iets betaal.

Vir enige navrae kontak Carien by 072 675 9282.

LEERDERVEILIGHEID SOGGENS BY LAERSKOOL VISSERSHOEK

Besorgde personeel en ouers van leerders van Laerskool Vissershoek wil graag aan die gemeenskap wat die pad voor die skool gebruik, ‘n versoek rig om ‘n veilige spoed daar te handhaaf.

Hoewel die skool eers om 07: 25 begin, word leerders al so vroeg as 06:15 voor die hekke afgelaai.

Hierdie is ongelukkig ook die tyd wat baie van ons inwoners op pad werk toe is, en dikwels is mense haastig. Smiddae sluit die skool om 14:00 en dan is daar weer baie verkeer voor en rondom die skool se ingange. Hoë spoed in die skoolsone verhoog die kanse op ongelukke en al is die spoedperk 40 km/h, wil ons tog die padgebruikers versoek om selfs nog stadiger te ry ter wille van ons leerders se veiligheid. Baie dankie vir u begrip!

De Wildt Nuus 12 Februarie 2023

Tuingids vir Maart

Hier is ‘n blitsgids om jou te herinner wat alles in die tuin in Maart gedoen kan word.

Plant dromerige hibiskus. Dit is ‘n reeks laatsomer blommende struike om in mooi houers op ‘n patio, balkon of in son of ligte skadu in die tuin te plant. Hulle het matig tot min water in die tuin nodig, maar ‘n bietjie meer in potte. Saai groenbemesting. As die produksie van jou somergroente lappie nie goed genoeg was nie en jy genoeg water het om gereeld ‘n kort rukkie te besproei, spit die dooie groente uit en saai groenbemesting gewasse (mosterd, bokwiet, klawer, lynsaad, lupiene, lusern of komkommerkruid) in beddings wat die winter gaan braak lê. Spit dit in die grond in terwyl dit blom (dit is pragtig!). Dit verbeter die grondstruktuur vir beter waterhouding en verhoog die grondvrugbaarheid daarvan vir ‘n volgende rondte somergewasse.

Ondersoek jou waterfokuspunte. Maak jou waterfokuspunt skoon voor dit koud word en die werk ongemaklik raak. Gaan jou pomp na om te sien of dit skoon en in ‘n goeie toestand is. ‘n Mens wil dit nie in die midwinter moet doen nie!

Wildedagga (Leonotis leonurus) is ‘n baie geharde, droogte en rypbestande immergroen meerjarige struik. Hierdie geliefde sierstruik dra van Februarie tot Julie herhaaldelik ‘n oorvloed trosse buisvormige oranje of wit fluweelige blomme in kranse die hele lengte van die stingel op. Dit is ‘n belangrike voedsel- en nektarplant vir suikerbekkies, bye en skoenlappers gedurende die herfs en winter. Plant dit in son of halfskadu en sny straf terug na blom vir die beste resultate en ‘n massa blomme die volgende seisoen. Begin om ‘n bedding vir aarbeie voor te berei deur goed verrotte kraalmis, kompos, ‘n bietjie blomswael (hulle hou van suurgrond) en algemene misstof in te werk.

Kweek aarbeie ook suksesvol in houers en hangmandjies –gebruik potgrond van ‘n goeie gehalte. Voed al die struike en die grasperk met ‘n kaliumryke misstof om die selle en stingels te versterk voor dit winter word.

(Geleen uit Die Tuinier)

De Wildt Nuus 13 Februarie 2023
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 081 780 0426 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Graad 1 Parrabeen

De Wildt Nuus 14 Februarie 2023
Welkom by ‘n jaar van groei. Graad 1parrabene. Hulle kan nie wag om te leer lees en skryf nie.
De Wildt Nuus 15 Februarie 2023 Beskikbaar Februarie 2023
De Wildt Nuus 16 Februarie 2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.