
1 minute read
VLU nuus
from DW Nuus Des 2021
Elma Human - Skakelbeampte
Aan al die dames in die tak wens ek en die bestuur, ‘n baie geseënde familietyd en Christusfees toe. Ons vertrou dat elkeen ‘n verskil sal maak, daar waar hulle beweeg, waar hulle kuier en waar hulle miskien vakansie hou. Aan almal wat die De Wildt Nuus lees, wens ons as tak ‘n besondere 2021 Kersfees toe. Mag die beskerming en die vrede van die Allerhoogste met elkeen wees.
Advertisement
Kersboodskap
deur Mary Ann du Preez, takvoorsitster

’n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar vir al ons getroue lesers en adverteerders deur die jare van De Wildt Nuus se bestaan.
Raadslid Dana Wannenburg spreek die dames by De Wildt-tak toe

Onlangs ontvang raadslid Dana Wannenburg die spesiale titel as Alderman Wannenburg. Die uitsonderlike toekenning was aan hom gemaak vir sy 20 jaar aktiewe betrokkenheid by die politiek en die stadsraad. Dana verduidelik aan die dames die gespanne situasie in die stadsraad en hoe die planne vir vooruitgang telkens ge- dwarsboom word deur die opposisie. Hy is op die oomblik gemoeid met Landbou- en omgewingsake. Hulle grootste uitdaging is om huishoudelike en tuinafval, stortingsterreine en onwettige storting te bestuur. Nuwe kontrakteurs is nog nie opgewasse nie en die ou kontrakteurs saboteer die proses. Dana trap self diep spore in ons area. Hy het ‘n passie vir die bemagtiging van mense, wat die leisels van die stadsraad kan vasvat! Dana Wannenburg.