4 minute read

Redaksiebrief

Next Article
DWBV nuus

DWBV nuus

Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Advertisement

De Wildt Nuus

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie. Desember 2021

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer

Liewe lesers Dit is die laaste kontreibladuitgawe wat ek hanteer en daarom juis die gemengde gevoelens wat ’n mens ervaar wanneer jy by die einde kom van ’n spe- saaklik bedoel om jou medemens dien. Die Woord sê in Prediker 3 “Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd ......”. Hoe ouer ’n mens word, hoe meer besef jy dat jou einddae sekerlik nader is as jou datum toe jy gebore is en dan poog jy om nog die take wat jy vir jouself onder leiding van die Gees bepaal het, wel te kan voltooi. Ek was so begenadig dat ek reeds amper al die ouderdom van negentig bereik het en dat ek tot datum baie doeleindes kon bereik, waarvan een hierdie gemeenskapskoerantjie was. Ek beplan om, as ek verder gespaar bly, nog my en Sannie se hele lewe saam op skrif te voltooi. Ek glo dat ek ongeveer halfpad gevorder het om hierdie boek voor die einde van 2022 te laat druk. Nog ’n redelike groot taak wat wag is om die oorblywende gedigte van Sannie persklaar te maak en dit ook te laat druk. As ek langer in die moeilike grendeltyd en die Covid 19 se regulasies feitlik sonder ’n redaksie se hulp en met die hulp van enkelinge, soos Hanna Scribante, Jannie Lemmer en Magriet van Heerden die kontreiblad moet behartig, sal die ander werk skade ly en my nog langer neem om te voltooi. Ek vertrou dat ons blad deur al die jare, nou reeds 31, vir ons lesers die moeite werd was om te lees. Die blad is soos dit bedoel was, nie slegs alledaaagse nuus nie, maar ’n wye spektrum van geskiedenis van ons eie kontrei en feitlik elke interessante aspek wat die moeite werd was om te onthou en op skrif te hê. Ek het dit ook die afgelope jaar beleef om die moderne ontwikkeling van digitale uitgawes toe te pas en ons blad nog verder oor die hele wêreld te versprei. Weens hoë drukkoste moes ons ook die harde kopieë verminder, maar baie meer lesers word op hierdie manier bereik. Ek

moet dus die jarelange redaksies, ons medewerkers met hulle artikels, ons adverteerders, talle vriende en donateurs van oral en ons drukkers tesa die uiteensetting van die blad behar-

tig het, bedank vir almal se aandeel aan ’n blad waarop seker die oorgrote meerderheid lesers tereg baie trots is. As ek oor hierdie lang tydperk moet te- rugdink, sou ek sekerlik weer ’n paar uitgawes kon volskryf, maar ek volstaan met die klein woordjie “Dankie“ vir die voorreg om redakteur te kon wees en vir al my goeie vriende se bystand en steun. Dan moet ek ook terugkeer na hierdie uitgawe waarin u ons gewone nuus sal lees, maar ook die kern van al ons uitgawes: Die waarheid en boodskap van die Woord van die Here. In hierdie uitgawe kan u weer by herhaling lees van die grootste geskenk wat ons as mense van ons hemelse Vader kon ontvang, nl die koms van Sy Seun na die aarde om hier vir ons sondes te kom sterf en as Oorwinnaar oor die sonde en die dood opgestaan het en na die hemel opgevaar het om vir ons as gelowiges plek te berei. Mag hierdie Kersfees vir ons

lesers werklik ’n Christusfees wees wanneer ons die Here loof en dank vir Sy offer ter wille van die mense wat glo.

Ek doen graag ’n beroep op ons lesers wat daarvoor kans sien, om na vore te kom en u dienste as redakteur by DWHM se kantoor aan te bied, Ek sal wel beskikbaar wees vir advies indien dit benodig mag word; is slegs ’n oproep ver. Mag ons lesers ’n aangename Kersvakansie beleef en mag hierdie Covid 19 iets van die verlede word, terwyl u die blad vol nuus lees. Groete aan al ons vriende.

This article is from: