4 minute read

TLU SA-nuus

Desember 2021

Meer is nodig om veediefstal aan te spreek

Advertisement

TLU SA-nuus Vir ’n daadwerklike impak op veediefstal móét daar nou na ’n volgende rat oorgeskakel word. Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat met die feesseisoen om die draai veediefstalgetalle gaan toeneem. Misdaadstatistiek vir vanaf 1 April tot 30 Junie 2021 wys ’n afname van 8% in veediefstal. Moet egter nie dat dié statistiek Ofskoon daar in ses provinsies afnames in veediefstal was, het die gevalle in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, toegeneem. In geheel beskou moet dit egter inaggeneem word, dat boere die laaste tyd al hoe meer vertroue in die polisie verloor het, en nie meer sake aanmeld nie uit pure moedeloosheid. Die afname is dus dalk net oë verblindery. “Boere het vertroue in die polisie verloor en nie sommer net sonder rede nie. Baie van die polisielede is deel van die sindikate. Veediefstal is ’n groot georganiseerde bedryf met groot geld op die spel,” vertel Mnr. Mort Mortassagne, TLU SA Voorsitter: Veiligheidskomitee. “Tans word net sowat 20% van die sake aangemeld en ’n skamele 4% van die sake word suksesvol afgehandel. Kanse om die boewe vas te trek, is reeds so skraal en dan is die forensiese werk op veediefstal nie op standaard nie. Daar is ook DNS monster databasis wat met sowat 400 000 monsters uitstaande is…en intussen steel die boewe voort.” Mnr Mortassagne voeg by dat in Suid-Afrika 2-5% van die Tans is een van die vernaamste bekommernisse en uitdagings die aantal sake wat aangemeld word teenoor die aantal veediewe wat deur die howe skuldig bewind word. Mnr Ronnie Schilling, TLU SA Streeksbestuurder: Oos en Natal was onlangs deel van TLU SA, Mpumalanga Landbou en AFASA se samesprekings met die Provinsiale Kommissaris van Mpumalanga waar veediefstal en ander prioriteitsmisdade bespreek is. “Dit is algemeen bekend dat die brandmerk van vee ingevolge Wet 6 van 2002 verpligtend is in Suid-Afrika. TLU SA neem kennis van die stappe wat die polisie doen en is uit die aard van die saak dankbaar. Ons ondersteun die polisie waar ons kan,” het mnr. Schilling gesê. “Is dit te veel gevra dat die regering en die polisie ’n groter impak moet maak in die bekamping van veediefstal? Is die straf vir veediefstal enigsins ’n afskrikmiddel? Dit demoraliseer boere as hulle nie op hul eie of met die polisie se hulp impak kan maak op die probleem nie.” Mnr Schilling verwys ook na die hoeveelheid vee wat op een slag gesteel word en ekstra kommerwekkend is. “Boere gaan moet bereid wees om gedurende die feesseisoen ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.”

Wetgehoorsame burgers in die spervuur

Die Suid-Afrikaanse regstelsel – waarskynlik een van die laaste staatsinstellings wat nog ’n mate van vertroue inboesem – is nou besig om wetsgehoorsame burgers in die steek te laat. Die arrestasie van verskeie boere landwyd, nadat hulle probeer het om hulself teen wetsoortreders te beskerm, is onder TLU SA se aandag gebring. “Die regsproses is besig om die pad byster te raak, as wetsgehoorsame landsburgers nou in die spervuur is,” sê mnr Henry Geldenhuys, TLU SA President. “Dit wil voorkom asof misdadigers nou gerat is, om onmiddellik ’n klag vir die rig van ’n wapen, rassisme, poging tot moord, aanranding, intimidasie of selfs moord teen die boer by die polisie sonder enige bewyse aanhangig te maak. In meeste gevalle word die boer gearresteer, en bevind die wetsgehoorsame burger hom in die beskuldigdebank. Des nie te meer, gebeur daar niks met die persoon wat eerste die wet oortree het.” Volgens Mnr Geldenhuys wil dit voorkom asof die regstelsel nou omgeswaai word, om die krimineel te beskerm en nie na die belange van die wetsgehoorsame burgers te kyk nie. Maar nou moet jy skynbaar kies tussen om self geskiet te word of om tronk toe te gaan…” Meer as een so geval is die laaste tyd onder TLU SA se aandag gebring. Volgens mnr Geldenhuys doen die staat alles in sy vermoë om borg ook nog teen te staan. Waar ’n boer op sy eie grond opgetree het om sy belange te beskerm teen indringers, word hy nou die krimineel. “Dit blyk of daar dubbele standaarde gehandhaaf word in die toepassing van die reg. Die omstandighede het sodanig versleg dat ’n wetsgehoorsame boer wat optree teen kriminele, homself baie vinnig in die beskuldigdebank bevind. Dit was immers nie die boer wat moei die boer se grond kom. Die polisie en regstelsel glo dan eensydig dié oortreder se klagtes. “ ’n Boer blyk skuldig te wees ongeag die omstandighede alvorens hy verhoor word. Geld die emosie van die gemeenskap nou baie meer in regspleging as wat billikheid en regverdigheid en die beginsel dat almal gelyk voor die reg is?” Die vraag wat vandag bestaan is, wat dan van die boere se regte om hul wettige eiendom te beskerm.” TLU SA gaan binnekort ’n skrywe rig aan die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, mnr Ronald Lamola, om die erns van die situasie onder sy dringende aandag te bring.

This article is from: