DWN Aug 2021

Page 16

16

De Wildt Nuus

Augustus 2021

Elma Human - Skakelbeampte

Eer die verlede: VLU De Wildt-tak gaan retro!

Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Elma Human, Petrina van Niekerk, Mary du Preez, Mariëtte de Wet Trysie Coetzee, Lize Venter, Felicity van Eeden Ons tema vir die jaar is: Eer die verlede, Vier die hede, Omhels die toekoms. Dit was ’n heerlike oggend waartydens die dames van die tak en die gaste, heerlik saam gekuier het met hulle meer formele uitrustings, wat destyds by vergaderings gedra sou word. Ons was gehoed, gehandskoen, gehandsak en gesykous…

Susan Carstens, ’n voormalige lid van die tak, kom kuier saam met ons en deel staaltjies van lief en leed. Daar word ook gedink aan dames, wat reeds oorlede is en almal lag lekker saam met Marianne Dirker, wat benoude oomblikke, op pad na ’n konferensie, met ons deel.

SNIPPIE is ons VLU hondjie… Martie Marx, skuil agter ’n masker, terwyl Snippie die hele wêreld kan bekyk. As baba het Snippie reeds vergaderings begin bywoon en het geleer om doodstil te sit en sy oortjies te spits. Hy het al kompetisiebeoordelings bygewoon, ’n konferensie en ’n kongres aanlyn gekyk, van sy ounooi se skoot af. Hy proe ook gereeld die verversings, wat tydens die teepouse geniet word!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.