3 minute read

DWBV nuus

Boer en Pandemie

Phil Louw, voorsitter De Wildt Boerevereniging Wie gaan in die toekoms jou kantoor met jou deel? Gaan dit Wagter, jou getroue vierbeenvriend by die huis, of Karel, jou getroue kollega of die werker by jou kantoor wees? So onseker is die wêreld waarin ons leef. Wel, wat ookal jou opsie is, een ding is seker: die werksomgewing sal nooit weer dieselfde wees nie – nie wêreldwyd nie en ook nie in Suid Afrika nie. Dit is die mening van dr Marissa Brouwers, ’n geregistreerde bedryfsielkundige en senior lektor by die Skool vir Bedryfsielkunde en Mensehulpbronne by die NWU. Moeilike tye: Dat tye baie verander het – veral in Suid-Afrika – kan nie in strate ry, bioskoop toe gaan of sommer net by maatjies gaan kuier nie. Jy kan ook nie sommer meer enige storieboek of dvd vir hulle koop nie. Grootmense se gesprekke gaan deesdae óf oor rugby óf geweld óf oor een of ander stygende prys wat dreig om die brood van die tafel en klere van ons lywe te stroop; die nuutste kaping of slimste inbraak in die buurt, ensovoorts.

Advertisement

Wat van hoop in moeilike tye?

Onthou, geloof en hoop begin by God. Alles het by God begin, al voel dit soms of Hy nie omgee nie. Daar is tye wat dit regtig swaar gaan, al glo jy in die Here. In so ’n tyd kla Jesaja 40:27: “Die Here sien nie raak wat van my word nie!” Ons weet dat alles by God begin het, ons hele lewe, en dat dit slegs kan voortgaan deur Hom. En tog voel dit soms of God nie omgee nie. Maar kyk mooi, die Here se antwoord in die volgende vers: “Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie….” Die Here God waarvan Genesis 1 vertel, wat alles van die begin af gedoen het, is nog dieselfde God, met dieselfde krag, wat nog dieselfde doen. Hoop en geloof is om dit verseker te weet! Al voel jy partykeer een ding, maar glo iets anders, bly hoop! Wanneer jy moeg voel, weet God gee jou krag. Wanneer jy alleen voel, weet die Here is by jou. Wanneer jy voel Hy hoor nie jou gebede nie, weet Hy hoor en verhoor dit. Hy is nog dieselfde God. Hy is God jou Vader, wat omgee. Bly hoop op Hom! Ongeag! Sout van die aarde. Ons boere is sout van die aarde mense, en ’n lig vir die wêreld. Hulle word beskou as van die beste boere ter wêreld. Hulle positiewe ingesteldheid, gebou op geloof, is ’n baie belangrike deel hiervan. ’n Boer maak inderdaad ’n plan om die dag van more ’n beter dag te maak. Dis mos ons mense daai – vasbytmense. Hulle getuienis is onweerlegbaar. Hulle maak ’n verskil en bring hoop. Hulle is dankbare mense wat weet waar hulle krag vandaan kom.

Sê dankie

Kos op die tafel kan soms so maklik as vanselfsprekend aanvaar word. Ons het so gewoond geraak om as’tware by die vleispotte van Egipte te sit dat dit ’n droogte en pandemie gekos het om ons weer te laat nadink oor al ons baie voorregte en seëninge. “Het jy vandag geëet? Bedank die boer!” Dis die minste wat ek en jy kan doen. Dankie is ’n baie klein woordjie vir so ’n groot gawe. Sien jy ’n boer, sê dankie dat hulle vasbyt en vir die kos wat hulle produseer.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 17 Augustus 2021 by De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.

Februarie/February 2021

Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur

R1265.00 R1125.00 R950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R385.00 Kwartblad binne in swart en wit R290.00 Agste blad binne in swart en wit R200.00

This article is from: