
2 minute read
Alternatiewe behandeling (18
from DWN Aug 2021
Augustus 2021 De Wildt Nuus
Alternatiewe behandeling (18) VREES - ’n DOODMAKER
Advertisement
Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) ’n Mens dink dat emosies met die mens se gees te doen het, maar dit is net die helfte van die waarheid! Daar is talle toestande wat uit die mens se bewuste denke en onderbewuste kom en die liggaam ernstig kan siek maak. Die mens se denke het ’n geweldige groot invloed en daaraan behoort aandag gegee te word ten einde gesondheid te kan ervaar.
Die een toestand wat die meeste probleme kan skep,
is vrees – dit kan een van die moontlike oorsake van ’n hele aantal siektetoestande wees. Ons leef in ’n tyd van algemene vrees wat talle oorsake kan hê. Tans is die Covid-bedreiging ’n vreeswekker; ek is oortuig dat dit ook kunsmatig aangeblaas word en gedurig onder almal se aandag gehou word. Wat doen vrees? Dit het ’n geweldige effek van verswakking van die immuunstelsel. Dit kan natuurlik weer tot ondermeer verkoues, griep en oorproduksie van kortisol en talle ander ernstige toestande lei. Moenie vergeet nie: alle stres is in wese ’n vorm van vrees. Moderne mense word oorspoel met verskillende stressors soos ’n gejaagde leefstyl met amper onhanteerbaar baie verantwoordelikhede, hoë vereistes by die werk, taxi’s), ens.
Wat kan ’n mens doen?
1. Die liefde dryf die vrees uit, sê die Skrif. Word bewus van die Skepper-Heer se liefde en die druk van vrees sal verminder. Pasop vir oppervlakkige gebed: moenie die verantwoordelikheid vir die oplossing van die probleme aan die Here oordra sonder om self verantwoordelikheid te neem nie. 2. Die een groot voorwaarde is om jou totale lewe in sy Hande te stel – Hy wil die Koning van jou hele lewe wees! Wanneer ’n mens gehoorsaam word, antwoord God. 3. Vrees is in wese ongeloof. Erken en bely dit en begin om die Here te vertrou met alles, al is dit nog sukkelend. 4. Hou ’n gesinsvergadering of ’n samespreking met almal in die huis ten opsigte van die dinge wat vrees of stres veroorsaak – hierin wil die Here graag leiding gee en Hy wag op die vertroue in Hom. 5. Verander die leefstyl gaandeweg waar nodig want herstel kom nie oornag nie. 6. Maak ruimte vir stil-word en meditasie. Vermy negatiewe gesprekke en skakel die radio en televisie af indien nodig. 7. Dank die Heer elke aand vir 5 dinge waarvoor jy dankbaar is. 8. Pasop vir verdowingsmiddels -- dit neem nie die probleem weg nie maar is slegs pleisters wat die kwaad verberg terwyl dit al erger word. 9. Stap elke dag vir ten minste 20 tot 30 minute – dit help om stres te verlig. 10. Sorg dat jy goed slaap. Indien jy sukkel, kry goeie raad want daar kan baie aan ’n mens se slaappatroon gedoen word.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners.

Februarie/February 2021
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Voorblad in kleur R1265.00
Agterblad in kleur
R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00
082 879 6969
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte JOHAN - 082 433 2260