4 minute read

Landbousake

18

De Wildt Nuus LANDBOUSAKE

Advertisement

KNOFFELVERBOUING

Leon Weber - landboukonsultant

Op versoek van ’n ywerige tuinier plaas ek die verbouing van knoffel graag op skrif sodat die produksieproses korrek kan ge- skied en goeie resultate verkry kan word. Knoffel word hoofsaaklik gebruik as ’n geurmiddel by die voorbereiding van kos en dit het ook ’n medisinale waarde. Baie is al gesê oor die medisinale waarde van knoffel en die populariteit het nou met die Covidpandemie toegeneem. Daar word nie baie knoffel jaarliks geproduseer en gebruik nie, Omdat daar nie ’n groot mark vir knoffel is nie, kan een goeie oes of ’n groot aanplanting die mark oorvoer met ’n negatiewe effek op die prys. Vir die ywerige tuinier wat self knoffel gebruik of plaaslik wil bemark, is dit ’n handige, lekker en winsgewende gewas op klein skaal. Knoffel word al van die 16de eeu al verbou vir eet (kruie) en medisinale doeleindes. Die verbouing vir medisinale doeleindes het die afgelope jare betekenisvol toegeneem.

BESKRYWING

Die knoffelplant het ’n sterk, maar vlak wortelstelsel, ’n kort stam, 5 tot 6 cm lank, met blare wat plat ontvou (nie rond soos dié van uie nie) met ’n blou/groen kleur. Knoffel maak soms ook ’n saad wat tot 800 swart saadjies kan produseer. Die saadjies kan ontkiem en kwekerye gebruik die saadjies om plantjies te kweek. Die algemene manier om knoffel te plant is breek en korrek gespasieer te plant. Die huisies werk waarskynlik goedkoper uit as plantjies.

GROND EN GRONDVOORBEREIDING

Soos vir die meeste gewasse, is diep goed gedreineerde grond wel net ’n 30 cm diep wortelstelsel, maar as die grond dieper nie goed dreineer nie, kan versuiptoestande geskep word met gepaardgaande wortelsiektes en probleme. Die grond moet dus tot 30 cm diep goed losgemaak word vir knoffel en voldoende kompos moet in dié laag ingewerk word (ongeveer 0.5 tot 1 kg/ vk meter bedding. Goed gefermenteerde hoendermis kan saam met die kompos ingewerk word voor plant teen 0,5 tot 1 kg/5 vk meter bedding. Hierdie voorskrif kan vir alle groente elke twee jaar herhaal word om die grond vrugbaar, los en ryk aan mikro-elemente en minerale te maak met ’n beter voghouvermoë. Waak asseblief teen te veel hoendermis (nie meer as 1 kg/5 vk meter nie) per toediening nie. Die knoffelbeddings kan so ’n maand voor plant gelyk en goed natgemaak word sodat die onkruid kan ontkiem. Met planttyd moet die bedding vlak (+- 5 cm diep) losgemaak word met ’n vurk of hark, om al die onkruid wat dan ontkiem het, dood te maak en ’n gelyk, fyn saadbed vir die knoffel te maak.

PLANTTYD

Knoffel vaar goed in warm klimaatstoestande en kan betreklike koue wintertemperature weerstaan. Dit moet seisoenaal geplant word ongeveer dieselfde tyd as uie. Temperatuur en dagliglengte bevorder bolvorming gedurende die groeiperiode. Die beste plantdatums in die gebied noord van die Magaliesberg is Februarie tot Maart.

BEMESTING

Bo en behalwe die kompos en hoendermis benodig knoffel nog die volgende kunsmis (sonder ’n grondontleding): Voor plant tydens saadbedvoorbereiding: 75 gram 4:3:4 (33) per vk meter gemeng met die kompos en mis en ingewerk in die bedding. Topbemesting: Op +- 3 weke: 50 gram 1:0:1 (30) per vk meter tussen die rye gestrooi en ingeloog met water.

KULTIVARS

Daar is twee kultivars wat tans gebruik word naamlik: Egyptian White: Produseer ’n groot wit bol met groot huisies met ’n matige geur en smaak. Egyptian Pink: Produseer ’n kleiner bol met kleiner huisies. Dit is perserig gekleur en het ’n baie sterker smaak en geur as die witte.

PLANTSPASIëRING EN –DIEPTE

In ’n gewone een meter breë bedding kan 3 tot 4 rye geplant word (+- 25 – 30 cm) van mekaar met ’n binneryspasiëring van 10 – 15 cm van mekaar. ongeveer 4-5 cm diep geplant in ’n gelyk, fyn ferm saadbed. Sommige plante ontwikkel klein blomknoppe of stingels aan die plant. Hierdie stingels met knoppe moet vroeg af gebreek word wat die oesopbrengs sal verhoog. Daar is ook sommige kwekerye wat plantjies kweek van knoffelsaad. Die kwekery, Plantforum, wat net agter Baviaanspoorttronk geleë is, het my meegedeel dat hulle vanjaar knoffelplantjies gaan maak. Om die goedkoopste plantmateriaal te kry, kan knoffelbolle bekom word en dan bepaal word wat kos ’n huisie en dit dan vergelyk met gekoopte plantjiekoste.

PLAAGBEHEER

Verskeie plae kom voor by knoffel en moet bestry word wanneer dit voorkom. Plae is geneig om baie voor te kom by gemaak word. In een of twee beddings in ’n huistuin mag die voorkoms van insekte en plae nie so groot wees nie. Meeste van die plae is sigbaar en moet gespuit of behandel word wanneer dit opgemerk word. Skakel u plaagbeheerbeampte in dié verband.

ONKRUIDBEHEER

As begin word met ’n skoon bedding waar al die onkruid met ’n vlak <5 cm bewerking beheer is, sal daar min onkruid later met die hand of met ’n handskoffel beheer moet word.

OESPROSES

Knoffel wat in Februarie/Maart geplant is, sal begin ryp word in Julie/Augustus en oesbaar wees en Augustus/September. Die bolle word uitgetrek en opgehang of op sifdraadstellasies onderdak gesit om droog te word waarna dit bemark of benut kan word. Knoffel is ’n vreemde gewas maar as die riglyne gevolg word, kan dit suksesvol wees en ook lonend. Skakel gerus om te bespreek - daar kan dalk vrae wees want dit is ’n gewas wat nie algemeen bekend is en verbou word nie. LEON WEBER 083-3267181

Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434 CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE

Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar

This article is from: