
1 minute read
VLU nuus
from DWN Aug 2021
Elma Human - Skakelbeampte
Martie Marx, skuil agter ’n masker, terwyl Snippie die hele wêreld kan bekyk. As baba het Snippie reeds vergaderings begin bywoon en het geleer om doodstil te sit en sy oortjies te spits. Hy het al kompetisiebeoordelings bygewoon, ’n konferensie en ’n kongres aanlyn gekyk, van sy ounooi se skoot af. Hy proe ook gereeld die verversings, wat tydens die teepouse geniet word!
Advertisement
Eer die verlede: VLU De Wildt-tak gaan retro!
Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Elma Human, Petrina van Niekerk, Mary du Preez, Mariëtte de Wet Trysie Coetzee, Lize Venter, Felicity van Eeden

Ons tema vir die jaar is: Eer die verlede, Vier die hede, Omhels die toekoms. Dit was ’n heerlike oggend waartydens die dames van die tak en die gaste, heerlik saam gekuier het met hulle meer formele uitrustings, wat destyds by vergaderings gedra sou word. Ons was gehoed, gehandskoen, gehandsak en gesykous… Susan Carstens, ’n voormalige lid van die tak, kom kuier saam met ons en deel staaltjies van lief en leed. Daar word ook gedink aan dames, wat reeds oorlede is en almal lag lekker saam met Marianne Dirker, wat benoude oomblikke, op pad na ’n konferensie, met ons deel.
