Skip to main content

DWN Aug 2021

Page 1

Augustus 2021 Jaargang 30 No 4

Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

QUALITY COMPOST

@ R 490.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 24.50 PER BAG

OR PHONE US 079 896 0032


2

De Wildt Nuus

Augustus 2021

A Brand New Logo! The same quality honey We sell Pure Raw South African Honey Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h30 Sat 08h00-13h00

Shop, Venue, Restaurant Restaurant hours:

Tuesday – Friday 08h00-14h30 Saturday – 08h00-13h00 CLOSED ON SUNDAY & MONDAY Bookings: Berta 0716046726


Augustus 2021

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Lief en leed Redaksiebrief TLU-nuus Huldeblyk Oudste werkende enjin Huldeblyk DWBV nuus DWBV nuus Betaal jou geloftes (4)

3 4 5 5 7 8 9 10 11

Huldeblyk Kroons Fly-In VLU nuus VLU nuus Landbousake Rate en wenke Alternatiewe behandeling (18) Huldeblyk

13 15 16 17 18 20 21 22

LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Oorlede

Hospitaal en siek

Manie Lemmer het met leedwese verneem van die afsterwe van vorige medeinwoners by Sandstone Sorgsentrum en bid hul naasbestaandes en vriende die vertroosting van ons hemelse Vader toe: Hans Minnaar, Erika Deacon, Johan en Johanna Olivier en Marthie Viljoen, sommige van hulle agv Covid-19.

De Wildt Nuus het nie inligting vir huldeblyke vir almal wat oorlede is ontvang nie.

Uit die geskiedenis

-


4

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Augustus 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF

Augustus 2021

Manie Lemmer

saam met geloofwaardige vriende en geleerdes se “narratiewe” my van die teendeel oortuig en ek het reeds die eerste inspuiting (of vaksinasie) ontvang sonder ernstige gevolge. Ek rig my fokus nou verder op ons kontreiblad self. Daar was ’n navraag of die blad gaan voortbestaan. My antwoord is dat ek nog die steun van ’n redaksie geniet, asook dié van die DWHM-direksie en -kantoor. Solank my gesondheid en denke deur die genade van ons hemelse Vader my nog daartoe in staat stel en die tegno- logie van telefone en rekenaars darem soms wel werk, sal ek van my kant daarmee voortgaan. Ek het natuurlik die steun van al ons lesers nodig as dit by artikels, advertensiewerwing en donasies kom. Sonder hierdie hulp van lesers maak dit my taak net al hoe groter as ek vir alles moet sorg. As ons lesers hierdie beroep raaklees en gunstig reageer, sal dit my inspireer om met moed en geesdrif voort te gaan. Ons poog steeds om vir ons lesers meer van die geskiedenis, die mense en gebeure van ons gebied te vertel en om die blad nie maar net vir eenmalige lees te bedoel nie, maar om as een lang vervolgverhaal oor al die jare ons gebied se verhaal op skrif te hê. Daarby poog ons ook om ten minste die goeie Boodskap van Verlossing vir sondaarmense te beklemtoon en studie van God se Woord aan te moedig. Lees dus gerus al die artikels en reageer daarop asseblief. In die vorige uitgawe het ons die De Wildtboom uit die geskiedenis deur ’n leser uitgegrawe gekry. In hierdie uitgawe het Michael Oosthuyzen weer die vervanging van ’n straatgloeilamp uit vervloë dae opgediep. Geniet al die nuus en ondersteun asseblief ons adverteerders. Hulle sorg vir die befondsing van die blad se om nie teen die Coronavirus geënt te uiteensetting en drukwerk. word nie. Gelukkig het soveel betroubare “narratiewe” in die sosiale media Groete tot Oktobermaand Liewe lesers Ek weet nie of bejaardes soos ek gouer as jonger mense koud kry nie, maar in hierdie week van 12 Julie het die winter sy tande diep ingeslaan en was addisionele warmmaakgoed vinnig uitgehaal, maar ons is darem reeds so ver in die winter dat ons die lente op die horison daar ver in ons geestesoë kan begin sien. Hier in my nuwe woonplek kry ek gelukkig binne die slaapvertrek en die sitkamer asook op die stoep goeie sonskyn wat ons darem lawe teen die ergste koue. Aangesien pandemie en onluste, rowery en plundertogte op almal se lippe is en op al wat openbare media is, daagliks van gemelde probleme (of sal ons amper kan sê plae soos eeue gelede In Egipteland) die hoofnuus gemaak word, kan ek seker maar in die nuutste mode ook meer daarvan sê. Ons staan, sit of lê feitlik elke oomblik en worstel met hierdie teistering. As ’n mens uit jou woning beweeg, is deel van jou wapenrusting jou masker en reinigingsmiddels. In ons vorige uitgawe het ek my mening gelug oor nuwe taalgoggas wat uit die pandemie-era hul ontstaan gevind het. Ek het die afgelope maand ook ’n nuwe byvoeging gehoor, veral oor die verskillende radiostasies; hierdie onnodige oorbodige gebruik is die woord narratief. Ons weet almal dat talle Engelse woorde uit Latyn kom en hierdie is een daarvan. Die Engelse noem dit “narrative” en hulle het ook die werkwoord “narrare”. Dit kom van die Latynse werkwoord “narro” o.a. in vervoegde vorm “narratum”. “Narro” beteken “ek vertel” en die “narratief” is niks anders nie as ’n storie of ’n verhaal. Ek weet nie of die opgediepe woord narratief die mense beïnvloed het nie, maar dis juis die klomp soms teenstrydige ”narratiewe” in die sosiale media wat my


Augustus 2021

5

De Wildt Nuus

Lewer kommentaar teen nuutste voorstelle oor grondonteiening TLU SA-nuus Die publiek het tot 13 Augustus 2021 geleentheid om kommentaar te lewer op die nuwe wysigings rakende art. 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding. TLU SA doen ’n ernstige beroep op Suid-Afrikaners wat besorg is oor die toekoms van grond in die land om hierdie geleentheid aan te gryp. “Dit is uiters belangrik dat alle Suid-Afrikaners en nie net boere nie besef hoe belangrik dit is dat hierdie wysigings nie deurgevoer word nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “As die Grondwet toelaat dat grond sonder enige vergoeding onteien kan word verloor alle grond in die land onmiddellik alle sel, buitelandse belegging en die ekonomie.” Volgens dr Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus en lid van die ad hoc-komitee wat met hierdie wysigings gemoeid is, is die ANC se nuwe voorstelle op die konsepwetgewing wat verlede jaar gepubliseer is, redelik ingrypend. Dit behels dat grondonteiening met die oog op grondhervorming teen nulvergoeding kan plaasvind. Verdere voorstelle handel oor die regering as kurator van sekere grond en ’n nasionale wet om die voorwaardes te

bepaal vir wanneer grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Die ANC kon hierdie wysigings vir kommentaar deurvoer omdat hulle in die komitee die meerderheid lede het. Maar, om dit heeltemal deurgevoer te kry moet tweederdes van die parlement die konsepwet aanvaar. Sedert die vorige verkiesing het die ANC nie meer ’n tweederde-meerderheid nie. Aangesien die EFF aandring op selfs meer radikale wysigings waartoe die ANC nie wil instem nie, sal die EFF dan ook nie hierdie wysiging ondersteun nie. “Ons is dankbaar dat die publiek tot dusver aan die proses deelgeneem het en so verhoed het dat die Grondwet maklik gewysig kon word,” sê mnr. Geldenhuys. “Die proses staan na ’n einde se kant toe en as die EFF volhou om die ANC teen te staan lyk dit of dit die gewenste uitwerking sal hê. Maar, dit is politiek en niks mense weer kommentaar lewer sodat ons teenstand gewig kan dra.” Die publiek kan by die volgende skakel kommentaar lewer: https://www.tlu.co.za/onteieningswet/

HULDEBLYK

Manie Lemmer

DAVID SCHALK VAN DER MERWE * 28 April 1961 † 20 Julie 2021 Ek het met skok verneem van David se oorlye, aangesien ek hom geken het as ’n man wat hard kon werk en menige keer as gesonde mens na sy afgeleë werkplekke oral in die land heen en weer gereis het. Hier is hy skielik deur die nuwe siekte oorval en na oorplasing na Bloemfontein om plek in ’n hospitaal te kon kry, het sy toestand verswak en het hy aldaar gesterf. David en ook sy oorlede eggenote, Paula, was veral baie betrokke by ons gemeente (Wonderboom) waar hy geruime aantal jare reeds as ouderling, ook tot sy dood voorsitter van die Kerkraad en Hoof van die Verbondsonderrig was. Dit was my voorreg om David met sy eggenote en destyds hul klein dogtertjie die eerste keer ’n klomp jare gelede te ontmoet toe ek by hulle huisbesoek gaan doen het. So het ons al die jare mekaar geken en toe ek sedert 2019 nie meer maklik in die aand motor kon bestuur nie, was David die vriend wat my gereeld na ons kerklike vergaderings opgelaai het en weer by my huis te Wildebeesthoek besorg het. David het ook gedurende die afgelope aantal jare by sy woonplek in ons gebied ’n nuwe begraafplaas aangelê en tot beskikking van ons gemeenskap gestel. As ek reg onthou is Paula in die eerste graf aldaar begrawe en nou is David langs haar in die Golden Acres Memorial Park te ruste gelê. Op 23 Julie is eers ’n diens in die kerk van Wonderboom APK-gemeente gehou deur prof die woorde van Paulus nl Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Prof Smit het die lewe van David as voorbeeld vir sy medemense voorgehou soos ’n Paulus wat nie volmaak was nie en ook foute gemaak het, maar altyd ’n ware voorbeeld vir sy medemens in sy handel en wandel was, Ek is dankbaar dat in hierdie tyd van inperkings en regulasies vir die Covid-19 ek die verrigtinge vandag terwyl ek die huldeblyk moes skryf, met behulp van die tegnologiese ontwikkelinge eers volledig kon aanhoor en nou saam kan stem met prof Smit. David was ’n

staatmakervriend en gelowige en ywerige Christen. Hy is nou veilig by die eindpunt van sy aardse lewe maar by die beginpunt van sy ewige lewe en dit is ook vir hom die wins waarvan Paulus geskryf het. Ek sal David saam met sy dogter en skoonseun en ander familie mis en verseker hulle van ons gebed dat hulle ook troos en berusting sal vind in hul mooi herinneringe van David. Tanya en Jankus: Besonder sterkte vir julle saam met jul klein kindjie toegebid. Dit is ’n voorreg om David te kon ken.


6

De Wildt Nuus

R1 000 R2 000

R3 000

Augustus 2021


Augustus 2021

De Wildt Nuus

7

WAAR IN DE WILDT SAL JY DIE OUDSTE WERKENDE ENJIN RAAKLOOP? Oom Hennie Swanepoel is al donkiejare besig om ou enjins en ander rare oudhede bymekaar te maak. Sy “museum” is ‘n merkwaardige versameling van alles en nog wat uit vervloë dae toe ons nog met handsentrales en Model T Fordjies oor die weg moes kom. Sy stories en vertellinge van die omgewing en sy mense, kan jou ure aan sy lippe laat hang en hy sal gou-gou vir jou ‘n enjin of twee aan die gang sit sonder dat jy eers hoef te vra. So het elke enjin sy storie oor waar dit vandaan kom en in watter toestand dit was voordat oom Hennie dit weer aan die loop gekry het.

Hy besit tans die oudste enjin in die Hoëveld se Veteraan enjinklub, ‘n Tangyes Continues Lamp 2 hp Hotbulp Oil Engine wat in Engeland vervaardig is in 1898. En dit is in werkende toestand! (Foto hierbo) Sy ou platespelers met ou 78 opm plate is iets ook om na te luister. Mens verlang skoon terug na die dae van opskop, melktert en skaapkop eet. Dankie oom Hennie vir jou omgee vir alles wat ander soms miskyk of selfs weggooi. Jy is een van ons De Wildt se weggesteekte juwele.


8

Augustus 2021

De Wildt Nuus

HULDEBLYK

Manie Lemmer

NICOLAAS MARTHINUS LEMMER * 24 Maart 1931 † 21 Julie 2021 Nog ’n generaal uit die Lemmer-familie is deur die dood na ’n lang stryd teen pynlike siektes weggeneem. Ons glo dat hy nou by sy eintlike bestemming uitgekom het waar hy ewig sonder pyn en ongemak sal wees. Generaal Nic (of soos baie vriende hom genoem het, Bul) Lemmer het ’n avontuurlike lewe en loopbaan ervaar. Waarom nou hier in ons kontreikoerant oor hom skryf? Hy was ’n gereelde leser van ons blad en het ook tot ons fondse bygedra. Hy verdien dus ook hier ’n ereplek. Nic het gedurende sy weermagloopbaan en soms ook in diens van ander departemente in verskeie lande diens gedoen. Om tot die rang van Brigadier-generaal te kon vorder, het hy natuurlik oor meer mag-akademie beskik. Soos voorgangers soos genl Manie Lemmer (my oupa Manie se neef) wat in die Anglo Boereoorlog geveg en gesneuwel het, ook beskryf is deur Lionel Wulfson (skrywer van die boek Rustenburg at War) by ’n Lemmer-fees as een van die grootste generaals in sy huldeblyk, kan ons sekerlik ook Nic in die geledere van groot generaals reken. Hy het soveel dinge in sy negentig lewensjare aangepak en gedoen dat hierdie huldeblyk byna ’n hele boek kon beslaan. Ek meld dus enkele sake: Op een stadium het Nic ook as konsul vir die Departement van Buitelandse Sake in Mosambiek diens gedoen en toe later as eerste sekretaris van die SA Ambassade in Bonn, Duitsland, waar hy ondergemelde familesake in vrye tyd gedoen het. Daar het hy ook werksverpligtinge in ander lande soos Switserland, Swede, Hongarye en Pole gehad. Sy eggenote wat hom vergesel het en hul jongste seun het hul Duitse besoek en verblyf ten goede gebruik en Henriette wat by Departement Buitelandse Sake in SA taalinstruktrise was, kon Nic ook goed bystaan. Hy het ’n paar jaar in Duitsland as verteenwoordiger van ons destydse regering diens gedoen en was soos sy eggenote, Henriette, ook Duits magtig. Daar het hy dit ook sy taak gemaak om die dorp Wiedenest waarvandaan Johann Casper Lemmer in 1786 na Suid-Afrika gekom het, te besoek. Daar het Nic die Lemmer-wapen (embleem) van die Lemmers aldaar bekom. Toe hy en sy eggenote na Suid-Afrika teruggekeer het, het Nic met ’n heraldikus gereël om die wapen van Swellendam, die distrik waar ons oorspronklike voorvader hom gevestig het, se wapen te neem en dit met die Lemmers in Wiedenest se Lemmer-wapen te integreer en vir hom (Nic) ’n eie Lemmer-wapen te ontwerp. Nic het dit by die owerheid as amptelike Lemmer-wapen vir homself geregistreer. Hy het later ook gebruiksreg van gemelde Lemmer-wapen aan die Lemmers in SA verleen en dit is dus ook die amptelike wapen van die Lemmer-famliebond in SA. Hiervoor is ons Lemmers groot dank aan Nic verskuldig en hy was jare gelede reeds as een van die name op

die ererol van LEMSA (akroniem vir Lemmer-familiebond) benoem. Vir die Lemmers het hy ook besondere navorsing tov Lemmer-grafte oral in SA gedoen. Nic het op verskllende ander instansies se komitees gedien en na sy aftrede het hy homself met leeswerk en geboue-ontwikkeling besig gehou. Ek wil bevestig dat hy soos ek oor letterlik duisende boeke beskik waarop hy baie trots was, seker maar ’n familiekwaal. Nog ’n eienskap van Nic was sy wye belangstelling en ’n mens kon ure in sy geselskap waar hy dan feitlik alleen gepraat het, na baie gebeure en familiesake luister sonder om verveeld re raak, Hy het wel soms homself onderbreek om ’n oomblik aan een van sy honde, waarvoor hy besonder lief was, aandag te skenk. Hiermee volstaan ek met my bede vir Henriette, hul kinders en kleinkinders dat hulle in talle lewenslange herinneringe aan Nic berusting sal vind en ook die sorg en troos van ons hemelse Vader sal ervaar. Ons sal hom saam met julle mis. Generaal en kleinneef Nic, ons salueer jou en groet vir oulaas.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


Augustus 2021

9

De Wildt Nuus

Boer en Pandemie Phil Louw, voorsitter De Wildt Boerevereniging Wie gaan in die toekoms jou kantoor met jou deel? Gaan dit Wagter, jou getroue vierbeenvriend by die huis, of Karel, jou getroue kollega of die werker by jou kantoor wees? So onseker is die wêreld waarin ons leef. Wel, wat ookal jou opsie is, een ding is seker: die werksomgewing sal nooit weer dieselfde wees nie – nie wêreldwyd nie en ook nie in Suid Afrika nie. Dit is die mening van dr Marissa Brouwers, ’n geregistreerde bedryfsielkundige en senior lektor by die Skool vir Bedryfsielkunde en Mensehulpbronne by die NWU. Moeilike tye: Dat tye baie verander het – veral in Suid-Afrika – kan niein strate ry, bioskoop toe gaan of sommer net by maatjies gaan kuier nie. Jy kan ook nie sommer meer enige storieboek of dvd vir hulle koop nie. Grootmense se gesprekke gaan deesdae óf oor rugby óf geweld óf oor een of ander stygende prys wat dreig om die brood van die tafel en klere van ons lywe te stroop; die nuutste kaping of slimste inbraak in die buurt, ensovoorts. Wat van hoop in moeilike tye? Onthou, geloof en hoop begin by God. Alles het by God begin, al voel dit soms of Hy nie omgee nie. Daar is tye wat dit regtig swaar gaan, al glo jy in die Here. In so ’n tyd kla Jesaja 40:27: “Die Here sien nie raak wat van my word nie!” Ons weet dat alles by God begin het, ons hele lewe, en dat dit slegs kan voortgaan deur Hom. En tog voel dit soms of God nie omgee nie. Maar kyk mooi, die Here se antwoord in die volgende vers: “Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie….” Die Here God waarvan Genesis

Februarie/February 2021

1 vertel, wat alles van die begin af gedoen het, is nog dieselfde God, met dieselfde krag, wat nog dieselfde doen. Hoop en geloof is om dit verseker te weet! Al voel jy partykeer een ding, maar glo iets anders, bly hoop! Wanneer jy moeg voel, weet God gee jou krag. Wanneer jy alleen voel, weet die Here is by jou. Wanneer jy voel Hy hoor nie jou gebede nie, weet Hy hoor en verhoor dit. Hy is nog dieselfde God. Hy is God jou Vader, wat omgee. Bly hoop op Hom! Ongeag! Sout van die aarde. Ons boere is sout van die aarde mense, en ’n lig vir die wêreld. Hulle word beskou as van die beste boere ter wêreld. Hulle positiewe ingesteldheid, gebou op geloof, is ’n baie belangrike deel hiervan. ’n Boer maak inderdaad ’n plan om die dag van more ’n beter dag te maak. Dis mos ons mense daai – vasbytmense. Hulle getuienis is onweerlegbaar. Hulle maak ’n verskil en bring hoop. Hulle is dankbare mense wat weet waar hulle krag vandaan kom. Sê dankie Kos op die tafel kan soms so maklik as vanselfsprekend aanvaar word. Ons het so gewoond geraak om as’tware by die vleispotte van Egipte te sit dat dit ’n droogte en pandemie gekos het om ons weer te laat nadink oor al ons baie voorregte en seëninge. “Het jy vandag geëet? Bedank die boer!” Dis die minste wat ek en jy kan doen. Dankie is ’n baie klein woordjie vir so ’n groot gawe. Sien jy ’n boer, sê dankie dat hulle vasbyt en vir die kos wat hulle produseer.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 17 Augustus 2021 by De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

We deliver

Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte

JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com

Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits

Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00


10

Augustus 2021

De Wildt Nuus

BOEDELBEPLANNING Die TLU SA Finansiële Dienste Lessenaar het totaal omvorm tot Landbousektor Finansiële Dienste Mkpy Bpk, ’n volwaardige gelisensieerde Finansiële Dienste Maatskappy met FSCA registrasienommer 44619. TLU SA besit ’n wesenlike aandeel in die maatskappy en die primêre doelwit is om elke TLU SA-lid op ’n persoonTLU SA-lede kan nou staatmaak op dienste en advies uit eie geledere in terme van alle aspekte van persoonlike

in oorleg met die trustakte en artikels van oprigting opgeOpvolgbeplanning geslag by die volgende gaan oorneem sonder om astro-

Ons by Landbousektor Finansiële Dienste bied u die keuse en opsies van produkte van verskeie versekeraars en fondsbestuurders. Soos wat TLU SA na die belang van sy lede omsien in terme van landbousake, sien ons om na u Boedelbeplanning. Sonder omvattende boedelbeplanning word bates waarvoor ’n leeftyd, of in baie gevalle oor geslagte heen voor gewerk is, op risiko geplaas. Aspekte waarna in detail na gekyk moet word is: maar daar is baie meer:

is daar ’n likiditeitsprobleem in die boedel. Dit veroorsaak onnodige komplikasies in die boedelberedderingsproses. Wie is jou Eksekuteur? daardie persoon die nodige kennis en ervaring om dit te

dit ’n onnodige uitgerekte en duur proses tot gevolg het. dit is om boedels te beredder. ’n Vaste-koste ooreenkoms kan ook aangegaan word. Verkieslik moet hierdie instelling

vrae hier:

Daar is nog verskeie aspekte ter sprake wat hanteer word gedurende die beplanningsproses.

Testament -

804 8031 of op 082 330 8607 om u by te staan in hierdie krities belangrike aspek van Persoonlike Finansies.

Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit

Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 Scribante-plaas, Silkaatsnek

Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

We deliver

Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte

JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com

Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits


Augustus 2021

De Wildt Nuus

11

BYBELSTUDIE 2021

BETAAL JOU GELOFTES (4) Manie Lemmer

In ons vorige bydraes het ons gewys op beloftes wat God aan die mens en mense oor eeue gemaak het en dan ook op enkele geloftes van die mens of mense aan God by geleentheid tevore en selfs vandag nog selfs in ons eie tyd. Dink maar aan tydens u huwelik waar u voor God trou beloof het aan u eggenoot/eggenote en ook tydens doopplegtighede waar die ouers te voed in Gods-kindwees. Kom u dit steeds na? Ons was sedert verlede jaar vanaf 26 Maart onder inperking vasgekluister in ons huise. Dit laat my terugdink aan ’n verstandelik gestremde volwassene wat soms in die mense wat aan hulle beddens “vasgepleister weet dat die Here wel haar pleidooi reg gehoor het en dit verhoor het. Terwyl hierdie siekte en die gevolge en voorsorgmaatreëls omtrent ook deel van ons lewens en gesprekke geword. Dit is natuurlik die ideale plek vir die satan om by ons vrees en twyfel rende inligting onder andere oor inenting teen die siekte. Waar kan ons ons verwarde gemoedere weer tot rus laat kom? UIT DIE WOORD is die antwoord. Ek lees onlangs in een van die so-

siale media goeie raad van een van my Lemmer-familielede en ook

dan kan slegs onthou word dat daar een Groot Geneesheer en Versorger is wat steeds sedert die skepping se begin in beheer van die hele skepping is. Om te weet wie Hy is en wat Hy alles doen

leraars wat elke Sondag in ons kerke hierdie Woord verkondig. Die raad van my familielid: Kyk na al hierdie volgende verse en (ek voeg by) vind self nog talle meer wat op die beloftes van God wys. Ek wil juis graag hê dat ons lesers die volgende verse in die Bybel sal naslaan en dit duidelik merk vir naslaan later: Hier vind u nou ’n goeie beginpunt vir stelselmatige Bybelstudie: Kyk hoeveel ander tekste kan u vind wat soortgelyke gerusstellende beloftes inhou van hierdie grote God wat in Sy almag en alwetendheid altyd as genadige Beskermer ons aanhoor as ons die nood in ons harte en ons smekinge om vergiffenis aan Hom oordra. Lees ook altyd die betrokke teks binne die verband waarin dit gebeur het of gestel is.


12

De Wildt Nuus

Augustus 2021


Augustus 2021

13

De Wildt Nuus

HULDEBLYK

Manie Lemmer

LLEWELLYN LOUW *7 Julie 1960 † 24 Junie 2021 Nog ’n seun uit ons gemeenskap en gebied wat ons deur die dood ontval het. Hy is die seun van wyle Trevor en van Georgie Louw, en die broer van Thea le Roux en ook van Jakkie Louw. Toe ek en Sannie in 1971 hier ingetrek het, was die Louw-gesin van die eerste mense wat ons hier ontmoet het en wat tot datum ons vriende gebly het. Llewellyn was nog ’n jong seun wat veral al ons gesamentlike wildtuintoere geniet het en elders in ons blad is sy herinneringe wat Thea vir ons neergeskryf het soos Llewellyn dit aan haar uit sy verlange na vervloë dae vertel het, want agv die motorneuron-siekte waaraan hy reeds maandelank gely het, kon hy nie meer self skryf nie, maar sy geheue en verstand het nog goed gefunksioneer. Dit is ’n groot verlies vir ons land en ons gebied, want Llewellyn was ’n ingenieur wat as ek altyd reg gehoor het, in die beginjare by die glaswerke (Consol) gewerk het en in die jare daarna het hy omtrent die wêreld deurreis om vir groot besighede oral oorsee funksioneringsprogramme op te stel en in stand te hou. Hy was ook ’n lid van ’n bekende koor en ek het self die voorreg gehad om een van hul uitvoerings saam met Sannie by te woon met die gevolg dat ek ook een van hulle laserskywe in ons versameling het. Hy was ook ’n fotodie Wildtuin die beginsaadjie gevind. Ek kan nog veel meer van Llewellyn sê, maar volstaan met bewondering en dank vir sy gesin en sy ander familie wat hom versorg het toe dié siekte hom van medemense totaal afhanklik gemaak het. Ek bid steeds vir Georgie en haar ander kinders en kleinkinders (wat Llewellyn se twee dogters en sy seun insluit) vertroosting en sterkte toe met die versekering dat ek Llewellyn saam met hulle sal mis. Llewellyn Louw se laaste herinneringe Soos deur Llewellyn onthou en aan sy suster Thea vertel: Die opgewondenheid van ‘n papier vullissak in die kar by Numbi-hek sal ek nooit vergeet nie. Daardie groot bome was soos ‘n deur wat alles buite agtergelaat het. Wie gaan die eerste diere sien, rooibokke, ape of dalk ‘n olifant? Pretoriuskop, Verwoerddam en Skukuza se uitkyk oor die rivier. Eers ’n ent met die Sabie-rivier langs, daar sal verseker olifante wees en dan oor die brug verder noord, seekoeie, krokodille en dalk ‘n paar leeus. Stop gou by die Kruger-klippe vir ’n foto by die plaat en dan Tshokwane vir ete. Daar het altyd ‘n vuur gebrand waar ’n paar kole gekrap word vir gehad met koeldrank en roomys, lank voor vandag se restourante. Satara was dikwels die bestemming. Nie dat die ander kampe heel oorgeslaan was nie, was Satara, Letaba en Shingwedzi maar die gunstelingkampe. Ek het nog altyd gesê dat ek meer keer in die Kruger was as my ouderdom, ek glo nog dat dit waar is. Van al die paaie is die S100 nog altyd my gunsteling, Regs by Satara uit, en dan eerste links. Die ikoniese pad neem jou ook na wat ons as David Lion se piekniekplek geken het. David was die oppasser by die ou N’Wanetsi piekniekplek teen die Mosambiek- grens voor dit na die koppie geskuif is waar dit nou is. David het die leë bierblikkies gesny en asbakkies gemaak, daai tyd was dit meestal Lion. As die S100 ‘n gunstelingpad is, beteken dit nie dat daar nie dosyne gunstelingplekke was nie, dalk honderde. Die rivier net buite Shingwedzi net na dit noord gedraai het, die groep Koorsbome net suid van Letaba, Timbavati piekniekplek met die bosbokke wat uit jou hand uit eet, die ou laagwaterbrug oor die Olifantsrivier, te veel om op te noem. Pretoriuskop was destyds die enigste kamp met ‘n swembad. Dit was daarom baie gewild by ons as kinders. So ‘n natuurlike klipbad in die verste hoek van die kamp. Dis juis daar waar ek van my belangrikste lesse in wildkyk geleer het. Eerstens weet die petroljoggie altyd waar die uiltjies in die bome wegkruip. Dan is die plaaslike veldwagter meer as bereid om kennis te deel. So vra Pa die een dag waar die luiperd loop. En so volg daar toe ‘n detail beskrywing van waar die kalant die laaste tyd loop. Soos ek dit onthou die kamp loop, en daardie dag kom loop hy toe sowaar voor ons oor die pad. Op ’n keer het ons een van daardie stil dae op die ou Voortrekkerpad beleef, hier en daar rooibokke met nie veel tussen in nie. Dis meer as

veertig jaar gelede maar ek onthou dit soos gister. Die pad het so ‘n slap draai na regs gemaak om ’n oopte met ‘n groepie rooibokke. Pa het gestop en die kar afgesit met ‘n “iets pla die bokke” opmerking. Na wat soos ’n ewigheid gevoel het, het ons die jagluiperd sien beweeg na die bokke toe, ongelukkig die bokke ook. Om dieregedrag te kan lees is verseker ‘n kuns wat net met fyn kyk en geduld aangeleer word, ‘n kuns wat eintlik noodsaak is vir enige natuur- liefhebber. Deel daarvan is om dit rustig te vat, en met oop vensters te ry want die bosgeluide en reuk is omtrent net so belangrik. Ek kan aan hordes gevalle dink wat ons die diere uit die bos gehaal het, veral die luiperd. Een jaar wat nou nog uitstaan was die groep 32 persone, ons, die Lemmers, Corneliusse, Snymans, Bothas, Prinsloos, Steyns en oupa Willem met ouma Dorie. Ek dink dis die jaar wat ek en Gertjie saam met Oupa-hulle heel agter in die tou karre die luiperd teen die rivieroewer gesien het net toe ons van die laagwaterbrug af kom. Daar was ‘n paar dae voor die ryery vark geslag wat toegedraai op die karavaan se bed gelê het met alles nodig vir ‘n spitbraai by Orpen. Daarmee saam was die vakansie ook spesiaal omdat daar saam gesing is om die kampvuur. Tannie Sannie Lemmer het anders as die norm haar ghitaar op C gestem met oop snare en sommer so plat op haar skoot met drie drukke het baie van die kampe nog ‘n groot sentrale vuur gehad. Dit het toe die kampvuurkuier, saamsing en konsertarea geword. Daar was selfs boekies gemaak met al die gewilde liedjies wat uitgedeel is. Bobbejaan klim die weer en natuurlik En die groen gras groei daarom. Dis ook die jaar van oom Manie se beroemde of berugte preek. ‘n Kraai lê drie eiers; My broer, stadium. O en so van souskluitjies gepraat, dit was ouma Dorie se werk en Oupa was selfaangestelde Kampkommandant wat elke aand vir die pap gesorg het. Redaksie: So sal ons ook vir Llewellyn en almal in sy verhaal, wat ons reeds vooruitgegaan het, onthou.


14

Augustus 2021

De Wildt Nuus

Welcome to Truly Natural and Private Memorial Parks and Cemetery.

www.thepreserve.co.za Don’

-guard with unsafe and poorly kept cemeteries with no space available

Secure your Burial Plot today , for peace of mind whilst you contribute towards conservation Securing a plot at The Preserve will give you and your loved once access to: Private Interment Security, & Fully Protected Private Grounds which are Maintained Daily Marker Headstone Your personal Book of Life with your interment details. For R11,500 per Super Single Plot

0861 889 889 info@thepreserve.co.za The Rainier Culverwell Park

The Preserve in itself is a memorial to clients and the nature of South Africa. The Preserve is a combination of providing a dignified and safe resting place for our dearly departed family and friends, while we also at the same time ensure that the natural environment of South Africa is conserved for future generations to Blessings:

Allan & Bernice Culverwell

Membership

sms “Please Call Me”, or forward us a WhatsApp request to: 076 812 7744.


Augustus 2021

De Wildt Nuus

KROON’S FLY-IN 5 JUNIE 2021 Jan Lemmer Op Saterdag 5 Junie 2021 het die Kroon’s Fly-In plaasgevind. Lekker koud het ons die oggend begin met mooi stalletjies wat iets te ete, iets te drinke en iets vir die oog van mans en dames verkoop het. Die dag toe Kobus Vrey my bel en vertel van die Fly-In by Kroon’s en dat hulle daaraan dink om stalletjies daar te hê, het ek aan net een persoon gedink wat ‘n haas so vinnig uit die hoed kan trek - Rina Bester, dankie vir jou puik reëlings en al die mooi stalletjies wat die dag baie besonders gemaak het. Ons gemeenskap se dank gaan aan Kevin Wood, voorsitter van die vliegklub, Kobus Vrey, Marius Nel en die hele bestuur van die klub vir die geleentheid wat dit vir Rina en al die uitstallers moontlik gemaak het om ’n besondere geleentheid aan te bied. Dit was ‘n baie mooi en opwindende dag, propvol ligte vliegtuie, Girocopters, radiobeheerde vliegtuie asook groter vliegtuie se verbyvlugte wat die besoekers trakteer het. Dankie almal vir julle bywoning en ondersteuning van hierdie lekker dag!

15


16

De Wildt Nuus

Augustus 2021

Elma Human - Skakelbeampte

Eer die verlede: VLU De Wildt-tak gaan retro!

Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Elma Human, Petrina van Niekerk, Mary du Preez, Mariëtte de Wet Trysie Coetzee, Lize Venter, Felicity van Eeden Ons tema vir die jaar is: Eer die verlede, Vier die hede, Omhels die toekoms. Dit was ’n heerlike oggend waartydens die dames van die tak en die gaste, heerlik saam gekuier het met hulle meer formele uitrustings, wat destyds by vergaderings gedra sou word. Ons was gehoed, gehandskoen, gehandsak en gesykous…

Susan Carstens, ’n voormalige lid van die tak, kom kuier saam met ons en deel staaltjies van lief en leed. Daar word ook gedink aan dames, wat reeds oorlede is en almal lag lekker saam met Marianne Dirker, wat benoude oomblikke, op pad na ’n konferensie, met ons deel.

SNIPPIE is ons VLU hondjie… Martie Marx, skuil agter ’n masker, terwyl Snippie die hele wêreld kan bekyk. As baba het Snippie reeds vergaderings begin bywoon en het geleer om doodstil te sit en sy oortjies te spits. Hy het al kompetisiebeoordelings bygewoon, ’n konferensie en ’n kongres aanlyn gekyk, van sy ounooi se skoot af. Hy proe ook gereeld die verversings, wat tydens die teepouse geniet word!


Augustus 2021

17

De Wildt Nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Teesakkies word kaartjies Clarissa Stoltz, gee vir ons wenke oor hoe om handgemaakte kaartjies te maak. Sy demonstreer vir ons hoe om met ou, gedroogte teesakkies ’n 3D-kaartjie te maak. Wanneer jy die teesakkie vasgeplak het op die karton, decoupage mens ‘n prentjie of mooi stukkie servet daaroor en met ‘n bietjie verfafwerking, kan dit ‘n baie spesiale voorblad vir ‘n kaartjie word.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00

Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00

082 879 6969

Adverteer in u eie gemeenskapsblad


18

De Wildt Nuus

Augustus 2021

LANDBOUSAKE

KNOFFELVERBOUING

Leon Weber - landboukonsultant

Op versoek van ’n ywerige tuinier plaas ek die verbouing van knoffel graag op skrif sodat die produksieproses korrek kan geskied en goeie resultate verkry kan word. Knoffel word hoofsaaklik gebruik as ’n geurmiddel by die voorbereiding van kos en dit het ook ’n medisinale waarde. Baie is al gesê oor die medisinale waarde van knoffel en die populariteit het nou met die Covidpandemie toegeneem. Daar word nie baie knoffel jaarliks geproduseer en gebruik nie,

BEMESTING Bo en behalwe die kompos en hoendermis benodig knoffel nog die volgende kunsmis (sonder ’n grondontleding): Voor plant tydens saadbedvoorbereiding: 75 gram 4:3:4 (33) per vk meter gemeng met die kompos en mis en ingewerk in die bedding. Topbemesting: Op +- 3 weke: 50 gram 1:0:1 (30) per vk meter tussen die rye gestrooi en ingeloog met water.

Omdat daar nie ’n groot mark vir knoffel is nie, kan een goeie oes of ’n groot aanplanting die mark oorvoer met ’n negatiewe effek op die prys. Vir die ywerige tuinier wat self knoffel gebruik of plaaslik wil bemark, is dit ’n handige, lekker en winsgewende gewas op klein skaal. Knoffel word al van die 16de eeu al verbou vir eet (kruie) en medisinale doeleindes. Die verbouing vir medisinale doeleindes het die afgelope jare betekenisvol toegeneem.

KULTIVARS Daar is twee kultivars wat tans gebruik word naamlik: Egyptian White: Produseer ’n groot wit bol met groot huisies met ’n matige geur en smaak. Egyptian Pink: Produseer ’n kleiner bol met kleiner huisies. Dit is perserig gekleur en het ’n baie sterker smaak en geur as die witte.

BESKRYWING Die knoffelplant het ’n sterk, maar vlak wortelstelsel, ’n kort stam, 5 tot 6 cm lank, met blare wat plat ontvou (nie rond soos dié van uie nie) met ’n blou/groen kleur. Knoffel maak soms ook ’n saad wat tot 800 swart saadjies kan produseer. Die saadjies kan ontkiem en kwekerye gebruik die saadjies om plantjies te kweek. Die algemene manier om knoffel te plant is breek en korrek gespasieer te plant. Die huisies werk waarskynlik goedkoper uit as plantjies. GROND EN GRONDVOORBEREIDING Soos vir die meeste gewasse, is diep goed gedreineerde grond wel net ’n 30 cm diep wortelstelsel, maar as die grond dieper nie goed dreineer nie, kan versuiptoestande geskep word met gepaardgaande wortelsiektes en probleme. Die grond moet dus tot 30 cm diep goed losgemaak word vir knoffel en voldoende kompos moet in dié laag ingewerk word (ongeveer 0.5 tot 1 kg/ vk meter bedding. Goed gefermenteerde hoendermis kan saam met die kompos ingewerk word voor plant teen 0,5 tot 1 kg/5 vk meter bedding. Hierdie voorskrif kan vir alle groente elke twee jaar herhaal word om die grond vrugbaar, los en ryk aan mikro-elemente en minerale te maak met ’n beter voghouvermoë. Waak asseblief teen te veel hoendermis (nie meer as 1 kg/5 vk meter nie) per toediening nie. Die knoffelbeddings kan so ’n maand voor plant gelyk en goed natgemaak word sodat die onkruid kan ontkiem. Met planttyd moet die bedding vlak (+- 5 cm diep) losgemaak word met ’n vurk of hark, om al die onkruid wat dan ontkiem het, dood te maak en ’n gelyk, fyn saadbed vir die knoffel te maak. PLANTTYD Knoffel vaar goed in warm klimaatstoestande en kan betreklike koue wintertemperature weerstaan. Dit moet seisoenaal geplant word ongeveer dieselfde tyd as uie. Temperatuur en dagliglengte bevorder bolvorming gedurende die groeiperiode. Die beste plantdatums in die gebied noord van die Magaliesberg is Februarie tot Maart.

PLANTSPASIëRING EN –DIEPTE In ’n gewone een meter breë bedding kan 3 tot 4 rye geplant word (+- 25 – 30 cm) van mekaar met ’n binneryspasiëring van 10 – 15 cm van mekaar. ongeveer 4-5 cm diep geplant in ’n gelyk, fyn ferm saadbed. Sommige plante ontwikkel klein blomknoppe of stingels aan die plant. Hierdie stingels met knoppe moet vroeg af gebreek word wat die oesopbrengs sal verhoog. Daar is ook sommige kwekerye wat plantjies kweek van knoffelsaad. Die kwekery, Plantforum, wat net agter Baviaanspoorttronk geleë is, het my meegedeel dat hulle vanjaar knoffelplantjies gaan maak. Om die goedkoopste plantmateriaal te kry, kan knoffelbolle bekom word en dan bepaal word wat kos ’n huisie en dit dan vergelyk met gekoopte plantjiekoste. PLAAGBEHEER Verskeie plae kom voor by knoffel en moet bestry word wanneer dit voorkom. Plae is geneig om baie voor te kom by gemaak word. In een of twee beddings in ’n huistuin mag die voorkoms van insekte en plae nie so groot wees nie. Meeste van die plae is sigbaar en moet gespuit of behandel word wanneer dit opgemerk word. Skakel u plaagbeheerbeampte in dié verband. ONKRUIDBEHEER As begin word met ’n skoon bedding waar al die onkruid met ’n vlak <5 cm bewerking beheer is, sal daar min onkruid later met die hand of met ’n handskoffel beheer moet word. OESPROSES Knoffel wat in Februarie/Maart geplant is, sal begin ryp word in Julie/Augustus en oesbaar wees en Augustus/September. Die bolle word uitgetrek en opgehang of op sifdraadstellasies onderdak gesit om droog te word waarna dit bemark of benut kan word. Knoffel is ’n vreemde gewas maar as die riglyne gevolg word, kan dit suksesvol wees en ook lonend. Skakel gerus om te bespreek - daar kan dalk vrae wees want dit is ’n gewas wat nie algemeen bekend is en verbou word nie. LEON WEBER 083-3267181


Augustus 2021

19

De Wildt Nuus

CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434

* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons

Sandstone Sorgsentrum

Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500


20

Augustus 2021

De Wildt Nuus

Boererate met suiker en suurlemoen Suiker laat stol.

verleen. water. hou.

nie. bak strooi. geword het weer sag.

aan rand. olie geabsorbeer is.

stol.

gestaan het.

en skil af.

Suurlemoen en Gebruike

ontslae te raak.

Citrus soda vinnig skoon!

Februarie/February 2021

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

We deliver

Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte

JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com

Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits

Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00


Augustus 2021

21

De Wildt Nuus

Alternatiewe behandeling (18)

VREES - ’n DOODMAKER Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)

’n Mens dink dat emosies met die mens se gees te doen het, maar dit is net die helfte van die waarheid! Daar is talle toestande wat uit die mens se bewuste denke en onderbewuste kom en die liggaam ernstig kan siek maak. Die mens se denke het ’n geweldige groot invloed en daaraan behoort aandag gegee te word ten einde gesondheid te kan ervaar. Die een toestand wat die meeste probleme kan skep, is vrees – dit kan een van die moontlike oorsake van ’n hele aantal siektetoestande wees. Ons leef in ’n tyd van algemene vrees wat talle oorsake kan hê. Tans is die Covid-bedreiging ’n vreeswekker; ek is oortuig dat dit ook kunsmatig aangeblaas word en gedurig onder almal se aandag gehou word. Wat doen vrees? Dit het ’n geweldige effek van verswakking van die immuunstelsel. Dit kan natuurlik weer tot ondermeer verkoues, griep en oorproduksie van kortisol en talle ander ernstige toestande lei. Moenie vergeet nie: alle stres is in wese ’n vorm van vrees. Moderne mense word oorspoel met verskillende stressors soos ’n gejaagde leefstyl met amper onhanteerbaar baie verantwoordelikhede, hoë vereistes by die werk, taxi’s), ens. Wat kan ’n mens doen? 1. Die liefde dryf die vrees uit, sê die Skrif. Word bewus van die Skepper-Heer se liefde en die druk van vrees sal verminder. Pasop vir oppervlakkige gebed: moenie die ver-

antwoordelikheid vir die oplossing van die probleme aan die Here oordra sonder om self verantwoordelikheid te neem nie. 2. Die een groot voorwaarde is om jou totale lewe in sy Hande te stel – Hy wil die Koning van jou hele lewe wees! Wanneer ’n mens gehoorsaam word, antwoord God. 3. Vrees is in wese ongeloof. Erken en bely dit en begin om die Here te vertrou met alles, al is dit nog sukkelend. 4. Hou ’n gesinsvergadering of ’n samespreking met almal in die huis ten opsigte van die dinge wat vrees of stres veroorsaak – hierin wil die Here graag leiding gee en Hy wag op die vertroue in Hom. 5. Verander die leefstyl gaandeweg waar nodig want herstel kom nie oornag nie. 6. Maak ruimte vir stil-word en meditasie. Vermy negatiewe gesprekke en skakel die radio en televisie af indien nodig. 7. Dank die Heer elke aand vir 5 dinge waarvoor jy dankbaar is. 8. Pasop vir verdowingsmiddels -- dit neem nie die probleem weg nie maar is slegs pleisters wat die kwaad verberg terwyl dit al erger word. 9. Stap elke dag vir ten minste 20 tot 30 minute – dit help om stres te verlig. 10. Sorg dat jy goed slaap. Indien jy sukkel, kry goeie raad want daar kan baie aan ’n mens se slaappatroon gedoen word.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00

082 879 6969

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

We deliver

Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte

JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com

Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits


22

Augustus 2021

De Wildt Nuus

HULDEBLYKE

Manie Lemmer

WILLEM LODEWYK JOHANNES RIEKERT * 2 Oktober 1937 † 27 Junie 2021 Oom Willem is nog een van ons senior inwoners wat ons nou vooruitgegaan het na die hemelse bestemming na meer as die 83-merk waarvan die laaste paar dekades ek Willem geken het. Hy was ’n meelewende lid van ons gemeenskap en het wanneer hy kon, gemeenskapsvergaderings bygewoon. Hy het ook die geskiedenis van ons gebied geken en kon jou gou reghelp as jy die verkeerde feite gehad het. Veral in die tye toe ons ons gebied moes verdedig teen ’n beplande onwelkome vullisterrrein, onnodige swakbeplande paaie alhier en mynbedrywighede, was Willem as ondersteuner van my en die ander beswaardes by die protesvergaderings teenwoordig. In sulke tye kon ons op hom staatmaak. Geloftefeeste het hy ook nie maklik misgeloop nie en hy was enkele jare gelede ook die voorleser van die Gelofte by ’n Geloftefees. Ons weet ook dat hy die afgelope tyd alleen die mas moes opkom sonder sy eggenote wat hom vooruitgegaan het. Hy was gelukkig om dogters, Karien Koen en Mienkie Liversage en hul gesinne wat behulpsaam kon wees, te hê. Willem is op 2 Julie in die Langplaas-begraafplaas begrawe na ’n Ons groet hiermee ook vir oom Willem namens ons redaksie en gemeenskap en verseker graag sy kinders en kleinkinders en ander naasbestaandes dat ons hom saam met hulle mis maar dat ons glo dat hulle saam met ons vertroosting vind in mooi herinneringe van oom Willem.

Staan saam en tree op oor vuurwapenwetgewing TLU SA-nuus

Die tyd het aangebreek vir organisasies om saam te werk om Suid-Afrika te versterk. Dit was die boodskap wat deur bykans alle rolspelers tydens die onlangse vergadering van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg bevestig is. Dié groep (waarvan TLU SA deel is) het besluit om alle belanghebbende groepe byeen te roep om die omstrede wetsontwerp oor vuurwapens te bespreek. Dié wysigings kom neer op ’n vorm van onteiening van eiendom, waarteen die groep adviseer. Die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg is ’n informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbouverteenwoordigers, burgerlike en burgerregte-instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die groep vergader gereeld om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg. “Dit was goed om ’n uiteenlopend groep organisasies byeen te hê,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Wat baie duidelik na vore gekom het uit die groepe wat die byeenkoms bygewoon het en uit die kommentaar van mense wat dit deur sosiale media gevolg

het, is dat daar nou daadwerklik opgetree moet word om te voorkom dat hierdie tipe wetgewing deurgevoer word. “Ons ervaar ernstige probleme met die administrasie en uitvoerbaarheid van bestaande wetgewing. Dit is dus belaglik om te dink nuwe wetgewing wat baie meer administrasie gaan verg, sal suksesvol geïmplementeer kan word.” TLU SA en die Vryheidsfront Plus het bevestig dat hulle die wetsontwerp totaal afkeur en hulle nie daaraan sal onderwerp nie. Die groep stem saam dat die wetsontwerp nog deur die parlementêre proses moet vorder, maar dat daar nou reeds voorsiening gemaak moet word vir komende regsaksies. “Intussen doen ons ’n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners om nie apaties te staan teenoor belangrike sake soos hierdie wat die basiese vryhede soos dié van keuse, aan bande lê. Raak betrokke, laat jou stem hoor, wees bewus van jou veiligheid en wat jou te doen staan.” Die groep het ook gemaan dat mense nie roekeloos moet optree nie, maar deel moet word van ’n gekontroleerde plan om hierdie wetgewing teen te staan.


Augustus 2021

23

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


24

De Wildt Nuus

Augustus 2021

Freeway is now an Overland franchise Supermarket

Lots of specials every month!

Contact Alberto 0763157688


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DWN Aug 2021 by De Wildt Nuus - Issuu