
3 minute read
Huldeblyk
from DWN Aug 2021
22 De Wildt Nuus HULDEBLYKE Manie Lemmer
WILLEM LODEWYK JOHANNES RIEKERT * 2 Oktober 1937 † 27 Junie 2021
Advertisement
Oom Willem is nog een van ons senior inwoners wat ons nou vooruitgegaan het na die hemelse bestemming na meer as die 83-merk waarvan die laaste paar dekades ek Willem geken het. Hy was ’n meelewende lid van ons gemeenskap en het wanneer hy kon, gemeenskapsvergaderings bygewoon. Hy het ook die geskiedenis van ons gebied geken en kon jou gou reghelp as jy die verkeerde feite gehad het. Veral in die tye toe ons ons gebied moes verdedig teen ’n beplande onwelkome vullisterrrein, onnodige swakbeplande paaie alhier en mynbedrywighede, was Willem as ondersteuner van my en die ander beswaardes by die protesvergaderings teenwoordig. In sulke tye kon ons op hom staatmaak. Geloftefeeste het hy ook nie maklik misgeloop nie en hy was enkele jare gelede ook die voorleser van die Gelofte by ’n Geloftefees. Ons weet ook dat hy die afgelope tyd alleen die mas moes opkom sonder sy eggenote wat hom vooruitgegaan het. Hy was gelukkig om dogters, Karien Koen en Mienkie Liversage en hul gesinne wat behulpsaam kon wees, te hê. Willem is op 2 Julie in die Langplaas-begraafplaas begrawe na ’n Ons groet hiermee ook vir oom Willem namens ons redaksie en gemeenskap en verseker graag sy kinders en kleinkinders en ander naasbestaandes dat ons hom saam met hulle mis maar dat ons glo dat hulle saam met ons vertroosting vind in mooi herinneringe van oom Willem.
Staan saam en tree op oor vuurwapenwetgewing
TLU SA-nuus Die tyd het aangebreek vir organisasies om saam te werk om Suid-Afrika te versterk. Dit was die boodskap wat deur bykans alle rolspelers tydens die onlangse vergadering van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg bevestig is. Dié groep (waarvan TLU SA deel is) het besluit om alle belanghebbende groepe byeen te roep om die omstrede wetsontwerp oor vuurwapens te bespreek. Dié wysigings kom neer op ’n vorm van onteiening van eiendom, waarteen die groep adviseer. Die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg is ’n informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbouverteenwoordigers, burgerlike en burgerregte-instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die groep vergader gereeld om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg. “Dit was goed om ’n uiteenlopend groep organisasies byeen te hê,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Wat baie duidelik na vore gekom het uit die groepe wat die byeenkoms bygewoon het en uit die kommentaar van mense wat dit deur sosiale media gevolg het, is dat daar nou daadwerklik opgetree moet word om te voorkom dat hierdie tipe wetgewing deurgevoer word. “Ons ervaar ernstige probleme met die administrasie en uitvoerbaarheid van bestaande wetgewing. Dit is dus belaglik om te dink nuwe wetgewing wat baie meer administrasie gaan verg, sal suksesvol geïmplementeer kan word.” TLU SA en die Vryheidsfront Plus het bevestig dat hulle die wetsontwerp totaal afkeur en hulle nie daaraan sal onderwerp nie. Die groep stem saam dat die wetsontwerp nog deur die parlementêre proses moet vorder, maar dat daar nou reeds voorsiening gemaak moet word vir komende regsaksies. “Intussen doen ons ’n dringende beroep op alle Suid-Afri- kaners om nie apaties te staan teenoor belangrike sake soos hierdie wat die basiese vryhede soos dié van keuse, aan bande lê. Raak betrokke, laat jou stem hoor, wees bewus van jou veiligheid en wat jou te doen staan.” Die groep het ook gemaan dat mense nie roekeloos moet optree nie, maar deel moet word van ’n gekontroleerde plan om hierdie wetgewing teen te staan.