5 minute read

Huldeblyk

Next Article
DWBV nuus

DWBV nuus

HULDEBLYK Manie Lemmer

LLEWELLYN LOUW *7 Julie 1960 † 24 Junie 2021

Advertisement

Nog ’n seun uit ons gemeenskap en gebied wat ons deur die dood ontval het. Hy is die seun van wyle Trevor en van Georgie Louw, en die broer van Thea le Roux en ook van Jakkie Louw. Toe ek en Sannie in 1971 hier ingetrek het, was die Louw-gesin van die eerste mense wat ons hier ontmoet het en wat tot datum ons vriende gebly het. Llewellyn was nog ’n jong seun wat veral al ons gesamentlike wild- tuintoere geniet het en elders in ons blad is sy herinneringe wat Thea vir ons neergeskryf het soos Llewellyn dit aan haar uit sy verlange na vervloë dae vertel het, want agv die motorneuron-siekte waaraan hy reeds maandelank gely het, kon hy nie meer self skryf nie, maar sy geheue en verstand het nog goed gefunksioneer. Dit is ’n groot verlies vir ons land en ons gebied, want Llewellyn was ’n ingenieur wat as ek altyd reg gehoor het, in die beginjare by die glaswerke (Consol) gewerk het en in die jare daarna het hy omtrent die wêreld deurreis om vir groot besighede oral oorsee funksione- ringsprogramme op te stel en in stand te hou. Hy was ook ’n lid van ’n bekende koor en ek het self die voorreg gehad om een van hul uitvoerings saam met Sannie by te woon met die gevolg dat ek ook een van hulle laserskywe in ons versameling het. Hy was ook ’n foto die Wildtuin die beginsaadjie gevind. Ek kan nog veel meer van Llewellyn sê, maar volstaan met bewonde- ring en dank vir sy gesin en sy ander familie wat hom versorg het toe dié siekte hom van medemense totaal afhanklik gemaak het. Ek bid steeds vir Georgie en haar ander kinders en kleinkinders (wat Llewellyn se twee dogters en sy seun insluit) vertroosting en sterkte toe met die versekering dat ek Llewellyn saam met hulle sal mis.

Llewellyn Louw se laaste herinneringe

Soos deur Llewellyn onthou en aan sy suster Thea vertel: Die opgewondenheid van ‘n papier vullissak in die kar by Numbi-hek sal ek nooit vergeet nie. Daardie groot bome was soos ‘n deur wat alles buite agtergelaat het. Wie gaan die eerste diere sien, rooibokke, ape of dalk ‘n olifant? Pretoriuskop, Verwoerddam en Skukuza se uitkyk oor die rivier. Eers ’n ent met die Sabie-rivier langs, daar sal verseker olifante wees en dan oor die brug verder noord, seekoeie, krokodille en dalk ‘n paar leeus. Stop gou by die Kruger-klippe vir ’n foto by die plaat en dan Tshokwane vir ete. Daar het altyd ‘n vuur gebrand waar ’n paar kole gekrap word vir gehad met koeldrank en roomys, lank voor vandag se restourante. Satara was dikwels die bestemming. Nie dat die ander kampe heel oorgeslaan was nie, was Satara, Letaba en Shingwedzi maar die gunstelingkampe. Ek het nog altyd gesê dat ek meer keer in die Kruger was as my ouderdom, ek glo nog dat dit waar is. Van al die paaie is die S100 nog altyd my gunsteling, Regs by Satara uit, en dan eerste links. Die ikoniese pad neem jou ook na wat ons as David Lion se piekniekplek geken het. David was die oppasser by die ou N’Wanetsi piekniekplek teen die Mosambiek- grens voor dit na die koppie geskuif is waar dit nou is. David het die leë bierblikkies gesny en asbakkies gemaak, daai tyd was dit meestal Lion. As die S100 ‘n gunstelingpad is, beteken dit nie dat daar nie dosyne gunstelingplekke was nie, dalk honderde. Die rivier net buite Shingwedzi net na dit noord gedraai het, die groep Koorsbome net suid van Letaba, Timbavati piekniekplek met die bosbokke wat uit jou hand uit eet, die ou laagwaterbrug oor die Olifantsrivier, te veel om op te noem. Pretoriuskop was destyds die enigste kamp met ‘n swembad. Dit was daarom baie gewild by ons as kinders. So ‘n natuurlike klipbad in die verste hoek van die kamp. Dis juis daar waar ek van my belangrikste lesse in wildkyk geleer het. Eerstens weet die petroljoggie altyd waar die uiltjies in die bome wegkruip. Dan is die plaaslike veldwagter meer as bereid om kennis te deel. So vra Pa die een dag waar die luiperd loop. En so volg daar toe ‘n detail beskrywing van waar die kalant die laaste tyd loop. Soos ek dit onthou die kamp loop, en daardie dag kom loop hy toe sowaar voor ons oor die pad. Op ’n keer het ons een van daardie stil dae op die ou Voortrekkerpad beleef, hier en daar rooibokke met nie veel tussen in nie. Dis meer as veertig jaar gelede maar ek onthou dit soos gister. Die pad het so ‘n slap draai na regs gemaak om ’n oopte met ‘n groepie rooibokke. Pa het gestop en die kar afgesit met ‘n “iets pla die bokke” opmerking. Na wat soos ’n ewigheid gevoel het, het ons die jagluiperd sien beweeg na die bokke toe, ongelukkig die bokke ook. Om dieregedrag te kan lees is verseker ‘n kuns wat net met fyn kyk en geduld aangeleer word, ‘n kuns wat eintlik noodsaak is vir enige natuur- liefhebber. Deel daarvan is om dit rustig te vat, en met oop vensters te ry want die bosgeluide en reuk is omtrent net so belangrik. Ek kan aan hordes gevalle dink wat ons die diere uit die bos gehaal het, veral die luiperd. Een jaar wat nou nog uitstaan was die groep 32 persone, ons, die Lemmers, Corneliusse, Snymans, Bothas, Prinsloos, Steyns en oupa Willem met ouma Dorie. Ek dink dis die jaar wat ek en Gertjie saam met Oupa-hulle heel agter in die tou karre die luiperd teen die rivieroewer gesien het net toe ons van die laagwaterbrug af kom. Daar was ‘n paar dae voor die ryery vark geslag wat toegedraai op die karavaan se bed gelê het met alles nodig vir ‘n spitbraai by Orpen. Daarmee saam was die vakansie ook spesiaal omdat daar saam gesing is om die kampvuur. Tannie Sannie Lemmer het anders as die norm haar ghitaar op C gestem met oop snare en sommer so plat op haar skoot met drie drukke het baie van die kampe nog ‘n groot sentrale vuur gehad. Dit het toe die kampvuurkuier, saamsing en konsertarea geword. Daar was selfs boekies gemaak met al die gewilde liedjies wat uitgedeel is. Bobbejaan klim die weer en natuurlik En die groen gras groei daarom. Dis ook die jaar van oom Manie se beroemde of berugte preek. ‘n Kraai lê drie eiers; My broer, stadium. O en so van souskluitjies gepraat, dit was ouma Dorie se werk en Oupa was selfaangestelde Kampkommandant wat elke aand vir die pap gesorg het. Redaksie: So sal ons ook vir Llewellyn en almal in sy verhaal, wat ons reeds vooruitgegaan het, onthou.

This article is from: