4 minute read

Redaksiebrief

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Augustus 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Advertisement

De Wildt Nuus

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie. Augustus 2021

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer

Liewe lesers Ek weet nie of bejaardes soos ek gouer as jonger mense koud kry nie, maar in hierdie week van 12 Julie het die winter sy tande diep ingeslaan en was addisionele warmmaakgoed vinnig uitgehaal, maar ons is darem reeds so ver in die winter dat ons die lente op die horison daar ver in ons geestesoë kan begin sien. Hier in my nuwe woonplek kry ek gelukkig binne die slaapvertrek en die sitkamer asook op die stoep goeie sonskyn wat ons darem lawe teen die ergste koue. Aangesien pandemie en onluste, rowery en plundertogte op almal se lippe is en op al wat openbare media is, daagliks van gemelde probleme (of sal ons amper kan sê plae soos eeue gelede In Egipteland) die hoofnuus gemaak word, kan ek seker maar in die nuutste mode ook meer daarvan sê. Ons staan, sit of lê feitlik elke oom- blik en worstel met hierdie teistering. As ’n mens uit jou woning beweeg, is deel van jou wapenrusting jou masker en reinigingsmiddels. In ons vorige uitgawe het ek my mening gelug oor nuwe taalgoggas wat uit die pandemie-era hul ontstaan gevind het. Ek het die afgelope maand ook ’n nuwe byvoeging gehoor, veral oor die verskillende radiostasies; hierdie onnodige oorbodige gebruik is die woord narratief. Ons weet almal dat talle Engelse woorde uit Latyn kom en hierdie is een daarvan. Die Engelse noem dit “narrative” en hulle het ook die werkwoord “narrare”. Dit kom van die Latynse werkwoord “narro” o.a. in vervoegde vorm “narratum”. “Narro” beteken “ek vertel” en die

“narratief” is niks anders nie as

’n storie of ’n verhaal. Ek weet nie of die opgediepe woord narratief die mense beïnvloed het nie, maar dis juis die klomp soms teenstrydige ”narratiewe” in die sosiale media wat my om nie teen die Coronavirus geënt te word nie. Gelukkig het soveel betroubare “narratiewe” in die sosiale media saam met geloofwaardige vriende en geleerdes se “narratiewe” my van die teendeel oortuig en ek het reeds die eerste inspuiting (of vaksinasie) ontvang sonder ernstige gevolge. Ek rig my fokus nou verder op ons kontreiblad self. Daar was ’n navraag of die blad gaan voortbestaan. My antwoord is dat ek nog die steun van ’n redaksie geniet, asook dié van die DWHM-direksie en -kantoor. Solank my gesondheid en denke deur die genade van ons hemelse Vader my nog daartoe in staat stel en die tegno- logie van telefone en rekenaars darem soms wel werk, sal ek van my kant daarmee voortgaan.

Ek het natuurlik die steun van al ons lesers nodig as dit by artikels, advertensiewerwing en donasies

kom. Sonder hierdie hulp van lesers maak dit my taak net al hoe groter as ek vir alles moet sorg. As ons lesers

hierdie beroep raaklees en gunstig reageer, sal dit my inspireer om met moed en geesdrif voort te gaan.

Ons poog steeds om vir ons lesers meer van die geskiedenis, die

mense en gebeure van ons gebied

te vertel en om die blad nie maar net vir eenmalige lees te bedoel nie, maar om as een lang vervolgverhaal oor al die jare ons gebied se verhaal op skrif te hê. Daarby poog ons ook om ten minste die goeie Boodskap van Verlos- sing vir sondaarmense te beklemtoon en studie van God se Woord aan te moedig. Lees dus gerus al die artikels en reageer daarop asseblief. In die vorige uitgawe het ons die De Wildtboom uit die geskiedenis deur ’n leser uitgegrawe gekry. In hierdie uitgawe het Michael Oosthuyzen weer die vervanging van ’n

straatgloeilamp uit vervloë dae

opgediep. Geniet al die nuus en ondersteun asseblief ons adverteerders. Hulle sorg vir die befondsing van die blad se uiteensetting en drukwerk. Groete tot Oktobermaand

This article is from: