Augustus 2021
De Wildt Nuus
KROON’S FLY-IN 5 JUNIE 2021 Jan Lemmer Op Saterdag 5 Junie 2021 het die Kroon’s Fly-In plaasgevind. Lekker koud het ons die oggend begin met mooi stalletjies wat iets te ete, iets te drinke en iets vir die oog van mans en dames verkoop het. Die dag toe Kobus Vrey my bel en vertel van die Fly-In by Kroon’s en dat hulle daaraan dink om stalletjies daar te hê, het ek aan net een persoon gedink wat ‘n haas so vinnig uit die hoed kan trek - Rina Bester, dankie vir jou puik reëlings en al die mooi stalletjies wat die dag baie besonders gemaak het. Ons gemeenskap se dank gaan aan Kevin Wood, voorsitter van die vliegklub, Kobus Vrey, Marius Nel en die hele bestuur van die klub vir die geleentheid wat dit vir Rina en al die uitstallers moontlik gemaak het om ’n besondere geleentheid aan te bied. Dit was ‘n baie mooi en opwindende dag, propvol ligte vliegtuie, Girocopters, radiobeheerde vliegtuie asook groter vliegtuie se verbyvlugte wat die besoekers trakteer het. Dankie almal vir julle bywoning en ondersteuning van hierdie lekker dag!
15