Februarie 2021
De Wildt Nuus
9
Covid en ’n jong entrepreneur Maderi van der Schyff Ons almal weet dat om ‘n besigheid op die been te bring is nie grappies nie, maar hoe gemaak as jy besluit om dit te doen in ‘n tyd van Covid? Ek en my man (Donovan van der Schyff) het besluit om 2 jaar gelede na Rustenburg te trek vir sy werk, ek het net graad gevang (BA in Modeontwerp) en die groot soektog na werk het nog nie eers begin vir my nie. Na ‘n paar maande se soek het ek besluit om van die huis af te werk en so was Maderi Lemmer Couture gebore. Alles het vir ‘n paar maande goed gegaan en daar was heelwat kliënte en eendag net mooi niks, die besigheid staan toe stil en ek besluit om aan te beweeg. Nou wat nou? Ons het twee vierpootkinders en my man se salaris dek net die nodigste. Die soektog na werk begin toe weer, ek kry uit die bloute ‘n oproep wat sê ek kan daardie middag gaan vir ‘n onderhoud by ‘n naelsalon in die dorp. Ek spring op en maak klaar en is op pad na die onderhoud, daar gekom en ek word verwelkom deur die oulikste tannie (die eienaar). Elk met ‘n rapeut (waarvan ek eintlik niks weet nie, naels doen was nog altyd net ‘n stokperdjie) en ek begin Maandag. Wat daarna gebeur is geskiedenis, ek was vinnig deel van die familie en is dolgelukkig oor ‘n vaste salaris. Oor die loop van die maand hoor ons gerugte van ‘n griepvirus (Covid-19) wat uiters gevaarlik is, ons hoor maar gaan aan met ons dag-tot-dag werk. So skielik soos wat die gerugte begin het, is ons toegemaak,ons mag nie meer werk nie agv “Die lockdown”. Eers in vlak 1 mag ons oopmaak. Nou wat nou? Om agter geslote deure en toe gordyne te werk was nie ‘n opsie nie. Al die myne maak toe en my man se salaris word met meer as die helfte gesny, boonop bly skoonma ook nou by ons. Ons trek toe as ‘n laaste opsie terug na Pretoria en bly in ouma en oupa (Manie en Sannie Lemmer) se huis wat op daardie stadium leeg was omdat ouma en oupa in ‘n versorgingseenheid is ter wille van ouma. Ek bel my haarkapster en vra of sy nie dalk ’n spasie in die salon (Salon Es-Merie) oop het waar ek kan naels doen nie. Sy sê toe daar is en ek kan begin sodra ek kliënte kry en dat sy my ook sal help adverteer. So is s uit nood gebore. Laataande se werk en dalk net 1 kliënt ‘n dag was die moeite werd omdat dit my enigste opsie (en inkomste) was vir my en my man asook ons vierpootkinders. En toe een oggend ‘n oproep wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie, my pa is op die lyn en deel met my dat my hartsmens-ouma (Sannie Lemmer) oorlede is… Platgeslaan met trane in my oë, gaan haal ek toe die heel onderste boks uit die kas en begin my naaldwerkmasjiene uitpak, ek begin toe net stik, enige stukkie lap wat ek gehad het en sommer ‘n ou gordyn kon my nie ontsnap nie. Naaldwerk het my beter laat voel want ouma Sannie het my van kleinsaf gehelp klere maak vir my poppe en dit was sy wat die liefde vir ontwerp in my wakker gemaak het. Na die ergste seer verby was, is ek terug by die salon en dit is ‘’Business as usual”, in die aande doen ek nog naaldwerk omdat ek vergeet het hoe lief ek daarvoor is en so is
Maderi Lemmer Couture (nou e) weer op die been. Vandag,’n paar maande later is Couture nog sterk en my grootste trots. Naels is my passie en ontwerp is my lewe, so of dit ‘n mooi kussingsloop of ‘n sakstel is, of net ‘n bietjie mooimaak, is dit beslis waar jy moet aanklop. Volg my gerus op Facebook Maderi van der Schyff of skakel my gerus op 071 606 7238 vir enige navrae of bestellings.