
4 minute read
Redaksiebrief
Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.
Advertisement
De Wildt Nuus
Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer
Liewe lesers Die jaar 2020 met al sy lief en leed is al weer ’n maand gelede verby. Vir sommige van ons was daar redelik ernstige leed wat nog vererger was deur die opduik van ’n beweerde nuwe siekte, nl die Corona-virus met al sy nuutgeskepte woordverwysings soos ingrendeling, inperking, covid-19, aanlynstudie vir ons kinders, virtuele en Zoom-vergaderings, werk vanuit jou eie huis as kantoor en dit alles nog saam met die Eskom-gedrogte soos beurtkrag, sekerlik die swakste besigheid waar ’n mens gevra word om krag te koop wat feitliks daagliks nie beskikbaar is nie. Kan die mense hulle werklik indink in enige ander situasie waar jy ’n produk bemark wat nie bestaan nie. Dit herinner my aan my aankoop van ’n eerste “Ride On”-grassnyer met die naam “Mirage”. Dié grassnyer het meer gestaan as geloop en toe ek weer die betekenis van “Mirage” in die woordeboek naslaan, sien ek dit is iets wat jy dink wel bestaan, maar eintlik nie bestaan nie. Die Engelse verkoopman het my onderonsie met hom beslis nie baie op prys gestel nie. Hoeveel keer sit Eskom nie met ons geld nie en kan in hul beurkragtyd geen krag in ruil vir ons geld lewer nie? Ons besef ook dat daar drasties opgetree moet word om die nuwe siekte hok te slaan en ons poog om by die reëls en regulasies te bly, maar dan skok dit ’n mens waar sommige “wetenskaplikes” lyk asof hulle enige moontlike middel wat deur mense anders as hulleself ontwikkel word, met hand en tand beveg, terwyl ons oral moet verneem dat die eerste spuitmiddels nie noodwendig so doeltreffend is as wat beweer word nie. As ons aanmekaar verwar word, word mense al hoe meer onwillig om aan hulle neuse rond- gelei (of is dit rondgesleep?) te word. Laat ons almal volhard in gebed en ons Skepper vra om in hierdie warboel in te gryp en aan ons uitkoms gee. Ons weet immers dat daar daagliks nog wonderwerke gebeur. Ons moet slegs ons foute en oortredinge bely en voortdurend opkyk na Bo, waar ons hulp vandaan sal kom. So is ons moontlike kort vakansie na die Natalse Suidkus deur “toe strande en oop slaggate” nie kortgeknip nie, maar in geheel verhinder voor ons dit kon begin. Soos ek egter vir ons redaksie “virtueel” laat weet het dat ons ons nie sal laat onderkry nie, so glo ons dat ons gebede tot ons hemelse Vader sekerlik nie aanhoudend tevergeefs kan wees nie. Ons kry talle beloftes van Hom dat as ons glo en opreg bely dat ons afgedwaal het, maar wil terugkeer soos Jakob, ons sekerlik sal vind dat Hy ons nie sal begewe en nie sal verlaat nie (Hebreërs 13). Ook talle ander beloftes dat ons nie hoef te vrees nie. Laat ons maar weer lees wat by die Geloftefees aan ons voorgehou is. Christus het immers reeds ons groor vyand, die dood, oorwin en daarom kan ons reeds vooruitsien na die ewige lewe. Om in die Covid-19-era ’n kontreiblad die lig te laat sien, is nie ’n maklike taak nie. Nou moet ons telefone in ons ingeperkte toestand oortyd werk om advertensies en bydraes te bekom, maar ons het onderneem
om nie weer ons blad te laat skipbreuk
ly nie. Ons maak staat op ons lesers om te help met advertensiewerwing en donasie/ borg-verkryging. Aan die redaksie se kant sal ons ons kant bring om die blad telkens elke twee maande van hierdie jaar die.lig te laat sien. Ons proefneming om die blad saam met die webtuiste-weergawe ook via WhatsApp en binnekort seker via ’n ander openbare kommunikasiemedium by duisende lesers te laat uitkom, is volgens die kommentaar verwelkom. Ons moes ons blad se harde kopietal verminder vanf 750 na 500. Ons hoor graag van ons lesers of ons in die regte rigting werk en of dit vir ons lesers aanvaarbaar is. Ons wil ook graag berigte en artikels uit eie kontrei plaas, maar ons sukkel werklik om meer bydraes op skrif te ontvang. Help ons asb. In hierdie uitgawe sal lesers weer ’n verskeidenheid leesstof vind, maar ons wil dit graag uitbrei. Geniet die leesstof, al kan verlengde skoolvakansie beteken. Van skole gepraat; ek lees pas in die blad Lifestyle dat dit jou vanjaar by die twee duur- ste skole in die land respektiewelik R331 550.00 en 312 356.00 vir ’n enkele kind se skoolgeld kos. Hou moed! As ons saamstaan, kan ons baie verrig. Beterskap ook vir al ons vriende met siekteprobleme, Ons bid elke dag vir beterskap en herstel.. Groete tot Aprilmaand.