Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
2
De Wildt Nuus
Februarie 2021
We sell Pure Raw South African Honey direct from the Beekeeper. Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h30 Sat 08h00-13h00
Jeanne: 0827794208 / orders@thehoneycompany.net
Buzz Café @ The Honey Company
Buzz Café hours:
CLOSED ON SUNDAY & MONDAY
Buzz Café Bookings: Berta 0716046726
Februarie 2021
REDAKSIEBRIEF
REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Desember 2019 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR
Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
3
De Wildt Nuus Manie Lemmer
Liewe lesers Die jaar 2020 met al sy lief en leed is al weer ’n maand gelede verby. Vir sommige van ons was daar redelik ernstige leed wat nog vererger was deur die opduik van ’n beweerde nuwe siekte, nl die Corona-virus met al sy nuutgeskepte woordverwysings soos ingrendeling, inperking, covid-19, aanlynstudie vir ons kinders, virtuele en Zoom-vergaderings, werk vanuit jou eie huis as kantoor en dit alles nog saam met die Eskom-gedrogte soos beurtkrag, sekerlik die swakste besigheid waar ’n mens gevra word om krag te koop wat feitliks daagliks nie beskikbaar is nie. Kan die mense hulle werklik indink in enige ander situasie waar jy ’n produk bemark wat nie bestaan nie. Dit herinner my aan my aankoop van ’n eerste “Ride On”-grassnyer met die naam “Mirage”. Dié grassnyer het meer gestaan as geloop en toe ek weer die betekenis van “Mirage” in die woordeboek naslaan, sien ek dit is iets wat jy dink wel bestaan, maar eintlik nie bestaan nie. Die Engelse verkoopman het my onderonsie met hom beslis nie baie op prys gestel nie. Hoeveel keer sit Eskom nie met ons geld nie en kan in hul beurkragtyd geen krag in ruil vir ons geld lewer nie? Ons besef ook dat daar drasties opgetree moet word om die nuwe siekte hok te slaan en ons poog om by die reëls en regulasies te bly, maar dan skok dit ’n mens waar sommige “wetenskaplikes” lyk asof hulle enige moontlike middel wat deur mense anders as hulleself ontwikkel word, met hand en tand beveg, terwyl ons oral moet verneem dat die eerste spuitmiddels nie noodwendig so doeltreffend is as wat beweer word nie. As ons aanmekaar verwar word, word mense al hoe meer onwillig om aan hulle neuse rondgelei (of is dit rondgesleep?) te word. Laat ons almal volhard in gebed en ons Skepper vra om in hierdie warboel in te gryp en aan ons uitkoms gee. Ons weet immers dat daar daagliks nog wonderwerke gebeur. Ons moet slegs ons foute en oortredinge bely en voortdurend opkyk na Bo, waar ons hulp vandaan sal kom. So is ons moontlike kort vakansie na die Natalse Suidkus deur “toe strande en oop slaggate” nie kortgeknip nie, maar in geheel verhinder voor ons dit kon begin. Soos ek egter vir ons redaksie “virtueel” laat weet het dat ons ons nie sal laat onderkry nie, so
glo ons dat ons gebede tot ons hemelse Vader sekerlik nie aanhoudend tevergeefs kan wees nie. Ons kry talle beloftes van Hom dat as ons glo en opreg bely dat ons afgedwaal het, maar wil terugkeer soos Jakob, ons sekerlik sal vind dat Hy ons nie sal begewe en nie sal verlaat nie (Hebreërs 13). Ook talle ander beloftes dat ons nie hoef te vrees nie. Laat ons maar weer lees wat by die Geloftefees aan ons voorgehou is. Christus het immers reeds ons groor vyand, die dood, oorwin en daarom kan ons reeds vooruitsien na die ewige lewe. Om in die Covid-19-era ’n kontreiblad die lig te laat sien, is nie ’n maklike taak nie. Nou moet ons telefone in ons ingeperkte toestand oortyd werk om advertensies en bydraes te bekom, maar ons het onderneem om nie weer ons blad te laat skipbreuk ly nie. Ons maak staat op ons lesers om te help met advertensiewerwing en donasie/ borg-verkryging. Aan die redaksie se kant sal ons ons kant bring om die blad telkens elke twee maande van hierdie jaar die.lig te laat sien. Ons proefneming om die blad saam met die webtuiste-weergawe ook via WhatsApp en binnekort seker via ’n ander openbare kommunikasiemedium by duisende lesers te laat uitkom, is volgens die kommentaar verwelkom. Ons moes ons blad se harde kopietal verminder vanf 750 na 500. Ons hoor graag van ons lesers of ons in die regte rigting werk en of dit vir ons lesers aanvaarbaar is. Ons wil ook graag berigte en artikels uit eie kontrei plaas, maar ons sukkel werklik om meer bydraes op skrif te ontvang. Help ons asb. In hierdie uitgawe sal lesers weer ’n verskeidenheid leesstof vind, maar ons wil dit graag uitbrei. Geniet die leesstof, al kan verlengde skoolvakansie beteken. Van skole gepraat; ek lees pas in die blad Lifestyle dat dit jou vanjaar by die twee duurste skole in die land respektiewelik R331 550.00 en 312 356.00 vir ’n enkele kind se skoolgeld kos. Hou moed! As ons saamstaan, kan ons baie verrig. Beterskap ook vir al ons vriende met siekteprobleme, Ons bid elke dag vir beterskap en herstel.. Groete tot Aprilmaand.
4
Februarie 2021
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Redaksiebrief Lief en leed TLU SA letter to the President TLU SA se brief aan die President TENS-pynverligting DWBV nuus Covid en ’n jong entrepreneur Betaal jou geloftes (1) Geloftefees 2020 Geloftefees 2020
3 4 5 6 7 8 9 11 12 13
Geloftefees 16 Desember 2020 VLU nuus VLU nuus Landbousake TLU SA - onteiening sonder vergoeding Alternatiewe behandeling (15) Hedendaagse wonderwerke Rate en wenke
14 16 17 18 19 21 22 25
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Hospitaal en siek
Lief het die afgelope 2 jaar die volgende Internasionale kwali-
Oorlede
sionals verwerf:
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00
Agste blad binne in swart en wit R 200.00
Sandstone Sorgsentrum
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
082 879 6969
-
Februarie 2021
5
De Wildt Nuus
TLU SA’s open letter to the President A Word of Advice for President Ramaphosa Dear Mr Ramaphosa
our country are continuously measured against those principles.
With 2020 behind us and the new year in full swing, it’s an excellent time to evaluate where we are in our lives – in our personal circumstances, families and work, and of course also in the context of South Africa.
the test. Few of your announcements pass the economic test.
Mr Ramaphosa, it is time for the government to take stock of what
If you don’t implement the following as soon as possible, South Africa will sink even deeper into junk status and have more poverty to deal with.
way of development in South Africa: going unpunished. Where is the rest of the R20 million spent on face masks and soap, when the cost was R7 million? At wholesale prices, this cost would have been even lower. Who is being held responsible for this, and how are they going to compensate for it?
Africa’s rubbish heap of economic failure.
empowerment (BEE). Appoint knowledgeable people. levels. trust them again.
thus far enriched only a few and have not in the least contributed to the empowerment of South Africans; on the contrary, they
murders.
overseas investors and local small- and medium-sized businesses.
must declare this openly as policy and reject any form of socialism or communism.
Ramaphosa. to dance to the other two parties’ socialist and communist tune, which creates uncertainty with investors.
market as the only mechanism that can create wealth and aban-
light of South Africa’s high unemployment. Let the market reguunemployed labour market employed would also go a long way tion, and abandon your racist undertones.
It looks as if you condone this behaviour. Is that the case?
ment every year. It is outrageous to instead create dependency on country isn’t economically capable of paying a minimum wage.
stead paid dearly for it. Lack of expertise at the Landbank endangers food security. Mismanagement of the Landbank drives the preserver that ultimately saves nothing. is short-sighted. Your aid programmes meant to guarantee food security are a big lie. Aid is given to subsistence farmers that produce a mere 1% of South Africa’s food. Where is the government when it comes to supporting the commercial agricultural sector in times of severe drought? only for cadres in the inner circle. “A better life for all” is a hollow laid waste to the national treasury. contribution to our country’s future and inhabitants. It is tragic for role players to implement the very principles that would bring about economic growth. omy grinds forth unremittingly, and each individual, business, and
-
It can only be done by the private sector. Mr Ramaphosa, it is your choice to implement these suggestions and give every South African the opportunity to build a bright future, or to instead continue on the destructive path that you’re on.
therefore also want to request that you keep the prescripts of the Bible in mind when enacting regulations and in your day-to-day actions.
Yours truly Henry Geldenhuys President TLU SA
Brief in Afrikaans op bl 6
6
De Wildt Nuus
Februarie 2021
TLU SA se ope brief aan die President Raad vir President Ramaphosa Geagte mnr Ramaphosa Met 2020 agter ons en die nuwe jaar in volle swang is dit ‘n goeie tyd om te evalueer waar ons in ons lewens staan - ten opsigte van ons persoonlike omstandighede, gesin en werk. Natuurlik ook in die konteks van Suid-Afrika. Mnr. Ramaphosa dit is tyd dat die regering ook bestek neem van wat verkeerd is en hoe dit reggemaak moet word. Ons het dit goed gedink om die grootste knelpunte wat die ontwikkeling van Suid-Afrika aan bande lê, vir julle uit te lig: straf bly. Waar is die res van die R20 miljoen wat op maskers en seep spandeer is terwyl die koste daarvoor R7 miljoen was? Dit kon op grootmaat selfs goedkoper gewees het. Wie word daarvoor verantwoordelik gehou en hoe gaan hulle daarvoor vergoed? dusver net ‘n paar mense verryk en geensins bygedra om Suid-Afrikaners te bemagtig nie, inteendeel, dit het mense juis benadeel. beleggers en binnelandse klein- en mediumgroottte besighede. Die land het beleggings dringend nodig – dit weet jy goed Mnr. Ramaphosa. wonge dans na die ander twee partye se sosialistiese en kommunistiese pype en dit skep onsekerheid by beleggers. as om die land na behore te regeer. Daar is geen optrede teen ryking nie. Dit lyk dus asof julle hierdie optrede kondoneer. Is dit die geval? loosheid. Dit is verregaande om mense eerder van staatstoelae afhanklik te maak om bloot ‘n punt te bewys oor ‘n minimumloon. Die land beskik nie oor die ekonomiese vermoë om minimum lone te betaal nie. duur te staan gekom. Die gebrek aan kundigheid by die Landbank plaas voedselsekerheid in gedrang. Die wanbestuur van die Landbank dwing die kommersiële landbousektor op die knieë ten optelkens in die ry staan vir ‘n reddingsboei wat uiteindelik niks red nie. die landbousektor is kortsigtig. Julle hulpprogramme om voedselsekerheid te waarborg is ‘n groot leuen. Die hulp word aan bestaansboere wat maar 1% van Suid-Afrika se voedsel produseer, gegee. Die regering is heeltemal afwesig wanneer dit kom by ondersteuning aan die kommersiële landbousektor tydens ernstige droogtes. maar slegs vir die kaders wat naby julle vuur staan. ‘n Beter lewe vir almal is hol woorde. Die massas sal nog agterkom hoe bitter moeilik almal in die land kop bo water gaan hou as julle die staatTLU SA en ons lede is ernstig om ‘n positiewe bydrae tot die toekoms van ons land en inwoners te maak. Die hartseer is egter rolspelers om die beginsels te implementeer wat juis ekonomiese groei teweeg kan bring.
Dalk moet jul almal ‘n paar lesse oor basiese ekonomie bywoon. Daar is sekere beginsels wat nie deur enige wet of standpunt verander word nie. Die ekonomie werk onverpoosd voort en ‘n individu, besigheid en ook ons land word deurlopend aan daardie beginsels geëvalueer. Geen aankondiging wat nie in lyn is met hierdie beginsels nie, sal die toets slaag nie. Weinig van jul aankondigings slaag die ekonomiese toets. rigting van Afrika se ashoop van ekonomiese mislukking. Indien julle die volgende aspekte nie so spoedig moontlik implementeer nie, sal Suid-Afrika net nog verder in rommelstatus wegsak en met meer armoede te doen kry. bevoordeling (SEB). Stel kundige persone aan. vlakke. weer kan vertrou. moorde.
-
enigste meganisme wat welvaart kan skep en laat vaar die beleid van onteiening sonder vergoeding. Die regering moet dit openlik as beleid verklaar en enige vorm van sosialisme of kommunisme verwerp. herstel het, gegewe Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer. Laat die mark die arbeid reguleer. Werkloosheid is erger as ‘n lae salaris. dra om misdaad te bekamp. en laat vaar julle rassistiese ondertoon. bewerkstellig. En indien julle nie daarmee regkom nie, laat dit dan aan die privaatsektor oor om die ekonomie te versterk. Mnr. Ramaphosa dit is julle keuse om hierdie voorstelle te implementeer en sodoende vir almal in Suid-Afrika die geleentheid tot ‘n goeie toekoms te skep of eerder voort te gaan op die vernietigende pad waarop julle nou is. ID-toespraak beëindig: Mag God ons land seën. TLU SA erken dat alle gesag van God kom en dat die regering ook onder hierdie gesag staan. Ons rig ons volgens die Woord van God – Die Bybel. Daarom wil ons u ook versoek om Die Bybel se voorskrifte in gedagte te hou wanneer regulasies uitgevaardig word en in u dagtot-dag handelinge. TLU SA en ons lede sal voortgaan om aan hierdie land te bou na die beste van ons vermoë en in God-Drie-Enig se opdrag. Die uwe Henry Geldenhuys President TLU SA
Februarie 2021
7
De Wildt Nuus
TENS - PYNVERLIGTING Marius en Sonja Muller Tens is ’n Engelse term wat ‘transcutaneous electrical neural stimulation‘ beteken.TENS het betrekking op ’n klein elektroniese toestelletjie wat aan die lyf gedra word vir pynverligting. TENS is ’n klein elektriese stroom teen ’n spesidie senuwee daaronder te stimuleer. Die tipe behandeling word gebruik vir verskeie doeleindes maar is hoofsaaklik om pyn te verlig en in sekere gevalle die mikro-bloedsirkulasie te bevorder. Sommige pasiënte wat kronies pyn verduur en nie meer pynmedikasie kan gebruik agv die skade wat dit kan aanrig nie kry permanente inplantings in die brein met ’n klein verstelbare elektriese toestel wat ’n impuls genereer wat dan die pyn verlig.Tens is soortgelyk maar nie so permanent of indringend nie,daar is geen inplanting nie. Die doel van elektriese stimulasie is om die pynimpuls vanaf die bron na die brein te blokkeer. ’n Klein draagbare toestel word aan die liggaam gedra met twee of vier elektrodes wat op die vel geplak word soortgelyk aan EKG plakkers (nie presies dieselfde nie). Die plakkers word weerskante van die bron van pyn geplak en die stroom vloei dan deur die vel van een plakker na die ander. Penetrasie is diep genoeg om die onderliggende senuwee te stimuleer wat die gevolg het om die pynimpuls te onderbreek sodat die sensasie van pyn minder waarneembaar is. ’n Tweede gevolg is dat soos die senuwee jy skielik jou vinger of hand verloor jy nie dadelik pyn voel nie, reaksie. Tens kan ook help met wondgenesing agv die feit dat mikro-sirkulasie bevorder word wat dan weer wondgenesing bevorder. Tens moet met versigtigheid gebruik word om nie skade aan te
peut of dokter te raadpleeg. Tens is uitstekend as alternatief of hulpmiddel vir mense op kroniese pynmedikasie en wat maagongesteldheid ervaar agv al die medikasie - raadpleeg ’n dokter. Tens help net wanneer dit in gebruik is, ’n verdowende effek hou vir ’n wyle maar die pyn kom vinnig weer terug. Tens word aanbeveel vir mense met kroniese pyn wat bv golf wil speel, wil stap of langafstande moet bestuur of net minder afhanklik van pynmedikasie wil wees. Verdere inligting is geredelik beskibaar
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies
Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
8
De Wildt Nuus
Februarie 2021
Uitnodiging vanaf De Wildt Boereverenigingvoorsitter Phil Louw
Geagte vriende, ek het reeds in November 2020 vir julle uitgenooi om ons De Wildt Boereverenigingvergaderings in 2021 by te woon, en julle stem te laat hoor, as voedselsekerheid vir julle saak maak. In ons berig; “Is jy ‘n boer?” het ons beklemtoon dat dit nie net die Megaboer is wat tel nie maar elkeen wat die grond bewerk en ‘n produk of verwerking daarvan aan die publiek lewer. Waardetoevoeging is deel van die proses, nes die waardetoevoeging wat by Boereverenigingvergaderings plaasvind deur die uitruil van inligting. De Wildt bestaan weliswaar merendeels net uit kleinhoewes maar is ryk aan ‘n verskeidenheid landbougerigte aktiwiteite. Kom deel jou suksesse en ondervinding met jou mede-inwoners. Covid-19 het die handbriek vir baie mense opgetrek en swaarkry is ‘n realiteit. Jy kan dalk ‘n verskil maak in die lot van ‘n buurman deur jou kennis en ondervinding. Lidmaatskap is nie ‘n voorwaarde vir die bywoning van ons
met wat die TLU op nasionale vlak vir die boer doen, dan verwelkom ons jou ondersteuning. Sonder ons mense op voetsoolvlak se betrokkenheid en ondersteuning is hulle werk nie volhoubaar nie. Die boer se stem moet hoorbaar wees as dit kom by beleidsvorming. Ons vertrou dat die inperkings ons beplande aktiwiteite vir 2021 nie heeltemal sal ontwrig nie. Ons wil julle graag by ons byeenkomste ontvang en bande bou met ons gemeenskap tot voordeel van almal. De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 23 Februarie 2021 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
Februarie 2021
De Wildt Nuus
9
Covid en ’n jong entrepreneur Maderi van der Schyff Ons almal weet dat om ‘n besigheid op die been te bring is nie grappies nie, maar hoe gemaak as jy besluit om dit te doen in ‘n tyd van Covid? Ek en my man (Donovan van der Schyff) het besluit om 2 jaar gelede na Rustenburg te trek vir sy werk, ek het net graad gevang (BA in Modeontwerp) en die groot soektog na werk het nog nie eers begin vir my nie. Na ‘n paar maande se soek het ek besluit om van die huis af te werk en so was Maderi Lemmer Couture gebore. Alles het vir ‘n paar maande goed gegaan en daar was heelwat kliënte en eendag net mooi niks, die besigheid staan toe stil en ek besluit om aan te beweeg. Nou wat nou? Ons het twee vierpootkinders en my man se salaris dek net die nodigste. Die soektog na werk begin toe weer, ek kry uit die bloute ‘n oproep wat sê ek kan daardie middag gaan vir ‘n onderhoud by ‘n naelsalon in die dorp. Ek spring op en maak klaar en is op pad na die onderhoud, daar gekom en ek word verwelkom deur die oulikste tannie (die eienaar). Elk met ‘n rapeut (waarvan ek eintlik niks weet nie, naels doen was nog altyd net ‘n stokperdjie) en ek begin Maandag. Wat daarna gebeur is geskiedenis, ek was vinnig deel van die familie en is dolgelukkig oor ‘n vaste salaris. Oor die loop van die maand hoor ons gerugte van ‘n griepvirus (Covid-19) wat uiters gevaarlik is, ons hoor maar gaan aan met ons dag-tot-dag werk. So skielik soos wat die gerugte begin het, is ons toegemaak,ons mag nie meer werk nie agv “Die lockdown”. Eers in vlak 1 mag ons oopmaak. Nou wat nou? Om agter geslote deure en toe gordyne te werk was nie ‘n opsie nie. Al die myne maak toe en my man se salaris word met meer as die helfte gesny, boonop bly skoonma ook nou by ons. Ons trek toe as ‘n laaste opsie terug na Pretoria en bly in ouma en oupa (Manie en Sannie Lemmer) se huis wat op daardie stadium leeg was omdat ouma en oupa in ‘n versorgingseenheid is ter wille van ouma. Ek bel my haarkapster en vra of sy nie dalk ’n spasie in die salon (Salon Es-Merie) oop het waar ek kan naels doen nie. Sy sê toe daar is en ek kan begin sodra ek kliënte kry en dat sy my ook sal help adverteer. So is s uit nood gebore. Laataande se werk en dalk net 1 kliënt ‘n dag was die moeite werd omdat dit my enigste opsie (en inkomste) was vir my en my man asook ons vierpootkinders. En toe een oggend ‘n oproep wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie, my pa is op die lyn en deel met my dat my hartsmens-ouma (Sannie Lemmer) oorlede is… Platgeslaan met trane in my oë, gaan haal ek toe die heel onderste boks uit die kas en begin my naaldwerkmasjiene uitpak, ek begin toe net stik, enige stukkie lap wat ek gehad het en sommer ‘n ou gordyn kon my nie ontsnap nie. Naaldwerk het my beter laat voel want ouma Sannie het my van kleinsaf gehelp klere maak vir my poppe en dit was sy wat die liefde vir ontwerp in my wakker gemaak het. Na die ergste seer verby was, is ek terug by die salon en dit is ‘’Business as usual”, in die aande doen ek nog naaldwerk omdat ek vergeet het hoe lief ek daarvoor is en so is
Maderi Lemmer Couture (nou e) weer op die been. Vandag,’n paar maande later is Couture nog sterk en my grootste trots. Naels is my passie en ontwerp is my lewe, so of dit ‘n mooi kussingsloop of ‘n sakstel is, of net ‘n bietjie mooimaak, is dit beslis waar jy moet aanklop. Volg my gerus op Facebook Maderi van der Schyff of skakel my gerus op 071 606 7238 vir enige navrae of bestellings.
10
De Wildt Nuus
Februarie 2021
QUALITY COMPOST @ R 460.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 23.00 PER BAG
OR PHONE US 079 896 0032
Februarie 2021
De Wildt Nuus
11
BYBELSTUDIE 2021
Betaal jou geloftes (1) Manie Lemmer
Lees Genesis 34: 30 – 35: 8; Genesis 35: 9 -15; Mattheus 5: 33 - 48 Hierdie jaar sluit ons aan by ds Smit se Geloftefeesdiens van 16 Desember 2020. Daar het hy ons gewys op die gelofte wat Jakob by Bet-el gemaak het en dit totaal vergeet het, aanvaarding van die heidene se voorbeeld van afgodediens. Ek het in die HAT nageslaan en by die woord “gelofte” lees ons die volgende: Plegtige belofte/onderneming, veral teenoor God: ’n gelofte breek. By die woorde “belowe of beloof” lees ek: Ek belowe dit sal nie weer gebeur nie. 2 - laat verwag: Die regering het aan die vloedslagoffers hulp belowe. 3 - bedreig met: iemand (’n pak) slae beloof. 4 - tekens toon dat dit/hy/sy in die toekoms goed/suksesvol/voorspoedig behoort te wees, belofte inhou: Môre iets hand en mond belowe iets plegtig belowe. By die Geloftefees het ons gehoor hoe Jakob nie sy gelofte aan God nagekom het nie. Hier, na verloop van jare en talle
afwykinge van die volk weg van God het Jakob wel tot inkeer gekom en onthou wat hy belowe het toe die Here hom daar by Bet-el geseën het. Toe het hy sy gelofte gestand gedoen. Daarna het die Here weer aan Jakob verskyn (vers 9 van hoofstuk 35), en hom herdoop na Israel. Sy naam sou nie langer Jakob wees nie. Ten spyte van Jakob se herhaalde afdwaal weg van die God wat hom elke keer weer genadig was, belowe die Here hier weer sy seën oor Jakob en sy nageslag. Dit sou seker ’n interessante studie wees om oral in die Woord te merk waar die Here sy volk telkens hulle sonde waar mense teenoor God beloftes of geloftes onderneem het en ook dikwels die geloftes verbreek het. As lesers nie ’n bepaalde dagboekprogram vir hul daaglikse Bybelstudie volg nie, probeer om die hele Woord in ’n jaar deur te lees, maar watter metode ook al gevolg word, doen dan die moeite om geloftes/beloftes te merk, ook waar mense nie hul beloftes nagekom het nie, maar waar God op wie ons altyd kan vertrou, self ook te alle tye Sy beloftes nagekom het en steeds nakom. Ek verneem ook graag of lesers wel opgetree het soos versoek en wat veral die beloftes van God aan die mens vir u beteken het.
12
De Wildt Nuus
Februarie 2021
GELOFTEFEES 2020 JOPIE FOURIE-TERREIN Manie
Lemmer
Andermaal soos in die 56 jaar tevore het Geloftefeegangers in ’n goeie getal van 250 byeengekom om ons voorouers se Gelofte by Bloedrivier gestand te doen en om hierdie dag as Sabbatdag te vier en God te eer en te dank vir Sy redding van ons voorouers in antwoord op gebede en die Gelofte. Die feesviering het begin met ’n vlagparade olv kommandant naby Hammanskraal aan ons fees luister kom verleen. Ons eie replika van die Trekkers se kanon het ook met Gawie Rossouw Jr as kanonnier twee saluutskote gevuur en die vlae is gehys. Daarna het Werner Theron gesorg vir sy treffende demonstrasie met ’n voorlaaier van ouds. Hy het aan feesgangers getoon het hoe lank die laai van die geweer teenoor aanstormende krygers geneem het, wat werklik konsentrasie en durf van die Trekkermanskappe moes geverg het. Daarna het die verrigtinge vanaf die monumentjie verskuif na die afdak en feesgangers het olv Gawie Rossouw Sr en orrelis Eddie Davey hartlik volksliedere gesing. Feesgangers het ook verneem hoe die dakplate onlangs deur boosdoeners afgesteel was en met harde werk en donasies uit verskeie bronne weer vervang is. .Die voorsitter het ook die volgende drie feesgangers spesiaal verwelkom: Georgie Louw en Manie Lemmer, wat albei reeds talle jare op die Geloftefeesbestuur gedien het en nou nog steeds teenwoordig is, en ook tannie Ella van der Walt, skoonmoeder van bestuurslid Coen Labuschagne, wat op 1 Januarie 2021 die 100 jaarkerf bereik. Sy is sekerlik die oudste lid wat nog ’n Geloftefees by hierdie terrein bygewoon het. Die Gelofte (Bloedrivier) en Jan van Riebeeck se gebed van 6 April 1654 is respektiewelik deur Werner Theron en Gawie Rossouw Sr voorgelees. Daarna het die geleentheidspreker, mnr Gert van Zyl, ’n treffende samevatting van die geskiedenis gelewer en ook getoon hoe die volk vaaf 1652 tot by die Bloedrivier-slag verloop het met mense wat hulle laat lei het deur God en sy Woord en ook die Evangelielig na die verste uithoeke van ons land gedra het. Hy is gevolg deur ds Ben Smit wat die Geloftediens uit Genesis 34 – 35 gelei het met die tema Betaal julle Geloftes. Die opsomming van albei hierdie laaste twee sprekers se bydraes tot ons fees is hieronder met die uitnodiging om die volle weergawes aan feesgangers te besorg, indien so verlang. Foto’s op bladsy 14 gee ’n prentjie van die verrigtinge. Ten spyte van die Corona-virus het ons mense weer eens met entoesiasme die fees bygewoon, sommige het hulle piekniekmandjies na die fees uitgehaal en lekker onder die bome geëet. Die volgende Geloftefeesbestuur is vir 2021 gekies: Jan Lemmer (voorsitter), Gawie Rossouw (ondervoorsitter), Rachelle Rossouw (sekretaresse), Marie Coetzer (penningmeesteres en die volgende addisionele lede: Coen Labuschagne, Willie Coetzer, Memory Scheepers, Gawie Rossouw Jr, Eddie Davey, Alrita Strydom, Douw van Wyk. Die Covid-19-inperking werk so uitstekend hier dat ek nêrens ’n notule kan raadpleeg om die korrektheid van die bestuursnaamlys Indien daar enige fout of weglating reggestel moet word, sal skakeling met my voor die volgende uitgawe in April waardeer word. Ons wens die bestuur sterkte toe vir hierdie groot taak.
Die geleentheidspreker was mnr Gert van Zyl met die tema “Ligdraers in die duisternis” en hy het daarin geslaag om in kort die geskiedenis rondom die koms van Van Riebeeck en die tydperke van regering deur die Nederlanders en ook die regering deur die Britse besetters gedurende die negentiende eeu en die gevolglike Groot Trek verder die binneland van Suid-Afrika in. Dit is goed om telkens weer die ware feite in ons land se geskiedenis aan te hoor en aan ons kinders oor te dra, waar daar in ons gewone skole andersoortige geskiedenis vir die kinders opgedis word. Mnr Van Zyl se hele toespraak is ook volledig by my beskikbaar teen betaling slegs van die afdrukkoste en ek sien hierdie dokument as goeie bewaarstuk vir jaarlikse verfrissing van ons geheue. Mnr Van Zyl beklemtoon telkens hoe die eerste burgers en ook hul opvolgers as ligdraers die Evangelie die land ingedra het. Hy verduidelik ook die verskillende trekke en hoe die Trekkers uiteindelik gevorder en verliese gely het tot by die Slag van Bloedrivier. Hy vertel hoe hy as 12-jarige skoolseun gedurende ’n toer na Zoeloeland en Bloedrivier in die donker alleen in een van die waens kon sit om te voel wat die Trekkers aldaar ervaar het. Hy verduidelik ook hoe die Here in antwoord op die Gelofte en gebede van die Trekkers ’n wonderwerk laat plaasvind het gedurende daardie Slag by Bloedrivier. Sommige bronne wil glo dat daar selfs so veel as 15 000 Zoeloekrygers was en ander weer getalle wat wissel van 8 000 en 10 000, wat almal reg was om die 470 man van die Trekkers aan te val.
Februarie 2021
De Wildt Nuus
Ons word gewys op die wonderwerk tov dit wat die Zoeloes weerhou het van ’n aanval in die nag waar die Ligdraers van die Woord en die kerslanterns in die nag die Zoeloes afgeskrik het. Ook die uiteindelike groot slagting en die oorwinning van die Trekkers oor hierdie groot Zoeloeleër. Hy het ook klem gelê op die bedrog van Dingaan tov die getekende traktaat waarin die beskrewe grondgebied aan die Trekkers gegee is in ruil vir die beeste, gesteel deur die Matabeles, en weer aan Dingaan terugbesorg is. Aan God alleen die dank en eer vir hierdie wonderbaarlike redding van ons voorvaders wat ook gesorg het dat ons steeds vandag die Lig kan voortdra waar ons ook al vergader en ons bevind. Hierdie volledige toespraak is werklik ’n kosbare dokument om te bewaar en moontlik in verkorte vorm jaarliks by die toekomstige beplande verrigtinge van die dag voor Geloftedag voorgedra of opgevoer kan word. Ds Ben Smit wat op ’n eendag-kennisgewing ingewillig het om die Geloftediens waar te neem toe die aangewese leraar agv kontak met ’n Covid-geval, nie meer kon kom nie, skoei sy preek op die tema Betaal jou geloftes en hy doen dit nav Genesis 34: 30 – 35: 8. Ek poog om vir lesers ’n kort samevatting hier te gee, maar vir diegene wat belang stel om die preek in geheel te ontvang, kan ek die hele preek, bestaande uit 16 bladsye, teen slegs die afdrukkoste laat kry. Jakob se lang geskiedenis van bedrog en afdwaal van God, bring ons by die gelofte wat hy by Bet-el aan God gemaak het toe hy van sy broer Esau gevlug het. Hy het die klip wat hy daar met olie gesalf het, as gedenksteen opgerig en gesê dat dit ’n huis van God sou word en dat hy van alles wat hy besit of verkry, ’n tiende aan God sou afstaan. In die aangehaalde gedeelte lees ons dat Jakob weer bang was vir Esau toe hy op pad was om in die beloofde land by Sigem te gaan woon. Nie slegs Jakob nie, maar ook sy skoonvader Laban en laasgenoemde se dogter Ragel het ook van die Here afgedwaal toe Ragel van die afgodbeeldjies van die huisgode gesteel het en met haar saamgeneem het. Ten spyte van Jakob en sy mense se afdwaling red die Here hom weer en bewerkstellig dat sy broer hom nie
13
enige leed aandoen nie. Hy trek verder tot by Sigem in Kanaän, waar hy grond koop en waar hy voorspoedig woon. Hy het mettertyd weer, beinvloed deur die heidene van die gebied, van die Here vergeet, tot die Here hom weer terugruk tot die werklikheid. Sy dogter Dina wat sekerlik saam met haar ander familie mettertyd hulleself vermeng het met die inheemse heidene, word verkrag en dan lees ons van die daaropvolgende wraak wat haar broers Simeon en Levi op die Sigemiete geneem het. Die Here het weer eens ten spyte van Jakob se herhaalde afdwalinge en sondes, Hom na Jakob gekeer en hom beveel om na Bet-el te trek. Dit was nou reeds meer as tien jaar gelede dat Jakob tevore by Bet-el ’n gelofte aan die Here gemaak het. Die Here het hom nou weer teruggeneem na daardie plek en selfs toe hy net gehoor het dat hy daarheen moes trek, het dit hom sekerlik skielik laat besef dat hy God vergeet het en so het ook sy ander familie God vergeet. Hulle het talle afgodsbeeldjies gehad en aanbid en Jakob het dit alles bymekaar laat maak en laat begrawe. Almal moes selfs nuwe en skoon klere aantrek nadat hulle hulself gereinig het. Toe hy by Bet-el gekom het, het hy opnuut hom aan God gewy en die naam verander na El Bet-el; eersgenoemde beteken huis van God en El Bet-el God van die huis van God. Hier moes Jakob weer terugkeer na die werklikheid: Hy het God en ook sy gelofte van jare gelede vergeet. Weer eens het God sy trou en genade bewys. Die vraag is of ons as ’n volk onthou het van ons eie volk se Geloftes by Bloedivier en Paardekraal, asook Van Riebeeck se gebedbelofte. Het ons dit nie dalk vergeet nie? Besef ons dat ons altyd God moet eer en ons geloftes gestand moet doen? Israel het keer op keer afgedwaal en van God vergeet, soos Jakob ook herhaaldelik gedoen het. God het hom weer terug gebring voor Sy aangesig en so het Sy volk se herhaalde afdwalinge uiteindelik vir ons God se liefde en genade se grootste daad van genade getoon in die offer van Sy seun Christus wat namens elkeen wat in Hom sou glo, gered kon word. Leef ons steeds ’n dankbaarheidslewe en eer ons Hom dag na dag? Dra ons ook hierdie boodskap van redding uit oral waar ons ons bevind?
14
De Wildt Nuus
GELOFTEFEES 16 DES 2020
Februarie 2021
Februarie 2021
15
De Wildt Nuus
Ella Van Der Walt vier 100 Tannie Ella van der Walt het op 1 Januarie 2021 haar 100ste verjaardag gevier. Sy was op 16 Desember 2020 die oudste Geloftefeesganger by die geleentheid by die Jopie Fourie-terrein.
COVID-19 maak van plaaslike inwoner ’n entrepreneur
Die COVID-19-pandemie het talle sonder ’n inkomste gelaat. Plaaslike inwoner, Maderi van der Schyff, moes ’n plan maak. Lees haar storie op bladsy 9.
16
De Wildt Nuus
Februarie 2021
Elma Human - Skakelbeampte
MY SELFOON IS ’N REKENAAR!? STUDIERIGTING: Die vrou en tegnologie
Lize Venter, ‘n lid van ons tak, bring al die dele van haar tafelrekenaar (desktop), haar skootrekenaar, tablet en selfoon en stal diè tegnologiese wonders vir ons uit. Dit blyk dat meeste dames maar effens skrikkerig is vir ‘n rekenaar. Lize wys ons daarop dat daar baie ooreenkomste tussen ‘n slimfoon en ‘n rekenaar is en dat mens met bietjie oefening jou ongebruikte rekenaar kan leer benut. OOREENKOMSTE: REKENAAR SELFOON - monitor skermpie - sleutelbord “keypad” - eksterne/interne hardeskyf vir geheue, interne geheue/ eksterne SD-geheuestokkie kaart -“desktop” is staties, skootrekenaar vervoerbaar altyd vervoerbaar tablet is vervoerbaar -battery met laaier battery met laaier FUNKSIES VAN REKENAARS: - Dokumente opstel, stoor of stuur - Foto’s neem, stoor en stuur - Telefoonoproepe, ‘skype’, video-oproepe - Sosiale media
De Wildt-tak neem afskeid van Hester Kilian veelkleurige blomme en aangename geur sal ons altyd bybly en daarom was dit gepas om die VLU-roos as afskeidsgeskenk aan haar te gee. daarna lid by verskeie takke. Elke keer as hulle moes trek, het sy geweet die VLU sou daar wees om haar nuwe vriendinne te help maak. In 1997 sluit sy by De Wildt-tak aan en beklee die volgende ampte: Taksekretaresse 2000-2011 Skakelbeampte 2010 Addisionele lid 2012-2020 Sy was ook hulpsekretaresse by die Jakarandastreek van 2001-2002. Sy ontvang haar 50-jaar knopie in 2020. Ons allerbeste en geurigste wense vergesel jou na julle aftreeplekkie in Midstream.
Februarie 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Afsluiting by Jasmyn-Wafelhuis 2020 het ons afgeskop met ‘n pajamapartytjie en het ‘n middernagfees, helder oordag gehou! Ons het GEDROOM oor ‘n opwindende jaar, en nooit kon dink waarop ons ‘n glasie geklink het nie… 2020 het ons afgesluit met ‘n gesellige saamkuier by die Wafelhuis in Harties. ‘n paar woorde sou die jaar kon opsom: nagmerrie, tegnlogiese uitdagings, uitreik ten spyte van inperking, kreatief en produktief oorleef.
Pajamaparty met die afskop van 2020
Patricia van Niekerk en Mariëtte de Wet
LIEFDADIGHEID
Die dames van ons tak is by verskeie omgeeprojekte betrokke en het die afgelope tyd eco bricks gemaak van styf ingedukte herwinde plastiek. Dit word gebruik as boublokke vir verskeie dinge soos mure, meubels en blombakke om groente in te plant. Die tak het 190 bottels aan die Voortrekkers oorhamdig vir hulle projek.
Leana van der Walt
17
18
De Wildt Nuus
Februarie 2021
LANDBOUSAKE WEIVELDBENUTTING
“As dit pap reën, moet ons skep.” As ons reg wil laat geskied aan hierdie pragtige beskrywende Afrikaanse uitdrukking, wat eintlik beteken as dit goed gaan, moet “jy dit benut”, moet ons die voordele wat hierdie pragtige reëns vir ons bied vanjaar, reg benut. Na die droë jare wat ons beleef het, het die grond eintlik ‘n bietjie gerus - minder nutriënte is uit die grond onttrek omdat daar nie baie grasgroei was wat nutriënte kon verwyder nie. In die grond is daar ook mikro-organismes wat voortdurend organiese materiaal afbreek asook om die nutriënte af te breek wat in die grond is en dit opneembaar vir die plante te maak. Die nutriënte wat beskikbaar kom met die afbreekproses, hoop dan ‘n bietjie op as dit met die min plantgroei nie verwyder word nie. Daar kan dus reserwes in die veld opbou in die droogte. Met hierdie pragtige reëns van vanjaar is daar waarskynlik genoeg reserwe voedingstowwe, wat tot goeie groei van die gras en plante, kan lei. Dit kan lei, en ons sien dit al, tot baie goeie grasgroei en verbetering in die beweibare kos vir die diere. Vir die diere kan dit “pap reën” vanjaar! As die pap dan reën vanjaar, wat die weiveld betref, moet ons as boer gereed wees om te skep. Hoe skep ons die pap, kan nou gevra word? Die goeie boer kan skep deur die volgende bestuurspraktyke in plek te hê: - Gesonde ingeënte diere vry van parasiete groei beter. - Voldoende kampe en weiveldbestuur. - Die belangrikste is om die regte lekke voortdurend te voorsien. Al die weivelde, lande en gronde noord van die Oranjerivier en ook Natal is fosfaatarm. Dit het tot gevolg dat al die weidings fosfaatarm is en nie voldoende fosfaat voorsien vir die herkouer (beeste, skape, bokke en ook wild) om die mikro-organismes in die diere se grootpense (Rumens) te voorsien van voldoende fosfaat nie. In die somer (November tot Februarie) wanneer die gras groen en jonk is, is daar voldoende proteïene en koolhidrate maar fosfaat ontbreek wat die getalle en funksionering van die mikro-organismes in die grootpens aan bande lê. Daarom is dit gebiedend noodsaaklik dat fosfaataanvullings in die somer gegee word. Die goedkoopste en effektiefste is om fosfaatbevattende lekke te voer in hierdie deel van die somer Fosfaatlekke bestaan uit enige van die dierefosfaatbronne soos beenmeel, Fermaphos, Dikalsiumfosfaat, Kimtrafos, Kynaphos, P12, ens gewoonlik gemeng met dieselfde hoeveelheid beessout. Beessout beperk die inname van lek en daar kan meer of minder bygemeng word om die regte inname van fosfaat te kry. Wanneer die weiding begin saadskiet, vanaf Maart, en begin verkleur, word die proteïene en koolhidrate in die gras omgesit in vesel of sellulose wat minder smaaklik en moeiliker verteerbaar
Leon Weber - landboukonsultant is. Die mikro-organismes in die grootpens kan nie funksioneer en vermeerder op die harde veselryke gras nie en die gras kan dan nie verteer word deur die mikro-organismes nie. Die baie gras wat ons vanjaar gaan hê in Maart tot Augustus, kan dan nie verteer en benut word nie. In hierdie stadium (gewoonlik begin Maart), moet die lek aangepas word om meer energie of koolhidrate en proteïene te bevat om saam met die fosfaat hoofsaaklik om die mikro-organismes te voer sodat die mikro-organismes die veselryke gras kan verteer. Dit is een van die wonders van die natuur dat die mikro-organismes in die grootpens van ‘n herkouer waardelose, veselryke gras vir die dier kan verteer wat die dier self, of die mens, nie kan doen nie om sodoende melk, vleis en wol te produseer. Dink net hoeveel miljarde tonne gras word deur die herkouer omgesit in vleis, melk en wol jaarliks. Soos in ‘n vorige artikel beskryf, kan ‘n kommersiële winterlek dan gevoer word. Die winterlek kan ook self gemeng word met die volgende bestanddele: Fosfaat (Beenmeel, Fermaphos, Kimtrafos, Kynafos, P12, ens) Energie (mieliemeel, Hominey Chop , molasse, ens) Proteïene (Grondbone, sojabone, katoensaad, oliekoek, vismeel, ens of voergraadureum) Sout - voldoende om die inname van die lek te beperk anders vreet die vee alles te vinnig op. Ureum is gevaarlik as te veel ingeneem word maar is seker 80 % goedkoper as die ander proteïenbronne. Die regte hoeveelhede en verhoudings kan op navraag voorsien word want dit kan verskil van boer tot boer. Al die relatief duur kommersiële winterlekke bevat van al die gelyste bestanddele en werk gewoonlik duurder uit as ‘n selfgemengde lek. ‘n Baie belangrike wenk oor winterlekke wat ureum bevat (en omtrent al die kommersiële winterlekke bevat ureum) is dat wanneer ‘n ureumbevattende winterlek gevoer word, daar altyd (ELKE DAG) lek beskikbaar moet wees vir die diere. Die herkouer moet eers aanpas om die ureum te kan benut. Na ‘n onderbreking neem dit tot ‘n week om weer die ureum te kan benut. Dit onderbreek die voorsiening van proteïene aan die mikro-organismes met die gevolg dat die dier nie hierdie veselryke gras kan benut nie. Dit lei dan tot pragtige weiding wat swak of selfs glad nie benut kan word nie. Om aan te sluit by die pragtige uitdrukkings, dan kry ons dat tussen die hand en die mond, val die pap op die grond en ons skep nie van die pap as dit pap reën nie! Skakel gerus om kers op te steek of raad te vra sodat ons hierdie pragtige jaar kan benut. Die boerevereniging of boere studiegroepe is welkom om my in te span om te help met die benutting van hulle weidings en leksamestellings. LEON WEBER 083 326 7181.
Februarie 2021
De Wildt Nuus
19
TLU SA dien kommentaar teen onteiening sonder vergoeding in TLU SA het vandeesweek amptelik kommentaar gelewer teen die wysiging van die bestaande Onteieningswet (Wet 63 van 1975). Die tydperk vir openbare kommentaar is pas van 10 Februarie tot 28 Februarie 2021 verleng. In die kommentaar stel TLU SA voor dat die voorgestelde wet herskryf moet word sodat onteiening van eiendom slegs kan plaasvind wanneer dit benodig word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, en dan slegs teen markverwante pryse en vir die openbare doel. “Hierdie wetswysiging is waarskynlik die mees kortsigtige stuk wetgewing wat al ooit ter tafel gelê is,” sê mnr Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Dit kanselleer enige moontlikheid om Suid-Afrika se ekonomie te herstel. Die regering moet markkragte respekteer en eiendomsreg erken as die fondasie vir ekonomiese groei.” TLU SA se kommentaar beklemtoon dat die vae bewoording van die wetswysiging die baan weg vir die regering om enige eiendom onder die voorwendsel van openbare belang sonder vergoeding te onteien. “Wetgewing moet daarvoor voorsiening maak dat grond vir infrastruktuurontwikkeling – wat dan in openbare belang is – onteien kan word,” sê mnr Geldenhuys. “Maar die bestaande eienaar moet dan in so ‘n mate vergoed word dat hulle die bestaande besigheid net in ‘n ander omgewing
voort kan sit. Wanneer openbare belang so wyd en vaag soos in hierdie voorgestelde wysiging beskryf word, kan pensioene, huise en beleggings ook sonder enige vergoeding afgeneem word. “Vir die ekonomie om te herstel, het die land dringend buitelandse beleggings nodig. Maar geen regdenkende beleggers sal dit oorweeg om in ‘n land te belê waar eiendom voor die voet onteien kan word nie. Ons wil dit duidelik stel dat indien die voorgestelde wetswysiging geïmplemenners sal wees.” Die publiek het nog tot die einde van die maand geleentheid om oor die voorgestelde wetswysiging kommentaar te lewer. TLU SA het ‘n platform geskep waar Suid-Afrikaners oor die wet kan kommentaar lewer. Die kommentaar wat deur TLU SA se platform gelewer word sal ook deel van TLU SA se mondelinge voorlegging aan die parlement vorm. “Dit is van uiterste belang dat die publiek hulle teenkanting hieroor uitspreek deur deel te neem aan die proses van kommentaar,” sê mnr Geldenhuys. “Die Onteieningswet is net die begin.” **Die platform is beskikbaar by hierdie skakel: https:// www.tlu.co.za/onteieningswet/
TLU SA hands in comment against expropriation without compensation ment of the existing Expropriation Bill (Act 63 of 1975) this week. The deadline for comment was extended from 10 February to 28 February 2021. In its comment TLU SA proposes that the bill should be rewritten to provide only for the expropriation of property when it is needed for infrastructure development, and then at market prices. “This is probably the most short-sighted piece of legislation that could be brought to the table,” says Mr Henry Geldenhuys, the president of TLU SA. “It cancels out any possibility of getting the country’s economy back on track. The government should respect market forces and private property rights as the foundation and starting point for economic growth.” TLU SA’s proposal emphasises that the vague wording of the amendment opens the gate for the government to expropriate any property under the guise of public interest without compensation. “The state must have the power to expropriate for infrastructure development, and legislation should provide for this, in other words, expropriation for a public purpose,” says Mr Geldenhuys. “The existing legal owner should be fairly compensated, which actually means that the owner
should be able to recreate their business in a different location. When the description of public interest is as wide and vague as in this proposed amendment, pensions, homes and investments will also be up for the taking without any compensation. “For the economy to have any chance at recovery, the country urgently needs foreign investment. But no investor of sound mind will consider investing in a country where property can be expropriated left, right and centre. We want to make it clear that as the bill currently stands, the possible application thereof would be catastrophic for the future of our country and its citizens.” The public has until the end of the month to comment on the proposed amendments to the Expropriation Bill. TLU SA created a platform where South Africans can add their comment. These comments will also form part of TLU SA’s verbal presentation to the parliament. “It is of the utmost importance that the public show their opposition by taking part in the process of commenting,” Mr Geldenhuys concludes. “The Expropriation Bill is only the start.” **Find the platform at this link: https://www.tlu.co.za/en/ expropriation-bill/
20
De Wildt Nuus
R1 000 R2 000
R3 000
Februarie 2021
Februarie 2021
De Wildt Nuus
Alternatiewe behandeling (15)
21
DIE BUIK
Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
In Engels word daar gepraat van die “gut”. Dit dui op die belangrike organe wat verantwoordelik is vir die spysvertering, veral die dunderm en kolon. Daarmee saam ook die lewer en galblaas en die pankreas; verder ook dit wat, veral by mans, in later jare uitsit, die “bierpens”! Soos vantevore verduidelik, is die lewer verantwoordelik vir honderde funksies en veral om gifstowwe te verwerk of uit te skei. Die pankreas skei twee belangrike stowwe af, nl insulien wat die glukose (suiker) moet balanseer en die ensieme wat uiters belangrik is vir vertering. ’n Snaakse “orgaan” Navorsers praat van die “Mikrobioom” – dit is die miljoene organismes soos bakterieë, virusse en fungi wat in die dermkanaal woon. Glo dit as jy wil: daar is negemaal meer vreemde organismes in die mens se liggaam as liggaamselle. Hierdie “kieme” bestaan uit twee soorte: die goeies waarsonder ons nie kan lewe nie en die slegtes wat ons wil siek maak. Antibiotika en chloor in die drinkwater is twee algemene stowwe wat sowel die slegte as die goeie organismes doodmaak. Dan het ‘n mens moeilikheid! Die goeie organismes vermeerder mettertyd self maar moet altyd aangevul word sodat dit die meerderheid bly. Daarvoor is probiotika nodig. Die beste kom uit gefermenteerde kosse soos suurkool (sauerkraut) en natuurlike jogurt met AB kulture gemaak. As dit nie op die houer staan nie, is dit nie die regte jogurt nie. Hierdie soldate het ‘n reuse invloed op ‘n mens se gesondheid, selfs op die brein. Pas
hulle op! Die bierpens Natuurlik kom dit nie van bier af nie, alhoewel dit sekerlik kan meewerk. Dit kom as gevolg van vet om die organe van die middellyf, die wisserale vet. Dit is ‘n gevaarlike teken. Een skrywer sê: “Hoe langer die middellyn, hoe korter die lewenslyn”. Waar kom dit vandaan? Daar kan drie sake uitgewys word: te veel suiker vir die liggaam om te kan verwerk (diabetes en pre-diabetes). Dit gaan nie net oor suiker nie maar oor verwerkte koolhidrate wat vinnig in glukose omgesit word. Dit sluit alle verfynde kosse in soos winkelbrood, koek, lekkers, poeding, ontbytgrane in dose en die gevaarlikste: koeldranke en veral kolas. Daardie suikers word omgesit in vet en in die buik gestoor. Gevaarlike vette maak mense dood. Wat is gevaarlik? Alle olies wat te warm gemaak was of gas deurgestuur is, word transvette genoem. Die algemene kookolies is gevaarlik. As hierdie vette oksideer, kan dit in die are vassit. Dan word cholesterol geblameer wat nie noodwendig die oorsaak is nie. Vleis is goeie kos maar te veel vleis is ‘n geweldige las op die liggaam. Volwassenes het omtrent net 60 gram proteïene per dag nodig. Afrikaners eet te veel – en te veel vleis. Iemand het geskryf: “Death starts in the gut”! Pas jou spysverteringstelsel goed op – dit is die bietjie moeite ooren-oor werd!
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
RAAM DIT
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners.
van foto’s,
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
082 879 6969
Vir die raam
Faan 072 538 5678
22
Februarie 2021
De Wildt Nuus
NOG VOORBEELDE VAN HEDENDAAGSE WONDERWERKE Manie Lemmer Elke keer wanneer ek vergaderings elders moet bywoon, is dit ’n hele proses: Ek moet tuisgaan by my seun en my skoondogter, Jannie en die Sandstone Sorgsentrum te kom haal na hulle toe. Omdat die inperkingreëls geld moet ek spesiale toestemming by Sandstone kry om die sentrum te verlaat vir die betrokke tydperk wanneer ek nie daar teenwoordig sal wees nie. Dit behels dan verder die inpak van my voorraad daaglikse medikasie (sommige moet ek van ons matrone aanvra), klerasie en toiletware met die pakke dokumente wat by elke vergadering benodig sal word. Dit sal lesers ’n idee van sodanige reëlings gee as ek meld dat ek vanaf 5 tot 9 Februarie nie minder nie as vier vergaderings moes bywoon, waarvan een ongeveer 8 uur geduur het en deur dit alles tussen die vergaderings het ek nog steeds advertensies vir hierdie kontreiblad gewerf en gesorg gedoen word. Terwyl ek oorspronklik gereël het om reeds weer by die sentrum terug te wees op Sondag 7 Februarie, het opvolgvergaderings opgeduik wat my nog twee dae later eers kon laat terugkeer. Ek dink in hierdie hele oefening is dit slegs genade en krag van Bo wat my nog daartoe in staat stel. Ons dank ons hemelse Vader elke dag dat ek nog altyd gespaar word om hierdie werk te kan doen. Terwyl ek deur al hierdie eskapades by Jannie-hulle tuisgegaan het, het ek nou die tweede keer in ’n ruskanstydjie saam met hulle op die TV kon kyk na ’n program op kanaal 135 (Discovery TLC). Dit behels die mediese werk en myns insiens wonderwerke deur ’n paar geneeshere in Amerika. In feitlik al die gevalle wat vertoon is, het die pasiënte met hulle waarskynlik agv vrees vir kwaadaardige en moontlik ongeneeslike letsels reeds lank gewag alvorens hulle hul na geneeshere gewend het. Daar word getoon hoe ’n dr Lee as velspesialis (dermatoloog) (haar goedbedoelde titel is “dr Pimple Popper”) by ’n mediese sentrum byvoorbeeld pasiënte wat jarelank met vergroeisels van “fantasmagoriese afmetings” of “epidermiese proporsies” soos een Afrikaanse akteur dit sou
stel, en met die grootste ongerief en pyn op verskillende plekke in hulle liggame geloop het alvorens hulle hul na dr Lee vir hulp genader het. Die hele operasie word in elke geval vertoon sodat kykers presies sien wat gedoen word. Twee ander spesialiste, drs B Schaeffer, ’n man, en ’n dame wie se naam my brein-“hardeskyf “ so diep gebêre het en my dus ontgaan het, is ook by die TV-program betrokke en hulle is albei voet- en enkelspesialste. Hulle toon hoe ’n pasiënt wat ses tone aan elke voet het en agv van die wydte van die voete feitlik geen skoen kon aankry nje en met baie pyn elke dag moes loop. ’n Ander pasiënt se een voet het so ’n verswering onder aan gehad dat sy ook eintlik nie kon loop nie, terwyl ’n derde pasiënt se tone so erg gesweer het dat die tone omtrent aanmekaar gegroei het. Die eerste pasiënt se addisionele twee tone (een aan elke voet) is met sorg geamputeer en ’n paar weke later kon sy normale skoene aantrek en loop, omdat die voete se wydte nou tot normaal verander is. Die tweede pasiënt se verswering is uitgesny en behandel en dit het na enkele weke sodanig verbeter dat ’n mens kon sien dat dit besig is om te genees. Die derde pasiënt se voete en tone is sorgvuldig los- en skoongemaak in ’n lang operasie met redelike uithouvermoë van die pasiënt wat op sy tande moes kners want ek glo die plaaslike verdowing kon nie alle pyn gekeer het nie. Weke later het sy voete normale vorm begin aanneem. Waarom noem ek hierdie operasies hedendaagse wonderwerke? Omdat ek glo dat sodanige operasies sekerlik nie tevore sommer net so moontlik sou wees nie, eerstens omdat spesiale apparaat en tweedens spesiale vaardighede en deurlopende kennisverkryging van die spesialiste werklik as genade van Bo aan hulle gegun is om hul medemense te help. Ook hulle benadering van elke pasiënt en die laat my hierdie maak. As ons ons na die grootste Geneesheer in ons gebede wend en die betrokke probleem nie ’n ander doel gehad het nie, sal ons seker nie tevergeefs pleit nie. Ons hoor ook daagliks van medemense wat ernstig siek was aan die sogenaamde Corona-virus en tog wonderbaarlik genees is. Laat ons ook almal saambid dat hierdie “plaag” uit ons land en uit die wêreld mag verdwyn sodat ons weer na gewone normaal kan terugkeer.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00
Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00
082 879 6969
Februarie 2021
23
De Wildt Nuus
Vleis en Vleis verwerking Item No Beskrywing
Verpak
Prys / Kg
Varkvleis 1
Heel of halwe Vark (gesny in snitte, en verpak)
2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Maer maal vleis (90 / 10) Maal vleis (80 / 20) Boerewors Perske Boerewors Kassegriller (Kaas wors, gerook) Rookworsies (Cabbanossie) Minute Steak Rump Steak Beeskook (Brisket) Bees patties Beestong (0p bestellings) Beesstert (ox tail)
R50 / kg
14
Heel of halwe skaap (gesnit en verpak)
R120 / kg
15 16 17 18 19 20
Groente (Alle groente is gaar en reg om warm te maak, en eet) Spinasie (Room en kaas spinasie - Heat 'n eat) 500gr Butternut pampoen (Botter en gesout) 500gr Patats (Botter en gesout) 500gr Groenboontjies met aartappels en uie (geroom en gesout) 500gr Wortel en Aartappel mash (gebotter en gesout) 500gr Tamatie en uie smoor (kerrie, en speserye) 500gr
R25.00 R17.00 R20.00 R25.00 R17.00 R17.00
Beesvleis 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 6 in pak per kg per kg
R85 / kg R85 / kg R95 / kg R100 / kg R130 / kg R135 / kg R110 / kg R125 / kg R85 / kg R60.00 R90 / kg R120 / kg
Skaapvleis
24
De Wildt Nuus
Februarie 2021
Februarie 2021
25
De Wildt Nuus
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00
26
De Wildt Nuus
Februarie 2021
Besoek ons gerus vir alle goeie gebruikte korporatiewe kantoormeubels.
127, Vlak UG. Len 082 660 8299
· Frans 082 470 0290 · Armand 082 955 3117
Charlene Roux 084 502 0427 227A Andrestraat, Tileba, Pretoria-Noord
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434
Di-Vry 08:00 - 18:00 Sat 08:00 - 13:00 Maan, Son & Vakansiedae - op afspraak
Februarie 2021
27
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
28
De Wildt Nuus
Februarie 2021