
2 minute read
Alternatiewe behandeling (15
De Wildt Nuus Alternatiewe behandeling (15)
DIE BUIK
Advertisement
Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) In Engels word daar gepraat van die “gut”. Dit dui op die belangrike organe wat verantwoordelik is vir die spysvertering, veral die dunderm en kolon. Daarmee saam ook die lewer en galblaas en die pankreas; verder ook dit wat, veral by mans, in later jare uitsit, die “bierpens”! Soos vantevore verduidelik, is die lewer verantwoordelik vir honderde funksies en veral om gifstowwe te verwerk of uit te skei. Die pankreas skei twee belangrike stowwe af, nl insulien wat die glukose (suiker) moet balanseer en die ensieme wat uiters belangrik is vir vertering.
’n Snaakse “orgaan”
Navorsers praat van die “Mikrobioom” – dit is die miljoene organismes soos bakterieë, virusse en fungi wat in die dermkanaal woon. Glo dit as jy wil: daar is negemaal meer vreemde organismes in die mens se liggaam as liggaamselle. Hierdie “kieme” bestaan uit twee soorte: die goeies waarsonder ons nie kan lewe nie en die slegtes wat ons wil siek maak. Antibiotika en chloor in die drinkwater is twee algemene stowwe wat sowel die slegte as die goeie orga- nismes doodmaak. Dan het ‘n mens moeilikheid! Die goeie organismes vermeerder mettertyd self maar moet altyd aangevul word sodat dit die meerderheid bly. Daarvoor is probiotika nodig. Die beste kom uit gefermenteerde kosse soos suurkool (sauerkraut) en natuurlike jogurt met AB kulture gemaak. As dit nie op die houer staan nie, is dit nie die regte jogurt nie. Hierdie soldate het ‘n reuse invloed op ‘n mens se gesondheid, selfs op die brein. Pas hulle op!
Die bierpens
Natuurlik kom dit nie van bier af nie, alhoewel dit sekerlik kan meewerk. Dit kom as gevolg van vet om die organe van die middellyf, die wisserale vet. Dit is ‘n gevaarlike teken. Een skrywer sê: “Hoe langer die middellyn, hoe korter die lewenslyn”. Waar kom dit vandaan? Daar kan drie sake uitgewys word: te veel suiker vir die liggaam om te kan verwerk (diabetes en pre-diabetes). Dit gaan nie net oor suiker nie maar oor verwerkte koolhidrate wat vinnig in glukose omgesit word. Dit sluit alle verfynde kosse in soos winkelbrood, koek, lekkers, poeding, ontbytgrane in dose en die gevaarlikste: koeldranke en veral kolas. Daardie suikers word omgesit in vet en in die buik gestoor. Gevaarlike vette maak mense dood. Wat is gevaarlik? Alle olies wat te warm gemaak was of gas deurgestuur is, word transvette genoem. Die algemene kookolies is gevaarlik. As hierdie vette oksideer, kan dit in die are vassit. Dan word cholesterol geblameer wat nie noodwendig die oorsaak is nie. Vleis is goeie kos maar te veel vleis is ‘n geweldige las op die liggaam. Volwassenes het omtrent net 60 gram proteïene per dag nodig. Afrikaners eet te veel – en te veel vleis. Iemand het geskryf: “Death starts in the gut”! Pas jou spysverteringstelsel goed op – dit is die bietjie moeite ooren-oor werd!
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners.
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00