
4 minute read
Geloftefees 2020
De Wildt Nuus GELOFTEFEES 2020
JOPIE FOURIE-TERREIN
Advertisement
Manie Lemmer
Andermaal soos in die 56 jaar tevore het Geloftefeegangers in ’n goeie getal van 250 byeengekom om ons voorouers se Gelofte by Bloedrivier gestand te doen en om hierdie dag as Sabbatdag te vier en God te eer en te dank vir Sy redding van ons voorouers in antwoord op gebede en die Gelofte.
Die feesviering het begin met ’n vlagparade olv kommandant naby Hammanskraal aan ons fees luister kom verleen. Ons eie replika van die Trekkers se kanon het ook met Gawie Rossouw Jr as kanonnier twee saluutskote gevuur en die vlae is gehys. Daarna het Werner Theron gesorg vir sy treffende demonstrasie met ’n voorlaaier van ouds. Hy het aan feesgangers getoon het hoe lank die laai van die geweer teenoor aanstormende krygers geneem het, wat werklik konsentrasie en durf van die Trekkermanskappe moes geverg het.
Daarna het die verrigtinge vanaf die monumentjie verskuif na die afdak en feesgangers het olv Gawie Rossouw Sr en orrelis Eddie Davey hartlik volksliedere gesing. Feesgangers het ook verneem hoe die dakplate onlangs deur boosdoeners afgesteel was en met harde werk en donasies uit verskeie bronne weer vervang is. .Die voorsitter het ook die volgende drie feesgangers spesiaal verwelkom:
Georgie Louw en Manie Lemmer, wat albei reeds talle jare op die Geloftefeesbestuur gedien het en nou nog steeds teenwoordig is, en ook tannie Ella van der Walt, skoonmoeder van bestuurslid Coen Labuschagne, wat op 1 Januarie 2021 die 100 jaarkerf bereik. Sy is sekerlik die oudste lid wat nog ’n Geloftefees by hierdie terrein bygewoon het.
Die Gelofte (Bloedrivier) en Jan van Riebeeck se gebed
van 6 April 1654 is respektiewelik deur Werner Theron en Gawie Rossouw Sr voorgelees. Daarna het die geleentheidspreker, mnr Gert van Zyl, ’n treffende samevatting van die geskiedenis gelewer en ook getoon hoe die volk vaaf 1652 tot by die Bloedrivier-slag verloop het met mense wat hulle laat lei het deur God en sy Woord en ook die Evangelielig na die verste uithoeke van ons land gedra het. Hy is gevolg deur ds Ben Smit wat die Geloftediens uit Genesis 34 – 35 gelei het met die tema Betaal julle Geloftes. Die opsomming van albei hierdie laaste twee sprekers se bydraes tot ons fees is hieronder met die uitnodiging om die volle weergawes aan feesgangers te besorg, indien so verlang.
Foto’s op bladsy 14 gee ’n prentjie van die verrigtinge. Ten spyte van die Corona-virus het ons mense weer eens met entoesiasme die fees bygewoon, sommige het hulle piekniekmandjies na die fees uitgehaal en lekker onder die bome geëet. Die volgende Geloftefeesbestuur is vir 2021 gekies:
Jan Lemmer (voorsitter), Gawie Rossouw (ondervoorsitter), Rachelle Rossouw (sekretaresse), Marie Coetzer (penningmeesteres en die volgende addisionele lede: Coen Labuschagne, Willie Coetzer, Memory Scheepers, Gawie Rossouw Jr, Eddie Davey, Alrita Strydom, Douw van Wyk.
Die Covid-19-inperking werk so uitstekend hier dat ek nêrens ’n notule kan raadpleeg om die korrektheid van die bestuursnaamlys
Indien daar enige fout of weglating reggestel moet word, sal skakeling met my voor die volgende uitgawe in April waardeer word.
Ons wens die bestuur sterkte toe vir hierdie groot taak. Die geleentheidspreker was mnr Gert van Zyl met die tema “Ligdraers in die duisternis” en hy het daarin geslaag om in kort die geskiedenis rondom die koms van Van Riebeeck en die tydperke van regering deur die Nederlanders en ook die regering deur die Britse besetters gedurende die negentiende eeu en die gevolglike Groot Trek verder die binneland van Suid-Afrika in. Dit is goed om telkens weer die ware feite in ons land se ge- skiedenis aan te hoor en aan ons kinders oor te dra, waar daar in ons gewone skole andersoortige geskiedenis vir die kinders opgedis word. Mnr Van Zyl se hele toespraak is ook volledig by my beskikbaar teen betaling slegs van die afdrukkoste en ek sien hierdie dokument as goeie bewaarstuk vir jaarlikse verfrissing
van ons geheue.
Mnr Van Zyl beklemtoon telkens hoe die eerste burgers en ook hul opvolgers as ligdraers die Evangelie die land ingedra het. Hy verduidelik ook die verskillende trekke en hoe die Trekkers uiteindelik gevorder en verliese gely het tot by die Slag van Bloedri- vier. Hy vertel hoe hy as 12-jarige skoolseun gedurende ’n toer na Zoeloeland en Bloedrivier in die donker alleen in een van die waens kon sit om te voel wat die Trekkers aldaar ervaar het.
Hy verduidelik ook hoe die Here in antwoord op die Gelofte en gebede van die Trekkers ’n wonderwerk laat plaasvind het gedurende daardie Slag by Bloedrivier. Sommige bronne wil glo dat daar selfs so veel as 15 000 Zoeloekrygers was en ander weer getalle wat wissel van 8 000 en 10 000, wat almal reg was om die 470 man van die Trekkers aan te val.