
1 minute read
Betaal jou geloftes (1
Manie Lemmer
Lees Genesis 34: 30 – 35: 8; Genesis 35: 9 -15; Mattheus 5: 33 - 48 Hierdie jaar sluit ons aan by ds Smit se Geloftefeesdiens van 16 Desember 2020. Daar het hy ons gewys op die gelofte wat Jakob by Bet-el gemaak het en dit totaal vergeet het, aanvaarding van die heidene se voorbeeld van afgodediens. Ek het in die HAT nageslaan en by die woord “gelofte” lees ons die volgende: Plegtige belofte/onderneming, veral teenoor God: ’n gelofte breek. By die woorde “belowe of beloof” lees ek: Ek belowe dit sal nie weer gebeur nie. 2 - laat verwag: Die regering het aan die vloedslagoffers hulp belowe. 3 - bedreig met: iemand (’n pak) slae beloof. 4 - tekens toon dat dit/hy/sy in die toekoms goed/suksesvol/voorspoedig behoort te wees, belofte inhou: Môre iets hand en mond belowe iets plegtig belowe. By die Geloftefees het ons gehoor hoe Jakob nie sy gelofte aan God nagekom het nie. Hier, na verloop van jare en talle afwykinge van die volk weg van God het Jakob wel tot inkeer gekom en onthou wat hy belowe het toe die Here hom daar by Bet-el geseën het. Toe het hy sy gelofte gestand gedoen. Daarna het die Here weer aan Jakob verskyn (vers 9 van hoofstuk 35), en hom herdoop na Israel. Sy naam sou nie langer Jakob wees nie. Ten spyte van Jakob se herhaalde afdwaal weg van die God wat hom elke keer weer genadig was, belowe die Here hier weer sy seën oor Jakob en sy nageslag. Dit sou seker ’n interessante studie wees om oral in die Woord te merk waar die Here sy volk telkens hulle sonde waar mense teenoor God beloftes of geloftes onderneem het en ook dikwels die geloftes verbreek het. As lesers nie ’n bepaalde dagboekprogram vir hul daaglikse Bybelstudie volg nie, probeer om die hele Woord in ’n jaar deur te lees, maar watter metode ook al gevolg word, doen dan die moeite om geloftes/beloftes te merk, ook waar mense nie hul beloftes nagekom het nie, maar waar God op wie ons altyd kan vertrou, self ook te alle tye Sy beloftes nagekom het en steeds nakom. Ek verneem ook graag of lesers wel opgetree het soos versoek en wat veral die beloftes van God aan die mens vir u beteken het.
Advertisement