
1 minute read
DWBV nuus
Phil Louw
Advertisement
Geagte vriende, ek het reeds in November 2020 vir julle uitgenooi om ons De Wildt Boereverenigingvergaderings in 2021 by te woon, en julle stem te laat hoor, as voedselse- kerheid vir julle saak maak. In ons berig; “Is jy ‘n boer?” het ons beklemtoon dat dit nie net die Megaboer is wat tel nie maar elkeen wat die grond bewerk en ‘n produk of verwerking daarvan aan die publiek lewer. Waardetoevoeging is deel van die proses, nes die waardetoevoeging wat by Boereverenigingvergaderings plaasvind deur die uitruil van inligting. De Wildt bestaan weliswaar merendeels net uit kleinhoewes maar is ryk aan ‘n verskeidenheid landbougerigte aktiwiteite. Kom deel jou suksesse en ondervinding met jou mede-inwoners. Covid-19 het die handbriek vir baie mense opgetrek en swaarkry is ‘n realiteit. Jy kan dalk ‘n verskil maak in die lot van ‘n buurman deur jou kennis en ondervinding. Lidmaatskap is nie ‘n voorwaarde vir die bywoning van ons met wat die TLU op nasionale vlak vir die boer doen, dan verwelkom ons jou ondersteuning. Sonder ons mense op voetsoolvlak se betrokkenheid en ondersteuning is hulle werk nie volhoubaar nie. Die boer se stem moet hoor-
baar wees as dit kom by beleidsvorming.
Ons vertrou dat die inperkings ons beplande aktiwiteite vir 2021 nie heeltemal sal ontwrig nie. Ons wil julle graag by ons byeenkomste ontvang en bande bou met ons gemeenskap tot voordeel van almal.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 23 Februarie 2021 te De Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
