
1 minute read
VLU nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Afsluiting by Jasmyn-Wafelhuis
Advertisement
2020 het ons afgeskop met ‘n pajamapartytjie en het ‘n middernagfees, helder oordag gehou! Ons het GEDROOM oor ‘n opwindende jaar, en nooit kon dink waarop ons ‘n glasie geklink het nie… 2020 het ons afgesluit met ‘n gesellige saamkuier by die Wafelhuis in Harties. ‘n paar woorde sou die jaar kon opsom: nagmerrie, tegnlogiese uitdagings, uitreik ten spyte van inperking, kreatief en produktief oorleef.

Patricia van Niekerk en Mariëtte de Wet
LIEFDADIGHEID

Die dames van ons tak is by verskeie omgeeprojekte betrokke en het die afgelope tyd eco bricks gemaak van styf ingedukte herwinde plastiek. Dit word gebruik as boublokke vir verskeie dinge soos mure, meubels en blombakke om groente in te plant. Die tak het 190 bottels aan die Voortrekkers oorhamdig vir hulle projek. Pajamaparty met die afskop van 2020

