36
DIE BONTEBOK
KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY DIE BEKENDE WAPENSMID JOHN BRUSSEL
J
ohn Henry Brussel is gebore op 19 September 1965 in Okatana Namibië. Hy is al amper 37 jaar in die vuurwapenbedryf en hy sê hy was nog nie een dag spyt oor sy besluit nie. Op `n baie jong ouderdom het hy gesef hy is lief om met hout te werk en spesifiek gewere. John stap deur die deure van The Gunshop op die 20 jarige ouderdom as kolfmaker onder die hand van mnr. Joof Lamprecht. John het oorsponklik diesel ingenieurswese studeer maar toe besef dat dit nie sy passie was. Mnr. Joof Lamperch het onmiddellik die vaardige vernuf in John se werk gesien en in `n bestek van 2 jaar het sy opleiding as geweersmid begin onder een van die mees ervare geweersmede van Duitsland, mnr. Werner Fink. In 1991 verhuis John na Kaapstad waar hy Brussel Gunstockmaker in Loopstraat begin. Hy werk saam met sy twee seuns wat ook
John Brussel en Kaapjag Onder Voorsitter Francois Rossouw voor John se nuwe winkel in Parow opgelei is as geweersmede. By sy winkel word verskeie geweersmidwerk gedoen soos; loopvervanging, akkuraatheidsaanpassing van gewere, sny van geweerkamers, knaldempers pas sowel as die pasmaak van geweerkolwe. Daar word ook kaliber veranderings gedoen, herblou werk van vuurwapens, “Cerakote” en “Nickel plating”.
Brussel gunstockmakers spesialiseer meestal in groot kalibers vir die “Big Five” van Afrika. Een van John se gunsteling kalibers is die .450 Rigby. Die kaliber laat jou toe om van ‘n 300gr tot 600gr punte te skiet. Die 300gr se tromp snelheid is 2950 vt/s. Voorwaar ‘n lekker geweer kaliber om in die kluis te hê.