__MAIN_TEXT__
feature-image

Page 1

DIE BONTEBOK AMPTELIKE TYDSKIF - KAAPSE JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING OFFICIAL MAGAZINE - CAPE HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

AUGUSTUS 2020 - 7

KOEDOE IN NAMIBIË TORN BY A LEOPARD BUFFALO WITH A BOW

FIREARM LICENSING JAGSTORIES | TAKNUUS | WILDBEWARING | VUURWAPENS | VELDKUNS


DIE BONTEBOK

DIE BONTEBOK AUGUSTUS 2020 INHOUD 4 REDAKTEUR 6 KAAPJAG VOORSITTER 8 KAAPJAG HOOFKANTOOR 10 KAAPJAG PRESIDENT 12 51 DUIM KOEDOE IN NAMIBIË 14 BUFFALO WITH A BOW 18 PHOTOGRAPHY ADVICE 20 TORN BY A LEOPARD 26 NAMIBIË JAG SEBRA-LEK EN ELANDBULLE 30 KAAPJAG FOTOGALLERY 38 UNIEKE DIERE DEUR DR KAS HAMMAN 42 SPORTSKIET 44 WESKUSJAG-TAK 45 FIREARM LICENSING ADVICE 46 BOESMANLAND-TAK 48 WES-BOLANDJAG-TAK 49 SENTRAAL-TAK

PHOTOS: FRONTPAGE: MARTIAL EAGLE - ROOIPUTS - KGALAGADI CONTENTS PAGE: CHEETAH - KUMQUAT - KGALAGADI DR LANDI LOMBARD


30

14

38

46


4

DIE BONTEBOK

DIE REDAKTEUR

W

elkom by ons Augustus 2020 uitgawe van Die Bontebok. Ek wil sommer met die intrapslag vir ons nuwe Kaapjag President, Johann Strauss, en ons nuwe Kaapjag Voorsitter, Andre Duvenhage, geluk sê met hulle verkiesing en alle sterke toewens in hul onderskeie ampte. Ek is seker dat daar maar min mense was wat verwag het 2020 sal so ‘n sirkus uitdraai en dan moes hulle ekstra pessimiste gewees het om net naby aan reg te wees. Ons lewens is omver gegooi deur inperkings, ekonomiese toestande om nie eers te praat van die gepaargaande mediese bedreigings wat Covid 19 vir ons almal nog steeds inhou nie. Dis dus te verstane dat die hele program vir Kaapjag vir die jaar deurmekaar gegooi is, asook ons lede se jag- en sportskietplanne. Dit lyk darem egter of dinge begin

beter gaan en heelwat takke begin nou skietoefening reël. Na aanleiding van al die bydraes wat ons gekry het vir ons Kaapjag fotogallery het die lede beslis hulle kanse waargeneem om in die veld te kom waar moontlik. Ons het dan ook heelwat jagstories en artikels in die uitgawe. Op bladsy 12 skiet Izak Hanekom ‘n 51 Duim Koedoe in Namibië, en op bladsy 26 jag Schalk Van Der Merwe Sebras en Elande. Op bladsy 45 gee Hamish Deal ons goeie advies rakende vuurwapen aansoeke en lisensies. Daar was maar baie min skietkompetisies as gevolg van die inperkings en lede-aande was daar ook nie juis nie, dus is ons taknuus maar skraps. Boesmanland-tak het darem laat weet hulle het goeie reën gehad en daar is riviere wat loop.

Francois Rossouw Kompetisie wenner: Baie geluk aan Juwan Vosser, 13j oud met sy wen foto vir ons fotogallery kompetisie. Hy het sy eerste Koedoe geskiet met ‘n langloop Mauser 7x57. Hy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by Ivan Volskenck van Ells & Co. ‘n Spesiale dankie aan Neels Geldenhuys, redakteur van African Outfitter, vir sy jag-artikels. Groete, lekker lees en alles van die beste vir die res van die jaar.

DIE B O NT E B OK : EDI T ORI A L TEAM EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertrams • A Cilliers DESIGNERS: • Johan Du Toit • Jade Design ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Hein Aylward • Neels Geldenhuys PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard DISCLAIMER

Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication. COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner. INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death. PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.


www.safarioutdoor.co.za

kies ‘n jaggeweer wat elke skoot laat geld

Steyr ZEPHYR II

.22 LR Rimfire ................................................................................................................................... R19 299

Steyr Classic II

.243 Win, 6.5x55 Swedish, .270 Win, 7x64 Breneke, .308 Win, .30-06 Springfield ........... R44 799 .300 Win Mag, .300 WSM, 9.3x62 Mauser .................................................................................. R49 995

Steyr SM12

6.5x55 Swedish, .308 Win, .30-06 Springfield ........................................................................ R54 599 .300 Win Mag ..................................................................................................................................... R59 999

Steyr monobloc

.30-06 Springfield ........................................................................................................................... R95 999 TERWYL VOORRAAD HOU. BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD. BF&W.

JOHANNESBURG Rivonia Crossing II, 3 Achterweg, Sunninghill

Tel: 0861 14 35 45

PRETORIA

STELLENBOSCH

Tel: 0861 22 22 69

Tel: 0861 11 43 30

Lynnwood Bridge-sentrum, h.v. Devon Place-Sentrum, h.v. R304 Daventry- & Lynnwoodweg & Bottelaryweg, Koelenhof

volg ons op sosiale media

OOSRAND

WESRAND

East Rand Retail Park, North Randweg, Boksburg

Cradlestone Winkelsentrum, Hendrik Potgieterweg, Ruimsig

Tel: 0861 000 071

011 662 2100

of besoek ons webwerf: www.so.co.za


6

DIE BONTEBOK

KAAPJAG VOORSITTER

D

it is beslis oorbodig om te sê dat almal se lewens in hierdie tyd erg ontwrig is deur die uitwerking van die covid-19 pandemie. Die onsekerheid wat deur die inperkingsmaatreëls veroorsaak is en die hantering daarvan, maak dit beslis nie makliker nie. Aan die einde van die dag kan en moet ons net doen wat binne ons vermoë is, en dit op so ’n wyse dat ons die beste van die saak maak. By baie van ons was die grootste frustrasies seker dat jagtogte wat lank tevore reeds beplan was, en waarna uitgesien is, nie kon plaasvind nie. Baanskiete was ook buite die kwessie en gevolglik het baie ywerige skuts hulself in ontoereikende posisies bevind. Kaapjag as vereniging bevind homself tans in een van die mees uitdagende tye en dit is altyd goed om in sulke tye ’n bietjie stil te raak en net weer oor alles te besin. Die Dagbestuur het op 27 Junie ’n strategiese beplanning gehad en oor Kaapjag en die pad vorentoe vir die vereniging besin. Na afloop van die byeenkoms was die opgewondenheid en ywer wat onder die lede van die Dagbestuur geheers het merkbaar – soveel so dat daar en dan besluit is om die hele bestuur byeen te kry vir ’n soortgelyke werksessie. Op 25 Julie het die geleentheid gerealiseer en dit was, soos die eerste geleentheid, ’n “trendsetter” vir die tye wat kom. In kort wil ek net graag ’n paar baie belangrike punte uitlig wat tydens hierdie sessies na vore gekom het. 1. Kaapjag het as vereniging ’n trotse bestaansgeskiedenis van 35 jaar! Behalwe dat ons daarmee kan spog, getuig dit van ’n werkswyse dat sake aangepak word met die oog op die lewensvatbaarheid daarvan en die voordeel daarvan vir die vereniging en sy lede. 2. Die heel belangrikste fokus wat

soos ’n goue draad deur albei geleenthede geloop het, was die feit dat die takke en Kaapjag as vereniging nie losstaande van mekaar bestaansreg het of kan funksioneer nie. Dis die een saak waaraan ons baie aandag moet skenk, omdat dit die verskil gaan maak tussen stagneer en floreer. 3. In dieselfde asem is dit nodig dat ons moet erken dat die gemiddelde ouderdom van jagters en ons taklede al hoër raak. Daar sou sekerlik baie goeie en geldige redes wees waarom hierdie tendens voorkom, maar dit sou ook interpreteer kon word dat ons as jagters nie daarin slaag om die aflosstok suksesvol aan die volgende geslag oor te gee nie. Hieraan sal takke baie indringend aandag moet gee. Hoe gaan ons dit regkry om ons jonger geslag te betrek by ’n saak waarin ons glo, passievol beoefen en ondersteun? 4. Tydens die strategiese beplanning is ’n uitstekende voorstel gemaak dat daar veral baie aandag aan nuwelinge in die takke gegee word – mentors na vore kom wat die verantwoordelikheid aanvaar om hierdie persone onder hulle vlerk te neem en te begelei. Niks skrik ’n persoon seker meer af as wanneer hulle nog ontuis en onseker voel en nie die nodige aandag en ondersteuning ontvang nie. Wat nog te sê as die baanoffisier hom moet aanspreek oor veiligheid. Dis hier waar die ervare manne die geleentheid het om nuwelinge op ’n taktvolle wyse te lei. 5. Die Bestuur is daarvan oortuig dat Kaapjag ’n vereniging is wat werklike bemarkingswaarde het, soveel so dat hulle ’n voorstel goedgekeur het waarin lede wat nuwe lede werf in die komende jaar, ’n krediet

Andre Duvenhage daarvoor sal verwerf. In kort kom dit daarop neer dat lede wat gedurende ‘n jaar vyf (5) nuwe lede werf, ’n korting van 50% op ledegeld vir die volgende jaar ontvang. Waar ’n lid tien (10) of meer nuwe lede werf, sal dit beteken dat hy/sy nie net in aanmerking kom vir die trekking van die geborgde geweer nie, maar ook dat hy/sy in die daaropvolgende jaar nie ledegeld hoef te betaal nie. 6. Die een diensterrein waar Kaapjag homself onderskei van sy mededingers is dat Kaapjag ’n kantoor en voltydse personeel het wat dit beman. Die bestuur is dit eens dat ons oor uiters bekwame personeel in die kantoor beskik en dat die funksionering van die kantoor van hoogstaande kwaliteit is. Min ander verenigings bied lede direkte toegang en skakeling met die CEO van die vereniging. 7. Takke van die vereniging verskil geografies van mekaar net soos die streke en die geografie van die Weskaap verskil. Boonop het elkeen ’n eie kenmerk wat deur die mense en lede van die streek bepaal word. Hoewel kenmerke van tak tot tak mag verskil, is die gemeenskaplike faktor wat takke saambind, die feit dat alle lede vuurwapeneienaars is wat graag jag en daarvan hou om te skiet – of dit nou met ’n jaggeweer, ’n handwapen of ’n haelgeweer


is - almal hou van skiet. 8. Dit is juis vanweë hierdie een fasset waarom ons groter samehorigheid tussen takke wil aanspoor. Oor die spektrum van die verenigings se takke, is daar die wonderlikste idees van verskillende skiet-dissiplines wat aangebied word. Hoe klink die gedagte dat ons meer kruisbestuiwing aanmoedig? Om dit te verwesenlik is dit nodig dat ons bymekaar moet kom om te sien en te ervaar hoe dinge in sekere gebiede aangebied word. 9. ’n Groot skuif onder die jagtersgeledere is dat baie jagters deur die jaar deelneem aan skiet-kompetisies. Jag raak ’n al duurder kommoditeit en baie mense wat lief is vir jag kan dit net eenvoudig nie meer bekostig om ruim te jag nie. Hulle bly egter nog lief vir skiet en wend hulle al meer tot “papier-skiet”. Die logiese skuif het meegebring dat Kaapjag by verlede jaar se AJV die grondwet gewysig het om

ook sportskiet as een van die vereniging se doelstellings in te sluit. Verdere ontwikkeling op hierdie gebied sal sekerlik nog kom vir die Kaapjag se lede aangesien die Uitgebreide Bestuur reeds verlede jaar tydens die vergadering van November goedkeuring verleen het dat Kaapjag in sy eie reg vir sportskiet registreer. Die proses is reeds aan die gang. 10. Dit is egter krities dat RankingU (die program wat ontwikkel is om die skiete se tellings te administreer) so gou moontlik deur alle takke geïmplimenteer word – die sportskiet-tellings kan slegs effektief gereflekteer word indien almal hulle lede se tellings deur middel van die stelsel deurgee. Die onus lê nou in die hande van die takbesture, aangesien daar ook verlede jaar reeds besluit is dat dit die enigste wyse gaan wees waarop tellings sedert Januarie 2020 opgelaai word. 11. ’n Verdere saak wat tydens die strategiese beplanning

beklemtoon is, en toe by die werksessie van die Bestuur vorm aangeneem het, was die besluit om Kaapjag deur middel van die sosiale media beter te bemark. Bestuurslede is getaak om persone in plek te stel wat Kaapjag se “facebookblad” gereeld opdateer en die relevante inligting voortdurend vinnig bywerk. Kaapjag as jagters- en wildbewaringsvereniging is baie blootgestel aan die antivuurwapens en anti-jag groepe. Die enigste wyse waarop ons kan oorleef is deur saam te staan en op ’n etiese wyse alles wat ons doen reg te doen. Daarom wil ons ’n beroep op elke Kaapjag-lid doen, om elke optrede goed te oorweeg – sorg dat jou vuurwapenlisensies geldig is en hou dit in stand. Wanneer jy gaan jag, jag op ’n etiese wyse sodat die vereniging se naam nooit deur jou optrede in die gedrang kom nie. Skietgroete André Duvenhage

Kaapjag bestuur - Vlnr agter: Andre Duvenhage, Johann Strauss, Kobus Van Niekerk, Ludi Starck, Loutjie Hanekom, Andre Volschenk en Horst Kettner, Vlnr voor: Johannes Saayman, Abri Basson, Matt Relihan, Hein Aylward, Jacques Visser en Nelius Oosthuizen


8

DIE BONTEBOK

KAAPJAG HOOFKANTOOR MATT RELIHAN - KAAPJAG CEO

TWO IMPORTANT MATTERS - TWEE SAKE VAN BELANG

C

APE HUNT’s mission is to preserve a way of life and in doing so, we endeavour to do all in our power to ensure your right to hunt is maintained. We also do our best to ensure your access to responsible firearm ownership. Both these areas are constantly exposed to attacks form the antihunting lobby and the pro-gun control activists. The threat is real and constantly gaining momentum worldwide. These lobby groups are funded by philanthropists with deep pockets and do this to mainly sooth their conscience and to impose their will and beliefs on our very legitimate and sustainable right to hunt and own firearms. We should not be apologetic because we choose to maintain our cultural customs and way of life. We should resist these attacks through constant responsible behaviour and

support for the people in the trenches, expending their energy and efforts on our behalf. The least we can do is to add our support through our continued membership of an organisation with this goal. CAPE HUNT is such an organisation and we can only exist and work to preserve our way of life if we have critical mass. We find ourselves in the midst of very challenging times and we realise that some of our members are under tremendous financial pressure due to the impact of the corona virus. This places the association under pressure, but thanks to an EXCO with vision, we have already begun to cut expenses but the truth remains, many members have as yet not paid their subscription for the

A LW YN JOUBERT - 25 J A AR L I D Baie geluk en dankie aan Alwyn Gideon Joubert (95-0534) wat sy 25 Jaar ononderbroke Kaapjag lidmaatskap sertifikaat ontvang het. Mag daar nog baie lede wees wat hierdie prestasie van Alwyn kan ewenaar.

Matt Relihan 2020/2021 year. Please do not place your firearm ownership in jeopardy by not renewing your membership and please do not withdraw your support for a worthy cause. Please pay your subscription and if you find it difficult to make ends meet, then contact me and make arrangements to defer the payments over a few months. We will gladly help our members in this regard.


DIE BONTEBOK

We will not stop the fight to preserve our way of life and we plead with you to not stop supporting the cause. We owe it to the next generation. KAAPJAG se bestuur verstaan baie goed dat hierdie jaar, ‘n jaar van groot uitdagings en frustrasies vir ons lede is. Ons is terdeë bewus dat ons jagters en skuts vanjaar groot ongerief ervaar het met die inperking wat groot beperkings op beweging van skiet- en jagaktiwiteite geplaas het. Eers kon ons nie jag nie en toe dit wel beskikbaar word, is dit summier beperk tot die provinsie waarin jy woon. Baie van ons lede jag in die Noord- en Oos-Kaap en hierdie regulasies het tot gevolg gehad dat vele bevestigde jagte gekanselleer moes word. Ook aan die skietkant was en is daar steeds

uitdagings. Skietbyeenkomste en kompetisies aangebied deur die vereniging is steeds ontoeganklik en kan so bly vir die afsienbare tyd. Dit het ‘n invloed op die vermoë van ons toegewyde lede om hul status te behou en te voldoen aan die vereistes vir die behoud van toegewyde jag- en sportskiet statusse. Ons boodskap in die verband aan ons lede is die volgende: KAAPJAG sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat geen toegewyde lid wat opbetaald is, sy of haar status weens die pandemie en gevolglike inperking verloor nie. Ons bestuur het dit goedgedunk om vanjaar slegs een aktiwiteit vir die behoud van toegewyde jagterstatus te aanvaar. Hierdie aktiwiteit kan enige jag- of skietverwante aktiwiteit wees. Die klem gaan vanjaar wees op

9

effektiewe verslagdoening en ons doen ‘n beroep op ons lede om getrou hul aktiwiteitsverslae voor 30 November 2020 in te dien. Indien ‘n lid, weens die inperking en pandemie, geen geleentheid gehad het om aktiwiteite te doen nie, moet die verslagdoeningsvorm steeds ingedien word en moet die toepaslike blok op die vorm voltooi word. Onthou indien geen verslag ingedien word nie, sal u ongelukkig u status verbeur en sal u weer daarvoor moet aansoek doen. Vertrou ons om u te help om u status te behou, maar doen u deel ook deur die verslagdoeningsvorm betyds in te dien. Ons maak staat op u samewerking! Matt Relihan

The new Cape Hunt branded vehicle


10

DIE BONTEBOK

KAAPJAG PRESIDENT MEDE KAAPJAG LEDE

C

ovid 19 het hierdie jaar almal sleg getref, die potensiële lewensverlies, gepaardgaande met die ekonomiese gevolge, sou niemand kon voorsien nie. Jagte en skiet kompetisies is afgestel en planne wat lank voor die tyd gemaak is noodgedwonge gekanselleer, wat ’n groot leemte by baie lede gelaat het. Verder kon geen sosiale byeenkomste plaasvind nie en geselsies met vriende om die braaivleisvure was ook op’n einde. Ons los dit maar daar en fokus op die positiewe. Kaapjag het met die verkiesing van die nuwe bestuur terselfdertyd ’n nuwe baadjie aangetrek en ek is opgewonde om deel te wees van dié span. Dit is ’n bestuur wat passievol is oor die organisasie en ons kan met verwagting uitsien na die jaar wat voorlê. Ek is oortuig ons sal net van krag tot krag gaan. Die sukses gaan grootliks afhang van of ons almal op die wa gaan kry om die goeie beeld uit te dra? Hier is ‘n paar kernpunte: Die BONTEBOK – Kaapjag se embleem, moet ’n “brand-name” word waarop almal wat dit dra trots is sodat elke lid dit graag sal wil dra. Dit gaan net gebeur as ons wat dit dra dit op so ’n wyse doen dat die ander trots sal wees om deel daarvan te wees. Kaapjag se Dagbestuur, asook die Uigebreide Bestuur, waarop elke Takvoorsitter en die Belangegroepe se voorsitters dien, moet as een sterk span funksioneer om die beste diens vir sy lede te lewer. As spanspelers moet ons die hele tyd vir mekaar en vir die vereniging speel. As takke is dit belangrik dat ons aktiwiteite moet aanbied waarby ons lede kan baat en waarin almal se behoeftes gelykwaardig geakkommeer

word. Dit is belangrik dat ons fokus om meer familiedae te hou, sodat ons die jeug betrek en belê in ons toekoms. Die .22 kaliber (randslag) moet ons baie meer gebruik. Die ammunisie is nie net goedkoop nie, maar dis ook een van die vuurwapens met die minste “recoil”, wat dit ’n uitstekende geweer maak om jou skietkuns en beginsels mee te oefen. En boonop is dit uitstekend vir die jonger geslag. Ons moet sportskiet uitbrei met die voordele wat dit vir ons lede inhou en veral om nuwe lede te betrek. Ons het nou ’n passievolle sportkomitee en ek glo alles gaan klopdisselboom verloop. Met RankingU by alle takke in plek, sal die punte gou by Kaapjag op die webwerf beskikbaar wees sodat lede kan sien waar hulle op die rangorde lê. Ek noem enkele voordele wat lidmaatskap aan Kaapjag bied: • Lidmaatskap van ’n geloofwaardige vereniging. • Die moontlikheid om jou toegewyde jagters-status te bekom. • Die moontlikheid om jou sportskiet-status te verkry. • Endossemente wat alle vuurwapen-lisensie aansoeke kan vergesel. • Takke in lede se onmiddellike omgewing bied voortdurend ’n verskeidenheid van aktiwiteite aan, onder andere verskillende dissiplines van skiete en lede-aande. • Lidmaatskap by Kaapjag sluit in Lidmaatskap van CHASA (’n konfederasie van 23 verenigings) wat hom beywer vir die vryheid om te jag. • As lid van Kaapjag word u gedek deur ’n assuransie op die skietbaan. • Kaapjag reël jaarliks jag-

Johann Strauss

geleenthede vir lede wat andersins nie die geleentheid sou kry om te gaan jag nie. Anders as meeste ander verenigings het elke lid van Kaapjag inspraak in die bestuur en hoe sake hanteer word – daarom hou ons jaarlikse AJV’s. Elke lid het toegang tot Kaapjag se kantoor in Graanendal – die voorreg om tydens kantoor-ure te kan instap en te weet daar is bekwame personeel om te help waar nodig. Kaapjag kantoor doen moeite om met “Cape Nature” te skakel en jaglisensies te bekom om sodoende dit vir lede maklik te maak.

Dit is vir my ’n voorreg om deel te wees van so ’n passievolle bestuursgroep, met al sy vertakkinge en al die verskillende takke. Ek wil u as President van Kaapjag verseker dat ek die vereniging en lede se belange op die hart dra. Binne my vermoë sal ek alles doen om die naam van die vereniging te beskerm en toe te sien dat die Grondwet altyd eerbiedig word. Groete Johann Strauss


12 12

DIE BONTEBOK

Izak met sy Koedoe

51 DUIM KOEDOE IN NAMIBIË

Deur: Loutjie Hanekom

D

ie aanloop na die jag het verlede jaar begin op ‘n jag in Phillipstown. Izak, my seun, is ‘n protea veldskietskut en ons het al baie saam gejag, maar ‘n Koedoe het nog elke keer vir Izak ontglip. So het ons toe verlede jaar by familie in Phillipstown gejag en daar is koedoes in die omgewing, maar dis nie een van die spesies wat gewaarborg kan word dat hy daar sal wees soos die ander wild op die plaas nie. Die laaste agtermiddag van die jag het ons egter besluit om die berg met die Cruiser aan te durf opsoek na koedoes. Na ‘n lang stamperige rit op die Cruiser kry ons drie bulle. Ons besluit om die Cruiser te los en agter hulle aan te stap toe hulle om ‘n koppie beweeg. Uiteindelik toe ons om die koppie kan sien is die 3 bulle onder in die kloof en hopeloos te ver om te skiet. Ons pak toe die lang pad aan terug na die Cruiser en ry berg-af huis toe. Onder in die kloof gaan ons deur ‘n riviertjie en ek gewaar die koedoes teen die oorkantste helling. Roelo stop toe om deur die verkyker te kyk en

ons volgende stap te beplan. Izak wat agterop sit sien ook die koedoes en hy dink ons stop sodat hy moet skiet. Ons is mos hier om Koedoes te jag. Die volgende oomblik klap die skoot en ons sien die een bul is raakgeskiet, maar hy hardloop saam met die ander twee. ‘n Klein entjie verder sien ons hy sak uit en gaan lê. Roelo vra heel verbaas hoe ver die skoot was? Izak het met my 6.5x55 met die Swarofski DS op geskiet. “Dis 613m Oom” kom Izak se antwoord van agter asof dit nie juis ‘n prestasie was nie. ‘n Perfekte bladskoot op ‘n mooi jong koedoebul. Net daar begin ons die volgende koedoejag beplan. Izak wou ‘n groot bul skiet, maar met sy eie geweer. Toe kom 2020 met al die inperkings en dit begin lyk al meer of die groot koedoejag nog ‘n jaar sal moet wag. Maar toe die jag op ‘n stadium oopgemaak word, word ek genooi om saam met een van my vriende te gaan jag, maar ‘n week voor die jag word die organiseerder van die jag positief getoets vir Covid 19. Gelukkig ken ek die jag-ondernemer en

‘n vriend van my het ‘n tyd terug vir my gesê hy wil baie graag sy seun op ‘n jag vat. Ek bel vir Izak wat op Worcester by die kollege studeer en vra hoe sy klasse is en soos enige goeie student het hy nie ‘n probleem om 2 dae se klasse te mis vir ‘n jag nie. Ek reël met Eben en so word dit toe ‘n pa-en-seun jag. Ons ry toe die Woensdag tot op die plaas Graspan naby Modderrivier. Die aand begin ons toe die volgende dag se jag beplan. Die koedoes se pryse is egter gekoppel aan horinglengtes en ons besluit dat ons nog kans sien vir die prys bo 40 duim, maar R12 000 vir ‘n bul bo 50 duim is bietjie rof. Eben stel ons egter gerus en sê dat hy nog nooit in die 10 jaar wat hy jagters uitvat ‘n 50 duim bul geskiet het nie en dat die bulle in die area nie sommer so groot raak nie. Na ‘n lekker steak-braai en kuier om die vuur is ons bed toe en vroeg die volgende oggend maak ons koffie en almal is opgewonde oor die jag. Ons het besluit dat ons elkeen ‘n koedoe wil skiet, dus het daar ‘n groot taak


DIE BONTEBOK voorgelê om vier koedoes te kry. Eben sê toe ons moet nomineer wie eerste skiet, want ons gaan van die bakkie af moet skiet aangesien die terrein nie van so aard is dat ons koedoes geskiet gaan kry as ons loop nie. Die dice val toe op JG, Japie se seun, om eerste te skiet. By die plaas aangekom het ons eers die eienaar gaan groet en hy gee toe vir ons ‘n man by wat die plaas ken. Toe ons daar van die oom se huis af ry besef ek hierdie kan ‘n lang dag raak. Die plaas is 4000ha en is net buite om is wildwerend gespan. En dit is tipies bosveld met ‘n paar klipkoppies. Na ‘n uur en n half se rondry gewaar ons die eerste twee koedoebulle. Hulle hardloop egter weg en verdwyn tussen ‘n klompie doringbome. Ons ry nader met die Cruiser en ons sien een bul tussen die takke. Dit is gelukkig nie ver nie en JG skiet die bul met ‘n mooi kopskoot. Ons kry die Cruiser redelik naby en na ons foto’s geneem het laai ons die jong bul op die bakkie en gaan laai hom op die plaas af. Volgende aan die beurt is Izak. Toe ons wegry uit die plaas vra hy benoud: “Pa, wat as ek ‘n 50 duim bul skiet”. Ons lag almal en sê dat dit moontlik maar statisties hoogs onwaarskynlik is. So as ‘n koedoe jou ‘n skoot gee, vat dit. Ons ry toe weer vir twee ure, en ‘n papwiel later voor ons ‘n enkele koedoebul gewaar.

Izak is reg met sy geweer, maar die koedoe gee ons nie ‘n skoot nie. Ons begin toe soek in die rigting waar hy verdwyn het. Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het sien ons weer die bul, maar hierdie keer is hy nie alleen nie. Hy is saam met vier ander bulle, maar hulle verdwyn weer in die bosse. Ons ry toe in die rigting waar hulle verdwyn het, maar ry ons vas in ‘n klomp klippe en kan nie verder vorentoe gaan nie. Net toe Eben wil begin terugstoot gewaar ons weer die bulle. Eben sê hulle is te ver, maar ek oorreed hom om bietjie te wag. Die bulle begin een vir een in ‘n oop kolletjie in te stap. Japie wat agter op sit meet die afstand met die rangefinder. 322m. Eben, nog steeds ongemaklik oor die afstand, omdat hy baie met jagters te doen kry wat sy geweer een keer ‘n jaar as hy gaan jag uithaal, sê vir Izak om te wag toe die eerste bul uitstap. Toe die tweede een uitstap sê Eben: “Dis die een”. Feitlik onmiddelik daarna klap die skoot en die bul sak in sy spore neer. Eben is amper meer opgewonde as Izak en stuur onmiddellik die werker om te gaan vasstaan by die plek waar die bul geval. Ons sukkel om ‘n ander pad nader aan die koedoe te soek met die Cruiser. ‘n Halfuur later en met baie moeite en padmaak is die Cruiser binne redelike dra-afstand. Min het ons

Loutjie en Izak Hanekom

13

geweet wat vir ons wag. Daar aangekom is dit ‘n monster van ‘n bul. Aan sy horings se verweer kan jy sien hy is nie meer vandag se kind nie en sou hy waarskynlik deur n jonger bul in die trop vervang word. Ons almal is oorweldig deur die ongelooflike dier wat voor ons lê. Izak het net gesê: “Baie dankie pa”. Dit was ‘n voorreg om dit saam met my seun te kon beleef en te weet dat die bul met ‘n perfekte kopskoot geskiet is. Net daar het ek weer die waarde besef van al die opofferings wat ons gemaak het om hom die geleentheid te gee om sy Protea kleure te kon kry in veldskiet. Ek sal enige ouer aanraai om sy kind die geleentheid te gee om aan ‘n skietsport deel te neem. Dit leer hom veiligheid en dit gee hom selfvertroue om te jag en daardie een skoot wat jy kry te kan vat in die jagveld. Die middag toe ons na ‘n lang gesukkel die bul uiteindelik by die bakkie het is ons terug plaas toe om die bul te gaan aflaai en natuurlik dit wat ons almal vermoed het te bevestig. Wel, die bul het toe 51 duim gemeet en 165kg uitgeslag, maar dit was alles die moeite werd. Ek en JG het toe elkeen laat agtermiddag ons koedoes geskiet, maar nie een so groot nie. Ons het mos gesê moontlik, maar statisties onwaarskynlik.


14

DIE BONTEBOK

Article Sponsored By African Outfitter


DIE BONTEBOK

15


16

DIE BONTEBOK


18

PHOTOGRAPHY ADVICE AND TIPS - By: Dr Landi Lombard FOR BIRDLIFE IN THE KGALAGADI

K

galagadi Transfrontier park is a magical place, in the most northern tip of the Northern Cape, with about two thirds in Botswana. It is one of my favourite places to unwind and focus on my photography. It’s an arid land with great wildlife and bird life photography opportunities, especially for birds of prey. It is massive (38000 square km), bigger than the size of Belgium. It’s possible to get close to the animals and get great photo’s, with a great dune or desert background, including birds in flight. A lot of summer bird visitors make this time of the year even more spectacular for bird photography, if you can bare

Rock Kestrel (Kransvalk) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 400, 400mm, shutter 1/2000, f6,3

Martial Eagle (Breëkoparend) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 320, 400mm, shutter 1/2000, f6,3

the heat. In summer, daytime temperatures often reach 45-48 degrees. The nights are fairly warm and comfortable. Only early morning drives are viable as the rest of the day is too hot. This park changes several times in the year and although it is dry and desert-like most of the year it actually often gets fairly good summer rainfall, transforming the park into a stunning green place, but makes animal spotting a lot more difficult because of the extra vegetation. The park is unpredictable with animals moving large distances for food and water,

changing all the time. You often have to work hard for sightings, which makes it even more rewarding when you get that perfect wildlife photo. For good bird photography you would need a good quality camera like a Canon or Nikon DSLR, with fast frames per second rate (preferably 8+/second) and a fast memory card. A good zoom lens is essential, preferably 300mm or more, f-stop as low as possible, preferably f4 or less. Make sure you have more than one battery and a memory card. A good bean bag to rest and stabilize your camera also helps a lot. Recently mirror-less camera entered the market and are selling well now, but I’m still committed to my DSLR camera. SETTING UP YOUR CAMERA Setting up your camera is critical and you can

Gabar goshawk (Witkruissperwer/Klein Singvalk) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 640, 371mm, shutter 1/2000, f6,3


DIE BONTEBOK

choose many modes. It’s important to work through your menus on the camera before starting. I prefer manual with auto-ISO, or you can use full manual if you’re very experienced. Other options that work well is aperture priority shooting (Av) and shutter priority (Tv) is also a good option. For birds, especially birds in flight, you need a fast shutter speed to prevent blurry photo’s, at least 2000th of a second, but faster is better. This can only be used if light allows this, which is seldom a problem in the Kgalagadi, except for early morning or late afternoon. You can get away with faster shutter speed at high ISO’s, but I want to warn you against using ISO’s above 1/2000, as this gives significant background noise on your photos when

19

RJackal Buzzard (Rooiborsjakkalsvoel) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 640, 400mm, shutter 1/2500, f7,1. Lucky to get this one soon after take-off. Patience is very important as birds in flight are easier to photograph soon after take-off. Sit still and wait for the bird to take-off and be ready.

you want to crop or enlarge it. High end cameras, with full-sized sensors, deal much better with high ISO’s than more affordable options. Assess you target and the speed of movement and set your shutter speed accordingly. Birds in flight probably need more than 1/1500. Experience and practice helps a lot. Consider practicing close to home on local birds to get the ideal setting for your camera so that you don’t have to struggle with setup while photographing great subjects. If you have a smaller bird perched on a dry branch, it’s good to use low f-stops to blur the background as this will accentuate the bird. For bigger birds, too low a f-stop will sometimes mean that some parts of the bird will be out of focus. Bateleur (Berghaan) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 320, 484mm, shutter 1/2500, f6,3

I have included some examples of photo’s taken in Kgalagadi, with the settings used. Always take a lot of photos of a subject to make sure you have at least a few good shots. If the bird is sitting in a beautiful tree or setting, always take a few photos with limited zoom to show the environment as well. You can always crop it later to some extent, but it is difficult to create a good background. Bird photography gives you many additional options when you’re in the field, rather than always searching for the big five. It is also very satisfying, especially birds in flight, because it’s not so easy getting everything perfect, so when you do, it’s great.

Tawny Eagle (Roofarend) in Kgalagadi: Canon 7D Mark II, ISO 800, 600mm, shutter 1/320, f 6,3. This was a particular tricky photo as it was early morning with overcast conditions and I could not get optimal settings because of poor light. You just have to go with the shot and reset your cameras and try again.


20

DIE BONTEBOK

Article Sponsored By African Outfitter


We believe that taking pride in the quality of what you make is more important than how many you can make. www.elsfineleather.co.za

orders@elsfineleather.co.za | +27 21 887 8063


22

DIE BONTEBOK


Manufacturer & Distributor of Quality Hunting & Shooting Products Cape Town: 021 945 2160 | Pretoria: 012 348 0317 www.bushill.co.za

Bushill supplies only to the Gun Trade but gladly assists individuals with additional information or any technical queries. Please contact Michelle on 021 945 2160 or email cape@bushill.co.za

DESIGN: leftalign@telkomsa.net

Contact your nearest Fire Arms Dealer for any of our products.


24

DIE BONTEBOK


designed to

outperform at every level of activity

Venture Gear™ Drop Zone® Kit Includes: • Four interchangeable lenses • • Crush-resistant, neoprene storage case • • Removable temples • Microfiber cleaning cloth •

Venture Gear™ AMP Bluetooth Electronic Earmuffs • NRR 26dB • Bluetooth compatible • • Rubberised coating on ear cups • • Aux jack for use of MP3/mobile devices •

Venture Gear™ Sentinel Electronic Earmuffs • NRR 26dB • Slim profile ear cups • • Front-facing microphone •

ISS200228 VENTUREGEAR RANGE 297x210

endorsed by

sa wingshooters

Venture Gear™ Clandestine Electronic Earmuffs • NRR 24dB • Slim profile ear cups • • Omni directional microphone •

Available at all participating dealers. Contact Inyathi to locate your nearest dealer. Distributed by

Tel: 012 808 9911 • Cell: 083 271 0195 • E-mail: belinda@inyathi.net While Stocks last. Terms & conditions apply. E&OE.


26

DIE BONTEBOK

Mooi Sebra geskiet op die jag. Hulle is omtrent vollop in die wêreld rondom Windhoek

NAMIBIË JAG SEBRA-LEK EN DIE ELANDBULLE Deur: Schalk Van Van Der Merwe

O

ns was aan die jag suid van Windhoek, besig om ‘n vriend te help om van die diere van sy veld af te kry. Dis droog in Namibië, so droog dat President Geingob vroëer die jaar ‘n noodtoestand aangekondig het. Die beplanning het ‘n week of twee langer geneem as gewoonlik. Ek moes van ‘n lastige griep-bors herstel en deesdae moet die gewere se uitvoerpermitte mos al die pad Pretoria toe, maar binne ‘n maand se tyd vandat ons gevra is om te kom help, land ons in Windhoek. Ons jaggeselskap het bestaan uit myself, my pa, swaer, en ‘n vriend van ons uit die Kaap.

Ons het goed begin en veral onder die blouwildebeeste en gemsbokke gejag. Laat oggend, die derde dag, het ons by die stoor gedraai om die oggend se bokke by die slagpale af te trek. Ons was weer voorspoedig en het, terwyl die bakkie gewas word, ‘n oomblik gevat om ‘n brötchen met ‘n koppie swart koffie af te sluk. Soos afgespreek sou ek die res van die oggend tot laat middag te voet die rante agter die skuur verken, oorstap tot by Sebra-Lek en die kloof langsaan die anderkant afwerk tot op ‘n punt waar die manne op die bakkie my weer oor die radio sal opspoor. Met die smaak van bitter koffie nog op my tong is ek padlangs agter die stoor uit, my .270 oor die skouer, skietstokke in die hand. Ek is so ver ek kon padlangs, voor ek die eerste trop

blouwildebeeste tussen die vaalbos wat op die kwartsen mikarante groei kon uitmaak. Met goeie skuilplek tussen my en die bokke was ek sonder te veel moeite onder hulle en kon ek een oor die skietstokke plattrek. Ek het herlaai, die skoot se dop in my sak gesteek en bly staan, gehoop vir ‘n skoot op ‘n tweede bok. Hulle het egter met die klap van die skoot koers gekies deur die kloof onder my en in ‘n ruigte anderkant weggeraak. Ek het die blouwildebees se are gesny, hom sover ek kon in ‘n skadukol ingesleep en net daar gelos om later met die bakkie op te tel. Ek is verder die rant uit tot by Sebra-Lek aan die anderkant. Die lek en die kaalte om die blok sout was verlate. Ek het ‘n bietjie spore gekyk rondom die lek en ‘n goeie wildspaadjie gesoek om te volg. Een paadjie was besonders snuif-getrap en ek het my eie spore in hom begin maak soos dit kronkel al met die rivier langs. Ek het hom hoor hardloop voor ek hom gesien het. ‘n Pragtige bergsebra het deur die loop voor my gedraf en aan my kant van die rivier in die rant bo my gaan staan. Ek het my skietstokke staangemaak en aangelê, die slot toegedruk. Die hings het met sy lyf versteek tussen die swarthaak na my staan en kyk. Die kruisie van my Schmidt und Bender op my geweer wou net nie vassuig op my gestreepte teiken nie en ek moes


deur die teleskoop sien hoe hy na ‘n oomblik of twee sy kop skuins draai, teen die rant uitkyk en wegvlieg. Teleurgesteld, wou ek net die skietstokke se bene toeknyp toe die sebra se maat, net so ‘n mooi hings, ook deur die rivier voor my uitdraf. Danksy die eerste een was die meeste van my voorbereidingswerk klaar gedoen en toe hy min of meer in dieselfde opening as die eerste een gaan staan was hy minder sukesvol met die wegkomslag. Soos met die blouwildebees van vroeër het ek die hings gebloei en net so gelos. Ek het die plek in die pad wat naaste aan die sebra gemerk sodat ons hom nie later hoef te soek nie en weer teruggewerk wildspaadjie toe, kloof af. ‘n Paar uur later was ek onder in die kloof soos ek met die manne afgespreek het ons mekaar sou kry. Vandat ons jag begin het was ons op die uitkyk vir die elande. Ons het sporadies elande raakgeloop, maar dan was dit net ‘n klomp koeie, en die bulle onder hulle was nie swaar genoeg om werk van te maak nie. Die oggend na die pragtige sebra onder Sebra-Lek was ons weer besig in dieselfde area. Die rante bo Sebra-Lek is teen die noordgrens van die plaas. Dit was ‘n area waaraan ons die week nog nie veel aandag gegee het nie. Ons het tot op daardie stadium goed genoeg gedoen in die oop vlaktes van die plaas en dan is die laai van die diere in die rowwe diep klowe en klipperige koppe nie eenvoudig nie. Baie keer moet jy ‘n bok oorsien net omdat jy hom nie sal kan laai waar hy staan nie. Die swarthaak het ook in die hoër plekke posgevat en was dit minder van ‘n plesier om tyd daar te spandeer as in die ooptes. Nietemin, my pa het verplig gevoel om daar

‘n draai te maak om die drade te kyk en ook seker te maak daar is niks vasgevang in die gang teen die grense nie. Ons geselskap het vroeg ‘n blouwildebees en ‘n kort ruk later ‘n gemsbok geskiet, relatief naby aan die pad, so ons kon sonder te veel sweet naby kom en die “winch” uitrol. Die stoor se sinkdak het ‘n kilometer of twee onder ons geblink en ons het besluit om af te werk soontoe om die slagters aan die gang te kry. Heel oggend lank het ons eland spore opgemerk, al in die pad langs teen die grens en daar waar ons te voet was. Ons was in die pad ingedraai na ons die gemsbok gelaai het toe my pa sê hy dink bulle hou hier in die koppe. Sy woorde was nie koud nie toe ek en hy saam op die bakkie se dak klop. In die kloof bo ons was ‘n eland. Die enorme dier het in die skadu van ‘n groot witgat gestaan en dit was met die blote oog duidelik die ou het al ‘n nek aan hom. Ek het agter die naaste blinkblaar met die skietstokke afgespring en op my hurke gesit en wag tot die bakkie in die pad af stilraak. Die bul het so vyf honderd meter in die kloof op bo die pad gestaan. My plan was om op te werk na die ou toe agter die rug van die kloof grenslyn se kant van hom. Soos met die vorige paar dae was dit ‘n kristal-oggend en wind nie ‘n faktor nie. Ek het effens teruggeval bult-af uit sig van die bul en die rant begin klim. Die swarthaak het omtrent op plekke wal gegooi. Sekere dele moes ek op my maag deur. So asof die swarthaak nie genoeg van ‘n uitdaging was nie kruip ek myself halfpad die rant uit vas teen ‘n trop springbokke. Angstig om die vrede in die bos te bewaar is ek ‘n ent terug op my spoor, terug onderdeur die swarthaak om ‘n draai om die springbokke te loop. ‘n Bekruip om by een bok te kom het ontaard in ‘n

Terrein was klipperig en redelik bergagtig


28

DIE BONTEBOK

bekruip om ander te vermy en die springbokke was net die begin. Ek was skaars om die springbokke toe ek myself tussen ‘n handvol blouwildebeeste bevind. Ek was plat op die aarde deur nog ‘n doolhof swarthaak toe ek die blouwildebeesbulle dertig tree voor my sien wei. Vier bulle bymekaar. Ek was te naby om soos met die springbokke terug te kruip. As die naaste een my sou sien sou hy sekerlik met die ander wegvlieg, met my geluk die verkeerde rigting inslaan en saam met my eland net anderkant die rant verdwyn. Ek het die laaste meter of twee deur die swarthaak gekruip en regop gaan sit voor die bul naaste aan my gevries het. Met sy kop wat steeds laag op die grond hang het hy ‘n harde snork gegee wat ‘n stofwolk voor hom staangemaak het. Hy het sy kop opgeruk en my staan en dophou, sonder dat hy my geruik het, nie seker wat ek was nie. Al waarop ek kon hoop was dat die bul en sy maats sou skuif sonder om te kwaai te skrik. Die ander bulle het ophou vreet en hulle maat staan en dophou, onseker waaroor die bohaai gaan. Kopskud, gevolg deur ‘n snork, so het dit ‘n ruk lank aangehou totdat ek dit nie meer kon hou nie. Ek het ‘n kans gevat, my kep van my kop afgehaal en stadig gewaai. In reaksie daarop het die bul, met die ander agterna, uiteindelik met ‘n draffie koers gekies, genadiglik in ‘n skadelose rigting kloof af. Hulle was steeds onseker van my en kon nie te ver gegaan het nie. Ek was skaars op die been toe ek een weer hoor snork.

My moed was in my skoene. Elande is uiters skerp en ek sou nie verbaas wees om die kloof waarin die eland vroeër was verlate te vind nie. Ek het my skietstokke se bene uitgetrek en versigtig oor die rant se neus gewerk. Die bul was nog net daar waar ek hom die laaste keer van die pad af gesien het. Ek was so net onder ‘n honderd tree van hom af en het hom, na ek my asemhaling onder bedaring kon bring, net daar in die skadu van die witgat lê gemaak. Met die klap van die skoot het die kloof skielik lewe gekry toe ten minste agt ander elandbulle die duik onder my deurhardloop, teen die rant aan die anderkant gaan staan en teruggekyk na waar hulle maat onder die witgat verdwyn het. Nog ‘n lekker sterk bul het tussen die ander uitgestaan en met ‘n klein verstelling aan die skietstokke het ek hom ook platgetrek. Die bulle was te groot om gelyk te laai, so ons het twee keer gery om hulle onder by die stoor te kry. Ons moes hard werk, maar oor die algemeen was ons week een hoogtepunt na die ander. Die laaste aand met ete het ons ‘n glasie yskoue Jagermeister hoog gehou en hom weggeslaan op die week se sukses, die herinneringe. Om die tafel het ons die koppe gebuig en het my pa die Here gedank vir sy genade, die voedsel en dat Hy asseblief die reën sal stuur.

Johannes en Schalk met sy mooi eland bul


FX Airguns Distribution & Service Centre for South Africa airgun tuning, accessories and repairs

Retail Shop and Indoor Airgun Shooting Range

info@patriot-outdoors.com www.patriot-outdoors.com

Find us at Baruch Park Unit 7, Buchan Street, Stikland, Cape Town, 7530


30

DIE BONTEBOK

KAAPJAG FOTOGALLERY

JUWAN VOSSER, 13 JAAR OUD MET SY EERSTE KOEDOE LANGLOOP MAUSER 7 X 57 MM, DUITSE WEERMAG 2DE WÊRELDOORLOG GEWEER - GEJAG IN DIE MOLOPORIVIERLOOP TEEN DIE BOTSWANA GRENS - BRAY OMGEWING

Kompetisie Wenner

WWW.ELSFINELEATHER.CO.ZA ORDERS@ELSFINELEATHER.CO.ZA CONTACT US: +27 21 887 8063

HANDMADE HUNTING ACCESSORIES - MADE TO LAST A LIFETIME Send your hunting photos to francois@salocums.com and stand a chance to win leather goods from Els & Co to the value of R2500. Sponsored by Els & Co - T’s & C’s apply


DIE BONTEBOK

CARM EN GOOS EN - BLESB OK GEJAG OP JANSE NVILLE - VICTO RIA-W ES TIKKA .270 MET 140GR ACCUB

OND PUNT

FRAN Z HOLM - VLAK VARK WM MET 150G R ACCU BOND PUNT GEJAG OP JANS ENVI LLE - VICTO RIA-W ES - TIKKA .300S

31


32

DIE BONTEBOK

PATRIC K CAPES - WILDE BEEST BULL 6.5M M CREED MORE- 130GR SIERRA GAME CHANG ERS

WALT ER CAPES - SPRIN GBOK 6.5M M CREE DMO RE - 130G R SIERR A GAM E CHAN GERS


KAAPJAG FOTOGALLERY

MANU S LE ROUX EN OUPA JAKKIE - BLESB OK GEJAG IN ADELA IDE DISTR IK OOS-K AAP MET .308 WINM AG MET 150GR

PUNT

I WA LDO BOT HA - SPR ING BO K OO WES M ET .243 RTUFO S NA BY BEA GEJAG OP DIE PLA AS BER GPL AAT

33


34

DIE BONTEBOK

FRE DER ICK PYP ER - SPR ING BOK .30-06 JAG IN GOC HAS NAM IBIË- MU SGR AVE

AN NE LE NE HAVE NG A RO OI BO K GE JAG TE KE UR KLOO F BEAN, PATE NS IE .222 SIE RR A PU NT

ERIC LE ROUX - SWART SPRIN GBOK RAM GEJAG IN OUDT SHOO RN MET .308W IN MAG


One Dependable Choice.

The DGX® Bonded (Dangerous Game™ eXpanding) bullet features a copper-clad steel jacket bonded to a lead core.

Product Features THICKER JACKET The thicker 2,5mm copper-clad steel jacket sets it apart from other dangerous game bullets, allowing it to tear through tough material. CONTROLLED EXPANSION A flat nose with serrated sections delivers a uniform expansion and straight penetration, reducing possible deflections. BONDED JACKET & CORE The bonding process locks the jacket and lead core together, improving the retained weight of the expanded bullet.

Available at all participating dealers. Contact Inyathi to locate your nearest dealer. Distributed by

Tel: 012 808 9911 ● info@inyathi.net Terms & conditions apply. E&OE. While stocks last.


36

JOE KARAB US - KOEDO E BEAUF ORT-W ES OMGE WING GEJAG MET HOWA .270 SIERRA 130GR

LUNÉ LAUB SCHE R- ELAN DBUL GEJAG IN HOPE FIELD WES-KAAP - 6.5M M CREE DMO OR

PUNT


KAAPJAG FOTOGALLERY

JOHN BARNA RDT - NYALA GEJAG BY HANKE Y, PATEN SIE

MA RNU S BOT HA - BLESBO KKE S NA BY BEAUFO RT-WES M ET .243 GE JAG OP DIE PLA AS BER GPL AAT

37


38

DIE BONTEBOK

DIE FASSINERENDE EN UNIEKE DIERE VAN AUSTRALIË

Deur: Dr Kas Hamman

V

ir bioloë is Australië en sy geassosieerde eilande van die interessantste geografiese streke ter wêreld. Die gebied se fauna en flora weerspieël ʼn bisarre mengsel van primitiewe en gevorderde eienskappe, maar verskaf terselfdertyd waardevolle

insigte van evolusionêre prosesse wat plaasgevind het weens die langdurige isolasie van die kontinent. Beide die geologie en klimaat het bygedra tot die ontwikkeling van ʼn unieke Australiese fauna. Australië was eens deel van die suidelike superkontinent Gondwana , wat ook Suid-Amerika, Afrika, Indië, Madagaskar en Antarktika ingesluit het. Gondwana het ongeveer 150 miljoen jaar gelede begin opbreek. Ongeveer 50 miljoen jaar gelede het Australië van Antarktika begin skei en was daarna relatief geïsoleerd tot en met die botsing verder noord van die Indo-Australiese Plaat met Asië in die Mioseen geologiese era 5.3 miljoen jaar gelede. Evolusie van die hedendaagse Australiese diere en plante is die resultaat van ʼn uitsonderlike

klimaat, geologie en veral isolasie. Soos wat Australië noord gedryf het, was dit in ʼn mate geïsoleerd van die gevolge van wêreldwye natuurlike klimaatsverandering op daardie stadium. Van die unieke fauna wat in die Gondwanakontinent ontstaan het soos, onder andere buideldiere, het in Australië suksesvol oorleef en aangepas by veranderende omgewingstoestande. Ongeveer 15 miljoen jaar gelede het die Australiese klimaat toenemend droëer geword, wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van ʼn groot verskeidenheid van diere en plante wat aangepas het by oorwegend ariede of droogte toestande. Die meerderheid Australiese diere is endemies Alhoewel Australië weens sy


DIE BONTEBOK

Die eierlêende (Monotreme) platipus

grootte as ʼn kontinent beskou word, is dit eintlik ʼn groot eiland en weerspieël sy fauna en flora tipiese gevolge van eiland evolusie. Dit is dus nie verbasend nie dat die land bekend is vir sy ryke verskeidenheid eiesoortige diersoorte met ongeveer 45% voëlspesies, 83% soogdierspesies, 89% reptielspesies, 90% vis- en insekspesies, en 93% amfibiese spesies wat endemies is tot die kontinent. Hierdie hoë persentasie van endemisme kan toegeskryf word aan die lang tydperk van geografiese isolasie van die kontinent, die tektoniese stabiliteit en die effek van ʼn uitsonderlike klimaat op die geologie, diere en plante gedurende ʼn isolasie tydperk van soveel as 80 miljoen jaar. Soogdiere van Australië ʼn Unieke eienskap van die fauna van Australië is die relatiewe skaarsheid van inheemse plasentasoogdiere wat soos verwag kan word, oorwegend beperk is tot ‘n groot aantal vlermuisspesies. Plansenta-soogdiere is die soogdiere waarmee ons in Afrika meer bekend is het ‘n baarmoeder waarin die embrio volledig ontwikkel voor geboorte. Die meerderheid Australiese soogdiere is buideldiere (marsupiale) - ʼn groep soogdiere wat hul kleintjies in ʼn buidelsak grootmaak. Dit sluit in die makropode (kangaroeagtiges), possums (boombewonende buideldiere) en dasyuromorphia (karnivoriese buideldiere). In Australië het buideldiere baie van die ekologiese nisse beset wat plasenta-soogdiere elders in die wêreld beset en het in die proses morfologies baie dieselfde voorkoms ontwikkel. Hierdie verskynsel in die natuur waar onverwante diere oppervlakig dieselfde eienskappe ontwikkel onder dieselfde omgewingstoestande, is ʼn evolusionêre verskynsel

39

Die kortneus-echidna

wat konvergensie genoem word. Bekende buideldiere is kangaroes, wallabies, koalas en possums. Australië is ook die tuiste van twee van die vyf bestaande primitiewe eierlêende monotreme soogdiere, naamlik die platipus en die kortneusechidna. Die meerderheid inheemse soogdiere van Australië is skugter, boomlewende nagdiere wat maak dat baie inwoners onbewus is van hulle teenwoordigheid. Australasië bied tuiste vir meer as 90 vlermuisspesies wat ‘n groot verskeidenheid habitatte benut en wat die bekende “grey-headed flying fox” insluit met ‘n vlerkspan van 70cm! In teenstelling met die algemene opvatting, word alle vlermuise nie in grotte aangetref nie. Vlermuise kan in bome, berge,

“grey-headed flying fox” (Pteropus giganteus)


40

DIE BONTEBOK

Die vluglose emoe

woestyne, rotskranse, skure en dakke aangetref word en as voedsel benut hulle ‘n wye verskeidenheid voedsel soos nektar, stuifmeel, vrugte, voëls, insekte, paddas, akkedisse, ensovoorts en daar is wél enkele bloedsuiende vampiere - vlêrmuise ook! Na beraming is daar meer as 200 000 inseksoorte in Australië waarvan slegs ongeveer 62 000 tot dusver wetenskaplik benaam en beskryf is. Die land is ook die tuiste van talle giftige spesies, wat die platipus, spinnekoppe, skerpioene, seekatsoorte, jellievisse, molluske, steenvisse en giftige plante insluit. Ook interessant is dat ʼn groot aantal van die 170 Australiese slangspesies giftig is. Iets oor die voëls van Australië Australië is bekend vir sy ryke verskeidenheid voëlsoorte en spog met byna drie keer meer voëlspesies as Europa, insluitend Rusland en ‘n groot aantal hiervan is endemies tot die streek. Die voëls hier word deur 58 families verteenwoordig en weerspieël ʼn groter verskeidenheid as enige van die ander vertebraat-groepe in Australasië. Daar is ongeveer 830 voëlspesies in Australië en omliggende eilande en 45% hiervan is endemies tot Australië. Meer as 50 soorte papegaaie, asook die swartswaan en die unieke kookaburra kom hier voor. 27 Uitheemse voëlspesies het egter oor tyd daar gevestig. Ongeveer 200 spesies seevoëls leef aan die Australiese kus, waaronder baie trekvoëls. Naas die volstruis, is die emoe is die tweede grootste lewende voëlspesie en beskik oor heraldiese status aangesien dit op die Australiese landswapen pruik.

Die soutwater-krokodil

Amfibieë en reptiele Australië het vier families inheemse paddas en een ʼn ingevoerde padda, die rietpadda (“Cane frog”). Dié padda is in 1935 na Australië ingevoer in ʼn mislukte poging om insekplae in suikerrietplantasies te beheer. Sedertdien het die padda ʼn verwoestende indringer geword wat onbeheerbaar oor die noorde van Australië versprei het. Behalwe vir kompetisie met inheemse amfibieë, is die rietpadda giftig vir inheemse fauna asook vir mense. Die inheemse Myobatrachidae, of suidelike paddas, is die grootste groep paddas in Australië, met 112 spesies. ʼn Opvallende lid van hierdie groep is die kleurvolle en bedreigde Corroboree-padda. Australië het twee krokodilspesies Die soutwater-krokodil is die grootste lewende krokodilspesie ter wêreld, bereik ʼn lengte van meer as 7 m, kan meer as ʼn 1000 kg weeg en is heeltemal daartoe instaat om mense dood te maak. Hulle kom in riviermondings en brak vleilande in NoordAustralië voor. ʼn Kleiner varswater-krokodil word ook in Noord-Australië aangetref, maar word nie as gevaarlik vir mense beskou nie. Die Australiese kus word besoek deur ses soorte seeskilpaaie, maar interessant is die feit dat die kontinent geen landskilpaaie het nie. Dit is ook die enigste kontinent met meer giftige as nie-giftige slange. Daar is 26 soorte varswater likkewane en meer as 700 akkedisse. Waterlewe Die kontinent huisves ook 143 spesies varswaterkrewe en ongeveer 300 varswater visspesies waarvan enkeles ʼn Gondwanaland


DIE BONTEBOK

oorsprong het. Die meeste van Australië se visse is egter mariene spesies, waarvan 75% tropiese spesies is. Dit is oorwegend te danke aan Australië se 60 000 km lange kuslyn wat die 2300 km lange “Great Barrier Reef” insluit aan die kus van Queensland. Aankoms van die mens in Australië Tussen 50,000- en 70,000-jaar gelede het die eerste inheemse eilandbewoners, naamlik die Aborigenes, Australië begin beset. Ongeveer 4000 jaar gelede is die Asiatiese gryswolf (Canis lupis lupis) deur vroeë seevaarders ingevoer wat as die bekende dingo vinnig reg deur die kontinent versprei het. Aangesien die inheemse Australiese diere nie aangepas is om in die teenwoordigheid van sulke effektiewe roofdiere te oorleef nie, het die dingo’s ʼn massiewe negatiewe impak op die inheemse diere van die land gehad. Die uitsterwing van Australië se Tasmaniese wolf (Thylancinus cynocephalus) in die 1930s, word grootliks aan dingo predasie, kompetisie vir voedsel en later habitat vernietiging, toegeskryf. Die uitgestorwe Tasmaniese wolf het baie soos ʼn hond gelyk en was die grootste buidel-roofdier ooit, maar moet nie met die bekende Tasmaniese duiwel (Sarcophilus harrisii) verwar word nie. Laasgenoemde se bewaringstatus is bedreigd en kom vandag nog net in Tasmanië, die suidelike eiland van Australië, in beperkte getalle voor. Die tasmaniese duiwel was ook ʼn slagoffer van die ingevoerde dingo en het so 600 jaar gelede verdwyn vanaf die vasteland van Australië. Indringer spesies doen onherstelbare skade Sedert die Europeërs se vestiging in Australië in

Dingo (Canis lupis dingo)

41

die 1780s is ʼn verskeidenheid plasenta-soogdiere na Australië ingevoer wat intussen as indringers wild geword het. Na die dingo het verskeie ander indringers gevolg. Die Europese immigrante het doelbewus verskeie Europese spesies in die natuur vrygelaat, waaronder die rooivos, die bruin-veldhaas en die Europese konyn. Verskeie gedomestikeerde spesies het, soos in vele ander dele van die wêreld, ontsnap en mettertyd wilde bevolkingshonde, -katte, verskeie herte, takboksoorte, varke, perde donkies, waterbuffels en kamele gevestig, om maar net ʼn paar te noem. Soos elders in die wêreld het knaagdierpeste soos die huismuis, swart- en bruinrot, saam met die immigrante aanwal gekom en as indringers gevestig. Omdat Australië nie effektiewe roofdiere het soos wat byvoorbeeld in Afrika voorkom nie, het die indringer spesies onomkeerbaar vernietigende impakte op die inheemse diere en plante gehad. Deesdae het Australië van die strengste invoer-beheermaatreëls ter wêreld in ‘n poging om potensiële indringerspesies uit die land te probeer hou. Ongelukkig is die skade aan die diere, plante en natuurlike habitatte van hierdie unieke deel van ons planeet, alreeds in vele opsigte onomkeerbaar. Bronne geraadpleeg 1. Bergamini, David. 1969. The Land and Wildlife of Australasia. Time Life Books. 2. IUCN, International Union for Conservation of Nature. Amptelike webruimte. 3. Wikipedia. Webruimte. 4. National Geographic. Amptelike Webruimte.

Uitgestorwe Tasmaniese wolf (Thylancinus cynocephalus)


42

DIE BONTEBOK

HANDGUN & MULTIDISCIPLINE SHOOTING

Hein Aylward SPORT SHOOTING COMMITTEE, HANDGUN SHOOTING, MULTIDISCIPLINE

E

very article in any newspaper and magazine lately is about how bad 2020 has turned out and how this pandemic has influenced our social, business and political outlooks. It also had a major effect on our sport shooting and hunting families. In the previous edition I indicated to interview some of our shooters after matches and comment on their equipment. Now that the restrictions have eased I will get back to that project. For some of us this lockdown was a time for reflection, loading match ammo, cleaning brass, cleaning our guns, researching some literature on new firearm calibres and, dry firing. Yes, I would like to know who of you actually did some dry firing in this period, either with your handgun, shotgun or rifle. I’m on a couple of shooting whatts-app groups and a friend of mine was posting videos of his handgun dry firing sessions. Working on his grip, draw and indexing technique. Over and over. It was actually entertaining to watch. It

Handgun shoot at Bellville Pistol Club on 8 August 2020. Members shot the Tyro classifier on timed turning targets. actually brought back memories in the days when I was shooting serious WP-league and attended all national championships. I would dry fire on a Monday, Wednesday and Friday. Live fire practice on Tuesdays and Thursdays. Saturdays would be club matches or leagues. Playing squash was also the best side

sport to do, working on reflexes, moving quickly to new positions, and react quick. Sundays would be my rest day. To be familiar with your equipment you need to handle and practice safely with it. When it comes to match day, it is important not to discover that the sitting standing or prone

Hein Aylward, Lin Meiring, Jon Levin - with extra Covid 19 safety gear Ipsc Handgun Shoot at False Bay 15 August 2020.


DIE BONTEBOK

43

The Sporting range at Falsebay was of a good and challenging standard and well organised. position is unfamiliar. Worse still is to try to figure out your grip and shooting stance on match day. Bad idea. On the other hand, shooting sports was a supplement to my Police career and the specialized working conditions that I operated in. Sport shooting assisted me to be a safer firearms owner, operator and trainer. What I did in this lockdown period was to arrange my equipment per calibre and clean all my equipment. I went so far as to prepare my match bags for match days which you should do at least a day or two before the shooting event. I did barrel checking, stripping the pistol and dropping the round into the barrel to check if it is flush and chambers smoothly. Captain Jacques Buckle, my shooting partner in the Police team always said, nothing beats reliability. That is a true story. You can be the best marksman, but if your equipment and ammo fails, it is all useless. A lot of planning went into the preparation of sport shooting during this period of lockdown. There

were also, as you were aware, a lot of stop and goes in the hunting arena. One moment we can go and the next moment we can’t go or there are ridiculous directives. As far as the sport shooting committee is concerned, we have Louwtjie Hanekom, Ludy Starke and Llewelyn Loxton that will manage the portfolio. Each of us have a specialized set of skills to make this team a dynamic team that will be to the benefit of Kaapjag. The Sport Shooting committee is there to support all sport shooting activities and to build and develop it. When you serve on this committee, your discipline speciality hat come off. Sport shooting has also become a marketing strategy for Kaapjag as it won’t only survive or expand on hunting alone. Other sport shooting associations are examples of that. The Covid readiness plan were submitted to Kaapjag management for implementation on 15 July 2020. As indicated in the plan, sports are open with obvious restrictions in place. We have commenced with

handgun training matches and rifle events. We have proposed Valley Gun Club and False Bay Sport Shooting Clubs to be venues for Sporting Shotgun. Please keep an eye on email notifications. Our first handgun training session took place on Saturday 8 August 2020 at Bellville Pistol Club (BPC). It involved a Tyro and an NRA Practical event. As indicated previously, BPC has become the official home for our NRA handgun events. We will also be getting involved with their NPA events. I went to visit False Bay club on Saturday 15 August 2020 to represent Kaapjag at a handgun match. Clays were on the go and the ranges in full operations. Compliance officers were keeping an eye on things and all areas were safe in operation with protocols in place. If we all do our bit, we can carry on and enjoy our shooting passion. Be safe and be healthy. Hein Aylward


44

DIE BONTEBOK

Weskusjag-Tak

Die skuts het goed ge-social distance Adri Basson - Voorsitter

W

WESKUSJAG NUUSBRIEF 4-2020 eens die Covid-19 epidemie kon geen skietkompetisies plaasvind sedert die inperkingsregulasies aangekondig is in Maart 2020 nie. Daar was ‘n besluit geneem dat die tak ‘n opleidingsessie sou aanbied op Saterdag, 15 Augustus 2020. Weens die weervoorspelling dat dit sou reën moes die opleiding noodgedwonge ook afgelas word. ‘n Paar skuts het besluit om die weer te trotseer en het wel opgedaag die betrokke dag en die kans gebruik om hul gewere in te stel. ‘n Paar skuts het ook gebruik gemaak van die handwapenbaan. Die oprigting van die baan het intussen ook verder gevorder tydens die inperkingstyd deurdat daar verdere muurtjies en tafelblaaie bygekom het om die handwapens op neer te sit sedert die vorige byeenkoms. Kom skiet gerus saam volgende keer. Weskus groete Abri Basson

Dit was maar ‘n koue dag maar dit het nie die lede afgesit van skiet nie


LICENSING YOUR FIREARM

WHY IT IS IMPORTANT AND WHY YOU SHOULD DO IT THE RIGHT WAY While compiling this article I cannot help but think of the old saying, Do it Right, First Time, On Time, Every Time!

I

t’s quite simple, a firearm that you own that is unlicensed is simply a chunk of metal or blob of plastic, gathering dust in some or other Gun Shop or heaven knows where, that is of no use to anyone except the organisation benefitting from storage fees! For all intents and purposes, basically a Gun without an Owner is useless. Guns need to be licensed, owned and enjoyed! Anyone can go out and purchase a gun. Taking the next step is where it all starts. DO IT RIGHT, FIRST TIME, ON TIME, EVERY TIME. So where do we start? To licence a firearm you need to be declared competent by SAPS. Competency is attained through submission of a proficiency certificate for the respective training. Let’s say you have purchased a handgun. You are a first time owner. You would need to undergo training, which would entail purchasing training material (Law & Handgun), studying the content, completing a formative exam, attending the class session, writing a summative exam, completing a practical session at the range successfully, and then being issued a proficiency certificate and statement of results (in special circumstances this can be attained from the early age of 13). This is submitted along with your SAPS 517 for competency with your Local DFO (District Firearm Officer). Once you receive approval and confirmation of competency, you are now eligible to submit a SAPS 271 application for the respective firearm licence. The main component of your application is the detailed motivation. Important criteria to include, and is not limited to, reference to the applicant such as: Gender; ID number; state of health; marital status; address; description of residence; employment info; details regarding the location where the firearm will be stored (such as security measures, alarm, gate, security lights,

By: Hamish Deal armed reaction, burglar proofing, dogs etc.) Also required is a description of the safe and, naturally, photos of all of the above is beneficial. Now, onto the “nuts and bolts”. Why do you need the firearm. If you choose to own one for self defence refer to your lifestyle and where you travel, explain your exposure to life threatening crime, i.e. passing through crime hot spots, include crime stats in your area, home invasions, hijackings, murders, etc. Yes, its gruesome and not what we want to think about, but if its why you purchased a firearm, then these are the compelling reasons you are required to disclose in order to be granted the Section 13 Licence for Self Defence. These are the questions Central Firearms Register (CFR) will be asking. Let’s say you require more firearms for use such as occasional sport shooting or hunting. This is where it is now an opportunity for you to select a sport shooting association. Your choice is important in that the offering must fit, and meet, your requirements. There are many associations that one can join. The idea is to identify one that offers a shooting sport platform that recognizes a number of shooting activities. Examples include: Occasional hunting, Occasional Sport, Dedicated Sport, Dedicated Hunting, and these relate to the various firearm types such like: Handguns, shotguns, manual loading rifles and self-loading rifles. If you are like most firearm owners, the bug will bite and your interest will be expanded to include a variety of makes, models and types of firearms. To be eligible for the licence, one not only requires competency qualifications and a certain extent experience. You will also need the support of a shooting organisation/ association. Your shooting organisation will assess your motivation and if satisfied, will endorse such, thereby adding weight to your application as your reasons are further justified by a Recognised Firearm Association. If paperwork is not a passion of yours, there are organisations with the required expertise that specialise in compiling firearm licence applications. Real Deal Resources is able to address your requirements, from training through to applications.

hamish@realdealresources.co.za 082 320 3309


46

DIE BONTEBOK

Boesmanland-tak

G

Anthony Swift - Voorsitter

eluk saam met die ongeluk Nes die res van die land, was Boesmanland Jag se tjank ook afgetrap deur die Nasionale Inperkings. Terwyl die lope stof opgegaar en die teikens vol spinnerakke geraak het, het ‘n paar dorstige skelms die Klubhuis se Kroeg van sy voorrade verlig. Ten spyte daarvan dat die res van ons maar droë bek moes “Lockdown” hou, het die Hantam wél genadewater van bo ontvang, wat die eens leë dorpsdam tot 70% gevul het. Noudat almal behoorlik uitgehonger is vir skiet, is ons baie dankbaar dat die inperkingsregulasies begin lig, sodat van ons lede kan gaan jag. Hopelik verslap die regulasies verder sodat ons mekaar binnekort weer op die skietbaan kan sien vir ‘n paar kompetisies. Intussen hou ons maar die teleskope ge-“zero” en die sneller-vinger soepel met skietoefeninge op Ramskop.

Skuts het die koue trotseer en lekker geskiet

Nieuwoudtville waterval VET PRET MET .22 OEFENING OP RAMSKOP Met verligting van sekere van die COVID-19 inperkingsregulasies, kon Boesmanland Jag uiteindelik op Saterdag 15 Augustus 2020 ‘n skiet oefening aanbied. Vir die afskop, is daar besluit om ‘n .22 CHASAformaat skiet te hou. Die dag het vroeg begin en Ramskop skietbaan was soos altyd koud en winderig. Die springbok, rooibok, en vlakvarkteikens op wisselende afstande en posisies het menigte skut maar laat sukkel, en die ligte kaliber het telkens onverwags op die windtoestande reageer! ‘n Totaal van 13 ywerige skuts het die koue aangedurf en die skiet is net voor die reëns afgehandel. Die dag was gewen in gure weersomstande deur Jan du Toit, met Zanel du Toit (sy dogter, ‘n junior skut) in 2de en Riaan van Wyk in die derde plek.


FOXPRO Your ultimate predator calling gear

taking

the call to

nature

HAMMERJACK-

DIGITAL GAME CALL

FEATURE HIGHLIGHTS

INFERNO -

DIGITAL GAME CALL

FEATURE HIGHLIGHTS • Inferno remote control

• • • • • •

Integrated USB Port Stores up to 200 sounds in total (comes with 75) Order custom sound list External Speaker Tripod Mount located Auxiliary jack

• Comes witwh 100 sounds, &111 FREE sounds (300 sound capacity) • FoxJack 4 decoy (included) • FoxBang • FoxCast • Category sound files • Dual-amplified speaker system • 2 external speaker jacks • Auxiliary jack • USB port to reprogram sounds

Available at all Premium Dealers countrywide.

www.formalito.co.za I tel: +27 (12) 664 - 7793/4

FOXPRO 2.indd 1

2019/09/26 07:5


48

DIE BONTEBOK

Wes Bolandjag-tak CHASA Haelgeweer (Feather & Fur), CHASA

TYRO Handwapen te Remhoogteplaas

Kobus Van Niekerk - Voorsitter

N

a ons Maart maand eers moes tydelik ophou om ons passie uit te leef, het die Covid-19 furstrasie nie net daar opgehou nie, maar is daar die afgelope tyd 3 keer in 7 dae by die klubhuis ingebreek.

Die manne het nie op hulle laat wag nie en die gewere word verwoed ingeskiet vir die jagseisoen en volgende skietkompetisie.

Die herstelwerk is gedoen en die nodige veiligheidsmaatreëls is in plek vir Covid-19. Ons is gesaniteer, het ‘n koors monitor, dus is die baan oop vir gebruik en ons is gereed vir die volgende skiete.

Die beplande volgende skiet datums is as volg: • 12 September - CHASA .22 LR Standaard Posskiet • 17 Oktober – CHASA Standaard Baanskiet • 21 November –CHASA “Big Bore Dangerous Game” Dissipline & .303 en ander jagkalibers • 5 Desember – CHASA Vlakteskiet,

Streng Covid-19 maatreëls sal gevolg word. Sleg 50 mense word per geleentheid toegelaat.


DIE BONTEBOK

49

Sentraal-tak We are indeed living in unprecedented times and sadly, hunting and game conservation have not escaped the impact of the COVID-19 pandemic.

I

Yaseen Hanware - Voorsitter

hope that this edition of Die Bontebok finds you and your loved ones in good health.

The pandemic has dictated that shooting and member activities be put on hold and hunting on game farms has been severely restricted largely due to the ban on interprovincial and international travel. This has been devastating for the sector and has economically crippled the hunting industry. As a businessman, I know that absorbing the impact of zero income and weathering the storm is no easy feat. At the time of writing, a move to

level 2 has just been announced which is welcome news for both hunters and hunting farms as interprovincial travel is now permitted. However, we are also mindful of the fact that hunting season has passed and it may be too late for farmers to reap the full benefits from the easing of the ban. Let us remain optimistic however, and support the industry as much as we can. Prayers for resilience and sustainability, and a pragmatic resumption to normality for the sake of livelihoods, and prayers for safety and good health for everyone. Until next time, be safe and take care.

MOPANE BRAAI WOOD AVAILABLE ON YOUR DOORSTEP ADVANTAGES OF USING MOPANE FIREWOOD STARTS EASILY - SLOW BURNING - LONG LASTING COALS The long burning effect of Mopane wood is the reason why you end up with great and long lasting coals. HARVESTING Our Mopane wood is harvested from only dead trees in the Kamenjab area in Namibia. Price: 7KG bags - R40 15KG Bags - R70 Free Delivery can be arranged for orders of 10 bags and more in a 35km radius of the Northern Suburbs of Cape Town.

CONTACT: Freddie Rheeder Mr Mopane Phone : 060 988 9188

DISTRIBUTION AREAS: Cape Town, West Coast, Southern Suburbs, Northern Suburbs, Boland

LOCATION: Oakglen, Bellville Western Cape

WEBSITE: www.mrmopane.co.za freddie@mrmopane.co.za


HUNT • FISH • FARM • FORAGE • SPEARFISH

ETHICAL, SUSTAINABLE & ORGANIC

ADVENTURE LIFESTYLE

COOKING CHANNEL

‘‘meeste mense

dink kos kom van die supermark AF

‘‘

ek is nie een van hulle nie!

Teken in op op ons ons YOUT YOUT

& & SOSIALE SOSIALE MEDIA-KANALE MEDIA-KANALE & & STAAN WE STAAN ’N ’N KANS KANS OM OM ELKE ELKE MAAND MAAND ’N ’N SPLINTERNU SPLINTERNUWE MOSSBERG-GEWEER MOSSBERG-GEWEER TE TE WEN! (B’s & V’s geld)

Cal 30 - 06

BEGIN nou JOU EIE CATCH COOK-VIDEO’S maak

CATCHCOOK.COM


LONG RANGE RIFLES If you are looking for excellent quality and great value for money in a long range rifle for target shooting, hunting or varminting. Look no further than these magnificent rifles made by Sturm Ruger in the USA.

PRECISION RIFLES 6MM CREEDMOOR 6.5MM CREEDMOOR 6.5 PRC 308 WIN

300 WIN.MAG 300 PRC 338 WIN.MAG

LONG-RANGE TARGET 6.5 CREEDMOOR 6.5 PRC 300 WIN.MAG

VARMINT TARGET 204 RUGER 223 REM. 22-250 REM. 6.5 CREEDMOOR 308 WIN.

AMERICAN PREDATOR 204 RUGER 223 REM. 22-250 REM. 243 WIN. 6MM CREEDMOOR 6.5MM CREEDMOOR 308 WIN. TEL: 021 949 2891 | sales@gunsbows.co.za | 4 Keast Street, Loumar, Bellville


AMMUNITION

BULLETS

cases

reloading tools

TEL: 021 949 2891 | sales@gunsbows.co.za | 4 Keast Street, Loumar, Bellville

Profile for Die Bontebok

Die Bontebok Augustus 2020  

Advertisement
Advertisement
Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded