
3 minute read
REDAKTEUR
DIE REDAKTEUR
Welkom by ons April 2022 uitgawe van Die Bontebok. Hierdie uitgawe is weer propvol jagstories en artikels. Op bladsy 12 het Andries De Klerk gaan jag in die Drakensberg en dit nogal te perd. Op bladsy 22 gee Dawid Rossouw ons die nodige wenke hoe om lekker biltong te maak. Jokl Le Roux se reeks oor etiek en ektiket vir jagters vervolg op bladsy 18. Die groot nuus is dat Kaapjag nie net ‘n geakrediteerde vereniging wat toegewyde jagstatus aan sy lede kan toestaan nie, maar ons is nou ook geakrediteer is om toegewyde sportskietstatus toe te staan in eie reg. Dit beteken Kaapjag kan nou sy eie skietdissiplines ontwerp en kies vir sy lede. Hierdie was ‘n lang pad om die akreditasie te bekom by die Polisie. Bykans twee jaar het verloop sedert ek, Matt Relihan en Hein Aylward die proses begin het. Intussen was dit teruggestuur met nog vereistes en toe sommer afgekeur. Martin Hood het die appél hanteer en die appél was in Februarie 2022 suksesvol. Ek wil graag vir almal wat betrokke was bedank vir hierdie groot mylpaal wat bereik is vir Kaapjag. Ons het reeds gesien dat daar nou heelwat meer lede is wat vir hulle toegewyde sportskietstatus aansoek doen deur Kaapjag. Ons beplan ook dat daar baie meer skietkompetisies gehou gaan word vir veral pistool, haelgeweer en ook semi-outomatiese geweer, aangesien dit nie net Chasa kompetisies sal wees wat vir punte sal tel vir jou skietstatus nie. Ons sal ook kompetisies saam met ander klubs buite Kaapjag kan reel.
Advertisement
Die jagseisoen is om die draai en ek hoor die manne maak reeds groot jagplanne. Kry dus jou geweer en toerusting vroegtydig reg. Die jagveld is nie die plek om jou skietvernuf te oefen nie. Skiet maar jou geweer vroegtydig in en werk sommer aan jou fiksheid vir die jag. Kom woon gerus Kaapjag
Francois Rossouw
se vlakteskiet-kompetisies by. Dis werklik ‘n goeie plek om gewoond te raak aan jag-omstandighede en om jou geweer beter te leer ken.
Op 23 April 2022 is ons Algemene Jaarvergadering by die Weskustak te Velddrif. Dit gaan ’n lekker lede-naweek wees met ‘n intertak ghongskiet op die Grootrug skietbaan, sowel as ‘n AJV die middag en ‘n dinee die aand in Velddrif. Dit is ’n geleentheid wat nie deur ons lede misgeloop moet word nie. Baie geluk aan Gawie Pistorius met sy wenfoto vir ons fotogallery. Hy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by ons borg, Ivan Volskenck van Ells & Co. Skietgroete en lekker lees.
DIE BONTEBOK: EDITORIAL TEAM
EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Design art studio • Smidt Design
ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com
CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Andries De Klerk • Dawid Rossouw • Awie Pelser PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication.
COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner.
INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death.
PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.