1 minute read

WES BOLANDJAG-TAK

Next Article
BOESMANLAND-TAK

BOESMANLAND-TAK

Wes Boland-tak

Kobus Van Niekerk - Voorsitter

Advertisement

Die nuwe jaar is reeds goed op dreef en in teenstelling met verlede jaar was die intertak skiet tussen Wes-Bolandjag en Weskus-Tak wel aangebied op Braam Marais se plaas, Kleinbegin in die berge, buite Citrusdal en bo verwagting baie goed verteenwoordig met 52 inskrywings. Wes-Bolandjag het die wisseltrofee gewen en sal dit met trots bewaar tot die volgende byeenkoms. Verlede jaar is afgesluit met die Chasa Big Bore en .303 skiet op 20 November en die immer gewilde Chasa Vlakteskiet gekombineer met haelgeweer en handwapen skiet op Abla Carstens se plaas Remhoogte te Koringberg.

Die Chasa kleiduif- en handwapenskiet is op 19 Februarie en die Chasa senterslag baanskiet op 5 Maart op die Moorreesburg skietbaan aangebied. Die AJV word gehou op 17 Maart op Moorreesburg, gevolg

Wenners van die dag by Chasa vlakteskiet gekombineer met haelgeweer -en handwapenskiet op die plaas Remhoogte op 11 Desember 2021

Wes Boland-tak

Wes-Bolandjag se span die “Kettie Knapies” wen die intertakskiet op 12 Feb 2022

Wenners van Chasa Senterslag baanskiet te Moorreesburg skietbaan op 5 Maart 2022 deur die ghongskiet op die skietbaan op 9 April. Volledige uitslae van skiete en die jaarprogram met die res van die jaar se verrigtinge kan op www.wesbolandjag. co.za gesien word en ons vertrou dat al die aktiwiteite goed verteenwoordig sal word.

Met die AJV op hande wil ek die huidige bestuur bedank vir hul bydrae om ons Vereniging in stand te hou en ook vir almal wat die skietaktiwiteite bywoon en sodoende die tak se voortbestaan verseker. Wees verseker daarvan dat Wes-Bolandjag altyd sal streef daarna om net die beste aktiwiteite vir skuts aan te bied en ons deure staan oop vir nuwe lede en veral junior skuts wat via Kaapjag by die Vereniging wil aansluit.

Ek sien uit daarna om almal op die baan te ontmoet en lekker te kuier om die vuur na die tyd.

Vriendelike groete Kobus van Niekerk en Bestuur

This article is from: