7 minute read

KAAPJAG VOORSITTER

Next Article
NAMAKWA-TAK

NAMAKWA-TAK

Uitdagings vir Leierskap in verenigings soos Kaapjag

Leierskap binne enige organisasie van die samelewing het nog altyd ’n kritiese rol gespeel in die wel en weë van die organisasie. ’n Sprekende voorbeeld is die rol wat leierskap speel binne die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing, en spesifiek in die regering van die land. Besluite in die verlede het gevolge meegebring wat die toekoms van die land onteenseglik beïnvloed het. Netso word daar in die hede besluite geneem wat sekerlik die toekoms van die land sal beïnvloed – ten goed en ten kwade. Die demokratiese stelsel het sy positiewe en negatiewe kante na my mening. Die positiewe kant setel kortliks daarin dat elke persoon wat deel van die organisasie is die reg het om te stem vir wie hy ookal wil stem. Die negatiewe kant setel vir my daarin dat alle persone wat stem, nie noodwendig ’n ingeligte keuse uitbring nie. Die voorbeelde hiervan is legio in ons samelewing en die uitkoms van die persone wat in leiersposisies verkies word is dikwels rampspoedig. Kaapjag roem daarop dat ons ’n jagtersvereniging is wat nie ’n “TopDown” struktuur het nie omdat die lede van die vereniging jaarliks die kans kry om leiers te kies. Dit gebeur tydens die Takke se Algemene Jaarvergaderinge sowel as by die AJV van Kaapjag waar lede verkies word om op die uitvoerende bestuur, die Dagbestuur van Kaapjag te dien. Die amp van president is die enigste een waarvan die termyn oor twee jaar strek – al die ander ampte is jaarliks verkiesbaar. In organisasies soos Jagterverenigings, is daar groot uitdagings vandag! Die lede wat in hierdie ampte dien word nie daarvoor vergoed nie, maar stel hulleself beskikbaar en dien in die onderskeie ampte omdat hulle glo in die voortbestaan van die vereniging en bereid is om offers te bring juis om die saak te dien. In vandag se samelewing is dit seldsaam omdat die sentiment van die tyd waarin ons leef, totaal anders is. Om dit simplisties stel, mense is baie meer gefokus is op

Advertisement

“Wat bied dit vir my en wat kry ek

daaruit?” As dit die ingesteldheid en fokus van die bestuurslede raak, kan ons met redelike sekerheid moeilikheid voorspel. ’n Kort kriptiese verloop van gebeure wanneer daar ’n skiet gereël word, is sekerlik dat ’n paar dinge vooraf in plek gesit moet word. Enkele fasette vir so ’n beplanning is eerstens om seker te maak dat die lede in kennis gestel en genooi word na die geleentheid; daar moet sekere voorbereidings vooraf getref word - die skietbaan; baanoffisiere om die skietpunte te beman; teikens moet aangeskaf en voorberei word ens; alles moet tot in die fynste besonderhede gereël word. Goeie voorbereidings verseker dat alles vlot verloop. En glo my, lede kan gou omgekrap raak as goed nie loop soos “hulle” daarvan hou nie! Na afloop van die geleentheid is daar altyd mense wat moet sorg vir die opruiming van die baan en die verwerking van die tellings. En moet tog asb nie vergeet, dat lede wat klaar geskiet het graag saam kuier en daarvoor moet ook voorsienning gemaak word. Die werklike aanbied van ’n skietgeleentheid het baie meer om die lyf as net die paar reëlings wat nou genoem is. Hierdie voorbeeld is bedoel om slegs ’n baie beperkte blik te bied op die tipiese wyse waarop leiers binne Kaapjag en die onderskeie takke bereid is om te dien - die werk te doen sodat skiete

Andre Duvenhage

aangebied kan en die lede dit geniet sonder om vir die dienste te betaal. Binne die omgewing van jagterverenigings / vuurwapenverenigings het daar in die laaste tyd ’n aantal rolspelers tot die arena toegetree wat op ander terme die spel speel. Hulle is myns insiens eerstens daarop uit om eie belange te beskerm en het uitsluitlik toegetree om geld te maak uit die industrie. Lede bly vir hulle slegs kommoditeite wat tot hulle geldkoffers bydraes maak. By hulle is die fokus allermins om lede inspraak te gee in die rigting en funksionering van die organisasie, maar eerder om platvorms te bied waarop die minimum vereistes gehandhaaf word om wettig te bly en lede se belange te dien. Binne Kaapjag as vereniging, wat bestaan uit sy nege takke, kan ons met trots daarop roem dat die fokus anders daarna uitsien. Die “Roadshow” wat oor die laaste twee jaar gehou is, het bevestig dat daar werklik persone is wat hulle verbind om onbaatsugtig te dien. En vir julle kan die hoed gelig word! Teen hierdie agtergrond wil ek graag net ’n paar gedagtes met julle deel wat ’n waardevolle kriteria kan wees wanneer daar persone vir leierposisies gesoek word. Leierskap het ’n baie belangrike funksie in die bestuur van ’n organisasie wat help om die effektiwiteit van optrede te verhoog sowel as die bereiking van die organisasie se doelstellings. Om leiding te gee is die volgende eienskappe van kardinale belang:

• ’n LEIER DEEL SY VISIE

’n Leier moet beskik oor ’n duidelike visie waarheen hulle wil gaan, en hoe om daar uit te kom. Hy maak seker dat die res van die spanlede dit verstaan deur die duidelik formulering daarvan

asook wat van elke lid verwag word om die visie te verwesentlik. Hy moet persoonlik en entoesiaties hard werk terwyl hy ander rondom hom inspireer om dieselfde te doen.

• ’n LEIER LEI DEUR SY VOORBEELD

Die beste wyse waarop ’n leier kredietwaardigheid en die respek van ander verkry, is deur die regte voorbeeld te stel. Wanneer ’n leier baie van sy span verwag, moet hy self bereid wees om baie te gee. Woorde moet met dade bevestig word – dit help om die vertroue van die span te wen sodat hulle gewillig is om die voorbeeld na te volg.

• ’n LEIER DEMONSTREER

INTEGRITEIT

’n Leier met integriteit beoordeel deurgaans die besluite, waardes en optrede teenoor ander. Hy het moet kan onderskei wat reg en verkeerd is en wat gerespekteer word omdat di teg, beginselvas, eties en konstant is. Hy het gewoonlik ’n sterk karakter en kom beloftes na, kommunikeer openlik en eerlik met ander. Sy integriteit moet sigbaar wees in sy daaglikse optrede.

• ’n LEIER KOMMUNIKEER

EFFEKTIEF

Die vermoë om duidelik, bondig en taktvol te kommunikeer is ’n kritiese eienskap van leierskap. Kommunikasie behels baie meer as om maar net met aandag om na ander te luister en korrek te reageer op insette. Dit sluit in die deel van waardevolle inlgting en die vra van kritiese vrae om misverstande te voorkom. ’n Leier wat oor die vermoë beskik om spanlede aan te moedig, is van onskatbare waarde.

• ’n LEIER MOET ONGEWILDE

BESLUITE KAN NEEM

Om ’n effektiewe leier te wees, is die vermoë om vinnige en moeilike besluite met beperkte inligting te kan neem krities. Wanneer moeilike besluite geneem moet word, is dit raadsaam om altyd eers die vraag te vra wat jy daardeur wil bereik. Oorweeg die gevolge van so ’n besluit en oorweeg alternatiewe so ver moontlik. Aanvaar altyd die verantwoordelikheid vir jou besluite en glo in wat jy doen.

• ’n LEIER ERKEN SUKSESSE

Om op ’n gereelde basis en konstant erkenning te verleen aan die prestasies van ander is een van die kragtigste instrumente en gewoontes waaroor ’n inspirerende leier kan beskik. Mense gee graag meer van hulleself wanneer hul erkenning ontvang vir die moeite en insette wat hulle gelewer het. Dit laat die gevoel by mense dat hulle waardevol vir die span is en dit lig hulle moraal.

• ’n LEIER BEMAGTIG ANDER

’n Leiers wat die kuns verstaan om spanlede sover te kry dat hulle eienaarskap aanvaar vir hulle werk, en te glo dat hulle bydrae sinvol is, slaag grootliks daarin om mense te kry om verantwoordelikheid te neem vir hulle bydrae. Die kuns lê daarin om uitdagings en verwagtinge aan spanlede te stel wat hulle aanmoedig om kreatief tot voordeel van die ogranisasie te werk.

• ’n LEIER MOTIVEER EN INSPIREER

Die leier wat dit regkry om die span met passie, entoesiasme, inspirasie en gemotiveerdheid vorentoe te neem, is die een wat dit regkry om spanlede waardevol te laat voel en hulle sterkpunte te kan ontgin.

Kaapjag het onder sy geledere oneidig baie talente en vaardighede – die grootste uitdaging vir die vereniging lê daarin om telkens hierdie persone te identifiseer en hulle in posisies te plaas sodat ons die toonaangewende jagtersvereniging in die land sal wees!

Hoop ons sien julle almal by vanjaar se AJV 23 April te Velddrift.

Jagtersgroete. André Duvenhage

KAAPJAG MAAK BYDRAE TOT DIE HERSTEL VAN ANYSBERG RESERVAAT SE BESKADIGDE HEINING.

Op 17 February 2022 het ‘n somboliese oorhandiging aan Cape Nature plaasgevind van Kaapjag se bydrae tot die herstel van die Anysberg Reservaat se heining wat tydens ‘n brand erg beskadig is. Anysberg is die tuiste van ‘n waardevolle en bedreigde bevolking van Kaapse Bergsebras en dit is krities dat hierdie genepoel te alle koste bewaar word. Kaapse Bergsebras kan kruisteel met die Vlaktesebra wat voorkom op naburige eiendomme, en daarom die dringendheid om die grensheining so gou moontlik te herstel. Benewens die kontant skenking aan Cape Nature, het lede ook materiaal geskenk. Ons dank aan ons lede se onselfsugtige bydrae tot bewaring.

Hier oorhandig die Voorsitter, André Duvenhage ons bydrae aan Dr Ernest Baard, die Uitvoerende Direkteur Bewaringsdienste van Cape Nature.

This article is from: