Skip to main content

Die Bontebok Desember 2021

Page 1

DIE BONTEBOK AMPTELIKE TYDSKRIF - KAAPSE JAGTERS - EN WILDBEWARINGSVERENIGING OFFICIAL MAGAZINE - CAPE HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

DESEMBER 2021 - 11

KA APJAG SE INTERTAK IN CALVINIA AFHORING SE JAG IN NAMIBIË ONS MANIER VAN JAG

JAGSTORIES | TAKNUUS | WILDBEWARING | VUURWAPENS | VELDKUNS


2

DIE BONTEBOK

KAAPJAG - TYDSKRIF 11 DIE BONTEBOK - DESEMBER 2021 INHOUD 4 REDAKTEUR 6 KAAPJAG HOOFKANTOOR 8 KAAPJAG PRESIDENT 10 KAAPJAG VOORSITTER 12 CHASA VERGADERING IN CALLINAN 16 OM EERBIED TE BETOON - ONS MANIER VAN JAG 20 KAAPJAG INTERTAK SKIET OP CALVINIA 23 MY FIRST HUNT 24 AFHORING SE JAG IN NAMIBIË 28 KAAPJAG FOTOGALLERY 34 DR KAS HAMMAN - DIE HERKOM VAN HIËNAS

TAK NUUS 37 WES-BOLANDJAG-TAK 38 BOESMANLAND-TAK 40 SENTRAAL-TAK 43 KOUP -TAK 44 WYNLAND-TAK 46 SPORTSKIET 50 WESKUSJAG-TAK

FOTOS: DR LANDI LOMBARD


28

16

46

20


4

DIE BONTEBOK

DIE REDAKTEUR

W

elkom by die Desember 2021 uitgawe van Die Bontebok. Ja, en in ‘n oogwink is dit die einde van die jaar en ons staan op die drumpel van 2022. Daar het soveel gebeur in Kaapjag sedert ons vorige uitgawe. Van Chasa vergaderings en ook 2 groot Chasa skietkompetisies asook ons eie 9 takke se skietkompetisies met ‘n paar jagte ook ingegooi. Ek het heelwat van die kompetisies bygewoon met my ander Kaapjag hoed op, nl. die van Onder Voorsitter en lid van die Kaapjag Skietkommitee. Ek was so ver soos Rustenburg, Calvinia en so naby soos Durbanville met nog ‘n paar kompetisies in die middel van die provinsie ook. Die skietkompetisies was taai en mededingend, die terrein en omstandighede was uiteenlopend verskillend maar die een ding wat my deurgaans opgeval het was ons Kaapjag lede. Aangenaam, vriendelik, hulpvaardig en niks is te veel moeite nie. Waar ek my ook bevind het in ons Kaapjag provinsie het ek daardie gasvryheid en welkom gevoel gekry.

Kaapjag is voorwaar ‘n vereniging waarop ons trots kan wees. Die Kaapjag skietspan gelei deur Ludy Starke, is ook ‘n span waarop ons trots kan wees. Hulle het deelneem aan die jaarlikse Chasa skietkompetiesies gehou te Bloemfontein op 24 September wat ‘n vlakteskiet was, en op 25 September ‘n multigun. Kaapjag se span het hierdie multigun kompetsie gewen en weggestap met die trofee. Die CHASA Interprovinsiale kampioenskap te Rustenburg wat op 22 & 23 Oktober gehou is, was deur myself en die Kaapjag span bygewoon. Die span het onder die vier van hulle met 4 goud, 4 silwer en 3 brons medaljes hulle skietvernuf getoon in die verskillende dissiplines. Verder nuus van Chasa: . CHASA se Dagbestuur het besluit om, soos verlede jaar, toegewyde sportskuts vry te stel van die verpligte twee sportskiet-aktiwiteite vir 2021. Die besluit is geneem weens die beperkende gevolge wat Covid-19 gedurende 2021 gehad het op die aktiwiteite van lede, veral

Francois Rossouw diegene met komorbiditeite en/of ander mediese hoë risiko kategorieë. Die vergunning sal slegs geld vir Toegewyde Sportskuts. Diegene wie nie aan die vereiste aktiwiteite kon deelneem nie of weens die COVID-19 pandemie verhoed is moet ons Kaapjag kantoor hiervan in kennis stel. Kompetisie wenner: Baie geluk aan JUANITA STEENKAMP met haar wenfoto vir ons fotogallery. Sy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by ons borg, Ivan Volskenck van Ells & Co. Ek wil ook ons lesers ‘n geseënde Kerfees en voorspoedige Nuwejaar toewens. Vir die wat op die pad gaan wees in die feestyd, ry versigtig en trek maar af as u moeg raak. Skietgroete en lekker lees.

D I E B O NT E BO K : ED I T O R I A L TEA M EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Johan Du Toit • Design art studio • Alfred Design ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Ludy Starke • Greg Sykes • Schalk van der Merwe PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard

DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication. COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner. INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death. PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.


GEMAAK VIR ENIGE TERREIN

Tel: 023 346 7300 T’s & C’s apply | FSB nr: 28260


6

DIE BONTEBOK

KAAPJAG HOOFKANTOOR MATT RELIHAN - KAAPJAG CEO

HUNTERS PORTAL KAAPJAG LANSEER NUWE WEBTUISTE EN LEDE-PORTAAL

K

aapjag het sopas sy splinternuwe webtuiste en lede-portaal gelanseer! Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe gesig van ons vereniging met u te deel. Besoek gerus ons webtuiste by www.kaapjag.co.za en volg die spoor na Hunters Portal. Ons het vir lank onverpoos gewerk om hierdie webtuiste en lede-portaal vir die lansering gereed te kry. Ons het geen twyfel dat u as lid, asook ons toekomstige nuwe lede, die waarde van hierdie nuwe wêreldklas gereedskapstukke baie sal waardeer nie. Ons glo dat die nuwe voorkoms en funksionaliteite Kaapjag op die voorpunt plaas saam met ander toonaangewende jagters- en sportskietverenigings in Suid-Afrika. Die belegging in hierdie nuwe stelsel het noodsaaklik geraak omdat Kaapjag oor jare, soos behoeftes ontwikkel het, nuwe stelsels bygevoeg tot hul administrasie. Hierdie nuwe stelsels het die onmiddelike behoefte aangespreek, maar tot gevolg gehad dat die funksies gefragmenteerd en arbeidsintensief geraak het. Die groot hoeveelheid take wat met die hand verrig moes word, het net te omslagtig en tydrowend geraak. Hierdie verandering was noodsaaklik om groei te verseker en om tred te hou met die ontwikkelings in ons industrie. Ons ou webtuiste het sekere funksionaliteite bevat wat ons behoeftes vervul het, maar was nie in alle opsigte aanpasbaar en die data nie geredelik toeganklik nie. Gevolglik het ons besluit om die niestatiese funksies van die webtuiste na Hunters Portal, te skuif. Die nuwe webtuiste is gefokus op effektiewe oordra van inligting aan beide bestaande lede en potensiële nuwe lede. Soos u kan sien, bied dit generiese inligting soos ons kalender van aktiwiteite, belangrike dokumente, ‘n fotogallery en ons reeks digitale tydskrifte. Die nuwe webtuiste is ook die deurgang na Hunters Portal en ons sosiale media platforms. Potensiële nuwe lede word begelei na die aansluit-funksie. Hunters Portal is die sentrum waar al die lid-spesifieke funksies verrig word. Nuwe lede kan aanlyn aansluit en lede het toegang tot funksies soos::

• • • • • • • • •

Verkryging van lidmaatskapsertifikate aanlyn. Hernuwing van jaarlikse ledegelde Aanlyn aansoeke vir endossemente Aanlyn aflê van senior Jagters- en Sportskiet eksamens vir toegewyde status Aanlyn aansoeke vir toegewyde Jagters- en Sportskiet statusse Aanlyn vaslegging van u aktiwiteite Outomatiese voldoeningsbepaling van toegewyde lede Resultate van skietbyeenkomste sal outomaties na die lid se profiel deurgetrek word. Die amptelike en bewegende ranglys vir amptelike CHASA Sportskiet dissiplines

Besigtig gerus ons video oor Hunters Portal op ons nuwe webtuiste. Dit sal u help om u weg te vind. Matt Relihan


DIE BONTEBOK

7

HUNTERS PORTAL KAAPJAG LAUNCHES NEW WEBSITE AND MEMBERS PORTAL

K

aapjag has just launched its brand new website and members’ portal and we are extremely excited to share this new face of our association with you. Please visit our website at www.kaapjag.co.za and follow the spoor to Hunters Portal. We have been working nonstop for many months on getting our website and members portal ready for the launch and are convinced you will truly appreciate the value of these new tools. We believe that our new look and the functions they provide places Kaapjag well on the forefront and on par with the most progressive Hunting and Sport shooting associations in South Africa. The investment in this new systems became necessary because, over the years Kaapjag has added new systems whenever a particular need arose. That solved the immediate needs, but created a very fragmented and labour-intensive members administration system at our head office. The number of manual tasks that needed to be performed by the staff became too cumbersome and laborious. We needed to change if we wanted to grow and stay with the trends in the industry! Our old website contained some functionality which served a purpose, but was not adaptable to our current needs and did not support good access to information for both members and management. The decision was then taken to move these functions from the website platform to our new Hunters Portal. As you can see, the new website is focussed on effective information transfer between the association, it’s members and potential new members. It contains much generic information like our calendar of activities, important documents and files, a gallery of photographs of member activities, and our digital magazines amongst others. Our website also serves as a gateway to Hunters Portal and our social media platforms and directs new members to the online join-function. Hunters Portal is the hub where all member functions are performed. New members can join us online and members now have access to a range of functions. These functions include the following:

• • • • • • • • •

Acquiring a membership certificate online Renewing your annual membership fees online Applying for endorsements online Writing the senior hunters and sport shooting exams for dedicated status, online Applying for dedicated hunter and sport shooter status online Submitting your activities online Automatic compliance determination for dedicated members Shooting scores automatically drawn into the member’s profile A running ranking-systems for all official CHASA sport shooting disciplines

On our website you will find an instructional video to help you on your path through Hunters Portal. We hope you are pleased with the new website and Hunters Portal - we certainly are! Matt Relihan


8

DIE BONTEBOK

KAAPJAG PRESIDENT ’n Jaar van uiterstes

M

ens kan nie glo dit is al weer die laaste uitgawe van die jaar nie. Wat ’n jaar was dit nie. Ons moes weens die inperking die inter-tak skiet twee keer uitstel, maar nou is ons weer volstoom aan die gang met kompetisies en ander aktiwiteite. Ons as uitvoerende bestuur het die Road Show afgeskop en vir Wynland besoek met hulle vlakte skiet. Ek wil vir Gert Visser en sy span baie gelukwens met die dag se reëlings wat perfek verloop het, en vir Andries wat die kos gemaak het. Matt het die oggend die lede toegespreek en vertel van Kaapjag, van hoe alles in mekaar steek en hoe belangrik die takke vir ons is. Daar was ses van die uitvoerende bestuur wat die dag bygewoon het en die sportskiet komitee was ook baie goed verteenwoordig. Wat ’n belangstelling in die sportskiet. Ons het weer gesien dat die vlakteskiet nie so maklik is as wat mens dink nie. Dit was lekker om weer ons lede, vrouens en

kinders op so ’n skiet te sien en te sien hoe lekker almal weer ’n slag kon saam kuier, lekker gesels en vergeet van die slegte tye toe ons nie kon skiet nie. Ek het die Road Show verder gevat na Namakwa-tak waar hulle die gong-uitdaging gehou het, en was dit nie ’n uitdaging nie. Ek het die oggend die geleentheid gehad om die lede toe te spreek en te vertel hoe belangrik die takke vir Kaapjag is en wat alles aan die gebeur is met die nuwe program en webtuiste. Braham het vir Ivan mooi opgelei en vir hom die verantwoordelikheid gegee om die dag te reël en die baan op te stel. Die dag was baie goed aangebied en alles het glad verloop. Dis lekker om weer jong manne te sien wat so betrokke is by die tak. Welgedaan aan Ivan en sy span. Namakwa-tak is in goeie hande. Dankie Braham. Na die tyd was daar weer soos van ouds lekker gesels en gebraai. Die inter-tak skiet het plaasgevind by Boesmanlandtak. Agt van die nege takke het spanne ingeskryf. Daar was 67

Johann Strauss skuts vir die dag. Boesmanland het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Die dag het vinnig en goed afgeloop. Die lede van Kaapjag was baie tevrede met die verloop. Ons waardeer die briewe wat ons na die tyd gekry het. Antony, jy en jou span is ’n wenspan. Dankie vir almal wat betrokke was. Na die tyd was daar lekker gebraai. Dankie Sanet vir die gesels en grappe vertel. Veral Gertjie Odendal was weer op sy stukke. Die inter-tak skiet was net vir Kaapjag lede. André het ’n kansie gedurende die prysuitdeling gekry om die lede meer te vertel van die nuwe program en webtuiste en die visie van Kaapjag. Gepraat van visie. Ek is opgewonde oor die nuwe webtuiste en Hunters Portal wat op 1 Desember aktief gaan raak. Dit gaan Kaapjag in die voorste linies plaas wat jagverenigings betref. Dit sal Matt se hande baie meer losmaak van admin sodat hy meer tyd het om by takke uit te kom en dinge te doen waarvoor hy lief is en waarvoor hy eintlik aangestel is. Ek wens alle lede ’n geseënde Kerstyd en ’n voorspoedige nuwe jaar toe saam met hulle families. Groete Johann


Kleeberg luxurious selfcatering & safaris

WE OFFER: •

Luxurious accommodation

Trophy hunting

Biltong hunting

Bird watching

Game drives

True Namibian hospitality

TAKE A BREAK Kleeberg is situated 50km from the Hosea Kutako Airport. We would love to welcome you to our piece of heaven!

Find us on FACEBOOK & INSTAGRAM or visit our WEBSITE www.kleeberg.co.za


10

DIE BONTEBOK

KAAPJAG VOORSITTER Elke einde van die jaar is tyd vir “Regroup” en “Recharge”

M

et die uurglas wat uitloop op 2021, spoel daar baie gedagtes deur ’n mens se gemoed – jy herleef en beleef weer die gebeure van die afgelope jaar, miskien moet ons praat van amper twee jaar. Die uitdagings wat gepaard gegaan het met die uitbreek van die pandemie het baie aanpassings gevra. Die grootste uitdaging binne Kaapjag was, om die vereniging so te bestuur dat sake “so normaal moontlik” kon verloop in tye wat daar buitengewone inperkinge op aktiwiteite en byeenkomste geplaas is – welliswaar het 2021 minder radikaal as 2020 op ons afgekom. Miskien te danke aan die feit dat die jagseisoen nie soos verlede jaar deur harde inperkinge gekortwiek is nie. Tog was daar steeds groot uitdagings, soos die Intertakskiet wat twee keer uitgestel moes word voordat Boesmanland tak ’n uiters suksesvolle intertakskiet op Saterdag 30 Oktober kon aanbied. Daaroor gaan ek nie veel sê nie omdat daar ander persone is wat breedvoerig daaroor berig. Ek wil graag ’n saak aanroer wat my baie

Andre Duvenhage naby die hart lê, en trouens na my mening is dit krities vir Kaapjag se toekoms om daarvan kennis te neem. In Julie 2020 het die uitgebreide bestuur met mekaar ooreengekom dat die wesentlike van Kaapjag daarin bestaan dat ons saamgestel is uit nege takke wat geografies die hele Wes- Kaap dek. In die beeld van ’n boom met sy verskillende takke, wat uit een stam groei, geanker deur die wortels, het ons ’n metafoor gevind om die eenheid binne Kaapjag te aksensueer en te versterk. Ons het ook met mekaar ooreengestem dat Kaapjag ’n verenging is wat ge-“brand” en bemark kan word omdat dit van die min jagter-verenigings is waar lede die bate is. Kaapjag is ’n vereniging wat op ’n niewinsgewende beginsel berus en die enigste betaalde amptenary is die uitvoerende - en die administratiewe beampte in die kantoor. By baie van die ander verenigings in die industrie, word die lede slegs as kommoditeite beskou wat bydraes maak ten einde die kostes van die produk te dek en ’n wins vir die eienaars te bring. Hierteenoor

kry gewone lede jaarliks met die algemene jaarvergadering (AJV), die geleentheid om insette te lewer en besluite te neem, wat die gang van die vereniging bepaal – iets wat nie gebeur in verenigings waar die lede bloot as kommoditeite gesien word nie. As bewys hiervan kan ons met trots kyk na die ontwikkeling van die nuwe Webtuiste, “Hunters Portal” en “RankingU” wat nou integraal deel raak van die program. ’n Program wat gerig is om aan lede beter dienslewering te bied asook dit makliker en goedkoper te maak om endossemente te verkry en bewys van aktiwiteite te kan druk wanneer daar vir vuurwapenlisensies aansoek gedoen word. En om alles te kroon, is die koste gedek uit die vereniging se reserwefondse en het dit die lede niks ekstra gekos nie. Trouens, ons is in gesprek met lede van CHASA konfederasie wat belang stel om “Hunters Portal” en “RankingU” by ons te koop - wat kan beteken dat ons hopelik die grootste deel, indien nie al ons koste, weer kan verhaal nie. Alles mooi poginge en projekte waarop ons baie trots kan wees! Om nog verder hier by te voeg die funksionering van die plaaslike takke waar lede gereeld aan georganiseerde skietbyeenkomste


DIE BONTEBOK

kan deelneem en ’n tuiste vind, is seker een van die beste bewyse dat Kaapjag se belegging, sy lede is! Hierdie is om maar net enkele van die voordele te noem wat dit vir jou as Kaapjag lid inhou – ’n meer volledige lys gaan jy vind op ons webwerf onder “Die belofte van Kaapjag aan sy lede”. Die volgende stelling is na my mening net so waar binne die konteks van Kaapjag as wat dit vir ander organisasies geld wat al reeds die prys daarvoor betaal het:

Die een gevaar binne ons hedendaagse samelewing wat baie organisasies bedreig, is egter die onbetrokkenheid van hulle eie lede, hulle weiering om eienaarskap en verantwoordelikhede te aanvaar vir sake waar daar nie ’n direkte verband bestaan tussen persoonlike voorkeure en insette nie. Mense dien deesdae nie graag in organisasies of verenigings waar die opbrengs / resultate / voordele nie dadelik beskikbaar is nie - en veral nie as die voordele in reële terme vir hom- / haarself duidelik is nie. Die onbetrokke hedendaagse mens verkies om op aanvraag en volgens behoefte gedien

te word. Kaapjag kan met die huidige strukture nooit hierdie rol vervul nie – ons het tans net twee voltydse personeellede in die kantoor, wie se salarisse deur ’n gedeelte van die ledegeld gedek word. Die dagbestuur en onderskeie bestuurslede by die takke dien sonder enige vergoeding. Die uitbouïng van Kaapjag, rus vierkantig op die lede se skouers. Kom ons probeer dit deur ’n praktiese voorbeeld verduidelik. Probeer jy iemand oortuig om vis te eet as jyself nie van vis hou nie! Net so werk dit binne Kaapjag. As die lede van ons vereniging hulself nie vergewis van wat hul lidmaatskap van Kaapjag inhou – en ons dit nie aan ander kan verduidelik nie, of as ons nie lojaal teenoor die vereniging staan nie, gaan ons baie min ander mense oortuig om lid te word van Kaapjag. Onthou net, moet nooit vir iemand ’n storie opdis wat nie waar is nie! En indien jy ongelukkg is, moet dit asseblief nie op straat gaan uitwoed nie, maar kom praat met die bestuur – hetsy op tak-vlak of op uitvoerende bestuursvlak. As daar een wens is wat ek graag sal wil sien in vervulling gaan, is dit dat ons elkeen die nuwe Webtuiste en Hunters Portal wat op 1 Desember 2021 geaktiveer is, sal omarm, leer ken en mense nooi om daarna te kyk!

11

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om eerstens vir Matt en Mimi in Kaapjag kantoor te bedank vir hulle harde werk, lojaliteit teenoor Kaapjag en professionele diens aan al die lede. Baie dankie vir die dagbestuur en die uitgebreide bestuur sonder wie se bydraes en insette hierdie afgelope jaar nie suksesvol kon wees nie. En dan, baie, baie dankie aan elke lid van Kaapjag, wat die moeite gedoen het om aan die skietbyeenkomste deel te neem, wat deur julle deelname in die jagveld gesorg het dat die jagindustrie lewendig bly! Die meeste van ons kwalifiseer vanweë baie redes nie meer om vir Kersvader ’n briefie te skryf met die lysie van al die geskenke wat ons graag wil hê nie. Dit is my wens dat hierdie Kersseisoen vir almal ’n wonderlike feesseisoen saam met familie en geliefdes sal wees. En dat diegene wat bietjie gaan uitspan na nog ’n uitdagende jaar se harde werk, goed sal uitrus. Indien julle gedurende die feesseisoen gaan reis, bid ons dat dit veilig en voorspoedig sal wees. Mag die nuwe jaar, 2022 ’n wonderlike jaar wees waar ons as lede van Kaapjag heerlik saam gaan jag en skiet, en tot groot hoogtes groei! Jagtersgroete André Duvenhage


12

DIE BONTEBOK

CHASA RAADSVERGADERING SEPTEMBER 2021 TE CULLINAN Fotos deur : Ariska Schoombee

D

ie CHASA se kwartaallikse Raadsvergadering is op die naweek van 4 September 2021 gehou te Cullinan, die bekende diamantmyn-dorp in Gauteng. Die vergadering is bygewoon deur verteenwoordigers van die 23 verenigings wat CHASA opmaak. Die opening is behartig deur Riaan Meintjies die Voorsitter van Chasa. Hy het die 40ste bestaanjaar van Chasa as ‘n werklike mylpaal bestempel, iets om voorwaar op trots te wees. Seker een van die belangrikste besprekingspunte vir die raadsvergadering was die nuwe vuurwapen wetsontwerp wat ‘n groot impak op al Chasa se lede sal hê indien dit in die voorgestelde formaat as wet aanvaar word. Martin Hood wat dien as Chasa se regsverteenwoordiger het die Raad

toegespreek. Uitreksel uit Notule: LEGAL OPINION DRAFT FIREARMS AMENDMENT ACT (MARTIN HOOD) The Chairman welcomes Nicky Bernhard, owner of Bernhard Agencies (Glock Agents for SA) and Vice Chairman of SAAADA. The Chairman thanked Martin Hood for his presence at the meeting. CHASA was formed to address challenges to hunting and challenges for firearm ownership. Members must be made aware that they will have to pay to hold on to their firearms as we have the most serious fight on our hands that has ever been faced in the last 25 years. The proposal to the firearms Bill was far more radical than what was anticipated. We need to think clearly on how to raise capital and our spending to enable us to keep our firearms.

These proposals are purposeful and deliberate. SAAADA, Nicky and some of their other individual members has been involved with litigation to get the CFR functioning. The action that CHASA and SAAADA took against SAPS resulted in us being recognised as serious stakeholders. CHASA is very strongly and uniquely situated and combined with SAAADA, as well as individually, to be recognised and be part of, and to drive the processes which are going to take place. To maintain a presence – the CEO must represent CHASA in parliament yearly which has cost implications legal opinions with a cost implication of R320 000.00 - to be split between CHASA and SAAADA. The Legal opinion has given us a road map to deal with the amendments.

C H A SA B EST U U RS L E D E: ST E P H E N PA LO S C EO, M A R I U S H A A R H O F F S E K R E TA R I S, W I L L I A M S M A L E O N D E RVO O RS I T T E R, D ES I R É T H YS S E B EST U U R D E R, R I A A N M E I N TJ ES VO O RS I T T E R


DIE BONTEBOK

13

D I E M A N N E E N DA M ES G E N I E T ‘N S K E M E R K E L K I E N A ‘N L A N G DAG VA N V E R G A D E R I N G S

O N T VA N G E RS VA N C H A SA S E RT I F I K AT E VA N WA A R D E R I N G: N I C O W E P E N E R, B O SV E L D; C A R L VA N H E E R D E N, N O O R D K A A P; PAT R I C K ST E P H E N S O N, A M ATO L A; C O N R A D K L I P P K Z N H U N T E RS, A N D R É N AG E L , C T SA SA; H E N C O D E JAG E R, N O O R D W ES; N I C VA N D E R WA LT, V RYSTA AT, KU LU D E JAG E R Martin Hood summarised his discussions as follows: To keep our firearms will come at a cost. We are ideally positioned to talk to Government. �e have got the ear of Government and the ANC (Lethuli House). We need to push back legally and subtely. Die Voorsitter stel Nicky Bernhard van SAAADA aan die woord. Nicky reiterates that we will have to make correct use of money that we have available to fight our existential threat. CHASA and SAAADA are in that position. We are in a great grouping to save this industry and everything that goes hand in hand with it. If the Dealers are wiped out nothing

will be able to happen, as we are the interface between the Government and the end-user. Funds must be spend carefully. If the dealers seize to exist the interface will be gone. Die raad is dit eens dat hierdie ‘n ernstige bedreiging is vir alle vuurwapen-eienaars en sal die nodige stappe neem om vuurwapen-eienaars se belange te beskerm. Kaapjag het ‘n voorlegging gemaak insake die nuwe sagteware ontwikkeling wat werksaamhede van takke en verenigings baie sal vergemaklik d.m.v Hunters Portal. Hunters Portal sal ook in die toekoms beskikbaar gestel word aan ander verenigings binne Chasa. Voorleggings

is deur Andre Duvenhage en Matt Relihan behartig en is baie goedgunstig ontvang deur die raad en lede teenwoordig. ELECTION OF OFFICE BEARERS The following members was elected as Office Bearers: President – Re-elected, Pieter van Niekerk (2 years) Vice Chairman – Re-elected, William Smale (2 years) Toekomstige Raadsvergadering datums en Vereniging: 19 February 2022 – MacNab Jagklub. 21 May 2022 – Vrystaat Jagters. 10 September 2022 – Suid-Kaap Jagters


14

DIE BONTEBOK

W I L L I A M S M A L E, M AT T R E L I H A N, F R A N C O I S RO S S O U W, KU LU D E JAG E R E N ST E P H E N PA LO S

N I C O W E P E N E R, B O SV E L D JAG T E RS; C H R I S J E N N I N G S E N C O N R A D K L I P P, K Z N JAG T E RS; A N D R É N AG E L VA N C T SA SA - 40 JA A R TO E K E N N I N G V I R O N O N D E R B RO K E L I D M A AT S K A P VA N C H A SA

V L N R AG T E R: S U SA N S WA RT, BA SA; PAT R I C K ST E P H E N S O N, A M ATO L A; D ES I R E T H YS S E, C H A SA B EST U U R D E R; W I L L I A M S M A L E, C H A SA O N D E R-VO O RS I T T E R; A N É L H E P B U R N, BA SA; JA D E B O U C H E R, A M ATO L A. VO O R: D E WA L D C O E T Z E, B O R D E R H U N T I N G C LU B; C H R I S J E N N I N G S, K Z N H U N T E RS; L ES L E Y L A N C A ST E R, B O R D E R H U N T I N G C LU B; C O N R A D K L I P P, K Z N H U N T E RS


15

Kontak Ons Vir Akkurate En In Die Kol Verf Advies 023 347 3987 / 023 342 6581 / 023 342 1029 Follow Us


16

DIE BONTEBOK

Deur : David Rossouw OM EERBIED TE BETOON ONS MANIER VAN JAG Ek was besig om Daniel se rooibok skedel af te kook en skoon te krap en het meer tyd op hande gehad as gewoonlik. My kop kon lekker dwaal deur baie jare se jag met my Pa, goeie jagpelle, op my eie, en meer onlangs, met David en Daniel, my seuns. Die een groot beginsel waaraan ek altyd probeer vas hou het, was om altyd my prooi met eerbied te behandel en ek het ook probeer om my twee seuns dit so te leer. Dis eerder ʼn wyer denkwyse as ʼn onbuigbare lys van gebooie, moets en moenies. Maar wat presies beteken dit en wat doen ons? Wat doen ons anders en wat kan ons van ander jagters leer om self beter jagters te word.

D

aar is verskeie tradisies van verskillende kulture wat oor die jare ontstaan het om uiting aan daardie eerbied te gee. In ons eie Suid Afrikaanse tradisie, moes ek erken, was daar nie veel nie, behalwe om ʼn jong jagter wat sy eerste bok geskiet het met bloed te besmeer en ʼn stuk rou lewer te laat eet. Eerstens was ek nog nooit ʼn lewer-ou nie, en rou lewer beslis nie. Aan gewydheid en eerbied het daardie tradisie vir my hopeloos te lig geweeg. Juis daarom het ek besluit om dit effens anders te doen met my eie seuns, meer soos ek self geleer jag het saam met my Pa en sy klein groepie jagvriende. Ek self het altyd na die San van

Suidelike Afrika gekyk as die oudste jagters met pragtige tradisies, stories en selfs danse waarmee hulle die diere wat hulle jag deel van hulle lewe en hul kultuur gemaak het. Hulle was immers ʼn kultuur wat in harmonie met die natuur gelewe het en wat jag ʼn sentrale deel van hul bestaan gemaak het. Heelwat is daaroor geskryf, veral deur Laurence Van Der Post oor sy soektog na die San van die Kalahari. Dit wat ek daaruit geneem het was hoe ek die etiek van my eie jag kon probeer vorm gee. Min of meer beteken dit dat mens jou prooi deeglik moet leer ken, alles van hom leer wat jy kan, sodat jy kan verstaan wie hy is en wat sy plek

in die wêreld is, ook in verhouding tot jou eie plek. Dan moet jy ook nooit meer jag as wat jy nodig het nie, want dit sal verseker dat dit môre vir jou kinders en kleinkinders ook daar sal wees. Die San het ook nie sommer net gaan jag nie. Hulle het dit op ʼn sekere manier gedoen, voorberei, geoefen, te voet bekruip en met ʼn boog geskiet. Hulle het geglo dat jy die dier wat jy doodgemaak het moet bedank dat hy sy lewe aan jou geskenk het. Vir verskeie diere, maar veral die Eland, het hulle ʼn amper goddelike eerbied gehad. Hulle het ook elke krieseltjie van die dier gebruik en niks vermors nie. Verder het hulle geglo dat ou jagters na hul afsterwe in sterre


DIE BONTEBOK

David, Daniel en Rufus soek Tarentale, Philadelphia verander en as jy saans om die vuur sit en die sterre sien vonkel, dan was dit hulle wat oor jou en jou jag gesels het, want hulle kon dit alles mooi van daar bo af dophou. Die drie helder sterre van Orion was drie van die beste jagters en mens moes in jou spore trap en reg jag voor sulke belangrike ouens. As jy dinge verkeerd gedoen het sou hulle die diere daarvan vertel en dit sou vir jou teenspoed in die jagveld beteken. Dat die San deel sou word van ons eerbetoon was voor die hand liggend. Aan die ander kant van die aardbol het die Inuit van die Noordelike Arktiese gebiede ook sulke eerbiedige tradisies gehad, op baie maniere verbasend soortgelyk aan die San van die Suide, al was hulle omgewings en die diere wat hulle gejag het so verskillend as kan kom. Soos die San het hulle ook elke krieseltjie van die rob, walvis of walrus gebruik. Hulle het byvoorbeeld die skedel van ʼn beer wat hulle gejag het, huis toe gevat en daar uitgestal. Nie as ʼn trofee soos ons moderne mense dikwels

Daniel en Saing Hubert se nagmaalglasies

17

Daniel oefen oor skietstokke

daaraan dink nie, maar sodat die beer hulle kon “sien” in hulle elke dag se lewens en dat hy vir sy beer vriende kon vertel dat die jagter ʼn eerbare man was en dat dit nie sleg is om jou einde met ʼn eerbare man te deel nie. Natuurlik was dit dan ook ʼn aansporing vir die jagter en sy familie om eerbaar te lewe en reg te jag. Uit die Europese tradisie het ek, deur voëls te jag, ook die eerste keer kennis gemaak met Saint Hubert, die beskermheilige van jagters, jaghonde en mesmakers. Ek het eers gedink dat die heildronk, wat voor ʼn jag gedrink word op St. Hubert, ʼn Britse tradisie is, maar toe uitgevind dat dit eintlik ʼn Germaanse oorsprong het. St. Hubert was ʼn regte persoon en het van 656 tot 727 in België gewoon. Hy was die biskop van Maastricht en ʼn baie ernstige jagter totdat hy een dag ʼn visie gehad het en daarna sy lewe aan die kerk en bewaring gewy het. In Duitsland is 3 November vandag nog St. Huberts dag. Die silwer nagmaal glasies uit Prins Albert se kerk het ideaal te pas gekom

om met ‘n vingerhoed Muskadel ook ons eie heildronk te klink op ’n goeie, suksesvolle en veilige jag met ʼn sterk bewaringsinslag. (Dis die enigste plek waar alkohol naby ons wapens toegelaat word en ons doen dit op spesiale geleenthede met voëljagte, soos ons jaarlikse formele Vrouedag tarentale jag.) Andersins is die reël dat skietgoed weggepak moet wees (nie sommer net eenkant neergesit nie) voor daar ʼn drankie gedrink mag word! Verder doen die Duitsers ook ʼn paar ander dinge waarvan ek hou. Waarskynlik is hulle in die Westerse tradisie die nasie wat die meeste klem op eerbied en etiek plaas. Wanneer ʼn jagter byvoorbeeld ʼn bok geskiet het, pluk hy ʼn klein groen takkie af en sit dit in die bok se bek as sy laaste rituele maal (“letzter bissen”, direk vertaal as laaste byt), iets om hom te versterk vir sy reis na die bok hiernamaals? Die jagter word dan “waidmannsheil” toegewens deur sy metgeselle en hy antwoord met “waidmannsdank”. (Terloops, ʼn “waidmann” is nie net ʼn jagter nie, dit kan ook ʼn visserman wees).

Daniel en Rufus jag duiwe, Durbanville

Daniel saam met Coco


18

DIE BONTEBOK

Gewere word in geskiet voor ons jag, Prins Albert Hulle sit ook soms ‘n veer of ‘n stukkie hare van hul prooi in hulle hoed se band. So het ons stadig maar seker ʼn tradisie van ons eie gesmee. Eerstens jag ons bokke te voet en ons bekruip tot so naby as wat ons kan sodat ons kans vir ʼn akkurate skoot so groot moontlik is. As dit nie so uitwerk nie, probeer ons weer en as ons leë hande huis toe moet gaan, dan is dit goed so, en sien ons dit as bewys dat die beginsel van “fair chase” na beide kante toe kan sny. Ons maak ons jagtogte langer en laat meer tyd toe sodat dit nie vinnig en gejaagd raak soos ons alledaagse lewens nie. Ons oefen, stel ons gewere versigtig in en vat nie waag-kanse nie. Ons poog om een akkurate dodelike skoot te skiet, maar as iets verkeerd loop, weet ons dat dit nie oor traak-my-nie-agtigheid was nie. As dit nodig is soek ons ʼn gekweste bok tot ons hom vind. Daarom maak ons moeite om so veel as moontlik van spoorsny te wete te kom. Agterna sê ons dankie en vat ʼn paar minute van hartseer wees oor die lewe wat ons geneem het. Vir ʼn nuwe jagter se eerste bok, druk ons ʼn rooi kolletjie bloed op sy regter oorlel, ons mengsel van die plaaslike en Duitse tradisies. Ons doen dit sommer ook vir elke nuwe spesie, of ʼn spesiale bok. Ek hou ook daarvan om die een wat die skoot geskiet het alleen daar by sy bok te los terwyl ons ander die voertuig gaan haal om die karkas op te laai. Daardie paar minute, soms ʼn uur of

David & Dawid dra saam springbok, Prins Albert

twee, is waardevolle tyd om te dink, om die omgewing te bekyk en na die veld te luister. As die bok uit gedra gaan word, moet die jagter dit self doen, of minstens help en nie agteroor sit terwyl ander die harde werk doen nie. (Dit alles is oneindig meer waardevol as om aan rou lewer te wurg!) Die jag is nie oor en verby as die skoot geklap het en die bok geval het nie. Dan begin die volgende fase van eerbied, deurdat ons die karkas so hanteer dat niks verlore sal gaan nie. Ek hou daarvan dat jagters minstens weet hoe om binnegoed uit te haal en self die karkas af te slag. Binnegoed gee ons vir die aasvoëls en die jakkalse. Lewer en niertjies vat ek huis toe vir Des, want sy is lief daarvoor, en ons het ʼn ooreenkoms dat sy my nie sal dwing om dit te eet nie. Min van ons het deesdae die fasiliteite om alles self te verwerk, maar dis wonderlik om dit minstens een keer van iemand anders te leer en self te doen ook. Vleis word verkoel, vel en skedel gesout. Ons maak van elke deeltjie die een of ander gereg. Biltong, wors, vars vleis, pasteie, bredie en potjie vleis. Netjies verpak, gemerk en gevries vir die jaar wat kom. Soms skenk ons bene en afsny vleis aan ‘n sopkombuis vir die haweloses of ‘n ouetehuis vir minder bevoorregtes. Teen die tyd het ons al boeke vol resepte vir omtrent elke wilde ding onder die son. Des hou van kook en onthaal en as die vrieskas leeg begin lyk, kla sy sommer. Velle word gelooi en later gebruik om leerwerk mee te maak. ʼn Ammo sak, haelgeweer tas, ‘n gereedskap rol, messkede of ʼn beursie herinner jou vir baie jare aan daardie dag se jag. Ons hou dikwels skedels en horings, nie net die grotes nie, maar enige een wat spesiale betekenis het en ook nie net van diere wat ons self gejag het nie. Ons het ook heelparty van vriende of familie wat ons herinner aan jagtogte saam met hulle. Daar is selfs ‘n paar kleinerige springbok ooi horings wat ‘n jonge se eerste bok herdenk. Dit word afgekook, skoon gekrap, gebleik en eindig iewers in die huis teen die muur, in die boma op die plaas of op ʼn boekrak vanwaar dit ons lewens kan dophou en ons so nou en dan aan iets uit die verlede kan herinner en aanmoedig om ons lewens eerbaar te lei. Ek hou meer van skoon wit skedels as van opgestopte koppe, maar dis net my


DIE BONTEBOK persoonlike keuse. Agterop word die dag en datum, die jagter se naam en die plek opgeskryf. Soms word ʼn stuk horing die hef vir ʼn “priest” (knuppel) vir forelle, of die fluitjie vir ʼn hond. My een geweer het selfs ‘n klein gepoleerde stukkie horing inlegsel onder die kolf wat ‘n spesiale jag van jare gelede gedenk. Ek gebruik soms vere van ‘n voël of hare van ‘n bok om die vlieë te maak waarmee ek forelle vang. Voëls is vir baie mense anders as bokke, miskien omdat hulle nie so groot en belangrik lyk nie, en juis daarom moet mens meer moeite maak om ook hulle nie ligtelik te jag nie. Dis alte maklik om meer te skiet as wat jy kan gebruik. Om ʼn gekweste duif te laat wegkom voel dalk nie so erg as om dieselfde met ʼn koedoe oor te kom nie, maar dis steeds ʼn lewe en dit moet steeds eerbiedig word. Dis net so belangrik om ʼn gekweste tarentaal vinnig en pynloos dood te maak as ʼn eland. Ons probeer ons voëljag met presies dieselfde erns en eerbied doen. Met voëls beperk ons ons self dikwels tot heelwat minder as wat die daaglikse regulasies toelaat, eenvoudig omdat ons nie meer kan hanteer en self gebruik nie. Ek voel byvoorbeeld dis verkeerd om 30 duiwe te skiet as jy net 12 nodig het, selfs as is dit heeltemal wettig. Heeltemal te dikwels vind ek mense wat hope voëls skiet, en agterna nee dankie sê om selfs ʼn paar huis toe te vat. As jy die ding nie gaan gebruik nie, moet dan eerder nie sy lewe ligtelik neem nie. Skiet eerder ʼn kleiduif! Daai ouens wat lekker skiet, maar nie ʼn eend wil pluk en gaarmaak nie, hulle vorm nou nie meer deel van ons gereelde groepie genooides nie. Verder gebruik ons ʼn opgeleide Labrador Retriever om ons voëls te vind, want dis maklik om hulle te verloor, veral as dit hoogs gekamoefleerdes soos Bergpatryse is in digte fynbos, of as die voël gekwes is. ʼn Hardlopende tarentaal verdwyn blitsvinnig in die ruie knie-hoogte koring of canola lande. Eende en ganse gaan jy nie sommer in die digte riete vind nie, selfs al is jy bereid om self agter hulle aan te swem. Natuurlik verg dit baie tyd en toewyding om ʼn hond behoorlik op te lei, maar die plesier wat mens daaruit kry maak dit elke bietjie moeite werd. Verder gebruik ons lokkers (decoys) en fluitjies om die eende en ganse nader te roep sodat ons meer naby skote kry op die reuse vlei waar ons hulle jag. Dit lei tot meer goeie

19

Dawid en Daniel met sy 1ste gemsbok, Prins Albert geleenthede en minder gekweste voëls. Daar is nog een ander beginsel wat miskien nie vir almal sin sal maak nie, maar laat ek tog probeer om dit te verduidelik. Ons jag nie op Sondae nie, maar nie oor godsdienstige redes nie. Dis een van die stokou tradisies waarmee ek en my voorsate groot geraak het, en ek voel ʼn dieper waarde daarin, selfs al het die moderne wêreld soveel verander dat dit deesdae aanvaarbaar is en baie plekke dit toelaat. My Oupa het verduidelik waarom ek nie die “gehate” spreeus en muisvoëls, wat sy vrugteboorde opgevreet het en waarteen hy ʼn ewige stryd gevoer het, op ʼn Sondag mag skiet nie. Hulle het altyd gelyk of hulle makker en makliker is om te skiet as gedurende die week, maar hy het eenvoudig gesê dat selfs die peste en die plae ook ʼn ruskans nodig het, net soos klein jagtertjies van 6 of 7 jaar oud. Nou, baie dekades later, verstaan ek die nodigheid beter vir ʼn dag van rustigheid, vir tyd om te dink, te herkou, om sommer net op die stoep te sit en saam met jou familie of jou vriende te eet, te kuier en te gesels oor die jag, die lewe, die heelal en die klein dingetjies wat eintlik belangrik is. Miskien selfs ʼn storie te skryf? Is ons manier van doen perfek? Natuurlik nie, maar dit is ʼn voortdurende, ontwikkelende, vloeibare proses wat hopelik vorentoe ook nog verder skerp gemaak sal word op die slypsteen van eerbied betoon.

Daniel, Dawid, Rufus, David, Soetendalsvlei, Bredasdorp


20

DIE BONTEBOK

KA APJAG INTERTAK SKIET CALVINIA 30 OKTOBER 2021 By Greg Sykes

W

hat a week! A quiet start to the last week of October suddenly went haywire, work picked up dramatically and it looked like I would be heading up to Jo-burg for last minute meetings. Wesleys’ boss was giving him a hard time over the amount of time he was off, shooting the various competitions and our boys in blue launched a totally unreasonable search warrant at Ludy’s place. Right up until Friday at 3 o’clock, we were all waiting for confirmation that we would still be heading up tot Calvinia for the annual Kaapjag Intertak shoot. Eventually we could wait for Ludy no longer and the rest of the team headed up in JC’S Kombi. Ludy was still dealing with the police, but as

we passed through Riebeek Kasteel to pick up Paul Harding, we heard that they were done for the week and Ludy had arranged for his brother to fly him up to Calvinia. By the time we were just shy of Clanwilliam dam, Ludy messaged to say he had just landed at the unattended dirt runway about 2 km away from the beautiful Ramskop shooting range just outside of town. A quick call to Anthony Swift, the chairman of the Boesmanland branch of Kaapjag, and a lift was arranged for Ludy back to the hotel. Thanks to Anthony who once again showed the hospitality of folks up in the country side. The rest of us arrived quite late and settled down to a good meal and a bit of the Cape’s finest red at the

Everybody ready to shoot 100m rooibok targets in the sitting position

local Blou Naartjie restaurant. The next morning bright and early we were on the range for a quick sight in and to help where we could with setting up targets and getting our two teams signed in. The admin flowed smoothly and after an opening prayer and quick match briefing, we were off to shoot. Kaapjag Central branch entered two teams into the event. We had our open team consisting of myself, Wesley White, Nols Meyer and his son Rohan. We also entered a senior team of Ludy Starke, Paul Harding, Jacques Buckle and Nelson Christiaanse. The actual shooting event was by far the best organised event that I have ever attended. Anthony and his team spared no effort in making the

Ramskop in the background and the shooters taking aim on the springbok target on 200m


DIE BONTEBOK

Matt Melihan taking a break to smoke his pipe event run fast and smooth. Shooters did not go forward to score targets. Instead, a work team went forward after each detail to collect the shot targets and replace them with new targets. The targets were brought back to a central scoring area where shooters could check and verify their scores. The gong range, where traditionally hold ups happen, was angled away from the paper ranges and it continued while the paper targets were changed. Before one o’clock, the shooting was done and dusted. While the event went exceptionally smoothly from a running point of view, things on the firing line did not always run as well. I had noticed that I was about a minute of angle low on the sight in target in the morning, I did not adjust as I assumed it was just some condition that I was not seeing. Well, that hurt me on my springbok target. With the heat of the day already making looking through the scope seems like trying to see through

Emile Maritz shooting under the watchfull eye of her father Carel a swimming pool, one could not see bullet holes and I did not pick up that my shots were low. Luckily for me after my third shot a gust of wind blew the mirage away and I caught a glimpse of my first three shots grouped just under the heart. A quick on the fly adjustment put my next two in the heart, but those first three cost me 45 points. Rohan also fell foul to the dry air up country causing our zero’s to be different to those in the Cape. He too bled a lot of points on the springbok. Paul Harding had a malfunction in that he was single feeding his rounds and a jammed round caused his extractor to come out. Seeing the lighter side of things, we did get a few funny looks as the teams scrambled around in the dusty Karoo sand looking for the extractor. Once found, a quick repair by Ludy and we were back in business. After the event we retired to the club house for some well needed refreshments. That dry and windy

Wim Joubert, Etienne Bruwer, Johan Immelman and Gert Smit of the Wynland Team

21

Johan Ellis of Weskus Branch sharing some shooting tips Karoo air certainly takes the moisture out of one’s body. While waiting on the results, Gertjie Oodendal, a well known comic and story teller, kept us entertained with some of his very funny stories. After a delicious meal prepared by the Calvina team, Anthony called us to the hall and we gathered to hear the results. It was wonderful to see that there were a total of 13 teams entered into the shoot. There were teams from every Kaapjag branch, except for Koup. At the end, I am very proud to be a Central branch member. Our senior team came in in third place overall. Second place went to the Boesmanlandjag open team. The overall winners for the day was our team of the Kaapjag Central open team. Not only did Central get a third and first place in the team event, but our shooters also placed very well in the individual scoring. The rest of the afternoon and well into the evening was spent catching

Overberg Branche team: Leonard Zondach, Neels Zondach, Adriaan Swart, Gert Odendaal


22

DIE BONTEBOK

up with old friends from Calvinia and of course doing post mortems of where the shots had not fallen to our liking. As always after such a super event, it was with a heavy heart that we headed back to Cape Town. Our most sincere thanks to Anthony, Oom Johan Strauss and the complete team from Boesmanlandjag. You guys really went out of your way to make us feel welcome. Your event was top class and the hospitality shown was just unbelievable. You guys are tops.

Mens Open Class winners: Wesley White, Evan Lategan and Marthinus Coetzee

Johann Strauss with Hendrik Coetzee & Emile Maritz

Johann Strauss with Andre Duvenhage, Pieter Smal and Leonard Zondach, Senior Standard Class winners

Andro du Preez, Adam van Greunen en Gertjie Odenaal Mens Standard Class winners

Jacques Buckle, Ludy Starke, Nelson Christiaanse and Paul Harding, Central Branch, 3rd overall

Carel Maritz, Jean Laubscher, Evan Lategan and Stiaan van Wyk - Namakwa Branch - 2nd overall

Rohan Meyer, Wesley White, Greg Sykes, Nols Meyer Intertak Winners 2021 Central Branch


MY FIRST HUNT

DIE BONTEBOK

23

B y : D a v i d B i g g s Kaapjag’s junior member recently hunted his first springbok on a farm near McGregor. Here is his story. I have been begging my father, Bryan, for the opportunity to hunt my first buck for the last few years, but Covid and various other factors has worked against my plans. Finally an opportunity arose at short notice and I grabbed it with both hands. Nothing was going to stop me this time. I had been practicing regularly and have shot several Kaapjag competitions with some success. I felt confident that I was ready. Under my father’s watchful eye my shooting skills have steadily improved, shooting at paper targets is one thing, but hunting is something else. The day before the hunt coincided with the Milnerton Shooting Association monthly club rifle shoot where I made use of the opportunity to put in some extra practice and fired about 40 rounds to prepare myself for the hunt. We left home early the next morning and arrived at the farm near McGregor at the crack of dawn. The plan for the day was discussed with the farmer and the guide before we climbed onto the back of his bakkie and drove into the veld. The animals were spotted soon after we reached the hunting area and we climbed off and started the stalk. Unfortunately they soon spotted us and disappeared in the bush. We followed on foot until the farmer caught up to us in the bakkie and we rode on the back again for a while. Suddenly we saw a lone ram coming over a hill towards us. We jumped off the bakkie and took up position behind a nearby bush, waiting for the animal to come closer and move into a shootable position. I got into a comfortable kneeling position with the Howa .223 rifle on a shooting stick held by my father. I had to calm myself a few times as bokkoors almost got the better of me. I waited until I was steady before lining up my shot. I saw my chance when the springbuck stood still for a moment and slowly squeezed the trigger. The shot was perfect and at a distance of about 110 metres it hit just below the shoulder the way I practiced it on the shooting range. This is only the start of a my hunting career, but I must thank my father for all the time and effort he put into my training, showing me the right way to become a hunter.

My fathers’ motto - practice, practice and more practice

At Milnerton Shooting Association’s monthly club shoot

My first springbuck


24

DIE BONTEBOK

AFHORING SE JAG IN NAMIBIË

E

k trek met my wysvinger dwars oor my voorkop en sweepslag ‘n straaltjie sweet op die grond neer. Die son meen besigheid vandag. Ons Wetenskap onderwyser het op laerskool vir ons gewys hoe jy vuur met met ‘n vergrootglas, en vir solank dit ‘n gier was het ons pouses op die speelgronde kompetisie gehou om te sien wie kry dit eerste reg om ‘n blaar aan die brand te steek. Hier naby Dordabis in Namibië, te voet agter ‘n trop blouwildebeeste aan, was ek besig om soos een van daardie blare te voel, en wie ookal die vergrootglas vasgehou het was vasbeslote om ‘n vuurtjie bo my kraag in my nek te begin. My pa en swaer is saam met my in die veld. Hulle is op die bakkie

Deur: Schalk van der Merwe

met die hoop om die trop waarin ‘n klompie ouer bulle beweeg voor te keer. Die trop blouwildebeeste is nie ver voor my nie. Dis windstil. Plek-plek hang hulle reuk nog in die lug. In die hitte styg ‘n verdwaalde warrelwind tussen die swarthaak op en kom blaas ‘n kolom rooi sand my verby. Ek probeer my bes om my geweer te beskerm, maar stof het mos maar ‘n manier om in te kom waar dit wil. Onder ‘n krom ou kameeldoring haal ek my hoed af en maak my geweer teen ‘n lae dwarstak staan. Ek wil hom darem net gou bietjie versorg en seker maak dit wat moet skoon wees is skoon. My waterbottel swaai ek van my skouer af en vat

‘n sluk van die lou water binnein. Daardie warrelwind het my omtrent kom vra om te dans. Die ou .30-06 se slot kraak van die stof soos ek hom werk. Met my hemp se mou vee ek die ergste stof weg en blaas die plekkies waar die lap nie kan bykom nie uit. Met groot sorg herhaal ek die proses oor die West-Germany Schmidt und Bender teleskoop en al langs die grafeerwerk op die loop. Pa het die geweer vir my gegee, die ou Winchester model-70 pre ’64. Dit was op sy tyd sy liefling geweer. Hoeveel keer het ek nie al die storie gehoor hoe Pa destyds in die vroeë 80’s die geweer vir ‘n stuk geelhout stomp by die plaaslike geweersmit op Citrusdal geruil het nie. ‘n Stuk geelhout stomp!


DIE BONTEBOK

Ek skud my kop terwyl ek glimlag in my binneste. Vandag is daar nie geld wat die geweer by my sal koop nie. Ek skop die grassade uit die voue van my kamaste. My leerstewels het vir seker al beter dae geken. Ek moes hulle seker al vervang het, dink ek by myself. Die gebarste leer is die bewys van die myle wat hulle al geloop het. Soos my geweer is daar ‘n band tussen hierdie eenvoudige goed en myself. Een wat jy te vergeefs vir iemand verduidelik wat dit nie reeds verstaan nie. Waterbottel weer oor die skouer gegooi volg ek die blouwildebeeste se spore oor ‘n nek deur ‘n kloof voor dit weer oop raak. Ek is skaars uit die kloof uit toe ‘n gerol van klippe my laat vries. Skuins bo my teen die kop uit gallop ‘n trop sebras. Met verstommende gemak hardloop hulle teen die growwe helling uit so asof hulle op ‘n gelykte is. Die hings voor, ‘n klompie merries en ‘n vul agterna. Onder my staan

die swarthaak ruig. My oog vang die swaai van ‘n blouwildebees se donker stert. Hulle het so drie honderd meter van waar ek was in die swarthaak bos gaan staan. Kry ook maar warm. Die area het meer as genoeg beskutting en met ‘n bietjie geduld en groot sorg is ek binne ‘n halfuur tussen hulle. Hier en daar het ‘n bok gaan lê, salig onbewus van my. Gehurk tussen die gras begin ek hulle deurwerk op soek na die bulle. Op dié afstand staan ‘n blouwildebees omtrent my scope halfpad vol soos ek die een na die ander deurkyk. Dit is ‘n mooi trop met meer as een skietbare bul. Ek is egter vasbeslote om die meeste te maak van die geleentheid en die oudste, stukkendste bul onder hulle uit te soek. Wat my aandag getrek het is moeilik om te beskryf, maar soos ek my geweer van een bok na ‘n ander swaai is iets uit plek. Ek swaai my geweer terug om weer die ding te soek wat my aandag getrek het. Dit het

25

fyn kyk gekos, ‘n vinnige blik sou dit mis. In ‘n gaping tussen die swarthaak deur roer die geelbruin baardhare onder ‘n koedoe se nek en oomblikke later stap die bul oop en bloot voor my uit. Dit kan nie beter nie. Koedoes hier tussen die blouwildebeeste. Ek oorweeg die bul vir etlike oomblikke, maar besluit teen hom. Dis ‘n mooi bul, maar hy is effens jonk. Ek bewonder hom nog vir so ‘n laaste maal en wil net begin verder soek vir die blouwildebeesbul van my keuse toe my hart se ritme in my borskas onderbreek word. Voor die koedoebul kom stap nog een uit, kop halfmas gedra. Dit is ‘n reuse ou bul met net een horing en met sy verskyning is die blouwildebeeste absoluut vergete. Waar ek oomblikke van tevore onder omstandighede heel ontspanne was het ek ewe skielik die vreeslikste klap angstigheid weg. Bokkoors is ‘n lelike ding.

Die pragtige uitgestrekte natuur waar jy loop dat die sweet so spat


26

DIE BONTEBOK

Ek met my pragtige afhoring koedoe bul Gehurk moet ek nou plan maak vir die afhoring. Afstand is nie ‘n probleem nie. Ek is naby. Ek moet net so skuif dat ek ‘n oop skoot het. Heeltemal onbewus van my wei die twee bulle dertig tree voor my deur die swarthaak, dan in ‘n gaping in en dan weer weg. Blouwildebees oë en ore in ag geneem is ek in posisie en kies ‘n gaping deur die swarthaak voor die bul en besluit, of eerder glo, dat as hy daar deurgestap gaan kom, sal dit my kans gee op

‘n skoot. Die bul verdwyn vir ‘n oomblik en kom weer uitgestap, kop laag, al op die grond besig. Ek hét die skoot waarop ek gehoop het en toe die kruisie vassuig agter sy oor trek ek die sneller. Die bul slaan neer sonder om te weet hy word gejag. Die trop blouwildebeeste weet nie mooi wat gebeur het nie. Sommige bly lê, ander doen darem die moeite om op te staan. Die ander koedoebul

draf skuins weg van my af, gaan staan en kyk terug. Eers toe ek opstaan en die leë dop uit die geweer se kamer haal vlieg die meeste op en kies pad die ruigtes in. Onbeskryflik tevrede trek ek my bene onder my in en stap na my bul toe, steek sy are en bewonder hom van alle kante. Vanuit die skadu van ‘n Witgatboom verduidelik ek oor die radio vir Pa waar ek min of meer is. Vanaand het ek beslis ‘n jagstorie vir die kampvuur.


Wholesalers and Retailers of Sporting Arms, Ammo, Achery Equipment and all Shooting Accessories

4 Keast Street, Loumar, Bellville, 7530 | Tel: 021 949 2891 | E: sales@gunsbows.co.za | W: www.gunsbows.co.za

STOCKISTS OF QUALITY SHOOTING PRODUCTS FOR HUNTERS AND SPORTSMAN

FIREARMS

SILENCERS

AMMUNITION & RELOADING COMPONENTS

HANDGUN GRIPS AND RIFLE STOCKS

AMMUNITION

OTHER PRODUCTS - HARRIS Bipods - ALLEN Shooting Accessories - HI VIZ Handgun & Shotgun Sights - VORTEX Rifle Scopes - BERRYS Ammo boxes and Accessories - G96 Oils & Solvents - FORREST Bore cleaner - UTG Bipods and Accessories - VIPERFLEX Shooting Styx - RITON OPTICS (Coming Soon)

SYNTHETIC TACTICAL STOCKS


28

KAAPJAG F OTOG A L L ER Y Kompetisie Wenner

JUANITA STEENKAMP - LECHWE - GEJAG SUID VAN ZASTRON BY GLENROCK HUNTING SAFARIS, VRYSTAAT. GEWEER: SAUER S100 6.5 PRC FIELDSHOOT, 143GR ELD-X PUNTE

WWW.ELSFINELEATHER.CO.ZA HAND MADE HUNTING ACCESSORIES YOU WILL ONLY BUY ONCE IN YOUR LIFETIME

Send your hunting photos to francois@salocums.com and stand a chance to win leather goods from Els & Co to the value of R2500. Sponsored by Els & Co - T’s & C’s apply


DIE BONTEBOK

DION THEART - ROOI HARTE BEES - GEJAG BUITE STEYT LERVIL LE MET ‘N WEATH ERBY 6.5 CREED MOOR MET HORN ADY 143GR ELD-X PUNTE

ARN O LE ROUX - GEM SBOK TAAT, BRAK PUT PLAA S GEJAG MET .308 REMI NGTO N 700 OP LUCK HOFF, VRYS

29


30

DIE BONTEBOK

KAAPJAG F OTOGA L L ER Y

MARIU S CLOET E - KOEDO E GEJAG TE JANSE NSENV ILLE MET .260 SAKO GEWE ER

JANIE LAUB SCHE R - EERSTE SPRIN GBOK 6.5 CREE DMO OR GEJAG OP DIE PLAA S METEOR, AROA B NAM IBIA MET


DIE BONTEBOK

JAMES O’KEN NEDY- BONTE BOK GEJAG MET .243 SAKO MET 100GR PMP, NET BUITE BREDA SDORP

BO K PA GRO BBI E GRO BBE LAA R - SPR ING MÜ NIC H LE RO UX SAA M ME T OU AS PLA T OP LUC KHO FF, VRYSTA AT, BRA KPU GEJAG ME T .223 REM ING TON 700

31


32

DIE BONTEBOK

WESLE Y WHITE - SPRIN GBOK - JAGTO G OOS KAAP, FORT BEAUF ORT AREA GEWE ER: REMIN GTON .308 MET 165GR NOSLE R PARTIT ION PUNTE

NICO VAN DER WALT - EERSTE KUDU GESK IET WES MET .375 H&H OP BOOI SKRA AL NET BUIT E BEAU FORT


DIE BONTEBOK

KAAPJAG F OTOGA L L ER Y

HENDR IE BREDE NKAM P - BUFFE L - GEJAG BY JAN NEL, UITKY K PLAAS , DIE SUIDE KANT VAN DIE KAM, BO BERGE MET .375 H+H WINCH ESTER MET 270GR

TSK BARNES

AG OP JEA N DE VIL LIERS - VLA KVA RK - GEJ RUSVIL LE DISTRI K, NO OR D KAA P PAN OR AM A WIL DSP LAA S IN PET

33


34

DIE BONTEBOK

DIE HERKOMS VAN HIËNAS eerder as kloue vang. Albei diersoorte eet hulle kos vinnig en neig om bene of stukke prooi te begrawe vir latere benutting. Beide diersoorte het nie-intrekbare naels aan hul pote en die ledemate is aangepas vir hardloop en om vinnig van rigting te verander. Hiënas se gedrag in terme van selfversorging, die merk van territoriums deur hul anaalkliere, ontlastings-gedrag, paring en ouersorg, stem egter meer ooreen met dié van die feliforme groepe.

A

Deur: Dr Kas Hamman

lhoewel fossiel opgrawings deur Paleontoloë toon dat daar ongeveer 70 spesies hiënas oor die afgelope ongeveer 22 miljoen jaar voorgekom het, is daar vandag slegs vier spesies wat oorleef het. Hulle is die gevlekte-hiëna (Crocuta crocuta), wat tot 90kg kan weeg, gevolg deur die bruin-hiëna of strandwolf (Parahyaena brunnea) en die gestreepte-hiëna (Hyaena hyaena) wat tot 55kg kan bereik, en die heelwat kleiner aardwolf (Proteles cristatus), wat slegs ongeveer 12kg weeg. Fossiel-rekords toon dat die gevlekte-hiëna voorheen wydverspreid in Europa en Asië voorgekom het, maar vandag is dit nog net die gestreepte-hiëna wat buite Afrika aangetref word. Hiënas word geklassifiseer as deel van die familie Hyaenidae wat vandag die vyfde kleinste karnivoor familie in die klas Mammalia (soogdiere) is. Ten spyte van aos die Filidae en die Viverridae insluit. Hiënas is filogeneties dus nader aan katte, siwette, muskeljaatkatte en muishonde. Daar is tans ses families, twaalf subfamilies, 56 genera en 114 spesies in die Feliformia suborde. Interessant egter is dat hiënas se morfologie en gedrag in verskeie opsigte meer ooreen met dié van honde as gevolg van konvergente evolusie (wanneer onverwante spesies dieselfde lyk en ekologiese nisse deel). Hiënas, soos honde is effektiewe terrestriële jagters wat prooi met hul goed-ontwikkelde tande

Gevlekte-hiëna/Crocuta crocuta met verspreidingskaart

Gestreepte-hiëna/Hyaena hyaena met verspreidingskaart

Bruin-hiëna of strandwolf /Parahyena brunnea met verspreidingskaart

Aardwolf /Proteles cristata met verspreidingskaart Wat is die oorsprong van Hiënas? Primitiewe voorsate van hiënas het 22 miljoen jaar gelede in die woude van die noordelike super-kontinent Eurasië ontstaan, toe die meerderheid van die vroeë feliforme spesies nog boom-lewend was. Hierdie hiëna-voorsate het waarskynlik baie soos die vandag se Afrika siwette gelyk. Een van die vroegste hiëna spesies, beskryf as Plioviverrops, was ‘n lenige, siwet-agtige dier wat Eurasië 20–22 miljoen jaar gelede bewoon het. Hierdie uitgestorwe dier word geïdentifiseer as ‘n hiënied op grond van die struktuur van die middeloor


DIE BONTEBOK

‘n Afrika siwet

35

Anders as drie van die vier lewende moderne hiënaspesies wat gespesialiseerde beenbrekers is, het die wolfagtige hiënas se kleiner en slanker liggaamsbou hulle instaat gestel om prooi oor lang afstande te agtervolg en te vang. Ictitherium viverrinum, het baie gelyk soos ‘n hedendaagse jakkals. Talle goedbewaarde fossiele van hierdie wolf- of hondagtige hiënas is in die Mioseen tydperk (23 tot 5.3 miljoen jaar gelede) fossiel-terreine gevind. Die afname en uiteindelike uitsterwing van hierdie wolfagtige hiënas het ongeveer 5-7 miljoen jaar gelede begin tydens ‘n tydperk van relatief vinnige klimaatsverandering. Dié proses is waarskynlik versnel deur wolwe wat tydens een van die ystydperke Eurasië vanaf die NoordAmerikaanse gekoloniseer het met behulp van die Bering-landbrug. Een spesie, die primitiewe hiëna Chasmaporthetes ossifragus, het dieselfde landbrug gebruik om van Eurasië na Noord-Amerika te migreer, en was die enigste hiëna wat dit suksesvol kon doen. Hierdie spesie het daarin geslaag om vir ‘n geruime tyd in Noord-Amerika te oorleef deur ‘n ander nis as die wolwe daar te benut. Die meerderheid wolf- of hond-agtige hiëna spesies, met uitsondering van die aardwolf, was teen 1,5 miljoen jaar gelede uitgesterf.

Kleinkol-muskeljaatkat (Genetta genetta) en tipiese eienskappe van die gebit. Plioviverrops was heel suksesvol en het aanleiding gegee tot nakomelinge met langer bene en meer gepunte kake - eienskappe soortgelyk aan dié van wolwe (Canis lupus) in Noord-Amerika en Europa. Hierdie primitiewe hiënas het vervolgens in twee verskillende tipes gediversifiseer, naamlik liggeboude wolfagtige diere en hiënas met sterk ontwikkelde kake wat bene kon versplinter. Alhoewel die wolfagtige hiënas 15 miljoen jaar gelede gefloreer het, met selfs een takson wat Noord-Amerika tydelik gekoloniseer het. Die Plioviverrops spesies het egter uitgesterf ná verandering in klimaat, tesame met die aankoms van wolwe in Eurasië. Van die wolfagtige hiënas het net een insektivoor naamlik die aardwolf oorleef, terwyl die hiënas wat instaat was om bene te versplinter (insluitend die bestaande gevlekte, bruin en gestreepte-hiënas) die top aasdiere van Eurasië en Afrika geword het. Die sukses en uitsterwing van die wolf-agtige hiënas Die afstammelinge van Plioviverrops het die piek van hul sukses 15 miljoen jaar gelede bereik, met meer as 30 spesies wat uit die fossiel-rekords geïdentifiseer is.

Fossiel-skedel van Ictitherium viverrinum, een van die wolf-agtige hiënas. Hiënas met goed-ontwikkelde kake In die tydperk 10–14 miljoen jaar gelede het die hiënafamilie in twee afsonderlike groepe verdeel naamlik wolf- of hondagtige hiënas en hiënas wat die vermoë het om bene met gemak te versplinter. Laasgenoemde groep spesies het veranderinge in klimaat asook die aankoms van wolwe in Eurasië suksesvol oorleef. Teen 5 miljoen jaar gelede het die been-versplinterende hiënas die dominante aasdiere van Europa en Asië geword deur primêr te aas op die herbivoor-karkasse wat die sabeltandtiere van daardie tyd as prooi benut het. Een genus, Pachycrocuta, was ‘n massiewe aasdier wat tot 200 kg bereik het en die bene van selfs olifante kon versplinter. Met die afname van groot herbivoor-getalle


36

DIE BONTEBOK

in latere ystydperke, is Pachycrocuta deur die kleiner en beter aangepaste gevlekte-hiëna(Crocuta crocuta) vervang. Dominansie en sukses van moderne hiënas Soos genoem is die 4 lewende spesies die gestreeptehiëna (Hyaena hyaena), die bruin-hiëna (Parahyaena brunnea), die gevlekte-hiëna(Crocuta crocuta) en die aardwolf (Proteles cristata). Die aardwolf se oorsprong kan direk na Plioviverrops 15 miljoen jaar gelede terug gevolg word, en is vandag die enigste oorlewende spesie van die wolfagtige hiënas. Hierdie diere se sukses en oorlewing word deels toegeskryf aan hul insek-dieet en die feit dat hulle nie met ander karnivore soos wolwe gekompeteer het wat op daardie stadium d.m.v. die Bering-landbrug uit Noord-Amerika na Eurasië gemigreer het. Verder is dit waarskynlik ook die aardwolf se uitsonderlike vermoë om die defensiewe terpeen afskeidings van termiete-soldate te kon hanteer en verteer. Hierdie vermoë is waarskynlik ‘n aanpassing van hul voorsate se spysverteringstelsel wat toe reeds verrotte aas sonder nagevolge kon verteer. Die gevlekte-hiëna (Crocuta crocuta) het 10 miljoen jaar gelede van die gestreepte en bruin-hiënas vertak. Sy direkte voorouer was die Indiese Crocuta sivalensis, wat so onlangs as 3.5 tot 1 miljoen jaar gelede nog voorgekom het. Die voorsate van die gevlekte-hiënas het waarskynlik weens toenemende kompetisie met ander aasdiere in Asië, begin om in groepe te opereer. Gevlekte-hiënas het skerp agtertande en been-versplinterende voorkiestande ontwikkel, wat hulle instaat gestel het om aktief in groepe te jag én as aasdiere te funksioneer wanneer nodig. Hulle het hul verspreidingsgebied vergroot agter migrerende prooi aan. Gevlekte-hiënas het gedurende die Middel-Pleistoseen (1,7 miljoen jaar gelede) uit Afrika versprei en vinnig ‘n wye gebied van Europa en Asië gekoloniseer. Met die agteruitgang van grasvelde 12 500 jaar gelede, het daar ‘n massiewe verlies van laaglandhabitat in Europa plaasgevind, gepaard met ‘n drastiese toename in bebossing wat, weens hul aanpasbaarheid, tot voordeel van die gevlekte-hiënas was. Europese gevlekte-hiëna-bevolkings het ongeveer 20 000 jaar gelede begin krimp en tussen 11 en 14 duisend jaar gelede heeltemal verdwyn. Die gestreepte-hiëna het waarskynlik uit H. namaquensis gedurende die Plioseen (5,3 tot 2,58 miljoen jaar gelede) in Afrika ontwikkel. Gestreeptehiëna-fossiele wat 3.5 tot 1 miljoen jaar terug dateer, word algemeen in Afrika aangetref. Die afwesigheid van fossiel-rekords van gestreepte-hiënas in die Mediterreense streek, dui daarop dat dié spesie ‘n relatiewe laat indringer na die noordelike kontinent

was, wat waarskynlik eers buite Afrika versprei het ná die uitsterwing van gevlekte-hiënas in Asië aan die einde van die Ystydperk. Die gestreepte-hiëna het gedurende die Pleistoseen (2,58 tot 0,8 miljoen jaar gelede) vir ‘n geruime tyd in Europa voorgekom, en was veral wydverspreid in Frankryk, Duitsland, Oostenryk, Portugal en Gibraltar. Die Pleistoseen gestreepte-hiënas het baie gelyk soos die diere vandag lyk. Die bruin-hiëna (Parahyaena brunnea) of strandwolf of strandjut, kom in suidelike Afrika voor en is tans die skaarsste hiëna spesie. Die grootste oorblywende bruin-hiëna bevolking word tans in die suidelike Kalahari en aan die kusgebiede van Namibië aangetref. Die bruin-hiëna bevolking word tans deur die IUCN op tussen 4 000 en 10 000 individue geskat en die dier se bewaringstatus word as bedreig aangedui in die IUCN rooi-data-lys. Hiënas en die mens Wie sou nou ooit kon dink dat hiënas wat vandag so eie aan Afrika is, eintlik hul oorsprong in Europa en Asië het? Hiënas het hulself oor tyd prominent in Afrika gevestig, asook in die mitologie van hedendaagse menslike kulture. Sekere inheemse bevolkings in Afrika het vandag ‘n diep gewortelde vrees vir hiënas en die diere is beslis nie welkom in landelike gebiede buite bewaringsgebiede nie. In sommige kulture heers daar verskillende variasies van legendes soos dat hiënas geeste beïnvloed, grafte beroof, asook vee en kinders steel. Ander kulture assosieer hiënas met heksery en gebruik hul liggaamsdele in tradisionele medisyne. Van hierdie praktyke dateer uit die tye van die Antieke Grieke en Romeine, wat geglo het dat verskillende dele van hiënas se liggame gebruik kan word om bose geeste af te weer en om liefde en vrugbaarheid te verseker. Afgesien hiervan word hiënas vandag nog deur sommige Somaliërs as voedsel gebruik. Bronne geraadpleeg IUCN Official Web Site. Conservation Union - Hyaena Specialist Group. Kruuk, Hans (1972). “The Spotted Hyena: A Study of Predation and Social Behaviour”. University of California Press. Kurtén, Björn (1968). “Pleistocene mammals of Europe”. Weidenfeld and Nicolson. Mills, Gus; Mills, Margie (2010). Hyena Nights and Kalahari Days. Jacana Education. Turner, Alan; Anton Mauricio (2004). Evolving Eden: “An Illustrated Guide to the Evolution of the African Large-Mammal Fauna”. Columbia University Press. Wikipedia. Official Web Site.


DIE BONTEBOK

37

Wes Bolandjag-tak mede bestuur en almal wat gereeld hulp verleen met baan opslaan en opruim na die tyd hartlik bedank vir jul bydrae en opoffering om te alle tye net die beste aktiwiteite vir ons lede aan te bied. Niemand se bydrae word misgekyk nie! Volledige uitslae van skietaktiwiteite en jaarprogram vir 2022 is op www.

wesbolandjag.co.za beskikbaar. Kyk gerus na die program en bespreek solank die skietnaweke vooruit. Mag die Kersseisoen en Nuwejaar vol vreugde en voorspoed wees vir almal en ons sien uit daarna om almal weer op die baan te verwelkom in die nuwe jaar. Vriendelike groete. Kobus van Niekerk

Kobus Van Niekerk - Voorsitter

S

o kom ons dan by die laaste uitgawe van die immer gewilde Bontebok nuus vir 2021 en ook die einde van nog ‘n jaar wat gevul was met skiet-aktiwiteite, jagte, jaarvergaderings en vele meer. Die jaar was natuurlik nie sonder teenspoed nie en Covid 19, slegte weer en inbrake het sy tol ge-eis deur die jaar. In die vorige uitgawe het ons berig oor die diefwering wat geinstalleer is om inbrake te bekamp, maar daar is weer by ons ingebreek. Ons skietbaan is op 26 September deur NRCS geinspekteer en het voldoen aan alle vereistes en regulasies om gebruik te word vir enige skietaktiwiteite tot op 500 meter. Ons het ook versoeke van ander skietverenigings ontvang wat graag die skietbaan wil gebruik en dit is so goedgekeur. Die .22 Posskiet op 16 Oktober was baie goed verteenwoordig en daar is vir die eerste keer op die nuwe Chasa teikens (dassie, kolgans en ystervark) geskiet en die skuts se terugvoer was baie positief. Die laaste twee aktiwiteite vir die jaar is die gewilde .303 en Big Bore skiet op 20 November en die Chasa vlakteskiet op die plaas Remhoogte te Koringberg op 11 Desember. Graag maak ek van die geleentheid gebruik om alle lede en skuts wat deelgeneem het aan ons aktiwiteite te bedank vir hul teenwoordigheid, want sonder jul deelname kan ons Vereniging nie staat maak op ‘n volhoubare voortbestaan nie. Ons het ook groot waardering vir die bekwame personeel van die Kaapjag kantoor en hul bydrae en interaksie met lede om sake buite Takverband te hanteer. Laaste, maar seker nie die minste nie, wil ek my

Wenners van die Standaard Chasa baanskiet op 18 September

Senior en Junior wenners van .22 Standaard Posskiet op 16 Oktober

Wenners van die 3 – skoot Groeperingskiet op 21 Augustus - 10.82 mm was die beste groepering vir die dag deur Henry Bredenkamp met sy .223 maar Henry was ongelukkig afwesig vir die foto


38

DIE BONTEBOK

Boesmanland-tak

Anthony Swift - Voorsitter

Ondersteuners al die pad van Kuruman af geniet die skietdag

VELDBLOM SKIET 11 SEPTEMBER GEBORG DEUR GUNS & BOWS

O

p Saterdag 11 September 2021 het Boesmanland-Jag die jaarlikse Veldblom skiet aangebied ter viering van die Lente! Goeie reën het gesorg vir ‘n mooi groen baan en die plate helderkleurige veldblomme het ‘n klompie skuts gou-gou herinner dat hul éintlik hooikoors-lyers is! Vyf bane het die skuts se vernuf getoets; van staan met ‘n paal as rus tot ‘n standaard CHASA gongbaan met ‘n baie ongemaklike stoeltjie (wat ‘n hele paar manne op hul neuse laat kyk het). Oudergewoonte was dit ‘n behoorlike familiedag, met mans en dames van alle ouderdomme wat deelgeneem het. Sommige Juniors het selfs van die ou manne gewys waar Dawid die wortels begrawe het! Na afloop van die skiet is daar gesmul aan gebraaide hoender en slaaie voordat die wenners tydens die prysuitdeling aangekondig is. In lyn met Ramskop tradisie, was daar weer oudergewoonte ‘n baie spesiale en gesogde prys vir die skut wat “eerste van onderkant die puntelys” was. Vanjaar was hierdie prys deur Koos Louw ingepalm. ‘n Spesiale dank aan Guns & Bows vir hul borgskap - sonder hul ondersteuning sou die skiet nie so ‘n groot sukses gewees het nie.

Skuts skuif hulleself reg vir sit en skiet met die 3-poot as rus

Andre en Johann met junior wenners: 1.Nick Zandberg 2. Andre Hanekom en 3. Willem Visagie

Mans wenners: 1. Jaco Salim 2. Willem Smuts 3. Johan Reichel


DIE BONTEBOK

39

Boesmanland-tak Saterdag 11 November Valplaat skiet - Geborg deur Wildman

Wouter Basson wen ‘n .243 geborg deur Gerhard Van Rensburg van Wildman

O

Valplaat wenners: (Ope) Andries De Klerk, (Std) Wicus Du Preez en (Bakkie) Bennie Cilliers

p Saterdag 11 November 2021 was dit weer tyd vir Boesmanland se gewilde Valplaat Skiet. Hierdie skiet het sover nog net gegroei in populariteit. Hierdie jaar het 83 skuts deelgeneem om hul vernuf te toets op Calvinia se berugte Ramskop Skietbaan. Die reëls is eenvoudig: 3 skote vir 3 valplate, en elke suksesvolle skut skuif na die volgende distansie. Die dag is in 3 kategorieë opgedeel volgens geweer-tipe. Die “Bakkie klas” of Veldgeweer het op 200m begin. Die Standaard klas het op 300m begin en die manne met die groot gewere het in die Ope klas op 400m begin. ‘n Lekker warm, winderige dag het op die skuts gewag en die mirage het

vroegoggend reeds sy opwagting gemaak en gou-gou ‘n paar slagoffers geëis. Die wenner van die Bakkie klas is op die 600m deur middel van ‘n “sudden death” beslis toe Bennie Cilliers vir Johann Strauss uitgeskakel het. Die skuts het elk ‘n enkele skoot op ‘n papierteiken gerig, en naaste aan die kol het gewen. Die Standaard klas is deur Wicus du Preez op 800m gewen. Hierdie jaar het ‘n rekord getal skuts deurgedring na die 900m, waar Andries de Klerk gekroon is as die algehele kampioen. Andre Hanekom, ‘n Junior skut, het vir ‘n opskudding gesorg toe hierdie jong skut sommer ‘n paar manne op hul neuse laat kyk het deur tot op die 700m merk deur te

Marelize Voster agter die geweer

Dr Andries De Klerk snr lê aan

dring. Hierdie is voorwaar ‘n skut om dop te hou. Gelukkig is hy ‘n Boesmanlander! Na afloop van die skiet is die droë kele gelawe en die honger verdryf met heerlike skaap vanaf die spit, slaaie en outentieke roosterkoek. Te danke aan Wildman kon ons tydens hierdie jaar se gelukkige trekking 2 gewere weggee. ‘n Howa 243 en ‘n Howa 223. Boesmanland wil in besonder vir Gerhard van Rensburg van Wildman bedank vir hul getroue ondersteuning. Hierdie is reeds die 8ste aaneenlopende jaar wat hul ons Valplaat kompetisie borg. Sonder hul borgskap deur die jare sou hierdie skiet ook nie so in gewildheid kon groei nie.

Andre Hanekom skiet op 700m


40

DIE BONTEBOK

Sentraal-tak Last, but by no means the least, thank you to all of our members. I wish you all a Happy Holiday Season, a Merry Christmas and a

Blessed New Year. Until next year Regards Yaseen Hanware

Yaseen Hanware - Chairman

W

e held our annual Chairman shoot on the 30th of November with 76 competitors for the day. Shooters competed in rifle, handgun and shotgun and the best overall score was crowned the winner. Greg Sykes was unbeatable on the day and he won the Chairman’s floating trophy. A big bore shoot was held on the same day, but Greg won this trophy as well. Congratulations to Greg and all the other winners of the day. Also a huge thank you to everybody that attended and made it a truly memorable day. It is that time once again when the end of the year is almost upon us. Looking back I’m proud to say that we’ve had a memorable year even when taking into account that Covid is still with us. All of the shoots and monthly meetings have been very successful. I would like to acknowledge the diligence and hard work of the Committee Members and staff behind the scenes. Without them our events would not be as successful as they are.

Greg Sykes receiving the trophy for overall winner of the day from the Chairman


DIE BONTEBOK

41

Sentraal-tak ANNUAL CHAIRMAN SHOOT - 30 NOVEMBER 2021 HELD AT DURBANVILLE SHOOTING RANGE

76 Shooters ready to start the competition

Shooters on warthog target at 35m

Lewellen Loxton and Ismail Kajee ready for the shotgun range


42

DIE BONTEBOK

Sentraal-tak Competition winners - Chairman shoot

Greg Sykes receiving the Big Bore trophy from the Chairman

Overall results: Ludy Starck 2nd, Greg Sykes 1st and Hein Aylward was 3rd

Overall results: Anton de Bruin 3rd, Greg Sykes 1st and Ludy Stacke 2nd rd


DIE BONTEBOK

Koup -tak Saterdag 16 Oktober Vlakteskiet

O

Jacobus Nel - Voorsitter

p Saterdag 16 Oktober 2021 het Kouptak sy eerste Vlakteskiet aangebied. Baie lede was aanvanklik baie opgewonde oor die nuwe formaat, maar soos die weervoorspelling bekend geraak het gedurende die voorafgaande dae het die belangstelling al hoe minder geraak. Ons het aanvanklik gedink niemand gaan opdaag nie, want wind van 50km per uur was voorspel. Gelukkig het 8 skuts opgedaag, maar wat ‘n fiasko was dit nie. ‘n Dwarswind met stofstorms het oor die baan gewaai dat die skuts hul oë skrefies moes trek. Gedurende die kompetisie het die manne mekaar raad gegee, maar sonder enige noemenswaardige sukses. Vlakteskiet in die Karoo gedurende somermaande is nie vir sussies nie. Indien julle die fotos van naderby bekyk sal julle sien hoekom die toestande so sleg was. Dit is net sandvlaktes sonder bedekking. Gelukkig was ons bedieningsgebied geseën met goeie reën die afgelope tyd. Ons glo en vertrou die Karoo gaan nou weer na normaal terugkeer. Ons sien ook uit na ons volgende .22 baanskiet op 11 Desember 2021, aangesien ons boere lede se moraal nou weer hoog is. Dagwenners: 1. Jacobus Nel 2. Coenraad Groenewald 3. Ian Botes

43


44

DIE BONTEBOK

Wynland tak Saterdag 18 September CHASA Vlakteskiet

Gert Visser - Voorsitter Op Saterdag 18 September 2021 het Wynland-tak die geleentheid gehad om ‘n CHASA Vlakteskiet aan te bied. Die skiet het plaasgevind net buite Robertson op die Kaapjag Wynland skietbaan, wat vir ‘n paar pragtige uitsigte gesorg het. ‘n Totaal van 76 skuts het die dag aangedurf - ‘n ligte lente briesie het gesorg dat die manne nie almal voltalle geskiet het nie. Die verskeidenheid skietposisies het dit vir die skuts moeilik gemaak om te gemaklik te wees. Ten spyte van die uitdagings was die kompetisie straf. Daar is geskiet op ‘n vlakvark in die staande posisie, rooibok uit die sit posisie en springbok uit die lê posisie. Dan was daar ook 5 ghongs wat uit die lê posisie geskiet moes word. Na afloop van die skiet het die skuts lekker gesels en geëet. Ek wil net vir Andries Du Toit en sy vrou Annelie bedank vir die kos wat deur hulle voorberei is. Ook vir Chantel Visser wat gesorg het dat die tellings vinnig en akkuraat gedoen was. Dank ook aan die manne wat die baan vroeg kom bou en dan laat middag weer kom afbreek het. Sonder die staatmakers sal so ‘n skietdag maar moeilik ‘n sukses wees. Dankie aan al die verskeie takke se skuts wat ons dag so mooi ondersteun het. Hoop ons sien julle gou weer hier. Skietgroete Gert Visser

Die manne wag geduldig hulle beurt af om te begin skiet

Skuts lê aan op die 5 ghongs tussen 150 en 200m

Die manne maak reg om die rooibok teiken te skiet op 100m


DIE BONTEBOK

Wynland Tak

Daar was 76 skuts vir die dag wat deelgeneem het aan die vlakteskiet

Wenners vir die dag - seniors, mans, dames en juniors

45


46

DIE BONTEBOK

HANDGUN & MULTI-DISCIPLINE SPORTSHOOTING CHASA MULTIDISCIPLINE SHOOT ON 25 SEPTEMBER 2021, BLOEMFONTEIN being a keen handgun shooter as well as a hunter, he introduced a series of handgun shoots. Initially these were based on the NRA handgun events but over time were tweaked and modified until they suited our local shooters and local shooting environment. The handgun shoots still follow fairly closely traditional NRA events.

T

Ludy Starke

he Confederation of hunting associations of South Africa is forty years old this year. It has grown from strength to strength over the years and with the pressure on hunting and firearm ownership in general, has become one of the most active organizations in protecting and promoting responsible firearm ownership and hunting rights. With the growth of the organization, at present having more than 30 member associations, it is natural that in the off season, hunters have been looking for shooting activities to keep their skills sharp and to practice new skills. CHASA offers a dedicated hunter course that incorporates a shooting test, but this was not enough for the members and over time CHASA developed a string of Sport shooting activities. Initially, the focus was on hunting rifles and simulated hunting shoots where competitors competed against each other and the clock at life sized animal targets. These events became so popular that they were expanded to include .22 long rifle shoots along similar principals. Many hunters who engage in antelope hunting are also keen wing shooters and over time a shotgun shoot was introduced. Likewise, when William Smale took over the reigns of the Sport Shooting Committee leader,

As with all organizations with different member associations forming the body, there is stiff competition between clubs and individuals. CHASA introduced a national ranking system where shooters from anywhere in the country can take part in standardized shoots and submit their scores to CHASA to be ranked against fellow shooters. The top ranked shooters each year are awarded medals and certificates from CHASA. Along with the ranking system, CHASA introduced an annual shooting competition where each organization would send a team of their top shooters to compete against the top shooters from the other regions. With this the inter-association shoot was born and grew in popularity each year. This year, CHASA chose to hold a multi-discipline shoot. The shoot would comprise of three events and the total score for the team over the three events would then count for rankings. Since there is such a wide variety of events under the CHASA sport shooting banner, it was decided that each year the events included in the multi-discipline shoot would be rotated so that over a five year period all events would be covered. 2021 events were: 22 long rifle Standard range shoot 25 clay sporting range 25 plate handgun shoot

The 22 long rifle event consists of four ranges, each with their own unique challenges. Range one is shot from the prone position with either a bipod or standard block as a support and the target, an Egyptian goose, is placed 70 m away. While that does not seem far, the scoring zone on the goose is incredibly small and the 22 lr round is extremely wind sensitive, so this is a challenging shoot. The next range is the sitting range. Here shooters engage a porcupine target at 40m from the sitting unsupported position. 90 seconds are allowed for this shoot. I find this is the most difficult of the four ranges. After the porcupine, shooters move to the standing range where they engage a dassie target shooting freehand and having to make all the shots within 45 seconds, here it is fast and furious and anything that goes wrong can really upend a shooter. The final range for the 22 long rifle is the gong range. Here shooters again shoot from the prone position with front support. The gongs are 100mm diamond shaped plates and are at distances of 50, 60, 75, 65 and 75m. The diamond gong is a deceptive little creature as it looks nice and big but get your elevation a little off and it suddenly becomes very small. Throw in a bit of wind and it is frustratingly easy to miss them.

Sporting clays The sporting range was set up for 25 “birds” per shooter. The range was set to have crossing birds from both left and right, an incoming bird and a diagonally going away bird. While it looked easy, in amongst the mix of birds was always one that a shotgunner would find difficult. The sequence of shooting was that a competitor would shoot 3 single


DIE BONTEBOK

HANDGUN & MULTI-DISCIPLINE SPORTSHOOTING

Die vol span: Wesley White, Greg Sykes, Ludy Starke, JC van Niekerk en Jaques Buckle birds, then a pair of birds with the second of the pair being released on the rapport of the first shot. This means you shoot your first bird and as your shot goes off the second bird is set off. This format adds some excitement as you have to recover from your first shot, find the next bird and chase it before it gets too far away.

Handgun falling plates. The handgun range consists of a rack of 6 x 200mm gongs. They are built in such a way that if hit correctly they fall over backwards, but if nicked will stubbornly refuse to go down. The shooter starts 10 yards away from the rack and the range officer sets him off with a timer. The commands are very similar to an IPSC event. The first rack has an allowed time of 6 seconds for the shooter to move from the hands surrender position, draw the firearm, disengage the safety ( if fitted) and shoot one shot at each plate. Each plate carries a score of 25 points, but if a shooter exceeds the allotted time, he is punished with a 25 point reduction. After completing the first rack, the shooter moves back to 15 yards. Here the procedure is repeated, but with 7 seconds allowed. The shoot is repeated twice more, once from 20 yards and once from 25 yards. The total number of plates engaged is 24 . Back to the competition, as a member of Cape Hunt, the largest single organization under the CHASA banner, it was an honour to be selected to be in the team. Ludy Starke who heads up the Sport Shooting Committee for Cape Hunt had the difficult task of evaluation our competitors in order to select the teams. As it is a competition comprising the 3 shoots, it is a fine balancing act of selecting a shooter who is good in all three aspects of the shoot. I think Ludy lost many a night’s sleep trying to figure out who would make up the best team. The final team selection comprised: Ludy Starke- team captain, Greg Sykes, Wesley White and Jacques Buckle

47

All four of us are strong shooters with the 22 rifle. Ludy and Jacques are old IPSC shooters and are both masters of the handgun, while myself and Wesley can carry our own with a handgun but are not expert class. The shotgun was the concerning event as none of us are really good with a scatter gun, but we figured if we did well enough in the other two events we could maybe scratch a place. As the Friday before the event was a public holiday, CHASA decided to hold a “Vlakteskiet” as a curtain raiser to the main event. Here too Cape Hunt entered a team, only this time Jacques stood back to allow JC Van Niekerk, a top shooter in the rifle, to take part in the shoot. The competition was held in Bloemfontein. Arriving early Friday morning on the range, we were met by the friendly range officers of the Freestate hunters. A quick briefing by Lois the competition organiser, the Vlakteskiet was on the go. The Vlakteskiet is basically a veldt shoot, but hosted on a shooting range where life size animal targets and gongs are engaged from various positions all under time pressure. The Vlakteskiet was not the main event of the weekend, but after a long, hot and dusty day the results were in and the Cape Hunt team had finished in 5th place, quite disappointing as we felt that we had posted a strong team. Congratulations must go the Freestate A team who took the first place in the Vlakteskiet. The next morning had us up early and again on the range, this time checking the 22 rifles out. Our team started out shooting with the 22 rifle on the Egyptian goose target. With the wind just starting its daily routine of blowing first from the East, then swinging around and picking up speed as it later blew from the

Staanskiet posisie met 3-poot as ‘n rus


48

DIE BONTEBOK

HANDGUN & MULTI-DISCIPLINE SPORTSHOOTING West. Conditions were a bit tricky. With all four of us prone, I took the first shot to serve as a sighter. I landed nicely in the 30 zone but with a little too much wind on the gun, I made a quick adjustment and sent the next four shots down range. While by far not the best team on the shotgun we had posted a really good score and more importantly we had really enjoyed the shoot. After a quick shower we all dressed up in our fancy clothes for the evening function at Summerwood Country Estate. After dinner it was down to the prize giving and we were all eagerly awaiting the results. Third place overall was Bushveld Hunters, second place went to Border Hunters A team. It was now down to first place. Either we had dropped the ball somewhere and were not in the first three or we had done well and had taken the overall first place. The tension was high as William Smale took his time in making the final announcement. ‘And the first place goes to Cape Hunt Team’. I could not believe it. We had done it! After a disaster the previous day, we had managed to pull it together, work as a team and put down a really good series of shoots. What an honour to be able to represent our hunting organization and to return such a super result. We were ecstatic. Our final scores reflected an outright win in the 22 rifle, a second place in the handgun and a third place in the shotgun. Once combined, we were over 500 hundred points ahead of the next team.

Wenners met trofee: Jaques Buckle, Wesley White, Greg Sykes en Ludy Starke (Span Kaptein)

Skut in die sit-skiet posisie met 3-poot vir ‘n rus

Our thanks go out to William Smale and his team from CHASA for all of the work that they did in getting this shoot arranged. Thanks to Louis and his team of dedicated shooters from the Freestate hunters who put in the weeks of work to make the event such a success. Thanks to Cape Hunt for giving us the opportunity to represent the organization. It is truly an honour to belong to Cape Hunt.

Ludy Stack mis ‘n belanrike skoot, gelukkig darem net op die inskiet baan


DIE BONTEBOK

49

HANDGUN & MULTI-DISCIPLINE SPORTSHOOTING Chasa Handwapen en Baanskiet gehou te Rustenburg

O

p Vrydag 22 Oktober 2021 het Chasa sy handwapen skiet aangebied by Waterval, 30 km vanaf Rustenburg. Chasa lede verenigings van regoor Suid Afrika het kom deelneem met heelwat spanne wat ingeskryf het. ie kompetisie het bestaan uit ‘n bewegende papier teiken wat 6 keer geskiet moes word in ‘n beperkte tyd. Daar is van verskillende afstande op die teiken geskiet. Dan was daar die “falling plates”waar 6 plate wat op ‘n rak gemonteer is geskiet moes word, ook teen beperkte tyd vanaf verskillende afstande. Daar was ook ‘ standaard en “barracked” shoot gewees wat soos die afstand groter geword het beslis moeiliker geword het. Kaapjag se span het hulle goed van hul taak gekwyt en 4 goue, 4 silwer en 3 brons medaljes gewen in die verskillende dissiplienes. Daar was op die 23 Oktober, Saterdag ‘n Chasa baanskiet en die Kaapjag span het vierde gekom. Wesley White is na afloop van die kompetisie opgeneem in Chasa se amptelike skietspan.

D

Wesley White in aksie op die bewegende teiken baan

Skut skiet op die “barricade” baan

skuts wag hulle beurt af om deel te neem aan dag se kompetisie

Ludy Starke, Paul Harding, Wesley White en Jacques Buckle

Skuts op die “six falling plates” baan

Ludy en Jaques skiet op die standards baan

Paul Harding op barricade baan

Kaapjag span geklee in blou


50

DIE BONTEBOK

Weskusjag-Tak

Adri Basson - Voorsitter

W

Baan A vanaf bakkie se klap geskiet. Die rus kon enige posisie ingeneem word, maar geweer moes op kissie rus

eskus-Tak het die laaste paar maande heelwat skiete aangebied en die lede het hul tak goed ondersteun. Pretskiet 21 Augustus 2021 Dit was ‘n heerlike wintersdag met al die verskillende weersomstandighede in een dag. Lieflike sonskyn, ‘n paar druppels reën en bietjie wind. Daar was 4 bane waar na gongs geskiet is opgestel. Elke baan was uit verskillende posisies geskiet en dit was groot pret.

1ste plek - Thys Basson (links) Trofee oorhandiging word gedoen deur Christo Esterhuyse

Baan B was staande met geweer wat op boomstomp rus

Baan C is sittende posisie agter groot tol

Skut vd dag - Stefan Esterhuyse (regs) met Trofee

2de - plek Johan Esterhuyse (regs) Trofee oorhandig deur Christo Esterhuyse

3de plek - Abri Basson (regs) Trofee oorhandig deur Christo Esterhuyse


DIE BONTEBOK

51

Weskusjag-Tak Gong Challenge 18 September 2021

Aangesien nie baie lede huidiglik aktief kom deelneem nie is besluit om ‘n maklike baan op te stel. Daar was 5 skuts wat volpunte geskiet het en daar is besluit dat hulle moes uitskiet na ‘n gong wat op ongeveer 400m opgestel was. Van die skuts het ongelukkig hul kans verloor want hulle het nie genoeg patrone gehad om uit te skiet nie. Party het by mekaar patrone geleen en het dus nie hul gewone ladings gehad nie en dus ront en bont geskiet.

Van Links: Koos Brink (3de plek); Johan Esterhuyse (1ste plek en skut van die dag); Abri Basson (voorsitter); Stephan Esterhuyse (2de plek)

Pretskiet 16 Oktober 2021

Dit was ‘n aangename dag en die bestuur was tevrede met die opkoms vir die dag, maar sal graag nog meer lede by ons byeenkomste wil sien. Bring jul vriende en familie en kom geniet die dae langs die skietbaan saam met ons.

Weskus groete Marlene Basson

Dagwenners van links na regs - Stephan Esterhuyse (2de) - Johan Esterhuyse (3de asook skut vd dag) en Johan Du Plessis (1ste)

Huldeblyk - Sakkie Boonzaaier (13/7/1958 ~ 11/9/2021)

I.S. Boonzaaier (Sakkie), ‘n geliefde lid en vriend van ons klub is onverwags oorlede op 11 September 2021 na ‘n rugoperasie. Sakkie was sedert 2005 ‘n lid van Kaapjag en het op die Weskus-Tak bestuur gedien vanaf 2013 tot 2015. Gedurende hierdie tydperk het Sakkie wonders verrig met die insamel van borge vir ons afsluitings byeenkomste om sodoende ons skiete te bevorder. Hy het as skut vanaf 2004 jaarliks saam met hulle werkspan in Namibië gejag waar hy die jagters bederf het met heerlike maaltye wat hy vir hulle voorgesit het. Hy sal veral deur sy mede-jagters gemis word vir sy toewyding en lojaliteit. Hy sal beslis gemis word deur ons as Weskusjag lede en die jaggroep. Rus in vrede Sakkie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die Bontebok Desember 2021 by Die Bontebok - Issuu