3 minute read

NAMAKWA-TAK

Next Article
SENTRAAL-TAK

SENTRAAL-TAK

Evan Lategan - Voorsitter

SKIET KALENDER VIR 2022:

Advertisement

21 Mei - Groeperingskiet 25 Junie - Handwapen Social 23 Julie - .22 Social 6 Aug - Baan Safari 3 Sep - Chasa Baan Skiet 1 Okt - Span Gong Challenge ( veld ) 19 Nov - Gong Challenge ( baan )

By Namakwa-tak het ons vanjaar vroeg weggespring en op 29 Januarie, voor almal moes padrat sit om die druiwe-oes in die kelder te kry, begin met ‘n AJV en ‘n .22 PRS gong skiet. Gou is die AJV afgehandel en ‘n nuwe bestuur onder leiding van Evan Lategan is gekies om die klub op koers te hou.

NUWE BESTUUR: • Voorsitter - Evan Lategan • O/Voorsitter - Sybrand Laubscher • Sekretaresse - Leandi Kotze • Tesorier - Francois de Villiers ADDISIONELE LEDE: • Kallie Louw • WJ Brand • Francois Griebenouw • Lodi Griebenouw • Rupert van Zyl • Braham van Zyl • Jean Laubsche • Landre van Niekerk • Francois Retief • Jaco Gagiano • Deon Agenbag

Die .22 PRS Ghongskiet wenners - Johan Strauss (middel) het as wenner weggestap, met RW Basson, Jean Laubscer, Deon Agenbag en Jaco Gagiano kort op sy hakke

Die skietdag se wenner geborg deur Quenet’s

Namakwa-Tak

• Carel Maritz • Braham de Swardt

Die .22 PRS ghong skiet was ‘n uitdaging, sowel as pret. Ghongs op afstande van 15m tot 300m het die manne se oë laat rek, maar niemand het teruggestaan nie. Die jong manne was breëbors en die ou manne het gewys dat hulle nie met hulle laat mors nie. Oom Johan Strauss het as wenner weggestap, met RW Basson, Jean Laubscer, Deon Agenbag en Jaco Gagiano wat gehap het aan sy hakke. Daar was ook twee skiete wat laat in 2021 aangbied is. Op 2 Okt 2021 het Namakwa-tak vir die eerste keer sy veldskiet verruil vir Quenet’s span ghong challenge. Hierdie skiet was iets vir die boeke en is weer op die skietkalender vir 2022 se jaar. 27 Spanne het tussen ses ghong bane in die veld beweeg. Twee man spanne het elke baan saam aangedurf om sodoende mekaar te help. By elke baan was daar twee posisies, een vir elke skut. Gaan besoek ons Facebook-blad vir die volle berig en foto’s. Die volgende manne het hulle staal gewys en as die wenners weggestap:

1ste) Evan Lategan en Sybrand Laubscher 2de) Heinrich Oosthuizen en Reinhardt Lombaard 3 de) Jean Laubscher en Marius Coetzee

Op 6 November 2021 het ons vir die tweede jaar in ‘n ry ‘n PRS styl ghong skiet op ons skietbaan aangebied. Met drie posisies by elke baan en selfs ‘n bewegende teiken op 300m is die manne se vernuf goed getoets. Die wenners was as volg: 1ste) Sybrand Laubscer 2de) Evan Lategan 3de) Jean Laubscher

Hou gerus ons Facebook-blad (Namakwa-tak ) dop vir inligting oor ons tak en skiete wat ons aanbied.

This article is from: