1 minute read

KOUP -TAK

Next Article
WES BOLANDJAG-TAK

WES BOLANDJAG-TAK

Jacobus Nel - Voorsitter Op Saterdag 11 Desember 2021 het Kouptak ‘n .22 familieskiet aangebied. Die skuts was aansienlik minder as in die verlede. Die jongste skut was 13 jaar oud en die oudste 85 jaar. Die 85 jarige Lud de Bruyn het die dag baie geniet aangesien dit sy eerste skiet by ons tak was. Ons twee gereelde besoekers, naamlik Mike Browne en Johan Immelman, het ons ook weer kom besoek en vir ons Karoo-mense vrugte en groente as ‘n vroeë Kersgeskenk gebring wat opreg waardeer is. Ons was ook bevoorreg dat Matt Relihan ons skiet bygewoon het ten spyte daarvan dat hy nog die Vrydagaand hulle kantoor afsluiting gehad het. Die dag se verrigtinge het in ‘n baie goeie gees plaasgevind aangesien die Karoo se veld seker die mooiste in 60 jaar was. Die dag se wenners : 1ste Johan Immelman 2de Fanie du Toit 3de Jacobus Nel Die dag is gesellig afgesluit met ‘n bring en braai.

Advertisement

Saterdag 11 Desember Familieskiet

This article is from: