2 minute read

KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY JOHN BRUSSEL

KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY DIE BEKENDE WAPENSMID JOHN BRUSSEL

John Henry Brussel is gebore op 19 September 1965 in Okatana Namibië. Hy is al amper 37 jaar in die vuurwapenbedryf en hy sê hy was nog nie een dag spyt oor sy besluit nie. Op `n baie jong ouderdom het hy gesef hy is lief om met hout te werk en spesifiek gewere. John stap deur die deure van The Gunshop op die 20 jarige ouderdom as kolfmaker onder die hand van mnr. Joof Lamprecht.

Advertisement

John het oorsponklik diesel ingenieurswese studeer maar toe besef dat dit nie sy passie was. Mnr. Joof Lamperch het onmiddellik die vaardige vernuf in John se werk gesien en in `n bestek van 2 jaar het sy opleiding as geweersmid begin onder een van die mees ervare geweersmede van Duitsland, mnr. Werner Fink. In 1991 verhuis John na Kaapstad waar hy Brussel Gunstockmaker in Loopstraat begin. Hy werk saam met sy twee seuns wat ook

John Brussel en Kaapjag Onder Voorsitter Francois Rossouw voor John se nuwe winkel in Parow opgelei is as geweersmede. By sy winkel word verskeie geweersmidwerk gedoen soos; loopvervanging, akkuraatheids- aanpassing van gewere, sny van geweerkamers, knaldempers pas sowel as die pasmaak van geweerkolwe. Daar word ook kaliber veranderings gedoen, herblou werk van vuurwapens, “Cerakote” en “Nickel plating”. Brussel gunstockmakers spesialiseer meestal in groot kalibers vir die “Big Five” van Afrika. Een van John se gunsteling kalibers is die .450 Rigby. Die kaliber laat jou toe om van ‘n 300gr tot 600gr punte te skiet. Die 300gr se tromp snelheid is 2950 vt/s. Voorwaar ‘n lekker geweer kaliber om in die kluis te hê.

John Brussel met die .500 Jeffreys “Take Down” wat hy self gebou het

John is self ‘n jagter en het ‘n jaarlikse instelling om te gaan jag en sy seun laat nie die geleentheid verbygaan om self agter die gewere in te klim nie. In die jagveld is mos waar daar bande gesmee word en kameraadskap opbou word. John maak ook sy eie biltong en droëwors en hy sê dit verskaf hom verder plesier as hy sien hoe die mense dit geniet. Sy nuwe perseel se deure maak die 1ste April 2022 oop te VGK gebou, 17 ME Rothmann straat Parow Noord. Gaan besoek hom gerus indien jy belangstel in geweersmid werk of ‘n pasmaak geweer vir daardie groot jag.

John se kontak info: Cell No: 083 749 3866 Tel No: 021 930 7559 E-mail: jbrussel@ telkomsa.net

This article is from: