Die Bontebok April 2022

Page 26

26

DIE BONTEBOK

Staatmaker .303

Deur Awie Pelser

Ja, daai ou staatmaker .303 is reg vir jag en als. Of dit bosveld, vlakte of skietbaan is, hy is reg. Die vraag onstaan dikwels of dit die moeite werd is om ‘n .303 sportief te maak en aan te wend vir jagdoeleindes. Kom ons besin oor ‘n paar faktore wat in ag geneem moet word voor so ‘n besluit geneem sou word.

E

erstens moet die loop nog in ‘n goeie toestand wees. Enige wapensmid kan die meting vir jou doen en aanbeveel of dit die moeite werd gaan wees of nie. Indien die loop vervang moet word gaan dit te duur raak en moet jy in elk geval weer die prosedure volg vir lisensieëring. Veronderstel die loop is in ‘n goeie toestand kan jy begroot vir so R3500 – R6000 vir die vervanging van die kolf en verwydering van visiere. Die loop kan ook korter gesny word

na 20 duim en moet dan weer gekroon word. Die prys van ‘n teleskoop hang af van die jagter se sak. Dus, as jy jou sommetjies gemaak het raak dit duidelik dat jy dalk vir dieselfde geld ‘n nuwe vuurwapen kon koop. Maar kom ons veronderstel jy is passievol, soos ek en wil ‘n .303 gebruik, agv. sentimentele waarde. Jy het dalk klaar so ‘n wapenlisensie, of wat ook al jou redes is. Persoonlik gebruik ek my .303 vir als en nog wat. Ek sien dit as ‘n uitdaging. Dit

is egter van groot belang om sukses te bereik. Bosveld Ek gebruik my .303 met tye in die Bosveld omdat hy maklik hanteer onderdeur die bosse as gevolg van die verkorte loop. Ek laai 180 gr Sierra Game King punte met S341 dryfmiddel. My teleskoop is ‘n 3 – 9 x 40 vergroting wat goed werk in die omstandighede. Aangesien die .303 nie sulke hoë snelhede het soos van die ander kalibers nie, is


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok April 2022 by Die Bontebok - Issuu