Die Bontebok April 2022

Page 22

22

DIE BONTEBOK

HOE MAAK JY KAMEELPERDBILTONG?

M

aak jy biltong? Dis ʼn vraag wat heelwat mense my vra wanneer hulle hoor ek jag. Meestal dink ek hulle skimp maar net dat hulle heel ontvanklik sal wees vir ʼn paar lekker stukke van my wildsbiltong, maar dié gee ek nie sommer so maklik weg nie. Ek vertel hulle eerder die storie van ʼn geselsie wat ek jare gelede met ʼn slagter iewers uit die Oos Kaap gehad het. Die presiese dorp sal ek eerder nie by die naam noem nie Netnou maak ek meer moeilikheid as wat goed is! Die slagter het twee Kameelperde op dieselfde plaas as ons gejag en ek was effe nuuskierig oor wat hy met die reuse homp kameelperdvleis gaan doen. Hulle is massiewe diere en ek wou weet hoe hy dit verwerk en bemark, want mens sien per slot van sake nooit Kameelperdvleis te koop nie. Sy antwoord was kort

Deur: Dawid Rossouw

en op die man af: Hy het gesê hy maak heerlike biltong daarvan, maar toe voeg hy glimlaggend by dat hy in sy slaghuis net twee

soorte biltong verkoop, Springbok biltong en Koedoe biltong, want dis die gewildstes. Die Kameelperd

sou een van daardie twee word! Ons het heerlik daaroor gelag, en ʼn heildronk op sy “eerlikheid” gedrink, maar sedertdien kan ek nie help om te grinnik elke keer as ek Koedoe of Springbok biltong in die winkel te koop sien nie. Wat raak per slot van sake van al die ongewilde en oortollige Kameelperde, Waterbokke, Sebras en Blouwildebeeste? Wat my eie biltong aan betref, het ek altyd gevoel dat as ek baie moeite gedoen het, ver gery, mooi gejag en nog boonop ʼn klomp geld ook betaal het, dan wil ek nie hê ʼn slagter moet my biltong heeltemal opfoeter, of te sê, “Kameelperd biltong” maak van my Koedoe nie. Of dalk, soos ek, woon jy in die stad, by die see, waar my Pa my jonk-jonk al geleer het ʼn mens glad nie biltong kan maak nie. Dis eenvoudig nie koud genoeg nie. Dis te klam. Jou vleis sal sommer vrot raak nog lank voor jy dit droog kan kry. Nee, die enigste plek waar biltong


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.