Die Bontebok April 2022

Page 18

18

DIE BONTEBOK

ETIKET VIR JAGTERS Deel 4 gaan oor die optrede t.o.v. die omgewing en behandel ons optrede t.o.v. veiligheid. As jy vir brandvoorkomingsredes nie die rommelgat by die kamp semi-permanent aan die smeul kan hou nie, gooi gerus daagliks ‘n paar grawe as uit jou vuurmaakplek bo-op die inhoud daarvan, en sommer ook in die sanitasiegate. Dit sal die teenwoordigheid van vlieë verminder en onaangename reuke beperk. Maak ook seker dat jou rommel- en sanitasiegate behoorlik toegegooi is wanneer jy jou kampplek ontruim, en neem liewer die glasafval en plastiekmateriaal, wat ‘n baie lang lewe het, met jou saam. Aasdiere gaan waarskynlik die gate kom oopkrap na jy vertrek het, en die volgende jagtersgroep gaan net so ongelukkig daaroor wees as

wat jou groep daaroor sou wees as julle in só ‘n kamp sou moes intrek. As jy ‘n hurk-nood in die veld ondervind terwyl jy jag, grawe tog maar ‘n vlak gaatjie groot genoeg om alles, ook die toiletpapier, te akkommodeer. Indien moontlik, verbrand die toiletpapier, en verseker dat die gat ordentlik toegemaak word. As die substraat nie die grawe van ‘n gat toelaat nie, gebruik ‘n klip of twee om sindelikheid te herstel. Skerp hierdie gewoonte ook maar by jou gids in. Verwyder ook daardie stukkies wit toiletpapier wat jy gebruik het om die pad vanaf die karkas na jou voertuig/naaste veldpaadjie uit te merk. Alhoewel reën redelik vinnig sal help om toiletpapier te laat verweer, reën dit maar min in party van ons beste jag-areas, en kan ‘n jagter wat maande na jou in dieselfde area jag, dalk op jou nalatenskap afkom. Dit sal beslis afbreuk doen

Deur : Jokl Le Roux aan sy natuurbelewenis terwyl hy jag. As jy noodgedwonge jou teleskoop wat tydens die jag “uitgegaan” het in die veld moet inskiet, moenie ‘n lewende boom se stam as trustop gebruik nie. Jy mag die boom se dood veroorsaak, al sal jy dit nie agterkom in die week wat jy daar is nie. Gebruik liewer ‘n dooie boom se stam, ‘n ontruimde miershoop (dikwels uitgehol deur erdvarke) of iets dergeliks. Versteur die natuur so min as moontlik in die area waar jy jag. Moenie onnodiglik skiet nie. Probeer om deur jou optrede altyd die omgewing te bewaar en te beskerm. Moenie hout of plante sonder toestemming verwyder nie, en moenie iets skiet waarvoor jy nie toestemming het of nie kan benut nie. Vind vooraf by die grondeienaar


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok April 2022 by Die Bontebok - Issuu