DW Nuus Jun 2023

Page 7

Junie/June 2023 Jaargang 32 No 3 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Lots of specials every month! 0763157688 Februarie/February 2023 Jaargang 32 No 1 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Lots of specials every month! 0763157688
Foto: John Wesson

Ansie Liebenberg (neé Cornelius) is op 28 April oorlede.

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan dié wat siek is.

De Wildt-inwoner en kunstenaar, Elouise Stahr, is oorlede. ‘n

sal in die volgende uitgawe gepubliseer word.

De Wildt Nuus 2 Junie 2023 Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit R 115.00 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 081 780 0426 Lief en leed 2 Redaksiebrief 3 Minumum loon en leuens oor boere - TLU 4 Homeopathic rose unveiled 5 Winterwenke vir die tuinier 6 DWBV-nuus 8 DWBV-nuus 9 Cosatu’s statement on farmers - TLU 10 What to see in De Wildt 11 Laerskool Vissershoek-nuus 12 VLU Brits-bedrywighede 13 Sien is glo 15
INHOUDSOPGAWE
Huldeblyk

REDAKSIELEDE

Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699

Suzette Pëtersen - Sekretaresse

081 780 0426

De Wildt Helpmekaar Maatskappy

Adéle du Toit - 071 843 8185

Douw van Wyk - 079 424 7411

Elmien Botha - 082 899 7417

Suzette Pëterson - 081 780 0426

De Wildt Boerevereniging

Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910

Addisionele lede

Jan Lemmer - 083 256 8266

Rina Bester - 071 110 6907

Laerskool Vissershoek

Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323

Drukker: APK Wonderboom

De Wildt Nuus

Bankbesonderhede:

ABSA spaarrekening

9235498972

Verwysing:

DWN + advertensienaam

Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za

Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.

Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp:

Suzette Pëterson - 081 780 0426

Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande advertensies: R50

ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

Liewe lesers

Die winter is op hande en daar was alreeds ‘n paar veldbrande in ons gebied. Die laat en goeie reën het gemaak dat die veld buitengewoon geil is. Die redaksie doen asseblief ‘n beroep op die hele De Wildt-gemeenskap om voorsorg te tref en alles in plek te kry om julle huise, plotte en plase vir die brandseisoen wat voorlê. We are very privileged and proud to have the Margaret Roberts Herbal Centre in our area. Congratulations to this Centre and to Sandy Roberts for making international history by being honoured this year by the Homeopathy association for their many years of worldwide work with healing plants and Homeopathy. (Read page 5)

Dankie aan VLU Brits en Neeltje Louw wat ons in hulle artikel bewus gemaak het van die geskiedenis in die Brits gebied oor die Transvaalse Burgeroorlog Monument en die Karee Vredesboom.

(Lees

dit gerus op bladsy 13.)

Dit is lekker om te lees van die Oud-Vissies Thuto Modise en Chanel Oosthuizen wat presteer het in netbal en wat kom terug ploeg het in hulle almamater.

Dit maak ons gemeenskap trots om te lees dat die De Wildt gemeenskapsbiblioteek uitreik na minder bevoorregte kinders met die skenkings van boeke.

Verder wil ons weereens baie dankie sê aan almal wat bydraes gelewer het vir plasing in hierdie uitgawe, asook aan al die adverteerders.

Die volgende De Wildt Nuus sal DV begin Augustus 2023 verskyn.

Stuur asseblief vir ons nuusgebeure, interessante artikels en advertensies voor of op 19 Julie 2023.

Mooi loop tot Augustus 2023

Hanna Scribante namens die redaksie

* Algemene bejaardesorg

* Alzheimers

* Verpleegkundige gedurende kantoorure

* 24h Versorging en toesig

* Skoon, netjiese en veilige omgewing

* Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar

De Wildt Nuus 3 Junie 2023
REDAKSIEBRIEF CARE CENTRE SORGSENTRUM SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
- 082 395 1475
- 072
9500
Sandstone Sorgsentrum
Facebook ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Kantoor
Matrone
767
Besoek
op

Minimum loon en leuens oor boere kniehalter werkverskaffing

Die landboubedryf is steeds een van die sektore wat keer op keer groei wys wanneer dit kom by indiensneming van werknemers. Dit, afgesien van uitdagings soos die minimum loon en wanpersepsies oor die werksverhouding tussen boere en plaaswerkers.

StatsSA se werksmag opname vir die eerste kwartaal van 2023 wys dat werkloosheid steeds uitermatig hoog is met 21,1 miljoen mense wat nie werk het of aktief daarvoor soek nie. Landbou het egter weer ‘n toename in indiensneming getoon, en verskaf aan ongeveer 888 000 mense werk.

“Die landboubedryf kan natuurlik baie meer vir werkverskaffing in die land beteken as dit nie vir onrealistiese arbeidswetgewing was nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Die idealistiese minimum loon is eintlik net fopdossery. Dit maak miskien ‘n paar mense in die land se lewens effens beter, maar vir die meerderheid veroorsaak dit ‘n verlies aan werk. Boere, as die werkgewers, moet vir wins boer om te bly voortbestaan. As die loonrekening te hoog raak, moet daar na ander maniere gekyk word om volhoubaarheid te verseker, soos byvoorbeeld meg-

anisasie, tot die nadeel van werkverskaffing. Landbou se verantwoordelikheid lê by produktiwiteit.”

Die groei van indiensneming in die landboubedryf druis dan ook loodreg in teen leuens oor die kwansuise swak verhouding tussen boere en plaaswerkers en stellings soos dié wat COSATU onlangs oor boere gemaak het.

“Landbou het seker een van die beste en gesondste verhoudings tussen werknemer en werkgewer in enige ekonomiese sektor omdat hulle so op mekaar aangewese is,” sê Van Zyl. “Die dilemma is dat ‘n boer net so ver kan gaan met ‘n loonrekening voordat winsgewendheid in die gedrang kom. Dit is nie noodwendig die boer se keuse nie, maar word deur wetgewing afgedwing.

“As die minimum loon deur die markte gereguleer word, sal nie net die landbousektor nie, maar ook al die ander bedrywe in Suid-Afrika ‘n baie groter bydra kan maak tot werkverskaffing. Maar nou moet werksoekers eerder staatmaak op staatstoelaes – heelwat laer as die minimum loon – wat die ekonomie tap en nie volhoubaar is nie.”

De Wildt Nuus 4 Junie 2023

Homeopathic rose unveiled at Margaret Roberts Herbal Centre

On Monday, 10 April 2023, the Margaret Roberts Herbal Centre in De Wildt made international history with the unveiling and planting of the Homeopathic rose in an international convention and ceremony held by the International Homeopathic society.

Annually on 10 April, the world celebrates “International Homeopathic Day” named after its founder- Samuel Hahnemann, a respected doctor in Germany. (1755-1843) Hahnemann discovered homeopathy and opened a whole new world of healing through regulated, diluted doses of natural minerals and herbs to heal each individual patient. Many years later doctors, delegates and special members of the international homeopathic society travel across the globe to gather in their appreciation and mutual work of homeopathy.

Last year the Homeopathy Convention was celebrated in Turkey and in 2021, in India.

This year, South Africa was the country of choice and so it was decided by our HASA president doctor Bianca de Canha and the President of LMHI, Dr Altunay Agaoglu from Turkey, to start the week in celebration of this auspicious occasion with the naming and planting of the very new, fragrant, peach rose carefully selected and grown by Ludwig and Halmar Tashner.

It was a great honour to have the exquisite Apothecary rose unveiled, and 10 roses planted in the Gardens of Remembrance at the Margaret Roberts Herbal Centre, De Wildt. These roses were gifted to Margaret and Sandy Roberts for their many years of worldwide work with healing plants and Homeopathy. Margaret Roberts was an invaluable contributor to herbs and homeopathy awareness internationally, her daughter Sandy, continues their work with healing plants at the Centre in De Wildt, Northwest Province.

These beautiful roses can be viewed at the Margaret Roberts Herbal Centre gardens and ordered from Ludwig’s Roses directly.

De Wildt Nuus 5 Junie 2023
Dr Zaraa Kazee, Ludwig Taschner, Sandy Roberts, Halmar Taschner, Dr Altunay Agaoglu, Nicky Oppenheimer Homeopathic rose grower Ludwig Taschner, LMHI Dr Altunay Agaoglu from Turkey, Sandy Roberts, HASA Dr Bianca de Canha and Halmar Taschner

Winterwenke vir die tuinier

Geniet jou winter in die tuin – dis ‘n tyd van refleksie, nabetragting, hergroepering of sommer net hiberneer. Laat jou siel en liggaam saam met die seisoen rus en hou jou wintertuin lewendig deur ook aandag te gee aan tuinpaadjies, grasperke en rotstuine.

Blomtuine

• Struike wat gedurende die winter en lente blom kan nou geplant word, asook inheemse bome. Kyk dat jong bome en standaard struike stewig geanker is teen wind.

• Struike wat gedurende die somer blom kan nou teruggesnoei word, bv. Abelia, Hibiscus, Bougainvillea, Solanum, Vuurdoring en Cotoneaster. Bladwisselende struike soos Weigelia, Viburnum en Prunus moet eers gesnoei word as hulle klaar geblom het in die lente.

• Hardehout steggies kan van bome, struike en rankplante geneem word.

• Gebruik blare wat afval vir kompos of plaas as ‘n deklaag oor beddings. Voed plante en struike wat in die winter blom nou met 3:1:5 of organiese bemesting.

Siektes

Kyk uit vir roes op rose, spuit stam en benat grond met kalkswael. Wolluis is veral aktief op struike en bome wat bladhoudend is. Behandel dit met ‘n sistemiese insekdoder by die stamme van plante – dit geld ook vir die Italiaanse Sipresluis op konifere. Op kruie en eetbare plante, bv. roosmaryn moet die aanbevole dosis en voorskrif streng toegepas word. Kyk uit vir meeldou en vang slakke na die reën!

Plant nou

• Saailinge van Allyssums, viooltjies, Violas, Primulas, Nicotianas, Impatiens, Mimulus en Petunias.

• Bolle: Lilium, Amaryllis, Watsonia vir kleur in laat lente. Voed bolle tweeweekliks sodra die blare verskyn. Agapanthus, Clivias

en Dietes kan nou nog uitgehaal en verdeel word.

• Pronkertjies kan nou nog geplant word. Plaas die saad oornag tussen verskillende lae watte natgemaak met louwarm water, en plant met heelwat kompos.

Groentetuin

Saai kool, broccoli, blomkool, spinasie, wortels, preie, blaarslaai, ertjies, radyse en rape vir die beste resultate. Sny basielkruid, roosmaryn, tiemie en lourier terug en dit is raadsaam om lokaas vir vrugtevlieë uit te sit. Maak seker die snoeiskêr is gediens vir snoei van wingerde en vrugtebome later vandeesmaand. Spuit na snoei met kalkswael en bedek groot “wonde” met Treeseal.

Wenk vir die maand

Probeer voordelige kombinasies in jou groentetuin soos wortels en preie wat uitstekende plantmaats is. Preie weerhou wortelvlieg en wortels weerhou uievlieg en preiemot. Aspersies weerhou nematodes om tamatieplante se wortels aan te val. Insekte hou nie van koljander nie en dit kan gebruik word in ‘n natuurlike spuitmiddel teen rooispinmyt. Knoffel verjaag ook insekte en is ‘n goeie plantmaat vir rose.

De Wildt Nuus 6 Junie 2023

De Wildt gemeenskapsbiblioteek-uitreik

Op 2 Mei 2023 ontvang die De Wildt gemeenskapsbiblioteek ‘n versoek om hulp vir ou Afrikaanse en Engelse jeugverhale vir ‘n hoërskool in Brits waar ‘n klompie minder bevoorregte kinders skoolgaan. By verdere navraag word bepaal dat die skool Rock of Springs Hoërskool is en dat die kinders Afrikaans en Engels as skoolvakke het. Weens hulle omstandighede is daar min tot geen storieboeke wat hulle kan lees om hulle taalvaardighede op te skerp. Baie van die kinders het slegs enkelouers en die kinders se ouderdomme wissel vanaf 10 jaar tot 18 jaar. Die skool ondervind ook ‘n groot behoefte aan Wiskunde en Natuur-en-Skeikunde boeke.

In die tydperk wat die De Wildt Biblioteek bestaan het ons elke boek wat ontvang is, as ‘n skenking gekry. Hier is ook ‘n hele aantal skoolboeke wat geskenk is nadat die kinders klaargemaak het met hulle skoolloopbane. Onder hierdie skoolboeke was daar ‘n redelike groot hoeveelheid beide Wiskunde en Engelse boeke. Die besluit is geneem om hierdie boeke aan die skool te skenk. ‘n Hele aantal ensiklopidieë is ook reeds as skenkings ontvang en is daar dus besluit om een van hierdie ensiklopidieë ook aan die skool te skenk saam met ‘n aantal woordeboeke. Dit was ook moontlik om wel ‘n hele klompie Afrikaanse sowel as Engelse jeugverhale saam te skenk.

“Rock of Springs High School is part of Rock of Springs College SA.

The high school started in 2016. We are a private school with small classes where we give intensive attention to our students. Classes are attended during normal school hours with a break in-between. Our curriculum is CAPs orientated and we have professional teachers.

We are part of the College that presents Engineering courses, Business studies, Computer studies, AgriSETA studies and trade tests. Our dream and mission is to give everyone an opportunity to educate themselves; to reach people to give them better skills and opportunities in life. Contact us on 0120065275 or 0744648151”

De Wildt Nuus 7 Junie 2023
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit R 115.00 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 081 780 0426

Dis weer tyd vir NAMPO Oesdag!

Vroegoggend op die 18de Mei 2023 pak 16 van ons inwoners en kennisse weer die lang pad Vrystaat toe na die 55ste NAMPO Oesdag. Dis lekker koud en reënerig terwyl elkeen ‘n sitplekkie vind in die bus. Gertjie dra ons veiligheid op aan die Here en om 04:15 vertrek ons vanaf Tutuwedzo. Die ken-mekaar op die bussie is aanvanklik moeilik in die donkerte, maar ons raak gou beter vriende met ons stilhou op Ventersdorp weens ‘n gebarste band danksy een van die vele slaggate op die pad. Sommige van ons drink sommer ‘n warm ietsie en eet ‘n lekker padkossie voor ons weer in die pad val. Die res van die reis verloop klopdisselboom en skuins na 08:00 is ons daar! Om ons is alreeds ‘n massa mense, voertuie, helikopters, ligte vliegtuie, en elke ander denkbare ryding.

Besoekers kan nie anders nie as om oorweldig te voel deur die omvang van hierdie landbouskou met sy amper 800 uitstallers. So ver as die oog kan sien, is daar trekkers, landbou implemente, masjinerie, voertuie, diere, sale vol nuwighede, laggende gesigte en oorvriendelike verkoopsmense! Die reuk van braaivleisvure, pannekoeke en koffie vul die lug op die netjiese terrein met silwerskoon ablusiegeriewe. Intussen is ons lede van die De Wildt Boereverening reeds op hul pos by TLU SA se stalletjie.

Vanjaar se tema is “innoverende landbou” en dit is beslis merkbaar in die aantal en diversiteit van produkte en dienste op die skou. Agri-tegnologie vier hoogty met nuwe elektroniese presisie planters, hommeltuie wat m.b.v. KI selektief chemikalieë toedien, neusafdrukke vir die identifikasie van vee met ‘n selfoon, aanlynveilings…. daar is net te veel om te noem. Dit is verstommend om te sien hoe tegnologiese vooruitgang ook in die landbou pos gevat het en hoe die fokus nou al hoe meer is op geïntegreerde boerdery praktyke.

Die kosstalletjies bied ‘n wye verskeidenheid kosse en lekkernye na ieder en elk se smaak. Sommer vroeg al begin die toue lank raak en veral die Wagyu hamburger stalletjie blyk weer baie gewild te wees. In die biertuin word jolig gelag en gekuier en nuwe vriende gemaak, en ten spyte van ons land se probleme is die positiwiteit tasbaar en aansteeklik. Staaltjies word uitgeruil en dit word gou weer duidelik hoekom hierdie fees so gewild is. Met ‘n swaar hart stap ek na die Muur van Herinnering: hier is immers name van mense wat ek persoonlik geken het! Daar is ook nuwe name in die graniet gedenkplate ingegraveer sedert laas jaar; nog kosbare lewens is onnodig verloor a.g.v. die vloek van misdaad en geweld waaronder ons boeregemeenskappe

gebuk gaan. Dit is ‘n tragedie dat so baie boere (die meeste in die fleur van hul lewens), hulle geliefdes en ook plaaswerkers elke jaar sterf. Dekades se boerdery ervaring en kennis van onskatbare waarde gaan so verlore; kennis wat nie uit boeke geleer kan word nie. Dan vang my oog die naam van ‘n 14 jarige seun wat tydens ‘n plaasaanval gesterf het… dit breek my hart en ek besef net weereens die sinnelose wreedheid van hierdie euwel.

Die wolke trek saam en ‘n paar druppels val terwyl die sonnetjie ook flouer raak. Moëe mammas en pappas sleep of dra ewe moeë kleuters rond en probeer om vir oulaas nog iets te besigtig. Uitgeput maar tevrede en effens teësinnig maak ons ook aanstaltes terug na die bus. Daar is beslis net nie genoeg ure in een dag om alles wat hierdie skou bied te geniet, sien en beleef nie. Dit is voorwaar ‘n besonderse ervaring.

Net na 16:00 vertrek ons op die lang pad huiswaarts. Die atmosfeer in die bussie is vrolik en ons smul verder aan ons padkos en sluk ‘n paar koue verversings af. Party van ons knip ‘n uiltjie terwyl ander heerlik verder kuier. Uiteindelik is ons 20:00 veilig terug by Tutuwedzo!

Baie dankie aan die De Wildt Boereverening en veral Wannie, Hanna en Gertjie vir hierdie inisiatief en al die reëlings. Dankie ook aan Deon, ons busbestuurder wat ons veilig heen en weer vervoer het.

Mooi loop en volgende jaar maak ons weer so!

- Douw van Wyk

De Wildt Nuus 8 Junie 2023

De Wildt Boerevereniging-duifjag

Ten spyte van ‘n triestige, mistroostige dag , met reën aan en af, was De Wildt Boerevereniging se haelgeweer duifjag van 25 Maart wel ‘n sukses.

Ons boere was egter baie bly oor die reën.

Phil Louw en Jacques Fourie was al van voor 06:00 af daar en het die gure weer getrotseer om die voornemende jagters in te wag.

Van 12:00 uur af het van die bestuur van De Wildt Boerevereniging ‘n vleisie op die kole gegooi en tussenin lekker gekuier.

Dankie aan Kobus Prins vir die gebruik van sy sonneblomlande en vir die sny van die gras rondom die lande . Elke jaar se duifjag is vir baie entoesiastiese manne ‘n hoogtepunt op hulle kalender.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 15 Augustus 2023 te De Wildt

4x4 Natuurpark se graslapa om 18:30 vir 19:00

VERKOPING!

Oortollige meubels en ander huishoudelike toerusting weens Manie Lemmer se verhuising.

Besigtiging 24 Junie 2023 om 09:00

Verkoping 1 Julie 2023

Afrit 129 op die R513

Wasmasjiene Brandkluis

Lugverkoeler Verwarmers

Verskeie meubelstukke en nog meer

Kontak 072 089 9127

De Wildt Nuus 9 Junie 2023

HRC says Cosatu statement on farmers assaulting, raping and murdering only hurtful, not human rights violation

The Human Rights Commission (HRC) believes that Cosatu’s statements that farmers are murderers and rapists merely cause hurt feelings and do not amount to a human rights violation.

“With such a statement, the HRC has once again shown that they judge matters unilaterally and ultimately do little to protect or promote human rights, although this is their primary task,” said Bennie van Zyl, general manager of TLU SA. “We will certainly not let the matter rest, as our primary task is to protect the sustainability of farmers.”

TLU SA approached the HRC in March after Cosatu released a national statement on Human Rights Day claiming that farm workers are being exploited and abused throughout the country. The statement further said that farmers rape, assault and murder their workers.

TLU SA indicated that the comments are generalisations and devoid of any truth. It also contributes to worsening the relationship between farmers and their workers and increases the incidence of farm attacks as it incites people - not necessarily farm workers - to violence. TLU SA insisted that Cosatu should publicly apologise to all the farmers in the country and pay R5 million in reparation to victims of farm attacks.

However, the HRC rejected the complaint on 12 April 2023 and said the statement does not constitute hate speech. In further discussions with the HRC, TLU SA again emphasised that such statements incite hatred and threaten their safety. The HRC, however, maintained that - although “the language used is not ideal”, - the statement is not hate speech and merely “hurtful”.

Meanwhile, the Appeals Court ruled in April that displaying the old South African flag, even in one’s own home, is indeed hate speech as it incites and promotes hatred.

“We would like to establish with the HRC how they distinguish between hurtful and hate speech,” said Van Zyl. “For us, displaying an old flag may be hurtful to some people, but certainly not hateful. On the other hand, statements that farmers rape, assault and murder their workers are hateful in the worst form.

“We would also like to know if it would be considered hate speech if TLU SA said Cosatu members are arsonists and criminals because one of their members was possibly involved in burning pack stores in Kirkwood.

“The problem - apart from the fact that the HRC clearly acts unilaterally and that some people’s human rights in the country are being treated more equally than others - is that the HRC wants to reason about terminology while people’s lives are being threatened.”

TLU SA has again written to the HRC regarding the issues mentioned above. TLU SA further insists that the HRC should make the 37 000 pieces of evidence (complaints and case numbers) of assault, rape and murder against farmers available before dismissing the matter out of hand.

De Wildt Nuus 10 Junie 2023 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 081 780 0426

What to see in De Wildt

Options Hair and Beauty

Jenny Ferreira van Options Hair and Beauty van Schietfontein De Wildt (oorkant Freeway afrit nr 43) het haar haarkapper loopbaan begin in Hartbeespoort waar sy by die bekende Lizette de Preez van Sophisticate haarsalon gewerk het (Lizette is ‘n skoondogter van Nanna en Frans de Preez, voormalige inwoners van Vissershoek).

Sy was ook n finalis in die finaal van die vakleerling van die jaar kompetisie waaraan meer as 5000 deelnemers deelgeneem het in 1996 waar sy onder die top 5 geëindig het.

Na voltooiing van haar vakleerlingskap het sy in 1999 haar meestersgraad in Haarkappery met goud geslaag en het sy die salon op Schietfontein geopen - eers baie klein, net ‘n klein vertrek en ‘n eenmansaak, waar meeste van die plaaslike mense haar leer ken het.

Jenny hou haarself op hoogte met die nuutste modes en verwikkellinge in die haarbedryf deur jaarliks kursusse by te woon .

In 2012 het Jenny die salon vergroot met meer dienste wat gelewer kan word.

Sy het tot onlangs toe saam Sunet Vermaak van die Hannon-span (Hannon Botha) in Centurion gewerk, waar sy by hul salon gaan uithelp het en meer kennis opgedoen het.

Jenny geniet haar werk en het ‘n passie vir mens en dier. Met haar meestersgraad kennis van hare en jare se ondervinding in die bedryf kan sy enige styl stileer vir mans, dames en kinders, dit

maak nie saak wat die modeneiging is nie.

Die salon bestaan tans uit:

Jenny: Haarkapster

Yvonne: skoonheidsdeskundige Lamelle produkte

Ilse: ‘microneedling’

Madelein: naels (slegs Maandae)

Die salon werk slegs op afsprake, maar kontak ons gerus en kom drink ‘n koppie koffie en ontmoet ons.

Salon besprekings: Dinsdae tot Saterdae 0724177704

SKRYF IN VIR TLU SA SE JONGBOER VAN DIE JAAR

Dit is weer tyd vir die JONGBOERE van die land om hulle slag te wys. Skryf nou in vir

TLU SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie 2023 deur ‘n e-pos te stuur aan enige van die volgende adresse

Jannie Raath - jannieraath@yahoo. com

Ronnie Schilling - r.schilling@live. co.za

Lynette du Plessis - sentraal@tlu. co.za

Hoofkantoor - sekretaresse@tlu. co.za

De Wildt Nuus 11 Junie 2023

Netfiksbaldag

Viva Oud-Vissies en Vissie Netbal!!

Laerskool Vissershoek se netbaldogters het op 14 April 2023 ‘n netfiksbalmiddag by die skool gehad. Enige graad 4 tot 7 dogter wat wil groot gaan in netbal kon dit bywoon. Danksy ons oulike netbaljuffies en behulpsame ouers het elkeen lekker geëet voordat ons die middag “afgegooi” het. Die teenwoordigheid van baie dogters het gewys dat ons ‘n klomp knap en flukse netbalbokkies in Vissershoek het wat groot potensiaal wys.

Wat die middag ekstra besonders gemaak het, is dat twee van ons oud-Vissies, Thuto Modise en Chanel Oosthuizen (Gr 7 van 2017) ons kom balwys maak het.

Hulle het verlede jaar in Hoërskool Pretoria-Noord se eerste netbalspan gespeel en is ook aangewys as onderskeidelik beste netbalspeler van die jaar en beste vordering in netbal.

Hulle is ook altwee van hierdie jaar af afrigters by PNHS. Definitief ‘n bewys dat ‘n klein begin waarlik groot gewin is.

Dit is ons trots dat hulle ons kon help en leer en terugploeg in die plaasskool waar hulle hul fondasie gegrou het.

Elke dogter het dit beslis geniet en is aangespoor om in hulle voetspore te volg. Dankie vir elkeen se betrokkenheid by LSVH se netbalontwikkelling. Ons is ‘n spogspan!

De Wildt Nuus 12 Junie 2023

VLU Brits-bedrywighede

“Gee om en vat hande” was die die tema van die studierigting Kuns en kultuur se vergadering op die 10 de Mei 2023. Die VLU Brits-tak het hande gevat met die FAK.

Die vergadering het plaasgevind in die pragtige tuin van Mnr Hennie en Mev Adrien Briel op die R511 net aan die suidekant van die N4. Mnr Briel is die beskermheer van die Transvaalse Burgeroorlog Monument en die Karee Vredesboom. Mnr Barry Muller, projekorganiseerder van die FAK kultuurnetwerk in Gauteng en Noordwes, sê ons erfenis is van kardinale belang en moet ten alle koste bewaar word. Die gemeenskap moet ons taal en kultuur beskerm.

Min Suid-Afrikaners weet dat die Transvaalse Republiek ‘n burgeroorlog gehad het. Die Transvaalse Republiek was in 1860 in vier verskillende streke verdeel. ‘n Rusie het ontstaan tussen die Volksleer en Staatsleer vir die posisie van President. M.W. Pretorius, destydse President van die Vrystaat, het as vredemaker opgetree terwyl die gevegte aan die gang was by die Krokodilrivier, Swartkoppies en Zilkaatsnek. Die latere President Paul Kruger het `n wapenstilstand bewerkstellig tussen die twee partye en hulle het dae lank in die skaduwee van die Kareeboom onderhandel tot die formele vredesverdrag in 1864 onderteken is. Dit het alles op die geskiedkundige ou Brielfamilieplaas Hartbeesfontein plaasgevind. Die plaas is nog steeds in die besit van die Briel-familie. In samewerking met die FAK het die VLU Brits-tak `n tuintjie aangeplant rondom die monumentjie wat in 1961 deur mnr Eric Louw, destydse minister van buitelandse sake, onthul is. Dit was vir seker ‘n dag om te onthou. Indien u in daardie geweste verby ry, doen die moeite en stop vir ‘n paar minute by die monumentjie. Dit was verstommend om te sien hoeveel VLU-lede nie bewus was van die bestaan van die Transvaalse Burgeroorlog Monument nie.

Borskankerspesialis spreek VLU Brits-tak toe

Aprilmaand was gesondheid die prioriteit by die maandvergadering van die VLU Brits-tak. Die tak was bevoorreg om die internasionaal gerekende prof Carol-Ann Benn as spreker te kon verwelkom.

Prof Benn is n socius van die kollege van chirurge met spesialisering in bors- siektetoestande. Sy is professor in chirurgie aan die Universiteit van die Witwatersrand en die stigter van die “Breast Health Foundation” wat die weg baan vir die bevordering van vrouegesondheid en die opheffing van die vrou in die gemeenskap.

Sy is ook die stigter van die “Netcare Breast Care Centre “ by die Milpark hospital in Johannesburg; die enigste internasionaal geakrediteerde eenheid in Suid Afrika.

Prof Benn lê klem op die belangrikheid van vooropsporing aangesien dit lewens kan red. Suid Afrika het die hoogste persentasie van borskanker in die wêreld en 30% het `n familie geskiedenis. Gereelde selfondersoek is van die uiterste belang en `n openhartige gesprek met jou geneesheer is noodsaaklik.

Onthou net, mans kan ook borskanker opdoen.

De Wildt Nuus 13 Junie 2023
Adrien Briel, Barry Muller van die FAK en Christelle Buys, gasvrou van die Mei-vergadering. Magda Owgan, gasvrou van die April-vergadering saam met prof Carol -Ann Benn, spreker, en Neeltje Louw.
De Wildt Nuus 14 Junie 2023

Sien is glo

Dit lyk my na mense soos ons se ou streek: Wanneer iets te goed is om waar te wees, dan sukkel ons om te glo. Dan oorrompel die twyfelagtige gedagtes ons en is dit dan ook nie vir ons altyd maklik om die regte keuses te maak of die regte besluite te neem nie. En as mens jou ore willens en wetens uitleen dan is dit makliker om iemand anders die skuld te gee as om jou eie swakhede te erken. Ja, ons sukkel deesdae om te weet wat waar is, óf wie praat nou eintlik die waarheid. Daarom dat ons so dikwels sê: “Sien is glo” want ons kan ons inligtingsbronne nie meer vertrou nie.

Hebreërs 11:1-6 kan ons hiermee help. Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel dat Hy sy beloftes sal hou nie, en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. Die Skrif praat met groot lof oor mense van die ou tyd wat so op God vertrou het. Omdat ons glo, weet ons dat God die wêreld gemaak het deur net te sê dat dit daar moet wees, en dit was daar. Dit is nie gemaak uit iets wat ons kan sien nie. Uit

niks het God dit geskep. Omdat Abel God vertrou het, het God meer van sy offer gehou as van sy broer Kain s’n. Juis omdat hy God vertrou het, was sy offer vir God goed en het God gesê dat sy verhouding met Hom reg is. Abel se geloof het dus tot vandag toe nog vir ons ’n boodskap, al is hy lankal dood.

Henog het God ook so vertrou. Daarom is hy nie soos ander dood nie, maar God het hom kom haal en hemel toe gevat. Hulle het hom oral gesoek, maar kon hom nie kry nie, want God het hom weggevat. Voor dit egter gebeur het, het almal al daaroor gepraat dat God trots was op die manier waarop Henog geleef het. Dit kan nie gebeur as ’n mens nie op God vertrou nie. En daar is ’n goeie rede voor: ’n mens sal God net soek en na Hom toe gaan as jy oortuig is en vertrou dat Hy dáár is en dat Hy mense wat na Hom toe kom met oop arms ontvang.

Twyfelagtigheid is die gevolg van ‘n gebrek aan vertroue, dalk selfvertroue, of onsekerheid. Daarom hoor ons dikwels dat mense vir mekaar sê: “Sien is glo.”

Maar Jesus sê dat diegene wat glo sonder om self te sien, uniek geseën sal word. Want die krag van geloof is gesetel in sy vermoë om vier dinge te doen: Geloof skep visie; Geloof skep wilskrag; Geloof skep veerkragtigheid; en Geloof steek ‘n vuurtjie aan en aktiveer.

De Wildt Nuus 15 Junie 2023
De Wildt Nuus 16 Junie 2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DW Nuus Jun 2023 by De Wildt Nuus - Issuu