
1 minute read
De Wildt gemeenskapsbiblioteek-uitreik
from DW Nuus Jun 2023
Op 2 Mei 2023 ontvang die De Wildt gemeenskapsbiblioteek ‘n versoek om hulp vir ou Afrikaanse en Engelse jeugverhale vir ‘n hoërskool in Brits waar ‘n klompie minder bevoorregte kinders skoolgaan. By verdere navraag word bepaal dat die skool Rock of Springs Hoërskool is en dat die kinders Afrikaans en Engels as skoolvakke het. Weens hulle omstandighede is daar min tot geen storieboeke wat hulle kan lees om hulle taalvaardighede op te skerp. Baie van die kinders het slegs enkelouers en die kinders se ouderdomme wissel vanaf 10 jaar tot 18 jaar. Die skool ondervind ook ‘n groot behoefte aan Wiskunde en Natuur-en-Skeikunde boeke.

Advertisement
In die tydperk wat die De Wildt Biblioteek bestaan het ons elke boek wat ontvang is, as ‘n skenking gekry. Hier is ook ‘n hele aantal skoolboeke wat geskenk is nadat die kinders klaargemaak het met hulle skoolloopbane. Onder hierdie skoolboeke was daar ‘n redelike groot hoeveelheid beide Wiskunde en Engelse boeke. Die besluit is geneem om hierdie boeke aan die skool te skenk. ‘n Hele aantal ensiklopidieë is ook reeds as skenkings ontvang en is daar dus besluit om een van hierdie ensiklopidieë ook aan die skool te skenk saam met ‘n aantal woordeboeke. Dit was ook moontlik om wel ‘n hele klompie Afrikaanse sowel as Engelse jeugverhale saam te skenk.
“Rock of Springs High School is part of Rock of Springs College SA.
The high school started in 2016. We are a private school with small classes where we give intensive attention to our students. Classes are attended during normal school hours with a break in-between. Our curriculum is CAPs orientated and we have professional teachers.
We are part of the College that presents Engineering courses, Business studies, Computer studies, AgriSETA studies and trade tests. Our dream and mission is to give everyone an opportunity to educate themselves; to reach people to give them better skills and opportunities in life. Contact us on 0120065275 or 0744648151”
