
1 minute read
Netfiksbaldag
from DW Nuus Jun 2023
Viva Oud-Vissies en Vissie Netbal!!
Laerskool Vissershoek se netbaldogters het op 14 April 2023 ‘n netfiksbalmiddag by die skool gehad. Enige graad 4 tot 7 dogter wat wil groot gaan in netbal kon dit bywoon. Danksy ons oulike netbaljuffies en behulpsame ouers het elkeen lekker geëet voordat ons die middag “afgegooi” het. Die teenwoordigheid van baie dogters het gewys dat ons ‘n klomp knap en flukse netbalbokkies in Vissershoek het wat groot potensiaal wys.
Advertisement



Wat die middag ekstra besonders gemaak het, is dat twee van ons oud-Vissies, Thuto Modise en Chanel Oosthuizen (Gr 7 van 2017) ons kom balwys maak het.
Hulle het verlede jaar in Hoërskool Pretoria-Noord se eerste netbalspan gespeel en is ook aangewys as onderskeidelik beste netbalspeler van die jaar en beste vordering in netbal.

Hulle is ook altwee van hierdie jaar af afrigters by PNHS. Definitief ‘n bewys dat ‘n klein begin waarlik groot gewin is.
Dit is ons trots dat hulle ons kon help en leer en terugploeg in die plaasskool waar hulle hul fondasie gegrou het.
Elke dogter het dit beslis geniet en is aangespoor om in hulle voetspore te volg. Dankie vir elkeen se betrokkenheid by LSVH se netbalontwikkelling. Ons is ‘n spogspan!